Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Van Riebeeck Vereniging (Kaapstad) wen prestige toekenning

Persverklaring

Die Van Riebeeck-Vereniging is die wenner van vanjaar se Prestasietoekenning vir werk op die terrein van die kulturele en historiese verbintenisse tussen Nederland en Suid-Afrika. Die toekenning beloop R50 000. Die vorige wenner was Stellenbosch se Libertas-koor.

Die toekenning is 'n inisiatief van die Van Ewijck Stigting. Die Van Riebeeck Vereniging kry dit vir sy lang geskiedenis van uitmuntende publikasies oor die Kaap onder Nederlandse bewind. Volgens die voorsitter, prof Howard Phillips, beloop dit meer as 30 boeke met oorspronklike dokumente en reisverslae uit hierdie periode. Daaronder tel klassieke tekste soos Van Riebeeck se Daghregister, die Dagboek van Adam Tas, Valentyn se Beschryvingen van Kaap der Goede Hoope (1726) en so pas ook Hendrik Cloete, Groot Constantia en die VOC 1778-9: Dokumente uit die Swellengrebel-argief. Die vereniging het sedert 1918 ook Afrikaanse, Nederlandse en Engelse werke oor ander periodes in die Suid-Afrikaanse geskiedenis uitgegee.

Die vereniging se jongste publikasie, The Trials of Slavery: Court Records of Slave Trials in the 18th Century Cape word tans voorberei. Altesame 90 hofsake sal in sowel die oorspronklike Nederlands as in 'n Engelse vertaling gepubliseer word. Volgens prof Phillips sal dit ‘n mylpaal wees in die geskiedskrywing oor slawerny, nie alleen van die Kaap nie, maar ook van die Nederlandse koloniale ryk en van slawerny in die algemeen. Die goedbewaarde dokumente van die Verenigde Oostindische Compagnie aan die Kaap het in April vanjaar wêreld-erfenis status van UNESCO gekry.

Die vereniging beplan ook verskeie verdere boeke oor die Kaap onder Nederlandse bewind, waaronder herdrukke van Kolbe se Nauwkeurige en Uitvoerige Beschrijving van de Kaap de Goede Hoop (1727) en Cornelius de Jonge se Reizen naar de Kaap de Goede Hoop ... in de jaaren 1791-1797.

Die Van Ewijck Stigting is 'n onafhanklike trust wat Nederlands-Suid-Afrikaanse kulturele en wetenskaplike projekte ondersteun, beurse en toelaes op die terrein toeken asook studente en behoeftige bejaardes van direkte Nederlandse afkoms help.

Aansoeke kan gerig word aan:

Die sekretaris
Van Ewijck Stigting
Posbus 1658
Kaapstad 8000

of nieuwoudt0@freemail.absa.co.za



LitNet: 7 Junie 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.