Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

NB-Uitgewers: Die pad vorentoe

Helgaard Raubenheimer

Besturende direkteur
NB-Uitgewers


Toespraak by geleentheid van ’n gesellige funksie vir NB-skrywers en medewerkers in Pretoria


Dames en here, vriende, ladies and gentlemen, friends ...

Namens Tafelberg, Human & Rousseau, Best Books, Kwela, Pharos, Queillerie en JL van Schaik — baie welkom aan u almal.

Dis ’n geleentheid vir gesels en saamkuier, en daarom het ek ’n baie kort toesprakie beplan. Maar ons sien mekaar nie aldag so saam nie, en ek het besluit om tog ’n paar brokkies inligting met u te deel. Hopelik vind u dit interessant of insiggewend, en dalk beantwoord dit ook ’n paar vrae in u gemoed.

In my brief van 6 Maart het ek u van ’n paar projekte vertel wat ons die afgelope maande besig gehou het en waarmee ons NB-Uitgewers op vaster grond wil plaas. Ek gaan dit dus nie nou herhaal nie. Ek kan wel bevestig dat ons groot verhuising gelukkig agter die rug is, en ek nooi u graag om ’n draai deur ons nuwe kantore op die twaalfde vloer van Nasperssentrum in Kaapstad te kom maak wanneer u weer in die Kaap is. Die span het baie hard gewerk om ou goed op te ruim en om ons nuwe kantore in rekordtyd operasioneel te kry, en ons dink dit lyk goed.

I would, however, like tell you something about yet another project that we have been occupied with and one that we hope will make life somewhat easier for authors. With the assistance of a contract expert we are revising our standard authors’ agreement with a view to the future. Ons het die beproefde klousules van al ons ou en bestaande kontrakte oorweeg en sommiges behou en ander aangepas. In die proses het ons ’n korter en lees-vriendeliker kontrak geskep deur onnodighede of verouderde taal en verwysings uit te haal, en dit sommer aangepas by ons jongste prosedures. Ek dink skrywers sal vind dit lees nou makliker en is minder intimiderend, en daarmee wil ons ook die proses van kontraktering probeer verkort, sodat boeke met ’n getekende kontrak in produksie kan gaan.

You might also like to know that we have created a new function in our marketing department: for Corporate Sales, and we hope to expand our product offering for business customers through this channel to replace sales that have been lost elsewhere. For instance: our sales to CNA are not even half what they used to be before its transition to new ownership.

Ek wil graag hierdie geleentheid gebruik om drie indrukke wat uit koerantberigte of gesprekke rondom die uitgee van Afrikaanse letterkunde kon ontstaan het, reg te stel.

Die eerste is die vermoede dat NB maklik boeke laat verpulp; die tweede is die gerug dat NB se uitgewers nie meer poŽsie uitgee nie; en die derde is dat NB nie meer skrywers begelei nie.

Wat die eerste saak betref: Die feit is dat NB twee jaar gelede laas ’n boek laat verpulp het, en as dit gebeur, is dit ůf beskadigde los eksemplare, ůf op versoek van ’n onderwysdepartement wat ’n skoolboek weens leerplanveranderinge nie meer in sirkulasie kan hÍ nie, ůf as dit iets is soos ’n jaarboek, wat vinnig verouder en jaarliks opgedateer moet word, ůf weens plagiaat. Maar NB verpulp nie maklik ’n boek nie. As NB voorraad “verminder”, beteken dit dat dit teen laer pryse uitverkoop word.

Wat die tweede saak betref: Uit onlangse koerantberigte en -onderhoude kan die indruk gewek word dat die “Kaapse uitgewers”, met verwysing na die NB-groep, nie meer poŽsie uitgee nie, of dat hulle volgens ’n kwotastelsel digbundels uitgee.

Wel, Tafelberg, Human & Rousseau en Kwela gee steeds poŽsie uit. En: daar is geen kwotabeleid nie. Die uitgewers van NB het sedert 1998 altesame 48 digkuns-publikasies (bundels en bloemlesings) die lig laat sien. Die beste bundel wat die afgelope jaar verskyn het, is volgens ’n onlangse Insig-artikel (Henning Pieterse, April) deur Tafelberg gepubliseer: Die aandag van jou oŽ deur Petra Muller. Later vanjaar verskyn ’n interessante debuutbundel by Tafelberg deur een van die digters in Nuwe Stemme 2; en Nuwe Stemme 3, ’n platform vir jong digters wat nog nie genoeg gedigte van gehalte het om met ’n eie bundel te debuteer nie, sal volgende jaar uitgegee word.

Dis weliswaar nie meer so maklik soos voor 1998 om digbundels in ekonomiese oplae uit te gee nie. ’n Swak verkoper verkoop so min as 300 tot 400 eksemplare, goeie verkopers haal 1 000 tot 1 500, maar daar is wel enkele digbundels wat tot 3 000 eksemplare verkoop. Die mark het egter beslis gekrimp, en NB se uitgewers kan onmoontlik alles uitgee wat aangebied word. Maar NB soek steeds belowende nuwe stemme en publiseer nog graag die bestes.

As to supporting and developing new authors, the third issue mentioned: I am not aware of any publisher in the country that gives more support and guidance to new authors than Kwela. Since I’ve joined the NB group I have also witnessed how much quality time and energy all our publishers spend with authors and on manuscripts of new and established authors.

NB het pas nog ’n finansiŽle jaar agter die rug. Hoe het dit gegaan? Ondanks die verkoop van die niefiksielys Sunbird aan Jonathan Ball Publishers, het die NB-groep daarin geslaag om sy verkope-mikpunt te oorskry. Dit was moontlik danksy besonder goeie produkte, maar ek dink ons verkoopsbestuurder, Petro du Toit, en ons reklamehoof, Nicky Stubbs, en hul bekwame mense verdien ook spesiaal vermelding.

