Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Swart Saterdag in Johannesburg

Adriaan Basson

Klik hier en help ons om LitNet te verbeter!

Dit is ’n Saterdagmiddag in Johannesburg en Orlando Pirates het so pas die eerste doel in die Soweto-derby teen Kaizer Chiefs aangeteken. Orals in die stad weerklink plastiektrompette en loop mense met geel of swart truie rond.

Vanoggend was ek op die pad, nog dik bemoerd van die Stormers se nederlaag, toe ’n geel monster my van agter bekruip: ’n Nissan-minibus is omskep in ’n Chiefs-sierwa, kompleet met bokhorings, geel vlae en te veel passasiers met mynwerkerhoedens en groot geel brille. Vir ’n oomblik is ek jaloers op die manne wat Soweto toe ry, maar toe my woonbuurt se braaivleisreuke my tref, is ek weer eens dankbaar vir die TV. Want ’n Saterdag is ’n dag om te besin. Ek hou van my Saterdae rustig. ’n Dag om te braai, bietjie te lawaai en so aan.

Aangesien ek Oudtshoorn vanjaar weens die verkiesing ’n skip gegee het, probeer ek stadig maar seker opcatch op die dinge wat ek gemis het. Eers was daar die Fokofpolisiekar- en Brixton Moord en Roof Orkes-gig by Cool Runnings in Centurion, toe twee Kobus!-spektakulêre in Westdene en Pretoria, en verlede week ’n toneeluitstappie na Sandton vir Gys de Villiers se Suig.

Ek het die polisiekarre vroeër vanjaar in Newtown, Johannesburg gesien en het gemengde gevoelens na die tyd gehad. Die songs was amper so cool soos op die CD, maar die klank was kak. Die Centurion-gig was egter myle beter en die klank perfek. As ons eerlik wil wees, is hierdie band die mees fast moving band in Afrikaans ooit. Hulle het op elke gig nuwe songs en die outjies verower harte en siele (en gewetes?) orals in die land. Gerugte dat mnr Van Coke, die voorman, aan dakbalke in Oudtshoorn rondgeswaai het, doen die rondte ...

Hulle is besig met iets waarteen ons ouers ons gewaarsku het. Ek sien outjies met check-hemde wat op die oudste 18 is by hulle gig. Op hul voorkoppe is drie dik swart 6’e geskryf. Ek sien skaam blonde meisies wat saam skreeu “poes of polisieman!” En ek sien ’n beserkte seun wat die heeltyd “fok, fok, fok” skreeu terwyl die polisiekarre dit uitkap. As ek die band was, het ek in vrees en bewing geleef vir Rodney Seale se nuwe boek oor die gevare van rockmusiek ...

Dit is hoog tyd dat Brixton Moord en Roof Orkes ’n nuwe CD uitbring en volgens gerugte gebeur dit nog vanjaar. Die nuwe songs is harder as dié op Spergebied en Andries brul behoorlik op sommige van die tunes. Voor die gig fluister hy in my oor dat hy “Daar’s meriete in dronkword op jou eie” aan Marthinus van Schalkwyk wil opdra ...

Dié van julle wat nog nie Kobus! se nuwe CD onder ore gehad het nie, beter wakker word. Ek het voor die tyd my bedenkinge gehad of Back2Basix (’n kleinerige venue) die klank gaan kan hanteer. Maar o ja. Ek het, veral met die harde nommers, gewens vir nog harder speakers om ons koppies weg te blaas. “Die engel en die duiwel”, “Die Volk van Main” en “Ons ry in die kar” is gunstelinge.

Minder as ’n week later luister ek weer na hulle. Maar hierdie keer in Pretoria. Die venue se naam is Aandklas (ja, regtig, soos in: “Hallo Ma, ek is by aandklas”). Dit is die ou Up the Creek. Die cover charge is R10 en boonop kry jy ’n gratis bier. Sover my kennis strek, is dit die beste deal sedert OK Bazaars in 1989 hulle Baked Beans op ’n sale teen ’n formidabele R1,99 verkoop het. Dus is die klub volgepak met studente waarvan op die meeste vyf persent al voorheen van Kobus! se bestaan gehoor het. ’n Behoudende handeklap na elke song — selfs die klink-soos-Rammstein-nommers — was al wat die Pretorianers kon bied vir die mainste band op aarde. Eers aan die einde, toe die manne met “Hoenderman” lostrek, het die musiek vir ’n paar kuiergatte bekend begin klink. Nee wat, dan betaal ek eerder R30 vir ’n kleiner venue met ’n crowd wat ten minste weet waarna hulle kom luister. Die show was cool, maar die reaksie kon net sowel vir Francois Hayes gewees het.

Klik hier en help ons om LitNet te verbeter!

Laaste op my lysie was Suig — Gys de Villiers se play wat al die pryse opraap by die Groot Afrikaanse Kunstefeeste. Dat Gys self, Leon Ecroignard en Jahn Beukes uitstekende kunstenaars is, is nie te betwyfel nie. Maar Wouter van de Venter moet eerder sy day-job as sanger behou. Die man hoort nie op ’n toneelverhoog nie en sal duisend keer beter afgaan in ’n rokerige kroeg met ’n kitaar in sy hand.

Die musiek en regie van Suig is uitstekend. Maar dit is ook dié aspekte wat die stuk red. Vir my was die teks net nie boeiend genoeg nie. Die manne het my eerlikwaar vir lang rukke verloor en hulle kon beter doen om die gehoor deurgaans by die mite betrokke te hou. Maar hulle het ’n harde applous gekry en ek is nie ’n toneelresensent nie. Dus sal ek my maar by my lees hou en die vuur gaan aansteek.

Daar blaas die eindfluitjie nou hoeka. Op met die Bucs! Vanaand kuier ons tot dit swart word!

En hopelik bly my vingernaels skoon sodat die hele naweek se verhaal darem nie verklap word nie …



LitNet: 4 Mei 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.