Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Nobelpryswenner JM Coetzee se jongste roman verskyn heel eerste in Nederlands

Erns Grundling

JM Coetzee se jongste roman verskyn op 1 Augustus 2005 en sal heel eerste in Nederlands beskikbaar wees.

Op 10 Desember 2004, presies ‘n jaar ná hy die Nobelprys vir Letterkunde ontvang het, het Coetzee hierdie nuus per e-pos met die uitgewer Eva Cossée gedeel. Die e-pos het ‘n manuskrip ingesluit, en die vertaler Peter Bergsma kon dadelik wegspring met die vertaling. Die nuwe roman heet Langzame man. Hiermee sit Coetzee sy tradisie voort om die wêreldpremières van sy romans aan die uitgewer Cossée te gun.

Daar het juis in 2003 konsternasie ontstaan toe die Engelse weergawe van die roman Elizabeth Costello van meet af in verskeie boekwinkels saam met die Nederlandse vertaling op die rakke gepryk het. Volgens Eva Cossée sal dit hopelik nie weer hierdie keer gebeur nie, aangesien die Engelse uitgewer, Harville Secker, die boek eers teen middel-September mag uitgee. In 2003 was daar van die ooreenkoms afgewyk, wat tot die ongelukkigheid gelei het.

Langzame man staan bekend as ‘n familieroman wat sentreer rondom die karakter Paul Reyment, wat na ‘n fietsongeluk sy been moet laat amputeer en gedwing word om tuis verpleeg te word. Die eerste verpleër is rampspoedig, maar die tweede, ‘n Kroaat, skep ‘n beter indruk. Voor hy hom kom kry, word Reyment verstrengel in ‘n plofbare familiegeskiedenis.

Volgens die uitgewer is Langzame man ’n treffende en dikwels komiese roman wat die leser met eenvoudige maar belangwekkende vrae konfronteer.



LitNet: 6 April 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.