Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Huldigingsfees vir Dalene Matthee op 11 Maart tydens die Woordfees

Uitgereik deur die Woordfees

Klik hier vir meer!

'n Huldigingsfees word tydens die Woordfees vir Dalene Matthee aangebied waar vir die eerste keer stories agter die mens en haar boeke vertel word. 'n Reeks uitsonderlike foto's wat haar Knysna bostrilogie op 'n besondere manier belig, word ook vir die eerste keer in die openbaar vertoon.

By die geleentheid word die skrywer as mens gehuldig met die klem op haar literêre nalatenskap. Sy is op 20 Februarie vanjaar in Mosselbaai oorlede. In Matthee se werk was 'n bewuste agenda aanwesig. Haar stories het haar gedryf. Sy móés dit eenvoudig vertel, maar belangrik vir haar was dat dit op die waarheid - dus grondige navorsing - gebaseer moes word. Die fiksie waarmee sy karakters en omstandighede ingeklee het, was haar kuns. Die gegewe waarin haar storie vertel word, is outentiek.

Haar meelewendheid met haar karakters en hul omstandighede was eg. Dit is juis haar medemenslikheid wat haar karakters onvergeetlik maak. Sy het die gawe gehad om 'n eenvoudige mens laat blom.

Matthee se werk berus op grondige navorsing. Tyd en geld het sy nie ontsien om self plekke te besoek en om die beste navorsers in te span om haar by te staan nie. Om spesifiek oor dié aspek van haar werk te praat, kom vertel dr Dan Sleigh, wat as haar hoofnavorser opgetree het vir haar boek Pieternella van die Kaap (2000), oor sy samewerking met haar. Hy vertel van hul reis na Maurituis en hoe Matthee gelet het dat elke detail in die storie outentiek moet wees.

Sleigh, die 'n bekroonde skrywer van Eilande, vertel ook hoe hy en Matthee albei dieselfde karakter, Pieternella, gebruik het. Hy praat ook oor hul verskillende benaderings.

Amanda Botha, die samesteller van die program, bied 'n oorsig aan oor Matthee se romans en vertel ook oor haar agste - en nuwe - roman Die Uitgespoeldes wat in September vanjaar verskyn. Sy was die laaste persoon met wie Matthee uitvoerig oor die boek gepraat het voor haar dood.

Die akteur en boesemvriend van Matthee, Paul Eilhers, kom vertel van hul gesprekke en anekdotes oor Dalene, die mens. Hulle het 'n besondere verbintenis oor baie jare gehad en hy was in 'n vertrouensposisie by haar.

Vir die eerste keer word 'n aantal historiese foto's ook gewys van die ou Knysnabos en sy mense - die karakters van Matthee se bostrilogie. Hierdie foto's bevestig die omstandighede wat betrekking het op Matthee se Kringe in 'n bos (1984), Fiela se kind (1985), Toorbos (2003) en ook Moerbeibos (1987).

  • Dié boeiende program is op Vrydag 11 Maart (13:00) in die Neelsie-vroueverenigingsaal. Kaartjies is R50. Besprekings: (021) 808 2859 of stuur 'n e-pos na fees@sun.ac.za.



    LitNet: 25 August 2004

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.