KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Hannes Taljaard wen komposisieprys

Stephanus Muller

Die PUK-Kanselierstrustprys van R10 000 vir komposisie met Afrikaanse teks is pas toegeken aan Hannes Taljaard van Potchefstroom. Die beoordelaars, prof. Roelof Temmingh (Universiteit van Stellenbosch), dr. Jeanne Zaidel-Rudolph (Universiteit van die Witwatersrand) en mnr. Franklin Lewis (Wes-Kaapse Onderwysdepartement), het na anonieme beoordeling van al die inskrywings Taljaard se Rymelary vir ses-stemmige vokale ensemble aangewys as die weninskrywing vir vanjaar se kompetisie.

Rymelary is in drie dele en maak gebruik van ’n losse versameling van kort, minder ernstige Afrikaanse tekste; sommige bekend, ander minder bekend, en ander spesiaal geskryf vir die komposisie. In ’n persverklaring van die Inligtingsentrum vir Suider-Afrikaanse Musiek in Potchefstroom, word gemeld dat veral Taljaard se verstandige tekskeuse, sowel as die goeie hantering van die ses stemme as soli, groepe, en ensemble beÔndruk het.

Taljaard, wat in 1971 in Venda gebore is, is ’n dosent aan die PU vir CHO se musiekdepartement. Na sy komposisionele studies aan die PUK studeer hy sedert 1995 komposisie onder die Belg Wim Henderickx. Benewens sy skeppende werk en ’n belangstelling in musiekteorie en musikologie, het hy ook ’n honneursgraad in Franse letterkunde en ’n fyn ontwikkelde, amper eksistensialistiese, sensitiwiteit vir die beperkings van taal, die kompleksiteit van kommunikasie en die relatiwiteit van waarneming.

Taljaard is egter nie die klassieke eksistensiŽle randfiguur wat in passiwiteit vasgevang is nie. Sy onteenseglike buitestaanderskap kan, soos diť van baie van sy Afrikanertydgenote in hul laat twintigs of vroeŽ dertigs, gekoppel word aan ’n breŽ stroom van ontnugtering en pyn en teen-Verligting wat onmiskenbaar verband hou met die radikale ineenstorting van die regulerende paradigmas van Afrikanerbestaan wat nog aan hulle bekend was.

Daar is egter raakpunte tussen hierdie belewingskrisis en die sin vir “onwerklikheid” in Sartre en Camus, maar ook Hemingway en Kafka. In gesprek met Taljaard kom ’n mens gou agter hoe intens hy bewus is van die onverstaanbaarheid en onduidelikheid van bestaan, die groot eensaamheid gebore uit die verval van taal en gedeelde simbole, hoewel hy duidelik nog nie moed opgegee het ten opsigte van die projek om orde te wil skep nie. Dit is hoekom sy musiek ’n tot-orde-roep van eksistensiŽle chaos word, ’n hanteerbaar-maak van ’n postmodernisme waarin die essensie van niks geken kan word nie.

Dit is nie maklik om die musiek van veral jonger Suid-Afrikaanse komponiste te leer ken nie. Partiture word nie gepubliseer nie en opnames van die werke bestaan ook dikwels nie. In diť musiek van Taljaard wat ’n mens wel al leer ken het, soek jy tevergeefs na ’n terugval op mitiese “natuur”, “primitivisme” of ’n prysgawe van subjektiewe beheer oor materiaal soos wat ’n mens vind in die vaarwater van John Cage. Taljaard werk mťt sy materiaal en tťťn sy materiaal op ’n manier wat hom in die vrye atonale tussenwÍreld verplaas wat bestaan het voor die stolling daarvan in serialisme. Sy siening van materiaal is bo alles ook histories.

Sy weerstand teen ’n estetika van ontvanklikheid vir kulturele assimilasie, wat noodwendig etniese kategorieŽ erken en polities sensitief is, kan gesien word as ’n simptoon van ’n interne immigrasie na geheue en fyn uitgewerkte musikale struktuur. Taljaard laat ’n mens kennis neem daarvan dat die Suid-Afrikaanse musikale diaspora nie slegs na die buiteland uitwyk nie. Maar dit is ook in hierdie proses van interne immigrasie waar Taljaard duidelik nie ’n tipiese eksistensiŽle buitestaander is wat die kruk van geheue wegwerp om dinge te sien soos dit werklik is nie. Sy twee stelle Wiegieliedjies, byvoorbeeld, span geheue in as ’n teenwig vir die groter ideologiese kragte van sy tyd en plek.

Die 1994-gestigte PUK-Kanselierstrust het as primÍre doel die bevordering van Afrikaans. Dit is gepas dat dit hierdie jaar toegeken is aan ’n komponis wat nie die grense tusen teks, interteks, konteks, buiteteks en musikale teks erken nie en wat die Afrikaanse teks daarom musikaal integreer in groter universele konstellasies van betekenis.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.