Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

INSIG wen twee gesogte Mondi-tydskrifpryse

Persverklaring

Klik hier vir INSIG se webwerf!Dr Frederik van Zyl Slabbert – akademikus, politikus, sakeman en skrywer van ’n rits boeke – het Woensdagaand die gesogte artikelkategorie van die Mondi-tydskrifpryse gewen met sy artikel “Die pad na Dakar”, wat in INSIG se 200ste uitgawe (Desember 2004) verskyn het. Klik hier om sy artikel te lees.

Van Zyl Slabbert was in 1987 organiseerder van wat later as die “Dakar-safari” bekend sou staan. In die artikel onthul hy – nie sonder ’n stewige skoot selfspot nie – hoe hy en ’n groep wetsgehoorsame beroepsmense openlik vir doeanebeamptes op die destydse Jan Smuts-lughawe gejok het en toe onder die dekmantel van “besigheid” eers na Londen, toe na Parys en uiteindelik na Dakar vertrek het ...

Volgens Elmari Rautenbach, INSIG se redakteur, is die artikelafdeling dié Mondi-kategorie wat almal wil inpalm en is INSIG baie trots daarop dat hulle dit nou vir die tweede jaar na mekaar gewen het. Volgens Rautenbach het INSIG nog altyd “eietydse mense en sake ondersoek deur die oë van SA se mees gerespekteerde joernaliste en skrywers. Daarom het ons vir Van Zyl Slabbert gevra om die politieke en menslike intriges agter die geskiedkundige Dakar-ontmoeting tussen die ANC en ’n klein groepie wit Afrikaners in die laat 1980’s te onthul”.

Die artikelprys word deur baie mense as die Mondi-gelyke van die Oscars se “beste akteur”-prys beskou, en volgens die beoordelaars is dit die kategorie wat die meeste joernaliste droom om te wen omdat die skryfwerk daarvoor werklik uitstekend moet wees. Die beoordelaars het ook gesę dat Van Zyl Slabbert se artikel storievertellery op sy beste is en dat die onderbeklemtoning van sy eie rol die stuk des te boeiender gemaak het.

Fotograaf Nick Aldridge het hom by INSIG se wennerslys gevoeg toe hy met die Mondiprys vir fotografie weggestap het. Klik hier om die artikel te lees waarin Aldridge se wenfoto’s verskyn het.

INSIG het verder gespog met agt finaliste vir die Mondi-toekennings - meer as enige ander tydskrif. Die jaarlikse Mondi Tydskrif Toekennings is Suid-Afrika se invloedrykste toekennings vir tydskrifjoernalistiek, fotografie, ontwerp en illustrasies.



LitNet: 23 Mei 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.