Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

As ek die voorsitter van die Afrikaanse Skrywersvereniging, Elias P Nel, in sy brief van 11 Junie 2002 (“Skrywersgilde anders as ASV wat wil bemagtig”) reg lees, het hy dit veral oor die belangrikheid van samewerking tussen skrywers. Dit is ’n lofwaardige ideaal, met bepaalde voorbehoude.

Dit kom inderdaad soms voor asof skrywers hulle hier te lande maar alte dikwels in onderlinge vetes bevind en dat skrywersinstellings dit moeilik vind om te oorlewe. In ’n geskakeerde gemeenskap soos dié van die Afrikaanse literatuur en in die lig van ons ingewikkelde geskiedenis hoef hierdie soort polarisasie ons nie te verbaas nie.

Na aanleiding van die hoë ideale wat Nel aan samewerking tussen skrywers en ontwikkelingswerk stel, vind ek dit egter tog jammer dat die ASV so min gedoen het om Afrikaanse skrywers in onder meer die noordelike dele van Suid-Afrika te betrek. Ek self het nog nooit enige persoonlike uitnodiging na enige van hulle aktiwiteite gekry nie.

Dit maak Nel se ideale van samewerking waar dit om die bereiking van bepaalde doelwitte gaan, egter nie minder geldig nie. Om hierdie rede sou ek daarom wou pleit dat enige nasionale skrywersinisiatief die slaggate van die verlede vermy. Dit kan gedoen word deur samewerking oor ’n breë front na te streef en om die aandag op gemeenskaplikhede te laat val.

Om vandag byvoorbeeld die eertydse Afrikaanse Skrywersgilde sonder dramatiese aanpassings te laat voortleef, sou baie onwys wees. Een van die belangrikste uitdagings is dan ook om die akute kulturele en generasiegapings uit die weg te ruim.

Afrikaanse kultuurinisiatiewe stuit al meer voor die realiteit dat verskillende generasiegroepe as ‘t ware in verskillende wêrelde leef. Die afwesigheid van uitreikende skrywersverenigings het moontlik ook iets hiermee te make gehad. Enige skrywersinisiatief wat hierdie brug kan slaan, sal my ondersteuning hê.

Samewerking tussen skrywers kan egter nie as ’n allesoorheersende ideaal beskou word nie. Het die verskeidenheid en soms teësprekende stemme van die verlede nie dalk juis tot ’n meer geskakeerde Suid-Afrikaanse literatuur bygedra nie?

Johann Lodewyk Marais

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.