Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hier's hy!

Jaco Botha

Klik op die voorblad en bestel dit nou!

Koop hom nou!Miskruier
Jaco Botha
Human & Rousseau
2005
ISBN: 0798145811
228 bladsye
R125

Ek voel vandag dankbaar en opgewonde. Nie net omdat dit Vrydag is nie, maar ook omdat ek, soos Anoeschka von Meck, glo: "God gooi manuskripte." En met Miskruier is ek half onderstebo gegooi deur 'n lekker, maar ook taai, storie.

Ek voel dankbaar dat ek 'n geduldige en bekwame redakteur soos Etienne Bloemhof het wat my deur die "kraamproses" kon bystaan. Ek is ook gelukkig om 'n bekwame span bemarkers, onder wie Anneke Boshoff (van Human & Rousseau) en (my publicist) Jacques du Preez te hê wat die energie van die boek aan Afrikaanse lesers kan oordra.

Ek voel vandag ook opgewonde want die lesersreaksie sover lyk uiters belowend. Alle lesers het sover die 228 bladsye van Miskruier binne minder as 'n dag klaar gelees en was deur die bank positief oor die "boeiendheid"/"onneersitbaarheid" van die roman. Ek hoop werklik dat hierdie ervaring ook die ervaring van alle LitNet-lesers sal wees.

Jaco en sy nuwe boekDaar is 'n nuwe energie in Afrikaans. Jong skrywers en musikante het skielik agtergekom dat die toekoms van die taal in ons hande is. Ons bevind ons op 'n leë nuwe bladsy wat ons self sal moet invul. Indien ons nie nou "wow!"-stories skryf en "wow!"-musiek maak nie, gaan mense eenvoudig opgeslurp word deur dit wat Amerika, Engeland en Europa te bied het. Daarom moet ons songs en stories van internasionale gehalte skep.

Ek nooi hiermee ook alle LitNet-lesers uit om op SêNet resensies oor Miskruier te skryf. Ek wil weet hoe Afrikaanse lesers - prokureurs, mechanics, busbestuurders, onderwysers, predikante, joernaliste, leeglêers en rekenmeesters - die roman ervaar. Sê of julle dink dis goed, vrot of so-so; of die boek lekker lees of nie. Deur terug te kom by die lesers self, is al hoe Afrikaanse boeke 'n "come-back" kan maak - as lesers (met rede) weer opgewonde oor boeke raak.

Lekker lees.

Jaco Botha

Klik hier om meer te lees oor Jaco Botha, en hier vir meer inligting oor sy boek.

Bestel hierdie boek nou!

Jaco Botha se vorige werk

Klik en koop by kalahari.net
Klik hier vir meer oor Jaco se boek kortverhale, Sweisbril.




LitNet: 16 September 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.