Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

In Memoriam — Vernie February

Abraham H de Vries

Toe ontmoet ons mekaar weer in Oslo, waar ek op uitnodiging van Langevik Johannessen ’n reeks lesings aangebied het aan die Universiteit oor die geskiedenis van weerstandstendense in die Afrikaanse letterkunde. Jy kon hom nooit miskyk nie - daarvoor het sy woeste Oom Kaspaas-baard gesorg - dié liewe, so verwondbare Vernie February, boorling van Somerset-Wes. En die aand by Hans Beukes aan huis in Oslo begin ons in die tagtigerjare gesels waar ons in 1964 opgehou het. Want dis hoe ons vriendskap was.

Ons het saam gestudeer aan die (toe nog) Gemeentelike Universiteit van Amsterdam. Die dag voor ek teruggekeer het huis toe, het ons vlak langs die Westerkerk gesit en al ons land se probleme opgelos, maar dit kon nie verhoed dat hy nie kon terugkom nie. Hy moes agterbly: sy paspoort het hom (as ek goed onthou) nie toegelaat om weer Somerset toe te kom nie. Hy was verloof aan ’n Amerikaanse meisie.

Dit was eers aan die begin van die negentigerjare, toe ek ’n kort TV-insetsel gaan maak het oor hom en sy familie (sy Joods-Amsterdamse vrou, Ester, en sy dogter, Naomie), wat ons die vriendskap en gesprekke kon hervat soos dit hoort. Voor die eeu op sy rug gaan lê het, was Vernie professor aan die Universiteit van Wes-Kaapland, het hy gereeld hier kom kuier en klas gee, en kon ons gaan kuier by sy eie familie daar in Boerneef se geboortewêreld in die Ceressekaroo. ’n Kort rukkie gelede het hy en Ester teruggekom “vir altyd, my ou broer, want hierdie moerland is sterk!”

Býna vir altyd: hulle was net terug sodat sy Instituut in Leiden hom na behore kon vereer vir sy diens as navorser; hy is in Amsterdam oorlede. ’n Hart, ook die fisiese een, kan net soveel vat.

Iewers in Vernie February het — sy prestasies waaroor hy met groot entoesiasme kon vertel ten spyt - die kaalvoetseun van Somerset-Wes blý voortleef, die seun wat sy land ánders sien ontwikkel het as wat sy ouerhuis hom geleer het rég is, en wat nie anders kon nie as om - téén sy geaardheid in - daarteen in opstand te kom. Dit het hom baie gekos. Sy digbundel se naam is Snotverdriet.

Ek sou - ons almal sou - sonder jou baie armer gewees het, Vernie February. Aan Ester en Naomie stuur ons hiermee ons diepste meegevoel. Rus waar vrede is, ou maat.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.