Ongelukkig was die finansiŽle resultate nog teleurstellend, onder meer weens groot afskrywings van CNA se slegte skuld, tť hoŽ vaste kostes en tť lae winsgrense, onder meer weens boeke wat benede hul kospryswaarde verkoop moes word om stadig bewegende voorraad te verminder.

Ons is egter vol vertroue dat NB met sy veel ligter kostestruktuur vanjaar finansieel baie beter sal vaar.

Die storie oor die dood van die Afrikaanse boek was, soos baie ander stories, voortydig. Maar ons sien dit steeds as een van ons grootste uitdagings om die aantal lesers in die land te help vergroot — alle lesers, maar veral Afrikaanse lesers. As ons nie daarin kan slaag nie, sal dit wel vorentoe swaar gaan met die Afrikaanse boek.

In Bookseller lees ek onlangs dat selfs in Brittanje, wat bekend is vir sy boek- en leeskultuur, boeklesers en -kopers soek raak: ’n derde van alle Britse volwassenes het die afgelope jaar nie ’n boek gekoop nie, en 28 persent lees nooit ’n boek nie. Boekverkope in die VK het verlede jaar met drie persent afgeneem.

En uit die New York Observer: Uitgewers maak dikwels of hulle meer boeke verkoop as wat hulle wel verkoop. Totale boekverkope in die VSA het egter verlede jaar met 5,5 persent toegeneem, danksy aggressiewe kortings en nuwe kanale soos internet-winkels.

In Nederland het die groei in boekverkope verlede jaar maar net tred gehou met prysstygings.

In Frankryk het die aantal boeklesers en -kopers ook gedaal: 62 persent Franse mans en 58 persent plattelanders het die afgelope jaar geen boek gekoop nie, en ook die gereelde boekkopers het tot 18 persent gedaal; en diť persentasie neem steeds af.

In Duitsland het die boekbedryf op Boekedag (23 April) ’n boek laat skryf, set, druk, uitgee en verkoop — alles binne 12 uur, om opnuut die aandag op die boek as produk te probeer vestig.

Kan ons in billikheid verwag dat dit in SA beter sal gaan? Omdat daar wÍreldwyd groter mededinging vir boeke en lees is, probeer ons elke dag om die voorkeure en behoeftes van boekkopers en -lesers beter te verstaan. Jy kan mense nie dwing om boeke te lees nie, maar as jy potensiŽle lesers se voorkeure, belangstellings en verwagtinge beter verstaan, kan jy hulle wel lus maak vir lees.

Skrywers van letterkundige werk, plaaslik en oorsee, is soms ongeduldig omdat hul uitgewers nie meer genoeg goeie, gewigtige stof uitgee nie.

Ons as uitgewers kan nie die algemene kulturele vervlakking, of selfs “anti-intellektualisme” (Nicol Stassen by die KKNK) wat waargeneem word, alleen teenwerk nie. Die sterk invloed van die visuele media is ook ’n werklikheid. Maar wat ons wel kan doen en wil doen, is om mense met goeie, maar leesbare en mooi boeke uit te lok en aan te moedig om te begin lees, veral mense wat nog nie lees nie, of nie meer lees nie. (Vgl die Harry Potter-verskynsel: 200 miljoen eksemplare verkoop in 55 lande!)

Daar is baie groepe wat ’n belang het in ’n suksesvolle boekketting, van die outeur, deur die uitgewer en die boekwinkel, die aandeelhouer, die skool en biblioteek, tot die koper en leser. Vandag wil ons egter graag ons skrywers in die kalklig plaas en aan hulle sÍ: Ons waardeer julle en ag julle as sleutelvennote. Baie dankie vir julle ondersteuning en lojaliteit. Soos die Avis-slagspreuk kan ek sÍ: Ons probeer elke dag harder om ’n nog beter uitgewershuis vir julle te wees.

In ’n onlangse vinnige opname onder ’n aantal skrywers het ons niemand gehoor wat sÍ dat hy of sy nie meer gaan skryf nie, of selfs in Afrikaans gaan skryf nie. En solank daar goeie tekste geskryf word, en genoeg kopers is, sal ons daar wees om uit te gee. Maar ons soek ook vir ons skrywers groter markte buite die grense, en daar was gelukkig heelwat sukses die afgelope tyd met die verkoop van regte in die buiteland. Vertalings van bekende titels soos Kleur kom nooit alleen nie; Raaiselkind; Die swye van Mario Salviati; Eilande; en die blitsverkoper-kinderstorieboek Madiba Magic het reeds in vertaling verskyn of verskyn binne ’n jaar oorsee in verskeie tale.

We are particularly proud of our authors who have recently been awarded well-known prizes overseas: Madiba Magic, Nelson Mandela’s Favourite Stories for Children, has been awarded the National Association for the Advancement of Coloured People: Image Award in the United States; Jenny Robson has been awarded the very prestigious Unesco Prize for Children’s Books with her Because Pula means Rain; and Achmat Dangor’s Bitter fruit has been shortlisted in Dublin for the IMPAC Award. The French translation of Deon Meyer’s Orion has just been awarded a prestigious prize in France.

Baie geluk aan al ons skrywers en medewerkers wat die afgelope jaar met verskeie plaaslike literÍre pryse bekroon is. Soos so dikwels tevore het NB-publikasies feitlik skoonskip gemaak.

Daar is dus baie om voor dankbaar te wees en om te vier. Van al die beroepe wat ’n mens kan beoefen, bly dit vir ons nog steeds elke dag ’n voorreg en plesier om mooi boeke te kan maak, en van al die lekker dinge bly die lees van ’n goeie boek steeds een van die kosbaarste ervarings.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.