Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Huldeblyk: Saul Bellow

Joan Hambidge


1915 - 2005

Die dood van die bekroonde Amerikaanse romanskrywer Saul Bellow lui die einde in van n belangrike era in die romankuns. Bellow, n Joodse skrywer, ondersoek nie in sy romans alleen die lotgevalle van die Jood nie, maar is soos sy landgenoot, Philip Roth, ook besig om telkemale die landskap van die roman en sy grense te ondersoek.

Anders as Chaim Potok of Malamud skryf hy nie net oor die Joodse wreld nie. In sy grootse Herzog (1964) word die psige van Moses Herzog ondersoek in die nou reeds bekende openingswoorde: If I am out of my mind, its all right with me, thought Moses Herzog. In hierdie pakkende vertelling word God en bekende filosowe aangespreek om die sin van die lewe te probeer uitklaar nadat sy vrou hom verlaat het vir sy beste vriend. Maar dit is nooit vervelige prekery nie, omdat al die filosofiese vraagstukke in n storie geanker word. Herzog is, in sy eie woorde, n man met a passionate heart, a bad credit risk. Lewendes en dooies word in hierdie belydenisroman n spreekbeurt gegee.

Teen die agtergrond van sy geliefde Chicago speel sy verhale dikwels af in n sublieme balans tussen hartspyn en intellektuele ondersoek. Ook word die verhale gekenmerk deur guitige humor: in Humboldts gift (1975) waarvoor hy die Nobelprys ontvang het is daar n grensoorskrydende toneel van n voet wat onder n tafel gemasseer word en plots tussen n vrou se bene land. Boonop is die vrou die verleier hier. In die hande van n mindere skrywer sou dit gewoon banaal gewees het, maar Bellow beskryf dit s goed juis omdat dit filosofies verantwoord word.

Bellow se romans is dikwels polities-inkorrek, omdat hy fokus op menslike gedrag en nie op politieke slagspreuke nie. (In die pers is hy nou ook al berug vir sy speelse opmerkings oor waar die Proust van die agtergestelde gemeenskappe is.)

Net soos die arme meneer Sammler wat in Mr Sammlers planet (1970) nie sy verontwaardiging kan verdoesel wanneer hy deur n ekshibisionis verneder word nie, kry die leser ook dikwels die gevoel dat Bellow politieke korrektheid opsetlik wil kritiseer. Die lotgevalle van die gewone man wat moderne stadsgeweld probeer begryp (oa n motor wat deur n woestaard beskadig word, of die molestering van n jong kind) is dikwels die tema van sy romans. In Humboldts gift wat oa die lewe van Delmore Schwartz karteer staan die leser verbyster voor die ryk verwysingsveld wat die verteller en passant met jou deel. Ook die rol van die akademikus het hy beskryf, in The deans December (1982).

Sy eiesoortige vermenging van morele en sosiale vraagstukke, metafisika, die filosofie, verbind hy met n geloofbare, pakkende verhaal. (Wel, in Henderson the rain king word die verhaal tog larger than life wanneer die alkoholis-tycoon Henderson sy vrou en konvensionele lewe verlaat en op reis gaan na Afrika en n renmaker word vir n primitiewe stam.)

In die aangrypende More die of heartbreak (1987), wat n mens moet saamlees met die jong Bellow van The adventures of Augie March (1953), word die weerlose mens op n nuwe wyse aan ons blootgestel. Sy romans is in wese verhale van transformasie, en n mens sou hom as n moderne Henry Fielding kon beskryf. Reis, soektog, ontdekking. Dit is altyd aan die basis van n Bellow-roman waarin die kodes van die grootstadroman en avontuur- of pikareske roman dikwels ook met die peregrinasie-vertelling vermeng word.

Ook in Ian McEwan se Saturday word Bellow gehuldig met n lang motto uit Bellow, wat saam met Flaubert die interteks word in hierdie kragtige roman wat n mens as Bellowesk kan beskryf, naamlik n versoening tussen intellektualisme en emosionaliteit, die soeke na sin in n wrede wreld waar morele en etiese waardes voortdurend afgetakel en geherdefinieer word.

Saul Bellow is in 1915 in Kanada gebore en het in Chicago grootgeword. Hy behaal n BSc in Antropologie en is deur die jare deur verskeie universiteite vereer. Hy was onder andere besoekende professor aan Princeton, NYU, die Universiteit van Minnesota, en het die afgelope paar jaar klasgegee in kreatiewe skryfwerk aan Boston Universiteit. Behalwe vir die gesogte Nobelprys, is hy ook bekroon deur die Amerikaanse Instituut vir Kuns en Boeke. In 1978 het hy die National Arts Club Gold Medal of Honor ontvang, en president Mitterrand het hom n Kommandeur van die Legioen van Eer gemaak. Ook het hy die Pulitzer en National Book Award ontvang.

Hy het etlike resensies en essays deur die jare geskryf en op 84 weer pa geword. In fotos word n mens altyd getref deur die modieuse en duur klere. n Natty man het hy homself eenkeer grappenderwys genoem.

Persoonlik is daar min skrywers wat op so n volgehoue wyse die storiekuns bevorder en verryk het. In Him with his foot in his mouth (1984) and A theft (1989) is korter, vernuftige prosas, en Ravelstein (2000) gee n aweregse blik op die odd man. Seize the day (1956) is by geleentheid as n meesterstuk uitgesonder. Hiermee moet n mens akkoord gaan: Saul Bellow se karakters is altyd besig met n carpe diem-daad in romans, novelles of kortverhale wat onthoubaar is.

Elke jaar herlees ek n Bellow-roman net om my daaraan te herinner h n groot roman daar moet uitsien: verlede jaar was dit Herzog. Vanjaar weifel ek tussen Dangling man (1944) en The victim (1948). Dalk eerder Mosbys memoirs (1969)? Nee, miskien eerder To Jerusalem and back (1976), n niefiksionele teks.



LitNet: 3 Mei 2005

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.