Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Nasionale kortverhaalkompetisie bied groot moontlikhede

Persverklaring

Goeie nuus vir alle kortverhaalskrywers is dat die Woordfees vanjaar vir die eerste keer - in samewerking met Protea Boekhuis en LitNet - 'n nasionale Afrikaanse kortverhaalkompetisie aanbied.

Dit is die eerste groot nasionale kompetisie wat ten doel het om die Afrikaanse kortverhaalgenre te bevorder en sal jaarliks aangebied word. Aangesien dit belangrik is om aan almal die geleentheid te gee, is sowel gevestigde as aspirantkortverhaalskrywers welkom om deel te neem.

Die pryse, geborg deur Protea Boekhuis en die LOTTO, is nie te versmaai nie! Die eerste prys is R10 000, die tweede prys R7 000 en die debuutprys R5 000. Die debuutprys is uitsluitlik vir skrywers wat nog nie gedebuteer het nie.

Maar dit is nie net kontant wat te wen is nie. Afhangende van die kwaliteit van die inskrywings, beoog Protea Boekhuis om 'n bundel met van die beste werke uit te gee. Die idee is dat daar moontlik elke jaar so 'n bundel saamgestel word, natuurlik onderhewig aan die aard van die inskrywings.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Dinsdag 30 November 2004 en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Inskrywingsgeld is R20 per kortverhaal en daar is geen beperking op die aantal inskrywings per skrywer nie. Die kortverhale wat ingeskryf word, kan oor enige tema handel, maar mag nog nie voorheen gepubliseer gewees het nie en moenie 2 500 woorde oorskry nie.

Alle inskrywings sal anoniem beoordeel word.

Die inskrywingsvorm is beskikbaar by die Woordfeeskantoor. Skakel (021) 808-3513, stuur 'n e-pos na fees@sun.ac.za, of laai dit af van www.sun.ac.za/woordfees.



LitNet: 16 September 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.