Zani BotesArchive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

KKNK: Skrywersitkamer beloof stof tot nadenke vir fynproewer

Die bekende dramaturg Saartjie Botha rel jaarliks die Skrywersitkamer by die KKNK. Vanjaar se Skrywersitkamer beloof heelwat boeiende gesprekke en vind vanaf 29 Maart tot 2 April plaas in die Rembrandt Saal in die CP Nel-museum.

Erns Grundling het haar op die vooraand van die KKNK gepols oor die hoogtepunte waarna feesgangers kan uitsien by die Skrywersitkamer.

EG: Dit is vanjaar die tweede keer dat die KKNK n Skrywersitkamer aanbied. Hoe verskil dit van verlede jaar sn?

SB: Ja, dit verskil beslis. Ons het vanjaar definitiewe gespreksleiers, aangesien van die gesprekke tussen sprekers laasjaar nie heeltemal gevlot het nie. Daar is heelwat meer variasie in die program en soms twee en selfs drie genooide sprekers op n slag. Die inhoud wissel ook, van temas en oeuvres tot bedryfsgesprekke.

EG: Hoe het jy te werk gegaan met die samestelling van hierdie jaar se Skrywersitkamer?

SB: Dit is maar n organiese proses. Daar was baie getroue ondersteuners tydens elke gesprek verlede jaar en ons het heelwat terugvoer gekry. Veral Joan Hambidge en Petra Mller het uitstekende terugvoer gekry, so ons het hulle weer by die program ingesluit en oor die onderwerpe beraadslaag.

Met die afgelope Woordfees se fokus op die Tagtigers het ons dit goed gedink om n gesprek soos Woorde uit n Bloedbad (29 Mrt, 12:00, Rembrandt Saal, R30) aan te bied, waartydens Dine van Zyl en Willem Steenkamp onder leiding van Petra Mller gaan gesels oor die grensoorlog, grensliteratuur ens. Hoewel Dine van Zyl se belangrike werk Slagoffers redelik onlangs verskyn het, hoort sy ook by die groepering van sogenaamde grensliteratuur. Willem Steenkamp is weer n baie interessante man, n geskiedkundige en niefiksie-skrywer wat ook heelwat persoonlike ervaringe in die Angola-oorlog beleef het.

EG: Wat verwag jy van hierdie gesprek? Hoe relevant is die destydse gebeure op die grens vir vandag se lesers? Het die Afrikaanse letterkunde hierdie kwessie genoeg aangespreek?

SB: Dit is n vraag wat eintlik n lang antwoord verg. Daar is al baie geskryf oor die oorlog. Nou, byna 20 jaar later, het baie van die skrywers, lesers en betrokkenes by die oorlog (hopelik) aanbeweeg. Maar dis iets wat in mens se psige bly voortbestaan; die lewe bied ook nuwe perspektiewe. Ons sit met n sterk militre verlede wat nie gentegreer is nie, nog nie tot uitbarsting gekom het nie, en nog nie ten volle aangespreek is nie. Baie van diegene wat betrokke was by die Angola-oorlog is vandag in hul middeljare, en hul kinders is nou so oud soos hulle was toe hulle moes grens toe gaan.

Vir die jonger geslag is iets soos n boyfriend in die army n totaal vreemde konsep. Saam met dit die gedagtes dat die weermag van jou n man sal maak en kwessies rondom dissipline, produktiwiteit, toewyding ens. Ek dink die feit dat hierdie verlede nog nie werklik aangespreek is nie, n rol speel in die jonger geslag se dekadensie, luiheid en n gebrek aan toewyding. Hoewel die grens in fiksie deeglik aangespreek is, sal dit goed wees om die perspektiewe van iemand soos Willem Steenkamp te hoor, wat militr betrokke was by die weermag en n ander perspektief as die fiksionele kan bied.

EG: Die digbundel Nuwe Stemme 3 word ook by vanjaar se KKNK bekendgestel. Antjie Krog en Alfred Schaffer neem deel aan n gesprek. Maak die nuwe stemme in die Afrikaanse letterkunde jou opgewonde? Word iets nuuts ges? Enige spesifieke temas wat gereeld opduik? Waarom is uitgewers so huiwerig om digbundels te publiseer?

SB: Hierdie sal ons bedryfsgesprek (Nuwe Stemme, 29 Mrt 15:00, Rembrandt Saal, R30) wees. Daar word gekla dat daar n gebrek is aan temas onder jong skrywers. Wel, in Europa s hulle altyd daar is n gebrek aan temas. In die VSA was daar nog nooit gekonsolideerde temas nie dit gaan meer oor individue en ouer skrywers wat deurbrake maak, n jy n groter lewe agter jou het.

