Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sanlam-Pryse vir Jeuglektuur

Persverklaring

Die wenners van vanjaar se Sanlam-pryse vir jeuglektuur is so pas bekend gemaak. Die standaard van die Afrikaanse inskrywings was so hoog en die twee manuskripte wat meegeding het om Goud het so kop aan kop geloop dat die beoordelaars nie anders kon as om aan albei presies dieselfde punt toe te ken nie.

Waarop die borg, Sanlam, toe besluit het om twee volwaardige eerste pryse toe te ken pleks van net een.

Die twee uitskieters is François Bloemhof, wat al 26 boeke vir sowel volwassenes as jonger lesers gepubliseer het, en die nuweling Fanie Viljoen, wie se tweede boek dit is. (Die eerste, Slym, handel oor 'n wurm met 'n identiteitskrisis en is vir lesers van 7 of 8 jaar oud.)

BreinBliksemViljoen se jeugverhaaldebuut, BreinBliksem, speel af in Bloemfontein, waar hy woon. Drie kêrels wat die middelvinger gooi vir alles en almal ruk op na 'n rockfees by die Allemanskraaldam. Die verhaal skets die aanloop, gebeure en afloop van dié ekskursie soos gesien deur die benewelde brein van een van die groep, genaamd Burns.

Nie vir kinders nieFrançois Bloemhof se Nie vir kinders nie is die verhaal van Tim, onderhoofseun van sy skool en 'n "golden boy". Hy is aantreklik, selfversekerd; hy is volgende jaar in matriek, alles loop reg vir hom . . . Maar net oënskynlik.

Tim is verveeld met sy ouers en met sy veilige voorstedelike bestaan. Tim surf pornografie op die net. Iets knaag aan die binnekant van Timmie Onderhoofseun . . . En so begin die glibberige gly na benede.

"Alle verhale van 'n 'val' boei en trek aan," sê een van die keurders. "Miskien omdat dit ons aan ons eie transgressiewe begeertes herinner?"

'n Interessante ooreenkoms tussen vanjaar se twee gouepryswenners is dat hulle albei vir 'n aansienlik ouer leserspubliek geskryf is as dié waarvoor Afrikaanse jeugverhaalskrywers tot dusver geskryf het. Eintlik is albei boeke "cross-overs": boeke wat nie alleen vir jonger lesers bedoel is nie, maar ook vir volwassenes.

Maar die ooreenkomste tussen vanjaar se pryswenners strek veel verder as dit, selfs oor kategorieë heen. Vanjaar se wenstories, Engels of Afrikaans of Setswana of wat ook al, praat met mekaar en haak aan by mekaar.

VuvuzelaSo is daar die derde van vanjaar se Afrikaanse wenners, Vuvuzela deur Engela van Rooyen, wat die Silwer prys ontvang. Dit vertel van Senke en sy ouer broer Buti, en van Senke se Business Plan en hoe hy gaan geld maak om vir Buti te surprise met 'n grandstand ticket vir die world soccer in 2010! Want hy wil vir Buti dankie sê omdat hy nog al die tyd vandat hulle ma aan Aids dood is, so mooi sorg vir hom wat Senke is.

Ook in die Engelse pryswenner Praise Song deur Jenny Robson gaan dit oor kinders wat wees gelaat word deur vigs - hier twee susters. Maar eintlik het ons hier 'n whodunnit wat begin met 'n raaiselagtige moord op een van hulle onderwyseresse. En van daar af hou die skrywer jou aan die omblaai. Wie is die moordenaar? Waarom is die moord gepleeg? En waarom wil die één persoon wat weet, nie die skuldige uitwys nie?

Ook Kabelo Duncan Kgatea se Setswana-storie Ntshware ka letsogo handel oor 'n weeskind. Neo is boonop nog blind ook. Maar die geesdrif en oorgawe waarmee hy alles aanpak, maak dat hy uitstyg bo sy fisieke beperkinge en vir hom 'n plekkie in die son oopsing met sy pragtige stem.

Die ander pryswenners vanjaar is die mediapersoonlikheid Darrel Bristow-Bovey, met 'n verhaal in Engels vir lesers van 12 tot 14, en Dumisani Sibiya, met 'n verhaal in isiZulu wat handel oor verantwoordelikheid neem vir jou eie lewe.

BreinBliksem en Nie vir kinders nie is op Saterdag 20 Augustus by die Zula Bar in Langstraat, Kaapstad, deur Fokofpolisiekar bekend gestel, terwyl die ander wenboeke in Oktober in Johannesburg bekend gestel sal word. Al die wenboeke word deur Tafelberg-Uitgewers gepubliseer.

Die wenners is uitgesoek uit 'n totaal van 114 inskrywings: 52 in Afrikaans, 50 in Engels, 6 in Nguni-tale en 6 in Sotho-tale. In elkeen van die vier kategorieë was daar twee pryse op die spel: R12000 vir Goud en R6000 vir Silwer.

Die beoordelaars was Elfra Erasmus, Kirby van der Merwe en Petra Grütter vir Afrikaans, Elinor Sisulu, Penny Hochfeld en Barbara Ludman vir Engels, Danisile Ntuli en dr. Thabs Ntshinga vir die Nguni-tale, en prof. Johan Lenake en dr. P.M. Sebate vir die Sotho-tale.



LitNet: 06 September 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.