Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vernie February

Herman Wasserman

Vernie February was nie alleen ’n navorser van formaat wat die terrein van die Afrikaanse en Nederlandse letterkunde verruim het nie, maar deur sy aandag aan die gemarginaliseerde skrywers in hierdie letterkundes, het hy ook veel gedoen om bande tussen hierdie twee taalgebiede te versterk en uit te brei. Dit is veral hierdie nalatenskap wat met waardering onthou word deur skrywers en letterkundiges nadat February Sondag in Amsterdam oorlede is. February was in Nederland om reŽlings te tref vir die afskeidsfunksie wat die Afrika Studiecentrum in Leiden, waar hy sedert 1969 werksaam was, vir hom sou hou.

Hy het reeds sedert 1964 in ballingskap in Nederland gewoon. February het onlangs teruggekeer na Suid-Afrika, waar hy van die begin van vanjaar as buitengewone professor aan die Universiteit van Wes-Kaapland — ’n pos wat hy ook voorheen beklee het — sy werksaamhede sou voortsit. Hy het ook onder meer sy gewig by die Afrikaanse Skrywersvereniging ingegooi, waar hy ook ontmoetings tussen Afrikaanse en Nederlandse skrywers gefasiliteer het. “Vernie het nog groot planne gehad met ons,” sÍ die voorsitter van die vereniging, Rudi Daniels. “Hy was ’n rolmodel vir baie skrywers. Die aande wat Vernie kom praat het, was die saal altyd tjok-en-blok vol.”

Dit was maar die jongste bydrae in ’n dekadeslange strewe om brŻe tussen Nederland en Suid-Afrika te bou — diť land wat hy self om politieke redes verlaat het. February was onder meer instrumenteel in die reŽl van ’n aantal konferensies in Nederland waarheen verskeie Afrikaanse akademici genooi is en hul Europese eweknieŽ kon ontmoet. Voorts kon jonger akademici deur sy bemiddeling verdere studie in Nederland doen. Met sy aansien in die Nederlandse regeringsektor kon hy befondsing bekom wat navorsing ’n hupstoot gegee het, sÍ Steward van Wyk, voorsitter van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

“Vernie February se afsterwe laat ’n leemte wat nie gou weer gevul gaan word nie,” sÍ Van Wyk. “Kort voor sy vertrek na Nederland in Oktober om reŽlings vir sy afskeid te tref, het hy laat blyk dat hy liefs in sy land wil bly en al werkende wil sterf. Dit was die Vernie February wat ons geken het — ’n akademikus en intellektueel in die klassieke sin van die woord — iemand met ’n wye belesenheid, skerp analitiese denke en ’n verbintenis tot die sosiaal-politieke relevansie van sy vak. Sy werk getuig van ’n kritiese ingesteldheid teenoor hegemoniese praktyke en ’n strewe om aan gemarginaliseerdes stem te gee.”

February was ook betrokke by ander pogings om mense oor grense heen by mekaar te laat uitkom. Die literator Ampie Coetzee, ook van die UWK se Departement Afrikaans en Nederlands, vertel hoe Afrikaanse skrywers hom die eerste keer by die beraad by Victoria Falls in 1987 ontmoet het. “En ons het hom almal liefgekry. Hy het sulke snaakse diersprokies vertel, van hoenders en so! Sy groot verlange was om terug te kom Suid-Afrika toe. Om ‘saam met ons aan ’n projek te werk’,” onthou Coetzee.

As akademikus is February ook hoog aangeskryf. “Sy internasionale aansien as kundige op die terreine van koloniale, (Suid-)Afrikaanse en Afrika-letterkundes, kreolisering, taalbeplanning en taalpolitieke kwessies word gerugsteun deur ’n uitstekende publikasierekord,” sÍ Van Wyk. “Sy studie Mind your Colour was ’n voorloper vir ’n beduidende aantal ideologie-kritiese studies wat handel oor die representasie van die swart subjek en die posisie van die subalterne in die Suid-Afrikaanse letterkunde. Sy vertalings en studies van kreoolse poŽsie tel steeds as standaardwerk op hierdie terrein. Sy navorsing bring ook ’n belangrike korrektief op hegemoniese literatuuropvattings, Onder meer verruim dit die terrein van die Nederlandistiek deur naas die fokus op die kulturele produksie van die metropool, ook ’n perspektief op die Nederlandse koloniale gebiede, spesifiek die van Suriname en die Antille, by te bring. Die intellektuele geskiedenis van swart mense in die apartheidsopset is ook verryk met sy navorsing oor die Unity Movement en Teachers League of South Africa.”

Vernon Alexander February is in 1938 op Somerset-Wes gebore. Hy woon die plaaslike Metodiste-Laerskool by en matrikuleer aan die HoŽrskool Trafalgar in Kaapstad. Hy skryf hom daarna in by die Universiteit van Kaapstad en voltooi ’n BA met Afrikaans-Nederlands, Engels en Xhosa. Hy studeer Xhosa onder die bekende prof AC Jordan en ontvang ook die klasmedalje vir sy prestasie in diť vak.

