Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

MEDIAVRYSTELLING

Boekebelange-beraad tydens Aardklop —

nuwe weë vir skrywers en boekemense?

Vir algemene vrystelling Dinsdag 6 Aug. (2002-08-06)

Navrae vir die media:
Charles Malan
Tel.: (012) 9974269
Sel: 082 713 8167
E-pos: charlesmalan@freemail.absa.co.za




Die Boekebelange-beraad (BBB) vir skrywers en ander boekemense waaroor al heelwat bespiegel is, sal nou wel saamval met die Aardklop-kunstefees. Na heelwat bespreking in die media en op besprekingslyste soos LitNet en Boekebelange, was die konsensus dat so ’n beraad nou dringend in die belang van Afrikaans, sy skrywers, lesers en boekprodusente nodig is.

Hierdie groeperings sal almal by die ope BBB verteenwoordig wees. Gewone lesers wat bloot wil kom luister, sal trouens ook welkom wees. ’n Slypskool vir skrywers en ’n skaapbraai by P.G. du Plessis word daarbenewens aan die byeenkoms gekoppel.

Die hoofpunt ter bespreking is ’n groepering of organisasie van skrywers en ander belangegroepe soos uitgewers. Die organiseerders beklemtoon dat nie slegs “literêre” skrywers betrek word nie, maar almal wat Afrikaanse tekste publiseer. Die ander vraag is wat die groepering/vereniging se deelname aan die taaldebat en die huidige ongemaklike verhouding tussen skrywers en uitgewers sal wees.

Daar is aanduidings dat die vonke gaan spat. Daar is reeds in die debat swaarde gekruis met die Afrikaanse Skrywersvereniging (ALV) wat beswaard is oor ’n moontlike nuwe skrywersvereniging, en dr. Dan Roodt van Praag, wat voorgestel het dat hy ’n opspraakwekkende toespraak by die beraad kom lewer. Daarbenewens het Afrikaanse skrywers ook groot vraagtekens gestel oor hulle verteenwoordiging in die nuwe nasionale skrywersorganisasies wat deur die Nasionale Kunsteraad beoog word.

Die beraad en slypskool word gereël deur bekende noordelike skrywers in samewerking met uitgewers — die gevestigde Protea Boekhuis en die nuwe skrywersgebaseerde uitgewery Hermes. Die skrywers is Charles Malan (sameroeper en direkteur van Hermes), Jeanette Ferreira (Protea) , Chris Barnard, Hans du Plessis, Zander Strachan, P.J. Haasbroek, P.H. Roodt, Chris Pelser en Johann Lodewyk Marais. Die Kapenaars George Weideman en Riana Scheepers is ook geraadpleeg.

Die meerderheid van hierdie skrywers het ook uitgewerservaring. Sommige van hulle sal in panele by die slypskool optree en praktiese wenke vir skrywers gee. Hulle sal ook by die beraad wees en lesers sal die kans kry om hulle te ontmoet.

Die beraad sal op Sondag 29 Sept. gehou word en ook gekoppel word aan ’n slypskool vir skrywers op Saterdag 28 Sept. Albei vind plaas by die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, by die ATKV-skryfskool, vanaf 9.00 tot 16.00.

Die koste, insluitend middagete en verversings, is R95 vir die beraad en R180 vir die slypskool. Die skaapbraai by P.G. du Plessis se plaas na afloop van die beraad Sondagmiddag (op pad na Johannesburg) kos R60.

Vir bespreking en meer inligting, stuur verkieslik ’n e-posboodskap aan charcom@freemail.absa.co.za. As ’n alternatief, bel Protea Boekhuis by 012-3625683. Besprekings word nie deur Aardklop of Computicket gedoen nie.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.