Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bent Uitgewers en ATKV-tak Jakaranda bied weer aan:
Digterskompetisie en Galafees
(nr 6)

(Hierdie brief se datum: 14 Maart 2003)

Die twee name hier bo het— na die vorige poësiegala en -kompetisie— baie van die land se digters opgewonde aan die praat. Spontane navrae wil weet: “Wanneer weer?” Ons antwoord met genoeë só daarop: Sodra ons, vanaf datum van hierdie brief, die minimumgetal inskrywings ontvang het, om finansieel ook in balans te bly.

Op 9 Augustus 2002 was meer as 400 poësieliefhebbers die aand in Pretoria bymekaar om die vyfde kompetisie se uitslae te ontvang, na opkomende sangers te luister, belowende skilders en beeldhouers se werk te besigtig en ’n lekker vingerete saam met mededigters sowel as enkele van Afrikaans se heel bekendste digters te geniet.

Ons vra dus weer met vrymoedigheid dat Afrikaanse digters— beginners sowel as die meer gevorderdes— ons sal ondersteun om hierdie komende geleentheid ’n nog groter sukses te maak as die vorige vyf, en die spontane groei wat telkens die vorige hoogtepunt oortref het, nog stimulus te gee. Die vyfde gala-aand (Augustus 2002) het ons ±R35 000 gekos; vandaar die voorwaarde dat ons eers ’n sekere getal inskrywings wil hê voor ons datum en plek sal aankondig. Maar begin onmiddellik werk asseblief— ons wil graag ’n opeenhoping teen die einde voorkom en is dankbaar vir digters wat reeds, sonder aankondiging, gedigte ingestuur het vir die kompetisie.

Onthou dat dit ’n geleentheid vir nuwe digters én gevestigdes is om saam iets te bereik. Daar word soveel vir sangers en toonkunstenaars gedoen dat die digters hulle eie regstelling moet behartig om ander kunste wat op die woordkunste steun, by te staan met standaardstelling, veral in hedendaagse Afrikaanse liriek, wat sorgwekkend in koeterwaals verval weens gebrek aan poëtiese onderbou. (Hierby is die meeste van ons grootste sangers darem uitgesluit; u sal hulle self kan identifiseer.)

Neem dus deel aan BENT UITGEWERS en ATKV-tak Jakaranda se feeskompetisie nommer 6 (die tweede een waarby die ATKV hul gewig ingooi), ondersteun Afrikaans, skep ’n toekoms vir jouself as digter, en gee erkenning aan ons bekende poëte, wat dikwels in vergetelheid verdwyn. Dit is regstelling volgens meriete, en van Afrikaanse poësie dan, nie mense nie.

Beoordeling word aan bevoegde persone met bewese ondervinding en kwalifikasies toevertrou, en daarom word inskrywings ook in twee groepe verdeel, sodat tieners en beginners nie teen reeds gevestigde digters deelneem nie (hoewel verlede jaar se algehele wenner maar negentien jaar oud was). Dit verklaar ook die twee verskillende prystoekennings vir bundels met kompetisiegedigte wat op die gala-aand bekendgestel word, die reeds bekende Apporteerverse-reeks en die meer gevorderde bundel waarvan die titel op die alfabet af jaarliks ’n nuwe naam kry— AUBADE verlede jaar, en iets wat met B begin hierdie keer. Dit is dan ook reeds ’n eerste voorafkompetisie waaraan belangstellendes kan deelneem: stuur vir ons `n naam wat met B begin, en jy is dalk die wenner van ’n mooi prysie. Hieraan kan niedigters ook deelneem, soos byvoorbeeld voornemende gaste wat die aand teen `n baie billike tarief wil bywoon. Merk jou inskrywing net asseblief duidelik NAAMGEEKOMPETISIE.


Ooreenkoms en Reëls

Elke digter wat inskryf (na voorafregistrasie) ontvang een gratis eksemplaar van Aubade, 2002 se eerste kompetisiebundel (foto hier bo; kyk ook in SARIE-tydskrif, Maart 2003, bl 165). Indien u reeds ’n AUBADE besit, is daar ’n keuse tussen ander bundels.

