Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Raymond Ackerman se boek ‘n reuse-sukses

Erns Grundling

Jy het seker al die laaste tyd op besoek aan Pick ‘n Pay ‘n boekrak gewaar met eksemplare van Raymond Ackerman se jongste boek, The Four Legs of the Table.

Ackerman, grootbaas van Pick ‘n Pay, het sy suksesverhaal en lewensfilosofie oorvertel aan Denise Pritchard. Sy is oorlede twee dae voor die boek se verskyning.

Ackerman was die enigste Suid-Afrikaner wat in November 2004 gelys was onder die wêreld se mees suksesvolle sakeleiers tydens ‘n peiling deur die Financial Times en Pricewaterhouse in New York.

Die boek se uitgewer, New Africa Books, glimlag van oor tot oor. Volgens Ingeborg Pelser, wat New Africa Books se bemarking en verkope behartig, is al 12 000 eksemplare van die eerste druk binne tien dae by die uitgewer verkoop en daar lê reeds hope nuwe bestellings wat wag. Van hierdie boeke is 8 000 aangeskaf deur Pick ‘n Pay, wat dit na hul ongeveer 300 takke landwyd versprei.

Hoewel van die boekwinkels glo grom omdat Pick ‘n Pay met so ‘n groot klomp eksemplare op hul rakke pryk en dit boonop teen ‘n laer prys aanbied, is daar nie veel rede tot kommer nie. Ackerman se vorige boek, Hearing Grasshoppers Jump, het reeds meer as 26 000 eksemplare verkoop, en volgens Pelser is sowat 65 persent hiervan in boekwinkels verkoop.

Pelser meen dat diegene wat dink die boek sal mens leer om vinnig geld te maak en ‘n kitsmiljoenêr te word, teleurgesteld sal wees. “Ackerman het nog altyd die standpunt gevolg dat jy eerstens jou kliënte moet dien, en dat die geld mettertyd vanself sal kom. Die boek fokus ook op probleemoplossing in die algemeen en is nie beperk tot die sakewêreld nie,” het sy gesê.

Alle opbrengste van hierdie twee boeke word geskenk aan die Raymond Ackerman Academy of Entrepreneurial Development. Hierdie akademie is gemik op die ontwikkeling van jong sakelui, veral onder minderbevoorregte skoolverlaters.

Die boek word by 36 geleenthede regoor die land bekendgestel. Twee datums waarna Kaapse LitNet-lesers kan uitsien, is Dinsdag 19 April (Wordsworth, Stellenbosch Square) en Donderdag 21 April (Exclusive Books, Tygervallei). Albei geleenthede begin om 17:30 vir 18:00.

Klik hier om meer oor Ackerman se boek te lees.





LitNet: 5 April 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.