KlankKas - Musiek en meer!Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



Musiek-indaba grootste musiekfees nog

Stephanus Muller

Die New Music Indaba 2001 is ’n fees binne ’n fees. Dit is die “nuwe musiek”-program wat NewMusicSA onder die leiding van artistieke direkteur Michael Blake as deel van die Grahamstad Nasionale Kunstefees aanbied. Wat die Indaba baie besonders maak, is die feit dat dit poog om beide “ontwikkelingswerk” te doen en die historiese gapings tussen wit en swart komponiste en musici te probeer oorbrug ťn die blootstelling van die Suid-Afrikaanse publiek en musiekgemeenskap aan “nuwe musiek” wat selde hier uitgevoer word, te vergroot. Blake en sy span is die eerstes in Suid-Afrika wat kans sien om hierdie aansienlike uitdaging op ’n ambisieuse skaal aan te pak.

Daar is ’n paar heel verskillende musikale tradisies in Suid-Afrika, waarvan twee (swart koormusiek en Westerse kunsmusiek) op die Indaba ten toon gestel is. Die raakpunte en verskille kon eerstehands beluister word, danksy die Indaba-direksie se verruimende besluit om swart koorkomponiste en komponiste wat kunsmusiek, of “nuwe musiek”, komponeer, verhoŽ te laat deel. Miskien moet ’n mens ook net “tradisie” kwalifiseer deur te sÍ dat dit ten beste verstaan kan word as ’n idee van hervormende historiese kontinuÔteit en dus ten beste nie ’n geslote konsep of die mitiese “onveranderlike” verteenwoordig nie.

Tradisionele verskille (en raakpunte) het egter nie net in die musiek wat uitgevoer is, kop uitgesteek nie. Die Indaba het nie minder nie as ses werkswinkels vir jong en onervare komponiste aangebied. Dit was geleenthede waartydens hierdie komponiste se werk deur van die uitgelese kunstenaars by die fees uitgevoer is en gesprekke gevoer is met die fasilitering van ervare komponiste soos Stanley Glasser, Phelelani Mnomya, Michael Blake, Daniel Matej en Alecia Terzian.

Tydens een so ’n bespreking het Matej, ’n komponis wat gebaseer is in Bratislava in die Tjeggiese Republiek, aangevoer dat die impetus van sy eksperimentele werk geleŽ is in die afwerp van die bindinge van die Westerse kunsmusiektradisie — sy simboliese “nee” vir sy professore aan die Konservatorium. Dit was duidelik dat Mnomya, ’n komponis van grotendeels tradisionele swart koormusiek, nie hierdie vertrekpunt deel nie. Die wÍrelde waartussen hy homself sien medieer, is simbolies in sy twee name: Simon en Phelelani. Die reaksie teen tradisie, dit wat so noodsaaklik is vir ’n eksperimenele estetika, ontbreek.

Om die distansie tussen hierdie “tradisies” te oorskat, sou natuurlik verkeerd wees. In nog ’n werkswinkel waartydens fragmente van vier jong aspirantkomponiste voorgespeel is deur die beroemde Fitzwilliam-kwartet, was dit duidelik dat die tradisies nie meer so maklik van mekaar onderskei kon word toe die medium verander is na diť van ’n strykkwartet nie. Die mees geslaagde fragment was nie diť van Ben Turner of Cassidy Webb nie, maar van ’n swart koorkomponis en dirigent van die University of Pretoria Chorale, Mokale Koapeng.

Vermoedelik is dit ook nie hoofsaaklik die verandering van medium wat Koapeng se werk laat wegbeweeg uit die gestereotipeerde swartkoortradisie-dampkring nie. Die feit dat hy Westerse notasie ken en kan aanwend om te komponeer in plaas van die gebruiklike solfa-notasie, verbreed sy musikale horisonne onberekenbaar. En dit kan in Šl sy musiek gehoor word. Selfs sy koorwerk, Ke Motshoana, Empa Ke Motle, wat op die Indaba sy premiŤre ontvang het, versit tradisionele grense. Hierdie punt is deur Arne Mellnšs, Sweedse president van die ISCM en hierdie jaar ’n gas van NewMusicSA se Indaba, benadruk: solfa-notasie is ’n binding wat ons swart koorkomponiste verhoed om meer eksperimenteel met klank om te gaan. Eers wanneer komponiste gewapen is met ’n notasie wat hul in staat stel om die tonale fasades van musiek te verlaat, is hulle werklik vry om keuses uit te oefen.