HOE GAAN JY TE WERK?

  1. Stuur vir ons ± vyf gedigte in duplikaat, met jou naam en adres op elke bladsy links onder. Sluit hierby een boekie (10) selfplakposseëls in, wat as registrasiefooi sal dien. Na ontvangs en keuring van jou gedigte sal ons jou per pos/e-pos laat weet wanneer jou gedigte aanvaar is en die amptelike inskrywingsvorm daarmee saam stuur. Ons kompetisie-adres is: Gala 6 digterskompetisie, BENT/ATKV-tak Jakaranda, Posbus 11112, Queenswood 0121. Tel en faks: 012-3330330, e-pos: bentakom@absamail.co.za. Faks- en e-pos-bydraers kan ipv die posseëls fisies te stuur, ’n bedrag van R15 in ons bankrekening inbetaal en die inbetalingsbewys saam e-pos of faks. Dit is dan slegs die registrasiefooi, nie die amptelike inskrywingsfooi nie. Ons bankbesonderhede is BENT UITGEWERS # Standard Bank Hatfield # Rek.nr 414358988.

  2. Nadat ons jou in kennis gestel het van aanvaarding en registrasie, verwag ons so gou as moontlik inbetaling van die inskrywingsfooi van R250, en die voltooide amptelike inskrywingsvorm in ons posbus. Indien so verkies, kan die bedrag direk in ons bankrekening inbetaal word. Stuur/faks net vir ons die inbetaalstrokie. Bankbesonderhede is soos in punt 1. hier bo aangegee. Ons erkenning van ontvangs van hierdie bedrag en inskrywing sal die gratis bundel wees soos hier bo belowe. So maak ons dan hierdie kompetisie en gala-aand moontlik en kry elke digter twee eksemplare van die aand se kompetisiebundel waarin sy/haar gedigte verskyn, en die kans om een van die pryse— wat later aangekondig sal word— te wen, maar ook om in al die pret van so ’n aand deel te hê; en les bes, dalk nog sy/haar digtershelde te ontmoet. Oorkondes is by Gala 5 aan oa die Hertzogpryswenner dr H Pieterse en prof Hans du Plessis oorhandig. Ons wag nou ook nominasies in, plus ’n kort skrywer-CV en adres/telefoonnommer, van digters wat u graag sou wil sien in aanmerking moet kom vir so ’n eerbewys. Nadere inligting oor datum, plek, tyd en pryse sal te gelegener tyd aan alle ingeskrewe deelnemers gestuur word.

Graag sal ons ook weer soveel moontlik gaste daar wil hê om die aand saam met die digters te geniet, die voordragte te hoor, en die sangers, die vingerete en nog meer teen R80 toegangsfooi per persoon te geniet. Daar sal weer ’n kontantkroeg wees. Die digters self betaal natuurlik slegs die R250 inskrywingsfooi.

Stel asseblief hierdie unieke kompetisie en fees so wyd moontlik bekend. Daar is selfs ’n bruikbare prys vir die persoon wat die meeste deelnemers en gaste werf. (Gewerfde deelnemers en gaste se inskrywings moet dan ook die werwer se naam duidelik vermeld.)


OPSOMMEND

Skryf dus dadelik, stuur die vyf gedigte en die 10 seëls. Na ’n redelike tyd benodig vir keuring, sal u die amptelike inskrywingsvorm ontvang. Betaal die inskrywingsfooi van R250 in, pos/faks die inbetalingsbewys aan BENT, en per kerende pos sal u die gratis AUBADE-bundel ontvang. Wanneer die gewenste getal inskrywings ontvang is, stuur ons vir die deelnemers besonderhede oor datum en plek van ons galafees en bekendstelling van die bundels waarin hulle gedigte verskyn.

Baie dankie.

BENT UITGEWERS / ATKV-tak Jakaranda
14 Maart 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.