Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Nuwe stemme 3: Digters gekies vir werkswinkel

Antjie Krog en Alfred Schaffer

Ons het by die vier duisend nuwe Afrikaanse gedigte gelees.

Om kreatief met taal en jou gedagtes en jou lewe om te gaan is 'n verrykende manier van leef. Dit is duidelik dat baie mense gedigte skryf as 'n vorm van interaksie met God of ter wille van oorlewing. Om kreatief vir jouself 'n ruimte te skep in vernietigende en neerdrukkende omstandighede, is om kreatiwiteit op sy beste aan te wend.

Of jou naam dus op hierdie lys verskyn, is in wese onbelangrik, en ons wil hê jy moet dit onthou. As jy skryf omdat jy moet, dan moet jy aanhou totdat jy voel dat jy dit nie meer nodig het nie.

Indien jy egter meer met jou gedigte beoog as oorlewing of Godsgesprekke en wil oorgaan tot publikasie, dan moet jy jou op die hoogte bring van wat ander digters oor dieselfde temas gesê het, en hoe hulle dit gedoen het. Poësie is ook 'n kunsvorm; dit kan meer wees as terapie. As jy byvoorbeeld godsdienstige liriek wil beoefen, dan moet jy op die hoogte wees van alles van Dawid se Afrikaanse psalms tot die gedigte van Totius, Van Wyk Louw, Sheila Cussons, TT Cloete en Lina Spies. Jou tegniek, styl en perspektief op die tema moet dus iets nuuts bydra tot die bestaande Afrikaanse religieuse gedigte. En lees ook buite die grense van die Afrikaanse poësie.

Dink na oor wat die beelde wat jy gebruik, nou eintlik beteken. As jy rym gebruik, moet jy weet hoe daar vandag in Afrikaans gerym en hoe daar al vir dekades nié meer gerym word nie. As jy and're wil gebruik in plaas van andere, dan moet jy weet dat dit sedert die Hallelujaboek-lettergreepuitkappings nie meer gebruik word nie. As jy die lettergreep uitkap want jy wil die gedig op metrum sing of opsê as jy oor jou moeder skryf, is dit honderd persent in orde - maar as jy dit wil publiseer, moet jy bewus wees dat dit vir 'n groter publiek totaal kragteloos is.

Die name op die onderstaande lys vir Nuwe stemme 3 is nie noodwendig gekies omdat hulle "beter" as jy is nie, maar omdat hulle almal aan 'n belangrike vereiste voldoen: hulle sê almal iets nuuts. Of hulle sê iets op 'n heel nuwe of ongewone manier, of hulle sê iets wat nog nie in Afrikaans gesê is nie. Party digters het agtergronde ingebring wat nog nie voorheen in Afrikaans verken is nie; ander het wel "gewone" dinge te sê, maar sê dit op 'n heel ongewone manier.

Dit is waarna ons op soek was: dit wat maak dat hierdie Nuwe stemme nie soos sy voorgangers klink nie.

Die digters wat vir 'n werkswinkel gekies is, is:

Kiwidore Fillis
Jasper van Zyl
Danie Marais
Angie Kleijn
Loftus Marais
Charlton Lee George
Danie Venter
Liesel Kruger
Thérèse Bartman
Ronelda S Kamfer
Eckhard Cloete
Ronel Scheffer
Illona Edwards
Karen van der Vyver
Cornel Judels
Christine Andrews
Gerard Rasch
WL van der Merwe
Erns Grundling
Tilla Wentzel
Mia Human.

Ons sal binnekort met julle in verbinding tree. Na afloop van die werkswinkel sal ons die finale beslissing neem oor watter gedigte in die bundel gepubliseer word.



LitNet: 14 Oktober 2004

Have your say! To comment on this piece write to webvoet@litnet.co.za, and become a part of our interactive opinion page.

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.