Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Diva met ’n angel

Adriaan Basson


Elke keer as Amanda Strydom ’n nuwe CD maak, hou ek asem op. Gaan dit dieselfde wees as die vorige een? Is dit dalk hierdie keer full-on kabaret? Of gaan sy haar leathers aantrek en rock in Die Taal?

Verspreide Donderbuie/Scattered Thunder is dit als.
Toe ek haar show by Aardklop gaan kyk het, het daar drie ou ladies agter my gesit. “Ek wonder wat sy weer vanaand gaan kwytraak,” prewel die een en vat nog ’n slukkie wyn.

Beelde doem op van Amanda by die Oude Libertas-teater in Stellenbosch met ’n vryheidsvuis in die lug. Amanda en Zoid saam op die stage van Sun City se Superbowl. Amanda met ’n noupassende rooi rok wat flirt met Oudtshoorn se weermagsaal …

Die vertoning het gekom en gegaan. Die tannies agter my het geskreeu, geklap en bly drink. Hulle was in vervoering. Die hele saal het saam met Amanda gevloei: deur die donker, oor die berg, op die dansvloer, op die stage, deur die hart se diepste kamers, deur ’n kerk in Soweto, verby Seepunt se strand, tot ons almal weer uitgespoeg is op ’n sypaadjie in Potchefstroom.

Verlede jaar was ’n swaar jaar vir haar. Eers het haar boetie gesterf, en toe haar goeie vriend Ralph.

Die CD is ’n reis deur donker en lig. Dis musiek oor die viering van die lewe en respekte vir die dood.

Van Suid-Afrika se mees briljante musikante speel saam met haar op die CD. Janine Neethling speel oudergewoonte sjarmant die klavier, Floors Oosthuizen beproef die vloek van die kitaar, Graeme Currie verskaf ruggraat met sy baskitaar en Vinnie Henrico looi die dromme vir Afrikaans se grootste diva.

LitNet het Amanda uitgevra oor die maak van die CD, haar liefde vir ry en daai engel met die angel …

L: Verspreide donderbuie. Van waar die titel?

Amanda: Die titel is Verspreide Donderbuie/Scattered Thunder. Dit is beskrywend van die teksture en die volgorde waarin die songs mekaar volg op die album - soos wat ’n mens deur ’n donderbui die lig inry. Dis presies hoe Michelle Nigrini die omslag geskilder het.

L: Hoe lank het jy aan die album gewerk?

A: Geskryf: een en ’n half jaar. Opgeneem: agt dae.

L: Neem ons op ’n vinnige toer deur ’n opnamedag. Wat doen jy als van oggend tot aand?

A: Janine Neethling, my musikale regisseur, bel my wanneer alles opgestel is in die ateljee. Dan hoef ek nie rond te sit en wag nie. Jy moet onthou dat ons (Janine, Floors, Graeme, Vinnie en ek) sedert 22 April vanjaar my lirieke begin komponeer het - elke Sondag in my ateljee tuis. Toe ons begin opneem het op 21 Julie, was ons deeglik vertroud met die songs. Ons was 28 Julie klaar. Daar is geen tyd gemors nie (behalwe ’n paar uur toe ’n komputer ons probleme gegee het). Janine stel ’n skedule op van watter songs op watter dag opgeneem gaan word. Sy laat my ook nie toe om ná sesuur te sing nie. Dan neem sy backing vocals of overdubs op en my stem is uitgerus vir die volgende dag se opnames.

L: Jy het ’n aantal nominasies van die Geraas-musiektoekennings vir die album ontvang. Hoe belangrik is pryse vir jou?

A: Dis soos bosse blomme wat mens glad nie verwag nie. En blomme verwelk en die lewe gaan aan.

L: As mens na Rit huis toe en nou Verspreide donderbuieluister, is die pad ’n sentrale tema in jou musiek. Of is dit?

A: Die lewe is ’n reis. Nie net op ’n pad nie. Na binne. Ek reis graag.

L: As jy kan kies: vlieg of ry?

A: Dit hang af hoe moeg ek is. Ek ry graag alleen. Dis my dinktyd, dit gee my ’n gevoel van vryheid. As ek moeg is, vlieg ek. Dis lekker om bederf te word en dis vinnig.

L: Het jy regtig ’n droom gehad dat jy en Ralph weer kuier (soos op “Ek het gedroom”)?

A: Ja. Dit was ’n groot troos.

L: “Doekvoet” skets ’n donker prentjie oor die wêreld. Are we on the road to hell?

A: Where’s the staircase to heaven? Wat dink jy?

L: Baie mense spekuleer die “Engel met ’n angel” is Karen Zoid. Is dit?

A: Nee. Dit gaan oor my donker, destruktiewe maniese kant. Karen is ’n engel sonder angels.

L: Waar tree jy orals die res van die jaar op?

A: Kyk op my website www.amandastrydom.com.

19 November 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.