Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sekerhede in die wêreld van die Afrikaanse boek is in die laaste jare omgekeer. Die oorgang na nuwe politieke gesag in die land, versnelde integrasie met die res van die wêreld en die elektroniese golf is verskuiwings waarvan die einde nog nie in sig is nie en die gevolge vir die boek nog nie ten volle duidelik is nie. Vir die Afrikaanse boekbedryf wag nog moeilike aanpassings, maar te midde van die skuiwende sekerhede, ook nuwe geleenthede.

Vantevore het ’n beduidende groep uit die Afrikaanse gemeenskap al gevoel die taal of die letterkunde word bedreig. Milner se stelselmatige onderdrukking en later die Nasionale regering se omvattende sensuurwette is twee voorbeelde.

’n Optimis sou sê dat Milner se politieke aanslag die taal polities versterk het; dat die literêre stryd teen sensuur en apartheid nuwe literêre en politieke volwassenheid gebring het; en dat ons ook nou rede het tot dank, omdat die aanpassings wat voorlê eindelik ekonomiese selfstandigheid kan beteken vir die Afrikaanse boek, soos wat ander aanpassings dit ook op ander terreine vir Afrikaans moet doen.

Nuwe uitgeebedrywighede, soos gemeenskappe wat hul eie vertellinge wil bewaar; kaalvoetuitgewers en kombuisuitgewers; jong skrywers wat grense wil toets; selfs erkende en suksesvolle skrywers wat wil eksperimenteer — al hierdie uitgee-behoeftes moet aangehelp word. Dis ’n noodwendige stap na ’n volwasse leeskultuur. Dit is goed en waarskynlik noodsaaklik vir Afrikaans dat daar nou nuwe groei uit allerlei oorde is.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.