Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Huldeblyk aan n dunysloper

Deborah Steinmair

Die reistema loop sterk deur die letterkunde van die Afrikaner, verloopte dwarstrekkers, protestante, immigrante, spoorwegmense, trekboere, bywoners en vreemdelinge wat ons is. Ook ons musiek is vol soetkyste vol winter, stasies, perronne en skepe in die baai.

Jan de Bruyn het sy laaste digbundel so ingelui:

Jy het gevra
En ek het ges
Dit was n lang reis di

En jy het gevra
Waar het die reis begin
En ek het ges
Verder terug as wat jy kan dink ...

Jan het eergisternag op die laaste perron afgeklim. Sonder retoer-opsie, want hy was moeg.

Sy reis was kleurvol en gekarteer. Aan woorde het dit hom nooit ontbreek nie. Hy kon die poot van n tafel af gesels.

Ek het Jan by vriende in Limpopo ontmoet. Hy was bebaard en groter as lewensgroot, n imposante, bruingebrande Bosveldghoeroe in Hawaise hemp, kortbroek en sandale. Sy stem was diep en welluidend met n bggggy so aards soos rooigrond. Hy was passievol en empaties soos n Zorba the Greek met sielvolle bruin o en n Romeinse neus.

Hy het homself s beskryf:

Gegewe die ou wat ek is
Tarter en defaaier van elke soort noodlot
Huursoldaat van die liefde
En ander lost causes
Spesialis-hedonis
Sterwer
Van die meeste soorte sterwes
Eggeskeide
Gerehabiliteerde insolvent
Dunysloper
Afgrondman
Vervolger vervolgde voorman teacha klerk boer.
Jan het in sy lewe n paar maal sy gat gesien, homself in die hoek geverf of, soos hy dit uitgedruk het, al sy opsies opgebruik, homself in skaakmat ingeskuif. En telkens weer op sy voete geland met groot ondernemingsgees. Hy was n geestelike mens wat dikwels n hand oor die stroomversnelling uitgesteek het na drenkelinge, mense wat hy uit vorige lewens herken het en teenoor wie hy n verantwoordelikheidsin gevoel het. Hy het onder andere aan n vriend van my n sakegeleentheid gegee toe di in die verknorsing was nadat n besigheid gevou het.

Jan het homself ook beskryf as:

One man toiling
(het Dylan Thomas ges)
towards the ambush of his wounds.
Hy het vanuit sy letsels gedig, maar ook uit n amper ridderlike bewondering vir vroulike skoonheid, wat hy dikwels met edelheid verwar het. Sy liefdesgedigte getuig van n fyn gees, n dun nerf, n soort ontgogelde maar durende nawiteit, en n groot liriese talent:
uit n vuurtent in die sneeu
het ek op donker togte gegaan
verby mane in die ren
het ek tussen blomme in die sneeu
vreemde juwele gemaak

ek het onlangs aan die nag kon sien
hoe verslete die sterre raak
dat die sewester
saturnus en die suiderkruis
al hoe dowwer teen die donker brand

ek het die slag na die dag gekyk
uit weerlig kom n renboog
uit die wit vuur wat soos lower flikker
het ek n flonkersteen gesmee
aan n druppelsnoer gehang om vir jou te stuur
om koel soos ren soos die ren se vuur
teen die seisoene van jou hals te l.

Ek gun hom rus en koel seisoene in n vuurtent in die sneeu, maar sy swye het n gat in die materiaal van my bestaan geskeur. Ek sou hom so graag nog eenmaal sy gedigte wou hoor voorlees in n stem soos warm heuning (dankie, Piet Botha).

In Witvuurlig, wat in 2004 verskyn het, het hy ges:

En tog kan ek nou eers begin
met wat ek hier is om te s.
Ja, soos dit n huursoldaat van die liefde betaam, het hy in die saal gesterf, met n koker vol woorde. Ek glo daar is nog n bundel of wat op pad. Sy ongepubliseerde Engelse gedigte is ook lieflik, evokatief, liries en elegant.

Die laaste strofe in sy laaste bundel, Witvuurlig, dui op tuiskoms:

Jy het gevra
En ek het ges
Die reis was lank    en dr
En hier is ek nou
Weer naby aan God se lig
Maar meer as n vonk
Is ek self n vuur.
Rus sag, Jan.

(Al die gedigte wat ek aangehaal het, is uit Witvuurlig. Hier is sewe verse uit di bundel, wat Jan vir PosieNet voorgel het. Sy vorige bundels het soos soetkoek verkoop en is uit druk.)

n Herdenkingsdiens vind Vrydag 11:00 in die UP-Proefplaas, Suidstraat, Hatfield plaas. Kontak Jan se dogter Sonja vir navrae: 082 928 7795.


LitNet: 17 Mei 2006

As jy jou herinneringe aan Jan wil deel, of wil kommentaar lewer op hierdie huldeblyk, e-pos webvoet@litnet.co.za.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.