Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

LitNet beplak bekendes by opening van Protea Boekwinkel op Stellenbosch

Erns Grundling

Foto’s deur Thys de Kock en Erns Grundling

Wat het “Luncuthu”, “A wu Sasekile” en “E Monate” met ’n handvol Afrikaanse skrywers gemeen? Dit is natuurlik die LitNet-plakkers wat in al elf landstale pronk met die woorde “Lekker” en “Vrot”.

LitNet was ’n ruk gelede by die opening van die Protea Boekwinkel in die Bergzicht Plaza in Andringastraat op Stellenbosch, en die Afrikaanse skrywers en bekendes wat dié geleentheid kom saamvier het, het behoorlik deurgeloop onder die plakkers.

Nicol Stassen het besluit om sy suksesvolle boekebelange uit te brei na die Wes-Kaap, en Stellenbosch was die aangewese plek om te begin. Die Protea Boekwinkel op Stellenbosch het ’n wye verskeidenheid akademiese en letterkundige boeke.

Drie digters is aan die stuur van die Protea Boekwinkel: Louis Esterhuizen en sy vrou, Marlise Joubert, is albei gevestigde skrywers, en Francois Weideman, die brein agter Fenomeen Publikasies, sorg saam dat die boeke (en gedigte) klop.

Protea Boekwinkel het ook onlangs begin met skrywersoggende op Saterdae. JC Kannemeyer, Johan Bakkes, Pieter Snyders en George Weideman is van die bekende skrywers wat reeds oor hul boeke en skryfwerk kom gesels het. Daniël Hugo se nuwe digbundel word ook hier bekendgestel.

Die skrywersoggende gaan ook gepaard met wynpromosies, wat nogal vir ’n joligheid sorg om 11:00 op ’n Saterdagmôre! Kontak die Protea Boekwinkel op Stellenbosch by tel (021) 882 9100/3, faks (021) 882 9110, of e-pos proteaboek@mweb.co.za.

LitNet het drie vrae aan ’n paar bekendes met hul plakkers gevra tydens die gesellige opening:

  • Wat is jou gunstelingblom?

  • Watter boek lees jy tans?

  • Hoe voel jy oor die toekoms van die Afrikaanse boek?

    Hier volg die antwoorde van ons tien bekende “plakkers”.


    Philip
     
    Dorothea
     


    Philip de Vos
    — Gunstelingblom: Katjiepiering
    — Boek wat hy tans lees: Then and Now
    — Toekoms van die Afrikaanse boek: Is daar nog? (lag)

    Dorothea van Zyl
    — Gunstelingblom: Roos
    — Boek wat sy tans lees: Uys Krige se biografie
    — Toekoms van die Afrikaanse boek: Ons sal dit moet oppas …


    Ronnie
     
    Francois
     


    Ronnie Belcher
    — Gunstelingblom: My vrou
    — Boek wat hy tans lees: Die Bybel
    — Toekoms van die Afrikaanse boek: Wonderlik!

    Francois Weideman
    — Gunstelingblom: Varkoor
    — Boek wat hy tans lees: Made in Yugoslavia
    — Toekoms van die Afrikaanse boek: Dit sal seker maar ’n boek bly, nè?


    Herman
     
    Johan
     


    Herman Wasserman
    — Gunstelingblom: Aster
    — Boek wat hy tans lees: Die aandag van jou oë
    — Toekoms van die Afrikaanse boek: Jonk en Befonk!

    Johan van Rooyen
    — Gunstelingblom: Tulp
    — Boek wat hy tans lees: Tennessee Williams se kortverhale
    — Toekoms van die Afrikaanse boek: Dit gaan blom.


    Marlise
     
    Wium
     

    Marlise Joubert
    — Gunstelingblom: Louis de Leeu!
    — Boek wat sy tans lees: Maansiek
    — Toekoms van die Afrikaanse boek: Uitstekend!

    Wium van Zyl
    — Gunstelingblom: Aandblom
    — Boek wat hy tans lees: Die een wat daar langs die bed lê …
    — Toekoms van die Afrikaanse boek: Lekker en interessant.

    Albert
     
    Jac
     

    Albert du Plessis
    — Gunstelingblom: Sonneblom
    — Boek wat hy tans lees: The Buddha
    — Toekoms van die Afrikaanse boek: Dit kook!

    Jac Kritzinger
    — Gunstelingblom: Disa
    — Boek wat hy tans lees: Karl Marx for beginners
    — Toekoms van die Afrikaanse boek: Belowend maar arm.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.