Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ina Rousseau - Enkele penstrepies

Amanda Botha

Klik en bestel!
03/02/1926 - 13/08/2005
Foto: Philip de Vos
Die stil middelpunt
Klik en bestel!

Ina Rousseau kan nie in enkele woorde as mens en digter opgevang word nie. 'n Paar penstrepies is die beste wat ek kan lewer dit was net hier en daar iets wat ek van haar in ons jarelange vriendskap kon vasvat. En tog, nou gedistilleerd, is dit so baie Ina, enig in haar soort.

Die bekroonde digter van sewe bundels en die skrywer van 'n kortverhaalbundel is op Saterdag 13 Augustus 2005 oorlede. Dit was 'n kort siekbed, pynloos maar slopend.

Twee weke voor haar dood het sy my met 'n dringendheid ontbied na haar meenthuis vir my was dit vreemd, omdat ek nooit die indruk had dat iets by Ina nie uitgestel kon word nie. Minute later het ons teenoor mekaar gesit en kort en saaklik het sy vertel dat haar lewensduur min is. Hierdie gesprek sal my lank bybly die eerlike weergawe van kanker wat op 8 Julie by haar gediagnoseer is; die traumatiese effek van toetse in die onkologie-afdeling van die Groote Schuur-hospitaal met die datum 21 Julie as "keerdatum". Haar siekte is terminaal, haar lewensverwagting kortgeknip.

Lank gelede het sy dalk al die dringendheid aangevoel, toe sy vrae gevra het oor hoe sy haar lewe klaar geleef kon kry:

Keerdatum

Hoe kry ek my lewe
betyds klaar geleef
in die klein bestek
vir my beskik,
as die ure nou
tot sekondes slink
en wik-wik-wik-wik
my hart en die wekkers
elke dag elke nag
bietjie
vinniger tik?

Ons gesprek het die middag 'n kalmte gehad. Reguit is gepraat. Vir die dood is sy nie bang nie, maar dis die tyd tussenin. Hiervoor het sy praktiese hulp nodig en besluite moet geneem word. Sal ek help? Dalk was dit haar tanende energie, maar ons gesprek is saaklik. Op die man af. Heel naweek weerklink haar laaste woorde: "Dis 'n kwessie van tyd."

Twee laat-aand telefoniese gesprekke vroer vanjaar met Ina bly my by. Sy vertel dat sy twee eenhede by 'n aftree-oord byna skuins oorkant haar meenthuis gekoop het en van voorneme was om in te trek. Maar daar is tog iets wat hinder. Sy sou nie gemaklik wees in 'n plek waar sy daagliks met ander maaltye saam moet neem nie. Sy kwel haar ook daaroor dat daar te veel besoekers en geselskap sal wees. Sy wil eerder "oor die telefoon kuier" as om mense by haar te h.

S is Ina. Dit sou vir haar erg gewees het om mense daagliks so te hanteer. Sy is 'n eiemens sy het vir haarself 'n nederige bestaansreg gevra waar sy haarself in kon beskut teen die grofgemaal van daaglikse geselsies. Sy is stil en haar heenkome is die stilte in en rondom haar.

Spil

Soms in die kil huls
wat enkel as enkeling vir my plek
het, kruip ek terug

en altyd dan, soos rondom 'n slak
die kalkspirale van sy skulp,
begin daar om my te sirkel, en sirkel
bewegingloos
'n klipstil, gestolde kolk
die soetste van alle werklikhede:
dat jy lewe
en ek die lewe in jou mag hoor klop,
nag en dag en deur alle wande,
of dit wande van vlees sou wees
of van skulpkalk of klip.

Die tweede gesprek handel rondom haar moontlike intrek in Berghof, die oord wat dalk haar nuwe adres kon wees. Hoe sou dit wees om in 'n vertrek in te trek om 'n ander fase van jou lewe te begin as die vorige inwoner daar oorlede is? Op hierdie besinning had ek geen antwoord nie. Ek kon slegs toelaat dat sy haar idees hieroor deel. Nee, dit was gans anders as die stelling. Dit was oor wat sy sou saamneem haar psigiese arsenaal.

Ina vertel van haar bokamer-slaapvertrek waar die boom by die venster inloer en sy die daeraad en nageinde ervaar deur "dood doodstil te wees". Sou dit altyd moontlik wees?

'n Dagbegin

Klankdig ligloos is die land

Maar dan, baie omsigtig,
begin 'n lyster

die stilte uitmekaar te haal,

die donkerte los te torring,

werk hy gaandeweg voortvarender,
kom sluit
'n norring helpers by hom aan

en voor lank
bring hulle, rosigrooi soos 'n radys,
op die horison
'n spiksplinternuwe son tot stand.

Ek onthou soveel dinge van Ina, en met nabetragting dink ek hoe min ek eintlik van haar weet. Dalk het ek net 'n klein segment beet. Amper soos 'n lemoenskyfie. Elkeen wat sy as haar vriend gereken het, sou dalk iets anders en besonders beleef het.

