Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Gewilde SêNet-skrywer wen literêre prys!

Erns Grundling

Klik op boektitels om te bestel by kalahari.net!

Kleinboer, opspraakwekkende romansier en gereelde bydraer tot SêNet, het gisteraand met die splinternuwe Jan Rabie/Rapport-boekprys weggestap.

Hierdie toekenning is aan hom oorhandig tydens ’n swierige geleentheid in die Table Bay Hotel, Kaapstad, waar die wenners van M-Net en Via Afrika se boekpryse aangekondig is.

Die Jan Rabie/Rapport-boekprys word toegeken aan ’n werk wat in die voorafgaande kalenderjaar gepubliseer is en gekenmerk word deur die vernuwing wat dit op die gebied van prosa gebring het. Kleinboer is ’n volle R20 000 ryker vir sy roman Kontrei (Praag), wat weens die karakter se eksplisiete sekstonele met swart prostitute vir konsternasie onder lesers en resensente gesorg het.

Kleinboer was vanmiddag omtrent in sy noppies. "Ek gaan nie net my prysgeld gebruik om my skuld te delg nie, ek wil ook iets lekker doen. Ek dink ek gaan Kenia toe, om te gaan bie in Nairobi. Heelwat SêNetters het my reeds vanoggend gebel, soos Andries Bezuidenhout en Klara Majola. Ek is so dors, maar ek gaan nou-nou iets daaraan doen ..." (Hy is glo onderweg na die oudste kroeg in Kaapstad.)

Vir hierdie prys het Kleinboer meegeding teen Vincent Pienaar se Jo’burg, die blues en ’n swart Ford Thunderbird (Kwela) en Manie de Waal se Trips (Human & Rousseau).

Dan Sleigh het met sy epiese roman Eilande (Tafelberg) die gesogte M-Net-boekprys gewen. Die beoordelaars van dié prys het sy boek aangewys uit ’n kortlys van tien romans wat die afgelope vier jaar gepubliseer is. Melding is ook gemaak van Hertzog-pryswenner Ingrid Winterbach se Niggie (Tafelberg) en Eben Venter se Begeerte (Tafelberg).

Venter se Begeerte is beloon met die WA Hofmeyr-prys vir Afrikaanse fiksie, waar hy meegeding het met John Miles se Die Buiteveld (Human & Rousseau) en Abraham H de Vries se Tot verhaal kom (Human & Rousseau).

Hier volg die wenners van die ander kategorieë (klik hier vir al die genomineerdes):

Herman Charles Bosman-prys vir Engelse fiksie:

Rayda Jacobs vir Confessions of a gambler (Kwela)

Recht Malan-prys vir niefiksie:

Hermann Giliomee se The Afrikaners — Biography of a people (Tafelberg)

MER-prys vir kinder- en jeuglektuur:

Martie Preller se Ek is Simon (Tafelberg)

MER-prys vir jeuglektuur:

Willem van der Walt se Ragtime en rocks (Tafelberg)

M-Net-prys vir ’n boek in ’n Nguni-taal:

MJ Mngadi se Iziboshwa zothabdo (Heineman)

Boekjoernalis van die Jaar:

Daniel Hugo (rsg)
Naaswenner: Stephanie Nieuwoudt (Beeld)



LitNet: 18 Junie 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.