Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Gesamentlike kongres van die Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV) en die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN), 22-25 September 2004

Die tweejaarlikse kongres van die Afrikaanse Letterkundevereniging word in 2004 saam met die kongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek aangebied by die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom).

(OUTO)BIOGRAFIESE WERK
Biografieë en outobiografieë is tans die topverkopers. Daar word ook toenemend op teoretiese gebied aan hierdie genres en die talle hibridiese vorme daarvan gegee. Referate word ingewag oor die volgende subtemas:

  • Biografie
  • Outobiografie
  • Egodokumente
  • Biografiese fiksie
  • Fiksionele (outo)biografie
  • Dagboeke, memoires, reisverhale
  • Skrywersbiografieë in verband met hulle oeuvres
  • Teoretiese (literêre, filosofiese, psigologiese) perspektiewe op die (outo)biografie ens.

    ERFENISDAG IS BREYTENDACH!
    Skrywersfokus: Fokus op Breyten Breytenbach

    Dit het ’n ALV-gebruik geword om tydens elke kongres ook ’n fokus op ’n persoon se werk te laat val (2000 - Karel Schoeman; 2002 - Antjie Krog). Hierdie keer word gefokus op die werk van Breyten Breytenbach. Bydraes oor alle aspekte van sy werk (drama, poësie, prosa en visuele kuns) word ingewag. Daar word beplan om (soos in die geval van Schoeman in 2000) ’n boek saam te stel oor Breyten met ’n seleksie van hierdie referate as kern.

    Vrydag 24 September 2004 is Erfenisdag en die hele program op hierdie dag sal aan Breyten Breytenbach gewy word. Benewens die referate word ook ’n uitstalling en ’n program oor Breyten se werk in die vooruitsig gestel.

    UITGEWERSESSIE
    Soos gebruiklik by ALV-kongresse word ook ’n sessie (of sessies) aan uitgewers gewy. Verlede jaar was Protea en NB verteenwoordig. Vanjaar wil ons die fokus laat val op die werk van Kwela. Enige bydraes oor Kwela-boeke sal ook verwelkom word.

    TAALKUNDE
    Voorsiening sal in die program gemaak word vir SAVN-lede wat bydraes oor die taalkunde wil lewer.

    AARDKLOP
    Die Aardklop-kunstefees vind van 28 September tot 2 Oktober 2004 in Potchefstroom plaas. Kongresgangers kan dus hulle sake so reël dat hulle ook daarvoor kan aanbly.

    KOSTE
    Die kongresfooi is R525, wat alle etes en verversings insluit.
    Vervoer van en na die Johannesburgse Lughawe is beskikbaar teen R200 (retoer).

    SPERDATUM VIR VOORSTELLE
    Voorstelle vir referate moet voor die einde van Mei 2004 gestuur word aan enige van die volgende adresse:

    Heilna du Plooy: afnhjgdp@puknet.puk.ac.za
    Willie Burger: wdb@rau.ac.za
    Jacques van der Elst: INTJVDE@puknet.puk.ac.za.


    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.