Vir ’n kort tyd gee hy onderwys aan sy alma mater, maar vertrek in 1964 na Nederland waar hy in ballingskap leef. Hy studeer verder aan die Rijksuniversiteit Leiden en promoveer in 1977 onder die befaamde kreoloog prof Jan Voorhoeve op ’n proefskrif getitel Flaggelated skin: A fine fetish. Dit word in ’n handeluitgawe uitgegee deur Kegan Paul International onder die titel Mind your Colour: the Coloured Stereotype in South African literature.

In 1975 werk hy met Jan Voorhoeve en Ursy Lichtveldt saam aan Creole Drum -die standaardwerk oor kreoolse poŽsie. In 1988 verskyn And Bid Him Sing: Essays in Literature and Cultural Domination. Die bekende Engelse kritikus Michael Thorpe noem dit “a humane critic’s substantial contribution to the writer’s saving cause of 'truth’”.

In From the Arsenal bundel hy ’n aantal beleidsdokumente en toesprake van leidende figure in die Unity Movement en Teacher’s League of South African (TLSA). In 1991 publiseer hy The Afrikaners of South Africa. In 1994 verskyn die bundel Taal en Identiteit: Afrikaans en Nederlands, ’n bundel kongresreferate as uitvloeisel van ’n kongres met dieselfde titel wat February die vorige jaar in Leiden gereŽl het.

Hy skryf ook gedigte en kortverhale en debuteer in 1979 met die digbundel O snotverdriet, Afrikaanse gedigte. Daarna verskyn ’n verdere bundel met die titel Spectre de la Rose. Sy gedig “I am the face”, waarin hy ’n Nederlandse toeris die harde werklikheid van apartheid laat sien, word in agt tale vertaal. Hy is ook een van die samestellers van Een kwestie van identiteit, ’n bundel kortverhale van swart Suid-Afrikaanse skrywers.

Behalwe sy werk as navorser verbonde aan die Afrika Studiecentrum in Leiden, was February ook jare lank ’n besoekende dosent aan universiteite in die VSA, Sierra Leone en Suriname. Hy was in die periode 1991 tot 1996 buitengewone professor aan die Universiteit van Wes-Kaapland en is aan die begin van 2002 weer in diť posisie aangestel. In die tussenperiode het hy steeds op eie koste na Suid-Afrika gekom om sy werksaamhede as dosent en navorser voort te sit.

“In die persoon van prof VA February het die UWK ’n akademikus met besondere kundigheid en vermoŽns in sy midde gehad. Gedurende sy lang verbintenis met die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland het ons hom leer ken as ’n uiters bekwame, hulpvaardige en innemende persoon en kon ons op velerlei wyses baat vind by hierdie verbintenis. Prof February sal onthou word vir die waarde wat hy tot die departement, die UWK en Afrikaans toegevoeg het,” sÍ prof Van Wyk.

Louise Viljoen, voorsitter van die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Stellenbosch, meen February het nie altyd die eer ontvang wat hom vir sy navorsingswerk toegekom het nie. “Ek dink hy het veral met Mind your Colour, wat reeds in 1981 verskyn het, ’n baie skerpsinnige bydrae gelewer tot die debat oor swart Afrikaanse skrywers waarvoor hy nie genoeg erkenning gekry het binne die destydse literÍre establishment nie. Sy dood laat myns insiens ’n baie groot leemte, omdat hy nog veel sou kon bydra tot die navorsing oor swart Afrikaanse skrywers,” meen sy.

February was ook lid van De Maatschappij der Nederlandse Letterkunde. Die sekretaris van diť organisasie, Eep Francken, beskryf hom as ’n “uitstekende, baie entoesiastiese spreker en dosent, wat soos geen ander nie in staat was daartoe om sowel geleerdes as beginnerstudente te boei en te laat belangstel in die Afrikaanse literatuur.” Francken verwys ook na February se werk in die byeenbring van Afrikaanse en Nederlandse letterkundiges, en meen die simposium wat hy kort na die apartheidstyd georganiseer het in die Middeleeuse Pieterskerk in Leiden, en waarvan die referate, soos hier bo genoem, as Taal en Identiteit in boekvorm verskyn het, is ’n hoogtepunt in sy loopbaan.

“Vernie se laaste aktiwiteit vir De Maatschappij der Nederlandse Letterkunde was aan die begin van vanjaar, toe die Louis Leipoldtprijs aan John Kannemeyer toegeken is. Vernie het daarvoor na die Leipoldtfees op Clanwilliam gereis,” onthou Francken. “February was ’n sjarmante en beminlike man, wat vir my erg plotseling blyk te gesterf het. Ek het hom uiteraard nog lang jare gegun in sy mooi land, waar hy nou weer welkom was nadat dit vir so lank anders was.”

* * *

’n Volledige lys van February se publikasies is te lees by:

asc.leidenuniv.nl/publications/vafebruary.htm

Sien ook die huldeblyke van Erik van den Bergh:

www.mweb.co.za/litnet/neerlandinet/vernieerik.asp

en Abraham de Vries:

www.mweb.co.za/litnet/indaba/default.asp

Afrika-studiecentrum in Leiden:

asc.leidenuniv.nl

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.