Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Laaste Van der Post-boeke kry staanplek

Jens Friis

Die laaste van sir Laurens van der Post se boeke is onlangs uitgepak. Dit volg nadat ekstra boekrakke aangebring moes word by die Laurens van der Post-gedenksentrum. Plek was daar nie genoeg nie.

Die boeke is enkele maande gelede vanaf sy studeerkamer in Londen na Philippolis verskeep.

Tesame hiermee het ook die studeertafel waarby hy vele van sy boeke geskryf het, gekom. Ander besittings sluit in boekrakke, ’n lessenaarstoel, nog ’n stoel, foto’s (waaronder een waar hy rugby speel vir Grey Kollege), en kleiner goedjies wat in sy studeertafel was.

“Die houtmeubels moes reeds dikwels olie kry,” vertel Naómi Friis, medebestuurder van die Pos(t)-sentrum. “Die rede is waarskynlik dat die souterige seelug op die skip baie droog was en ook dat die weer in Philippolis heelwat verskil van die in Londen.”

Die grootste gros van die kosbare boeke is in Engels. Tog is daar ook heelparty uiteenlopende werke in Afrikaans, soos Elsa Joubert se Die Swerfjare van Poppie Nongena, Die Verhaal van Meneer de Vos (Beatrix Potter), Maretha Maartens (Plek van Dolfyne) en In Memoriam Ingrid Jonker wat onderteken is deur die skrywer Jack Cope.

Selfs in die feitlik misdaadvrye Philippolis word dit nodig geag om die boekery te beskerm deur ’n alarm.

Die boeke behoort aan die Van der Post-trust, waarin die beherende aandeel behoort aan sir Laurens se dogter, Lucia, en haar man, Neil.

In die afgelope maand het besoekers van onder meer Noorweë, die VSA, Israel, Nederland, Italië en Duitsland hier aangedoen.

“Dit is ’n klein nismark, maar Van der Post-volgelinge kom van oraloor — selfs na die afbrekende biografie van Jones wat sowat twee jaar gelede verskyn het,” sê Friis.

“Laurens het waarskynlik ’n paar voetfoute begaan, maar vir die meeste van sy lesers maak dit nie saak nie. Hul lees sy boeke vir die ervaring wat hul daaruit kry. Dat die feite nie altyd klop nie, is nie vir hul die alfa en omega nie.”

Talle van sir Laurens se werke is vertaal in Frans en Duits, en tot Japannees. “Was dit nie vir ’n foto van hom in die Japannese vertaling nie, sou g’n Westerling geweet het dat hy die skrywer was nie.”

Wat die boekery so kosbaar maak, is dat dit waarskynlik die uitgebreidste versameling Van der Post-boeke ter wêreld is. Tweedens was dit die skrywer se privaat versameling. Nes die meeste van sy boeke eerste uitgawes is, is dit ook die geval met talle van die boeke wat hy aangekoop het of wat aan hom geskenk is deur vriende of kennisse soos Nadine Gordimer, Alan Paton en Uys Krige.

Navorsers mag ter plaatse van die boeke gebruik maak, maar geen word uitgeleen nie.

Buiten die museum bestaan die Van der Post-gedenksentrum ook uit ’n restaurantjie (besprekings nodig) en Philippolis se informasiekantoor.

Van der Post se as is in die gedenktuin begrawe. Eersdaags sal hier ook ’n waterlabirint ingewy word.

“Die doel met die Van der Post-skrywershuis is om aan woordmense tot skilders die geleentheid te gee om in vrede te kom arbei.”

Om uitgawes te delg word die skrywershuis ook ingespan as gastehuis.

Sir Laurens van der Post-skrywershuis / -Gastehuis
Posbus 43, Philippolis 9970, Suid-Afrika
Tel. +27 (0)51 7730073
jensfriis@intekom.co.za
www.philippolis.org.za/post.htm

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.