Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kortlys van Via Afrika se literêre pryse aangekondig

Persverklaring deur Via Afrika

Die kortlys van Via Afrika se literêre pryse, wat tot die land se belangrikstes gereken word, is pas bekend gemaak. Die totale waarde van die ses pryse, waarvan een in oorleg met Rapport aangebied word, is R140 000. Die wenners sal op 14 Junie by 'n glansgeleentheid in Kaapstad aangekondig word.

Die pryse - die WA Hofmeyr-, Recht Malan-, MER- (2), Herman Charles Bosman- en Jan Rabie/Rapport-prys – word toegeken aan skrywers wat in die voorafgaande kalenderjaar by die verskillende uitgewerye van Via Afrika gepubliseer het. Die beoordelaars het in die geval van elk van hierdie pryse 'n kortlys van drie skrywers opgestel.

In die geval van die WA Hofmeyr-prys, wat reeds in 1953 ingestel is en onder vorige ontvangers daarvan ook NP van Wyk Louw en DJ Opperman tel, bestaan die kortlys uit Marlene van Niekerk (Agaat), Antjie Krog (Die sterre sê 'tsau') en Jan van Tonder (Roepman).

Bestel nou by kalahari.net!
Agaat
Bestel nou by kalahari.net!
Die sterre sê 'tsau'
Bestel nou by kalahari.net!
Roepman

Klik op boek om te bestel by kalahari.net!

Agaat volg op Van Niekerk se roman Triomf en ondersoek die plaaswêreld op dieselfde vernuwende wyse as wat sy in laasgenoemde met die stadsroman gedoen het; Die sterre sê 'tsau' is 'n herdigting deur Antjie Krog van San-verse wat Wilhelm Bleek en Lucy Lloyd in die 19de eeu opgeteken het; terwyl Roepman hom afspeel in 'n spoorweg- gemeenskap in die sestigerjare, soos gesien deur die oë van 'n dertienjarige seun.

Vir die Recht Malan-prys vir nie-fiksie - Malan was in die sewentigerjare voorsitter van die ou Nasionale Pers-direksie - is die volgende skrywers benoem: J C Steyn vir sy Die Honderd Jaar van MER, Uma Dhupelia-Mesthrie se Ghandi's prisoner en Willemien le Roux en Alison White se Voices of the San.

Bestel nou by kalahari.net!
Die Honderd Jaar van MER
Bestel nou by kalahari.net!
Ghandi's prisoner
Bestel nou by kalahari.net!
Voices of the San

Klik op boek om te bestel by kalahari.net!

Die Herman Charles Bosman-prys vir skeppende en outobiografiese werke in Engels is in 1997 ingestel om een van die land se mees gelese Engelse skrywers te vereer. Die drie skrywers wat vir hiervoor gekortlys is, is William Dicey vir Borderline, Helmut Bertelsmann vir So anyway, en Keorapetse Kgositsile vir This way I salute you.

Bestel nou by kalahari.net!
Borderline
Bestel nou by kalahari.net!
So anyway
Bestel nou by kalahari.net!
This way I salute you

Klik op boek om te bestel by kalahari.net!

Die MER-prys vir kinder- en jeuglektuur, wat in 1984 die eerste keer toegeken is en toe aan Alba Bouwer, is verlede jaar in twee verdeel om afsonderlike pryse vir kinder- en jeuglektuur te skep. Die drie skrywers wat vir die kinderboekprys benoem is, is Wynand Louw (Mr Humperdinck's wonderful whatsit), Niki Daly (Eenmaal lank gelede) en Piet Grobler en Maria Hendriks (Makwelane en die krokodil); en vir die kategorie vir jeuglektuur, Martie Preller vir Die Hart van Zeebak, Jenny Robson vir Savannah 2116 en Anoeschka von Meck vir Vaselintjie.

Bestel nou by kalahari.net!
Mr Humperdinck's wonderful whatsit
Bestel nou by kalahari.net!
Eenmaal lank gelede
Bestel nou by kalahari.net!
Makwelane en die krokodil

Klik op boek om te bestel by kalahari.net!

Bestel nou by kalahari.net!
Die Hart van Zeebak
Bestel nou by kalahari.net!
Savannah 2116
Bestel nou by kalahari.net!
Vaselinetjie

Klik op boek om te bestel by kalahari.net!

Von Meck is ook een van die twee skrywers wat benoem is vir die Jan Rabie/Rapport-prys, die ander synde Winnie Rust vir Martha - 'n Verhaal oor Martha Solomons, Countess of Stamford. Die prys is ingestel as hulde aan Rabie, die groot voorloper van Sestig, om erkenning te gee aan die innoverende ontginning in Afrikaans van nuwe terreine van die prosa.

Bestel nou by kalahari.net!
Vaselinetjie
Boek nie beskikbaar by kalahari.net
Martha
Klik op boek om te bestel by kalahari.net!





LitNet: 24 Mei 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.