Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Afrikaanse skrywer en boek in veeltalige SA onder die loep geneem

Op 22 September 2003, die Maandag voor Aardklop, word ’n verteenwoordigende beraad oor Afrikaanse skrywer- en boekesake op Potchefstroom gehou. Die plek van die Afrikaanse skrywer en dié van die Afrikaanse boek in ’n veeltalige Suid-Afrika sal in die dag se besprekings onder die loep kom. Hieronder word kwessies soos ’n verteenwoordigende vereniging vir Afrikaanse skrywers en boeke, die funksies van so ’n vereniging en die samewerking tussen boekemense bespreek.

Heelwat skrywers, wat die hele spektrum van Afrikaanse boekmense verteenwoordig, het reeds aangedui dat hulle kom. Deelnemers sluit Elias Nel, Charles Malan, Andries Oliphant, Jeanette Ferreira, Rudi Daniels, Hans du Plessis, Willem Fransman, Hein Willemse en ’n verteenwoordigende aantal uitgewers in.

Die ATKV-skryfskool van die PUK tree as fasiliteerder op en dit word in samewerking met die ASV (Afrikaanse Skrywersvereniging), Charles Malan se Boekebelange en Afrikaanse uitgewers aangebied.

Omdat die Beraad niemand wil uitsluit nie, is enigiemand wat in skrywers en/of boeke belangstel, welkom om dit by te woon en aan die besprekings deel te neem. Die Beraad word van 09:00 af gehou op Nooitgedacht, die konferensiesentrum van die Potchefstroomse Universiteit op die wal van die Vaalrivier, omtrent 30 km suidwes van Potchefstroom.

Registrasiegeld vir die Beraad beloop R50.00 en verdere inligting kan verkry word van die ATKV-skryfskool (018) 299-1782 of by Ena Swart by die ATKV (011) 886-4888.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.