Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

23 April is Wêreldboekedag!

LitNet het bekende lesers genader om te hoor wat hulle van die stand van die boek in Suid-Afrika dink en wat boeke vir hulle beteken

“Schrijvers en dichters als K Sello Duiker, Sonja Loots, Henrietta Rose Innes, Tom Dreyer, Niq Mhlongo en Charl-Pierre Naude geven het nieuwe Zuid-Afrika gestalte. Zij treden in de voetsporen van grote Zuid-Afrikaanse schrijvers als JM Coetzee, Nadine Gordimer, Lewis Nosi, Breyten Breytenbach en vele anderen. Daarnaast zijn er gevestigde schrijvers als Zakes Mda, Antjie Krog, Marlene van Niekerk, Etienne van Heerden die met hun internationale reputatie als boegbeelden fungeren van wat de literatuur in Zuid-Afrika te bieden heeft.”

Robert Dorsman

****

“Ek is in wese outyds. Soos ’n oumens lees ek ook (vanweë my swak oë) naby, en het waardering vir die reuk en grein van die papier en die bindsel. Veral ouer boeke, met hul dik buiteblaaie, laat my tuis, gesofistikeerd en gesond voel — dis soos om aan ’n goeie cognac te teug, ’n Kubaanse sigaar te rook, of onder die reuk van ’n rietdak aan die slaap te raak. Dis juis dan ook daarom dat ek nie National Geographic kan lees nie — omdat die bindgom vir my stink en my galsterig laat voel.

“Maar ek aanvaar dat ek hier in die minderheid is; dat ek in ’n moderne wêreld lewe waarin daar verskeie media beskikbaar is om stories in te vertel; dat ’n gevoel vir die estetiese, langsame oomblik sy dag in die son gehad het.

“Maar as voorstander van die boek moet ek afsluit deur te noem dat om te kan oorleef en presteer in ’n moderne en erg vlugtige wêreld, het ’n mens verbeeldingskrag nodig. En hier is daar min kompetisie vir die boek, waar die leser die gedrukte woord tot ’n lewende verhaal verbeel. Jy sal ver soek om ’n leier van mense — of dit nou ’n uitvinder, ’n politikus, ’n sakeleier of bekwame skrywer of kunstenaar is — te vind wat nie ook ’n leser is nie.”

Jaco Botha

****

“In Suid-Afrika het Groot Verseboeke deurstoppers geword en al wat soetkoek word, is Huisgenoot se Wenresepte en Dalene Mathee se hoeveelste Bos, afgeslaan deur Leserskring. En tog … en tog is daar, veral in Afrikaans, daardie gesiglose fanatikus, die LESER, wat gedy op goue koring, goue gars. Alles is wel met my siel.”

Deborah Steinmair

****

“Suid-Afrika kan verskriklik trots wees op so ’n groot aantal belangwekkende skrywers, maar die boekbedryf kort jong en vernuwende geeste. ’n Lewe sonder boeke is om in ’n huis te bly wat nie vensters het nie. ”

Alfred Schaffer

****

Jy het nou net die Fyndraai getref! Klik hier, stuur vir ons 'n e-pos en staan die kans om 'n boekpakkie te wen!

“The potential reading audience for Xhosa literature is on the whole quite dormant. Xhosa literature is generally meant for school readers as publishers do not take anything that cannot be used at school. There is little material for adult readers.”

Abner Nyamende

****

“Boeke is een van my eerste en diepste liefdes. Nooit sal boeke vervang word deur die kuberruimte, DVD’s of rolprente nie, want mens kan nie gaan slaap met jou PC op jou skoot nie, en al kan jy ’n laptop bekostig, ruik dit nie reg nie. Deel van die plesier van ’n nuwe boek (of ’n ou boek) is juis die reuk van die bladsye wanneer mens dit die eerste keer oopmaak. Woorde ruik lekker. Woorde ruik anders as enigiets in die heelal. Daarom sal boeke eers uitsterf wanneer die mensdom uitsterf, indien ooit. ”

Koos Kombuis

****

“We rule — why read?”

Clinton du Plessis



LitNet: 23 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.