Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Boekhandelaars mal oor Anna

Uitgereik deur Tafelberg

Vir die eerste keer sedert die Booksellers’ Choice Award vyf jaar gelede geloods is, het ‘n Afrikaanse boek hierdie gesogte prys gewen. Dis ek, Anna, geskryf deur die geheimsinnige Elbie Lötter (‘n skuilnaam), het reeds 28 144 eksemplare verkoop sedert die publikasie een jaar gelede. Die Engelse weergawe, It’s me, Anna (nou beskikbaar van Kwela Boeke), vertaal deur bekroonde joernalis Marianne Thamm, is tans verantwoordelik vir ‘n vars oplewing in belangstelling.

Dis ek, Anna, is nie net ‘n uitmergelende verhaal van seksuele misbruik en verkragting nie, maar ook ‘n roerende en inspirerende verhaal van ‘n vrou se oorlewing. Die boek was een van honderde manuskripte wat jaarliks deur Tafelberg Uitgewers ontvang word.

“Anna se storie was egter net so sonderling, so bitter ontroerend, dat ons nie anders kon as om publikasie te oorweeg nie,” aldus uitgewer Nèlleke de Jager. “Elbie is 'n skrywer vir wie ek oneindig bewondering het. Die hoeveelheid deursettingsvermoë wat sy aan die dag gelê het met die herskryf- en skaafproses van haar manuskrip, is 'n les vir enige belowende skrywer. En dit wys 'n mens net weer: 'n eerste manuskrip deur 'n nuwe, onbekende skrywer, kan steeds 'n topverkoper word!”

Eloïse Wessels, besturende direkteur van NB Uitgewers, voeg by: “Ons wil die skrywer bedank dat sy Anna se storie aan ons toevertrou het sodat ons haar boodskap kon versprei. Soos Elbie gesê het, net wanneer die stilswye gebreek is, kan die genesing begin.”

Boekhandelaars van regoor Suid-Afrika stem jaarliks vir die boek wat hulle die meeste plesier verskaf het om te lees, bemark en verkoop. Soortgelyke toekennings word jaarliks in Kanada, Australië en Nieu-Seeland gemaak.

Elbie Lötter antwoord ‘n paar vrae wat dikwels gevra word:

Wat het die boek Anna vir jou beteken?

Die afsluiting van 'n verlede.

Hoe lank het dit jou gevat om Anna te skryf?

Ongeveer 'n jaar. Dit was soms te seer om te onthou - dae het verby gegaan voor ek weer kon skryf.

Is skryf terapeuties? Het dit jou as mens verander?

Definitief - ek dink as mens jou verlede in druk sien, help dit om die verlede (soort van) te begrawe.

Wat beteken erkenning in die vorm van die Booksellers' Choice-toekenning vir jou?

Dat selfs die gewone man (of vrou, dan) op straat se stem soms ook gehoor word. En WOW WOW WOW!!!!

Dit moet 'n interessante ervaring wees om anoniem te bly as skrywer van 'n boek wat die topverkoperlys haal en bekroon word?

Dit is veral lekker as jy jou in geselskap van vreemdes bevind en hulle oor jou boek praat!!

Hoe vertolk en ervaar jy die goeie verkope van Dis Ek, Anna?

Dat daar soveel mense in dieselfde posisie is? En dat daar nog mense is wat omgee.

Waar kom die naam Elbie Lötter vandaan?

'n Konkoksie van my ma en man se name.

Wie is jou geliefkoosde skrywer(s)?

J.K. Rowling, Dalene Matthee en Marita van der Vyver

Hoe voel jy oor die boek se Engelse vertaling?

‘n Eer wat ek nie verwag het nie!

Wat wil jy nog vir jou lesers of die publiek sê?

Dankie!



LitNet: 23 Augustus 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.