Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skrywers en hul dilemmas

Bullets Dreyer

Prof Joan Hambidge sê in haar onlangs gepubliseerde resensie van Nuwe stemme 3: "'n digter se ouderdom word geregistreer van (sic) die debuut."

Gesien in die lig daarvan dat uitgewerye deesdae meer as huiwerig blyk te wees om solo- of versameldigbundels uit te gee, verdien Tafelberg met hierdie bundel wel 'n pluimpie. Bepaalde vrae ontstaan egter.

Is 'n digter (nog) iemand wat gedigte skryf wat versmatig dóén wat hulle sê, met hul taal in hoogspanning, en wat dáárom (meer as andersins) 'n bepaalde tydloosheid verwerf - al kan geen vers volkome aan sy ontstaantyd se tydsgees en literêre tendense ontsnap nie?

Of is 'n digter iemand wat aan publikasie as 'n soort basiese vereiste voldoen, al is die grondslag waarop "gekeur", word soms erg verdag? Ek wil glo dat dit die bedoeling is van Hambidge se geregistreer, naamlik kennis neem van. 'n Soort registrasieliggaam vir digters waarby gedigte geregistreer moet word, bestaan immers nie.

Indien publikasie die skrywer se literêre "geboortedatum" (debuut) as digter bepaal, is dit dan net as 'n bydrae tot 'n versamelbundel wat deur 'n establishment-uitgewery uitgegee word? Hambidge laat dit so klink.

Kwalifiseer 'n bydrae tot 'n skooljaarblad, 'n kontrei- of ander koerant, 'n gewone tydskrif, 'n aweregse of 'n establishment literêre tydskrif, of 'n versamelbundel wat privaat of deur 'n onbekende uitgewery uitgegee word, dan nie? Wat van 'n volledig solo-bundel wat privaat uitgegee word, of waar 'n uitgewery 'n digter (skrywer) uitgee slegs indien die digter self die koste dra?

Die establishment se "groot kanonne" in die akademie, media, uitgewersbedryf en boekhandel is meermale onverdoeseld aanmatigend in wat húlle as noemenswaardig, dus lesenswaardig, beskou.


Bloemfontein



LitNet: 18 Mei 2005

Would you like to comment on this book information? Tell us about it. Write to webvoet@litnet.co.za and join our interactive opinion page!

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.