Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die nuwe BOEKE-OASE by Aardklop is die hemel vir boekwurms. Vind hier Skrywers & Digters, Boeke & Vriende, Koffie & Sigare.

In die elegante geboutjie op die hoek van Borcherd- en Molenstrate vind jy die BOEKE-OASE. Nie net is daar boeke van alle kleure en geure te koop nie, maar jy sal skrywers kan hoor praat, mét hulle praat, en kan gedagtes deel met ander boekliefhebbers. Die BOEKE-OASE-program bied iets vir elke smaak — bekendstellings van kinderboeke, selfhelpboeke, poësie, romans en gespreksforums oor dwingende kwessies in die taal- en letterkunde.

Skrywers soos George Weideman, Petra Müller, Hans du Plessis, PG du Plessis en ander sal besprekings oor en voorlesings uit boeke kom doen. Vir die veglustiges is daar Bekgevegte en ’n kans om te sien hoe die digters mekaar met die tong pak. ’n Woordkunsprogram van gedigte en stories sal jou weer laat verlang na die dae toe iemand vir jou stories gelees het.

Behalwe vir feitlik uurlikse skrywersoptredes en boektekensessies, is daar talle spesiale aanbiedinge.

Vanjaar kom maak LitNet se SkermEngel-projek haar eerste buiging in die BOEKE-OASE tydens die Aardklop-fees.

Bewapen met ’n skootrekenaar, projektor en groot skerm, bring Liezl Dick — die SkermEngel — ’n kombinasie van “performance art” en interaktiwiteit na die Aardklop-kunstefees se boekeprogramme. Kompleet met engelvlerke en wit gewaad gaan sy feesgangers en geesdriftiges in die BOEKE-OASE betower deur vanuit ’n hoogte te tik op ’n interaktiewe skerm wat almal kan sien.

skermengel

Sy tik gedigte en lirieke en tekste uit ander boeke wat dan (letterlik) letter vir letter op die skerm verskyn. Tydens die boekebekendstellings sal sy uit die betrokke skrywer se werk tik. Sy sal onderhoude met skrywers voer wat op die skerm deur almal gevolg kan word.

Snuffelaars moet nie die tweedehandseboeke-tafel misloop nie. Kooplus sal kan bevredig word by drie winkels: Fascination Books, Lux Verbi en Boekeloer. Die BOEKE-OASE bied ook die De Kat-Sigaarsitkamer, waar jy in ’n rustige atmosfeer ’n glasie wyn kan kom geniet en aan ’n sigaar kan kom suig, of jy kan ’n lekker koffie drink en ’n bekostigbare bord kos eet by die Kuierkombuis, een van die besbewaarde geheime van die fees wat nou al vir die derde jaar suksesvol ontvlugting bied van die besige hooffeesterrein.


Klik hier vir die volledige program: www.aardklop.co.za/pp-boeke%202003.htm

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.