Oor baie dinge het ek onsekerheid, maar ek weet dat haar lewe vir haar 'n persoonlike heiligdom was. Sy het enkelinge toegelaat nie veel, sou ek raai, in die binnehof nie.

My eerste kontak met haar was tydens 'n besoek wat sy aan Kaapstad gebring het rondom die verskyning van haar kortverhaalbundel Soutsjokolade. Ons het in die Kompanjiestuin ontmoet vir tee en daarna het ons sporadies kontak gehad met haar Kaapse besoeke. In 1985, na haar man se dood, het sy haar in Kaapstad kom vestig. Eers in 'n woonstel, Green Oaks in Quintonstraat, Tuine, maar gou was dit duidelik dat daar nie plek is vir alles wat sy saamgebring het nie. Kort daarna het sy die meenthuis, Die Park 4 in Lingenstraat, gekoop. In hierdie tyd het ek heelwat van Ina gesien. Ek was behulpsaam met die oortrekkery en dikwels het ek n werk buite in Ina se tuintjie met haar gesit en gesels.

Een komieklike ervaring was Ina se versoek dat ek haar moes oplaai om na 'n afslaershuis te gaan. Die vorige week het ons daar 'n klomp gordyne en ander artikels heen geneem waarvoor sy nie meer plek gehad het nie. Sy wou beslis weet wie haar goed koop. Agter sit ons in Asbeys en toe haar gordyne aan die bod kom, kyk sy rond, maar kon niemand sien wat bie nie. Daar word met nommers gebie en sy kon nie sien wie op haar goed bie nie. Toe die bod toegeslaan word, draai sy na my: "Is dit nie aaklig dat iemand wat jy nie ken nie en nie eens kan identifiseer nie, jou goed koop en huis toe vat nie?"

In 1996, het ek uitgewerk, was dit die laaste wat ek by haar aan huis was. Sy het vertel van 'n boek wat sy graag na my wou deurgee, maar het, toe ek dit kom haal, skouerophalend ges: "Ag, weet jy, dis nog nooit uitgepak nie. Dis nog onder my Natalse goed. As ek dit eendag kry, bel ek weer."

Elke dag het Ina deur die Kompanjiestuin stad toe gestap om haar inkopies te doen. Dit het sy altyd geniet. Soms het ek haar in Hofstraat met die terug loop huis toe opgelaai en dan het sy vertel van klere wat sy gekoop het. Soms het sy verkies om te stap. "Ag, moenie aanstoot neem nie, ek wil stap. Ek werk in my kop," het sy dan ges.

Agterna het sy verduidelik dat sy nooit by papier kan gaan sit en begin skryf nie. "As ek stap of as ek die aaklige huiswerkies doen, werk ek in my kop. Ek's besig met rels. As dit daar is, moet ek dit neerskryf."

Die letterkunde, by uitstek die posie, was 'n passie vir haar. Musiek was haar ander groot liefde. In twee ruimtes was alles vir haar moontlik, ook die verwerking van haar verliese haar geliefde man, Bob Noel, se dood in 1983, haar verlange na hom, "'n perfekte sielsgenoot" soos haar seun Darwin na sy pa verwys, en haar eensaamheid. Sy wou alleen wees. Dalk het sy 'n soort innerlike krag in hierdie alleenheid ervaar. Sy het my vertel dat sy, nadat sy die nuus van haar terminale siekte verneem het, 'n naweek alleen gewees het en met niemand kontak gemaak het nie. "Ek moes alleen wees. Ek moes dit verwerk, verstaan, ervaar en vrede maak," het sy vertel.

Die laaste drie dae saam met Ina in haar meenthuis kon ons in die enkele ure wat nog beskore vir gesprek was, eerlik praat. Oor die dood, oor God en Sy alomteenwoordigheid, en oor vriendskap. Haar laaste opdrag aan my was om vir haar "kringetjie vriende" te s hoe baie sy kontak met hulle waardeer het.

Toe ons haar uit haar bed tel en hospitaal toe neem, was sy klein en lig soos 'n voltjie. Met die wegry na die hospitaal 'n klipgooi verder het sy een keer effens omgekyk en floutjies geglimlag. Al woorde was: "Dis verby."

In die hospitaalbed was sy fyn en broos soos porselein, byna deurskynend. Die enkele gesprekkies daarna het oor waardering gegaan. Soos die Ina van altyd, min, maar deurdagte woorde klinkend klaar.

Kwatryn

Op hierdie kleed borduur ek week na week
soos jy beduie, Lewe, elke steek,
O laat my hierdie ingewikkelde patroon
voltooi voordat die ragdun garing breek!

  • Die aangehaalde gedigte kom uit Ina Rousseau se laaste bundel, Die stil middelpunt 'n keur, met nuwe gedigte. Saamgestel en ingelei deur Daniel Hugo. Human & Rousseau, Kaapstad, 2003.



    LitNet: 23 Augustus 2005

    Stuur 'n bydrae per e-pos na webvoet@litnet.co.za indien jy 'n herinnering van Lisbé Smuts-Smith met ons wil deel.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.