Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Durbanse colloquium oor Nederlandse en Suid-Afrikaanse outobiografiese tekste

Universiteit van Natal (Durban), 30 - 31 Mei 2003

Die Durbanse colloquium oor Nederlandse en Suid-Afrikaanse outobiografiese tekste vind plaas binne die raamwerk van die akademiese samewerkingsooreenkoms tussen die Universiteit van Natal en die Universiteit van Tilburg en is ’n voortsetting van ’n vorige colloquium oor die Nederlandse biografiese en outobiografiese literatuur wat in 2001 by die Universiteit van Natal plaasgevind het.

In Mei 2003 sal spesiale aandag geskenk word aan outobiografiese tekste en die klem sal nie uitsluitlik op die Nederlandse literatuur wees nie. Heelwat aandag sal ook geskenk word aan Suid-Afrikaanse outobiografieë (bv Die laaste Afrikaanse boek van Karel Schoeman), aan fiksionele tekste met sterk outobiografiese elemente, aan lewensgeskiedenisse (“life histories”), oorlogsverwerking in (outo)biografiese tekste, gender en ander verwante onderwerpe. Die referate sal gepubliseer word in ’n spesiale temanommer van Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans. ’n Boekpublikasie is ook ’n moontlikheid. Die colloquium word moontlik gemaak deur ’n skenking van die Noordelike Kennisnetwerk vir Neerlandistiek.


Deelnemers

Die volgende agtien sprekers gaan deelneem aan die colloquium:

Jacqueline Bel (Universiteit van Leiden)
Gina Buijs (Universiteit van Zoeloeland)
Willem Burger (Randse Afrikaanse Universiteit)
Judith Lütge Coullie (Universiteit van Durban-Westville)
Margaret Daymond (Universiteit van Natal, Durban)
Jaap Goedegebuure (Universiteit van Tilburg)
Léon Hanssen (Universiteit van Tilburg)
Odile Heynders (Universiteit van Tilburg)
Johan Jacobs (Universiteit van Natal, Durban)
Helize Janse van Vuuren (Universiteit van Port Elizabeth)
Ena Jansen (Universiteit van Amsterdam en die Vrije Universiteit)
Nicholas Meihuizen (Universiteit van Zoeloeland)
Pamela Pattynama (Universiteit van Amsterdam)
Vasu Reddy (Universiteit van Natal, Durban)
Lina Spies (Universiteit van Stellenbosch)
Annemarie van Niekerk (Kaapstad)
Louise Viljoen (Universiteit van Stellenbosch)
Andries Visagie (Universiteit van Natal, Durban).

Die meeste van hierdie sprekers het reeds beduidende werk oor outobiografiese tekste gepubliseer. Ongelukkig is die program reeds vol en kan geen verdere sprekers op die program ingepas word nie.

Plek, datum en tyd

Die colloquium sal op Vrydag en Saterdag, 30 en 31 Mei 2003, plaasvind in die Grobler-Leeskamer van die Program vir Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Natal, Durban. Die Grobler-Leeskamer (kamer A325) is geleë in die Memorial Tower Building op die kampus. Die verrigtinge sal Vrydag 30 Mei om 8h30 begin. Afhangende van die aantal sprekers sal die colloquium die volgende middag teen ongeveer 13h00 tot ’n einde kom.

Belangstellendes wat die colloquium wil bywoon, word aanbeveel om reeds op 29 Mei in Durban aan te kom.


Registrasiekoste

’n Registrasiefooi van R350 (wat middagetes en tee insluit) sal gehef word vir belangstellendes wat die colloquium wil bywoon. Diegene wat die dinee op 30 Mei wil bywoon, betaal ’n verdere R180. Aangeheg is ’n registrasievorm. Persone wat die colloquium wil bywoon, word versoek om die registrasievorm saam met die registrasiefooi teen 14 Maart aan die onderstaande adres te stuur. Tjeks kan uitgemaak word ten gunste van “Afrikaans/Nederlands Fondsrekening”. Billike akkommodasie is beskikbaar in gastehuise naby die Universiteit van Natal.


Kontakbesonderhede
Drs Andries Visagie
Program vir Afrikaans en Nederlands
Universiteit van Natal
Durban 4041 Suid-Afrika
Tel 031-260 1117 (w); 0722700099 (sel);
031-2602409 (faks)
e-pos: visagiea@nu.ac.za


Registrasievorm
Durbanse colloquium oor Nederlandse en Suid-Afrikaanse outobiografiese tekste

Universiteit van Natal (Durban), 30 - 31 Mei 2003


Naam:

Instelling:


Aangeheg is ’n tjek uitgemaak aan “Afrikaans/Nederlands Fondsrekening” as betaling vir:

Kruis asseblief die relevante blokkie aan.

Registrasiefooi en dinee — R530  ......

Slegs die registrasiekoste — R350  ......

Stuur asseblief die tjek teen 14 Maart 2003 saam met hierdie registrasievorm aan:

Dr Andries Visagie
Program vir Afrikaans en Nederlands
Universiteit van Natal
Durban
4041
Suid-Afrika


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.