Daar is dus werk daar buite. En hoewel die Indaba nie hierdie praktiese dimensie kan aanpak nie (dit is ’n taak vir ons onderwysowerhede), is die beskikbaarstelling van ’n ruimte wat ’n proses fasiliteer in ’n atmosfeer van toleransie vir verskeidenheid, iets van onskatbare waarde. Natuurlik problematiseer hierdie praktyk die term nuwe musiek en ook die term kunsmusiek, nie die minste nie omdat “nuwe musiek” tereg moet veronderstel dat die tegniese middele wat aangewend word in die omgang met die musikale materiaal, die mees gevorderde bewussyn behels van moontlike komposisionele tegnieke en tegnologie. Dit is nie met die meeste swart koormusiek die geval nie. Westerse musieknotasie is weer eens die sleutel om dit te bereik, maar so ’n “gedeelde bewussyn” is andersyds ook eerder ’n politieke projek as ’n estetiese een en is iets wat moet gebeur en nie beplan en geÔmplementeer kan word nie. En hierdie “gebeur” is wat plaasvind in die oop ruimtes van die Indaba-verhoŽ en -lokale.

Hoe dit ook al sy, ’n mens wonder of die gebruik van Theodor Adorno se term wat reeds in 1961 in Darmstadt gemunt is, informele musiek, nie potensiaal het as versamelnaam, maar ook as ’n strydkreet, vir ’n 21ste-eeuse musiekpraktyk in Suid-Afrika nie.

Die Indaba 2001, die tweede van sy soort by die Grahamstad-fees, was ’n ongeŽwenaarde gebeurtenis in Suid-Afrikaanse musiek. Dit is ’n inspirerende musiekfees met visie en idees, wat hopelik van krag tot krag sal gaan. Blake kon daarin slaag om wÍreldklas-uitvoerings te reŽl van heelwat musiek wat nog nooit in Suid-Afrika uitgevoer is nie. Hoogtepunte was Roland Hayrabedian en Musicatreize se onvergeetlike Ligeti in die Rhodes-kapel, die Fitzwilliam-kwartet se Shostakovitch, Alicia Terzian se Grupo Encuentros en David Arden se verbluffende program klaviermusiek waarvan Tom Williams se werk vir elektronika en klavier mense lank aan die praat gehou het. Dit is om maar net enkeles te noem. En dan praat ’n mens nog nie van die uitvoerings van hoogstaande gehalte van ons eie musici nie. Werner Nel se programsamestelling in A Century of South African Song was ’n ingewing, en die uitvoering van die liedere deur Erica Eloff en Jacques Imbrailo, bygestaan deur Bernarda Vorster en Waldo Wyer, was van hoogstaande gehalte. So sou ’n mens oor elkeen van die twee en twintig konserte kon skryf van grense wat versit is en bakens wat ver uitgeplant is.

Die verskeidenheid was natuurlik ook nie tot uitvoerings beperk nie. Daar was die geprekke met komponiste en kunstenaars, die reeds gemelde ses werkswinkels vir jong komponiste en ’n filmreeks van Frank Scheffer se musiekfilms. En dan het ’n mens nog nie gepraat van die jazz, die Dada-multimediavertonings, die elektroniese musiek, swart koormusiek en kabaret nie.

Die ligte moment of twee het ook nie ontbreek nie. Die formidabele koorensemble Musicatreize, tesame met die University of Pretoria Chorale, het in die konsert Intyilo Zikanto (Melodies of the Wise People) Kevin Volans se One Day Fine uitgevoer, waarin Volans die drie verskillende Xhosa-klikklanke benut. Die Franse kon die werk slegs teen die helfte van die vereiste spoed doen, en is selfs toe gepootjie deur die Xhosa-klanke wat hul tonge en gesigsuitdrukkings in allerlei kontorsies gehad het. Die konsertfiasko in die Grahamstad-katedraal waartydens Stanley Glasser se kantate gekanselleer moes word, en wat ondanks die dapper pogings van dirigent Lesley Larkem een van daardie “ek-het-’n-stywe-dop-nodig”-momente was, was ’n groot teleurstelling, maar ook ’n inspuiting realisme. Soms moet ’n mens die ligter kant van sake insien as dinge so skeefloop en dit is miskien ’n goeie aanmaning dat kollaboratiewe pogings in ons land dikwels nog heel onverwagte uitkomste kan oplewer.

Tydens ’n werkwinkel met Musicatreize merk Phelelani Mnomya op dat “in black culture, music is caught, not taught.” Die Grahamstad-Indaba het enorme potensiaal as ’n jaarlikse stimulus om swart Suid-Afrikaanse komponiste en musici te bemagtig om dŪt wat hul so instinktief doen, beter te artikuleer en te verbreed, en hul wit eweknieŽ, wat reeds die vryheid van daardie artikulasie smaak, met hul ryk klankwÍreld te infekteer. Die resultate kan ons dalk oor ’n hele paar jaar verbyster.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.