Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Via Afrika kondig literêre kortlyste aan

Persverklaring: Kerneels Breytenbach

Drie romans en een kortverhaalbundel het die kortlys gehaal vir die nuwe Jan Rabie/Rapport-prys. Dié prys word voortaan jaarliks toegeken aan ’n werk wat in die voorafgaande kalenderjaar gepubliseer is en gekenmerk word deur die vernuwing en innovering wat dit gebring het op die gebied van prosa.

Die Jan Rabie/Rapport-prys se kortlys, asook dié van die pryse wat jaarliks aan publikasies uit die Via Afrika-groep toegeken word, is in Kaapstad bekend gemaak deur Hein Brand, uitvoerende hoof van Via Afrika.

Die vier titels op die kortlys vir die Jan Rabie/Rapport-prys is Aan die ander kant van die stad deur Herman Wasserman (Human & Rousseau), Joh’burg, die blues en ’n swart Ford Thunderbird deur Vincent Pienaar (Kwela), Kontrei deur Kleinboer (Praag) en Trips deur Manie de Waal (Human & Rousseau).

Twee veteraanskrywers, John Miles en Abraham H de Vries, ding met ’n relatiewe jongeling, Eben Venter, mee om die WA Hofmeyr-prys. Die kortlys daarvoor is Tot verhaal kom deur Abraham H de Vries (Human & Rousseau), Die buiteveld deur John Miles (Human & Rousseau) en Begeerte deur Eben Venter (Tafelberg).

Vier titels is benoem vir die kortlys van die Recht Malan-prys, wat jaarliks toegeken word vir niefiksie van uitnemende gehalte. Hulle is: In Southern Skies deur John Illsley (Jonathan Ball Publishers), The Afrikaners deur Hermann Giliomee (Tafelberg), Leefstyl-Bybel vir Vroue, geredigeer deur Christina Landman (Lux Verbi.BM) en The Wind Makes Dust deur Ben Maclennan (Tafelberg).

Kwela-uitgewers het al drie die titels op die kortlys vir die Herman Charles Bosman-prys vir Engelse fiksie van hoë gehalte gelewer: Links deur Nuruddin Farah (Kwela), Our Generation deur Zubeida Jaffer (Kwela) en Confessions of a Gambler deur Rayda Jacobs (Kwela).

Die MER-prys vir kinder- en jeuglektuur is van vanjaar af in twee kategorië verdeel. In die kategorie vir kinderlektuur is die drie titels op die kortlys: Ek is Simon deur Martie Preller (Tafelberg), Markus stermuis van Marianna Brandt (Human & Rousseau) en Die geel komplot van George Weideman (Tafelberg).

Die drie titels op die kortlys vir die MER-prys vir jeuglektuur is: Koning Henry deur Carina Diedericks-Hugo (Tafelberg), Ragtime en rocks deur Willem van der Walt (Tafelberg) en Spookhuis by die see deur Louise Prinsloo (Human & Rousseau)

M-Net sal ses pryse uitloof, een in elk van die volgende vyf inheemse Afrikatale-kategorieë: 1) Nguni 2) Sotho 3) Venda 4) Tsonga 5) Afrikaans, en ’n nuwe prys vir ’n nuwe kategorie vir ongepubliseerde werk.

Die wenners van die vier Via Afrika literêre pryse en die Jan Rabie/Rapport-prys, asook van die Boekjoernalis van die Jaar-prys en vier literêre pryse van M-Net word op 17 Junie tydens ’n glansryke prysoorhandigingsgeleentheid in die Table Bay Hotel in Kaapstad bekend gemaak.

Klik hier vir die volledige kortlyste.

Click here for the English press release.




LitNet: 1 Junie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.