Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Commendatio vir die Recht Malan-prys 2003

Peter Wilhelm en Ebbe Dommisse

Wenner: Die Laaste Afrikaanse Boek deur Karel Schoeman

Altesame 24 boeke is vanjaar vir beoordeling vir die Recht Malan-prys vir Niefiksie voorgelê. Die titels is ingestuur deur Tafelberg, Human & Rousseau, Kwela, Jonathan Ball, Sunbird Publishing en Lux Verbi.

Die gehalte was oor die algemeen hoog. Sommige inskrywings sal wel moeilik vir so ’n prys kwalifiseer, in die besonder kompilasies van rubrieke, toesprake en so meer; dus bundels wat eerder as argivering gekenmerk kan word en gevolglik met ’n bepaalde agterstand teenoor varser werke begin.

Uiteindelik het die beoordelaars ’n moeilike keuse tussen drie hoogstaande inskrywings gemaak, te wete:

Midlands deur Johnny Steinberg
Die Goue Seun deur John Kannemeyer
Die Laaste Afrikaanse Boek deur Karel Schoeman.

Al drie boeke kan met onderskeiding vir die prys kwalifiseer.

Steinberg se Midlands bied ’n indringende blik op die kwessie van grondbesit in Suid-Afrika, ’n terrein wat voorheen betreklik onontgin was. Die perspektiewe wat hy na vore bring, sal waarskynlik in belang toeneem namate die grondkwessie vorentoe dalk meer aktueel word.

Kannemeyer se Die Goue Seun is die lewensverhaal van Uys Krige, die begaafde digter-dramaturg wie se liriese stem ’n lang ruk misken is voordat hy oplaas die erkenning verkry het wat hy waarlik verdien. Hierdie biografie kan tot een van Kannemeyer se heel beste werke gereken word.

Schoeman se Die Laaste Afrikaanse Boek word deur homself gekenmerk as outobiografiese aantekeninge, dus handel dit oor sy eie lewe en ervarings.

Na deeglike bespreking van al die inskrywings was die beoordelaars dit eens dat Schoeman ’n gedenkwaardige boek geskryf het wat tog bo die ander uitstyg, des te meer omdat daar sulke sterk ander aanspraakmakers was — ’n boek wat in die toekoms waarskynlik tot een van die grootste Afrikaanse werke in die oeuvre biografie/outobiografie gereken sal word.

Die titel van Die Laaste Afrikaanse Boek kan wel ietwat vreemd aandoen, maar dit is waarskynlik ironies bedoel, sekerlik omdat die skrywer dit self as sy laaste stuk niefiksie bekryf — en miskien ongeregverdigde twyfel uitspreek of sulke boeke vorentoe nog uitgegee sal word.

Schoeman se werk handel oor sy fassinerende lewensloop, met ’n openhartige beantwoording van vrae wat vele lesers van sy werke hulleself meermale afgevra het, juis omdat hy hom so van publisiteit en kommunikasie teruggetrek het. Een van die merkwaardigste fasette van die boek is die kartering van die ontstaansgeskiedenis van elkeen van die skrywer se geskrifte, behalwe nog sy breër literêre ontdekkingsreis, met bespreking van sowat elke boek wat hy self gelees het.

Schoeman se werk is ook ’n belangrike stuk sosiaal-kulturele geskiedskrywing — onder meer oor Afrikaans as taal, die opkoms van Afrikaner-nasionalisme, apartheid en die afstanddoening van politieke mag. Dit het ’n diepgang wat reg aan die skrywer se uitgebreide verwysingsraamwerk laat geskied, boonop met ’n meevoerende skryfstyl wat ’n meelewende leser 683 bladsye lank kan boei.

In geheel het die boek, in Hennie Aucamp se woorde, vir die huidige geslag Suid-Afrikaners “’n oorsigtelike, geskakeerde verlede besorg, iets wat hulle vroeër nie gehad het nie ...”

Schoeman verdien met Die Laaste Afrikaanse Boek (wat sekerlik nié die laaste Afrikaanse boek sal wees nie!) vanjaar se Recht Malan-prys dubbel en dwars.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.