Daarom is dit goed om met die publikasie van Nuwe Stemme 3 met die samestellers en verteenwoordigers van die uitgewersbedryf te gesels. Veral omdat Alfred Schaffer, een van die bundel se samestellers, ook jonk is en buite die vreeslik ingeteelde Afrikaanse literre gemeenskap staan. En Antjie Krog is n digter wat regoor die wreld gereken word. Haar betrokkenheid gee beslis n statuur aan die boek.

Dit is juis gepas dat Antjie en Alfred saam met Nlleke de Jager van NB-uitgewers en Petra Mller gesels. Nlleke en Petra het n paar jaar gelede die digbundel Nuwe Stemme 2 saamgestel en dit sal interessant wees om na die verskillende benaderings te kyk.

Daar is heelwat vrae rondom die publikasie van digbundels. Nlleke de Jager van NB-uitgewers sal die publikasielyste byderhand h. Protea gee baie digbundels uit, maar is dit genoeg? En wat van ouer digters wat gedigte gereed het om te publiseer? Moet n digter die reg h om soms n swak bundel uit te gee? Raak mens opgewonde oor die nuwe digters se werk? Waar is die digters? Skryf hulle eerder lirieke as gedigte? Wat van selfpublikasie? Wil mense enigsins nog gedigte lees? Waar l die fokus?

Hierdie is beslis n oeroue debatjie en gaan nie sommer in een middag opgelos word nie. Maar kom ons kyk of hierdie jongste golf van nuwe stemme oor die wal gaan kom ...

EG: Reza de Wet se nuwe drama en haar oeuvre kom ter sprake in die Skrywersitkamer wanneer sy met Marthinus Basson en Temple Hauptfleisch gaan gesels (Skugter skaamblom, 30 Mrt, 12:00, Rembrandt Saal, R30). Wat sou jy s is die hoogtepunte van haar oeuvre en waarom?

SB: Reza is seker die mees bekroonde dramaturg in Afrikaans en het reeds twee keer die Hertzogprys ontvang. Min mense weet ook dat haar werk regoor die wreld opgevoer word, onlangs selfs in Griekeland en Tsjeggi. Ons hoop om tydens die praatjie te hoor wat haar belangstelling prikkel, hoe sy die bedryf sien en hoe haar kop werk. Daar is n hele spul dramaturge wat deesdae baie publiseer, maar wat is die barometer van kwaliteit? Sy is veral bekend vir n sterk literre aanslag in haar dramatiese tekste, soos nou onlangs gesien in Verleiding.

EG: In Twee koelkoppe eet tesame gesels Henning Pieterse oor sy werk met Joan Hambidge. Waarom noem jy hulle juis twee koelkoppe? Wat verwag jy van hierdie gesprek tussen die twee digters?

SB: Dit is ons oeuvre-gesprek (Twee koelkoppe eet tesame, 31 Mrt, 12:00, Rembrandt Saal, R30). Henning en Joan is baie goeie vriende, so hul verbintenis raak ook aan die tema van digterlike vriende. Die naam van die gesprek is natuurlik n woordspel op Jan Rabie se Drie kaalkoppe eet tesame.

Henning Pieterse is n baie interessante figuur in ons digkuns. Hy het op n redelik jong leeftyd die Hertzogprys vir posie gewen. Hy is ook nie juis iemand met n behoefte aan n mediaprofiel nie. Dit behoort n interessante, intellektuele gesprek tussen hom en Joan te wees.

EG: Vertel meer oor Die prof en die prikkelpoppe wat in die feesprogram aangedui word as n "literre konsert" ...

SB: Hierdie konsert (Die prof en die prikkelpoppe, 1 Apr, 12:00, Rembrandt Saal, R30) verkoop tans die beste. Joan Hambidge, EKM Dido en Diana Ferrus bied gereeld n soortgelyke program aan met UCT-studente wat saam met hulle n bootreis in die Kaapse hawe onderneem.

Hierdie is n fun gesprek tussen storievertellers, maar ook met diepsinnige momente. Dit bied n oorsig op die skrywers se oeuvres en fokus op verskeie aspekte van die Afrikaanse letterkunde, ook hoe bruin letterkunde met wit letterkunde gesels.

EG: Die laaste aflewering van die Skrywersitkamer handel oor Roepman, die nuwe roman deur Jan van Tonder. Waarom sou jy s het hierdie boek lesers en resensente se verbeeldings aangegryp?

SB: Wel, eerstens is dit n baie mooi boek. Veral as mens vanuit die kinderperspektief skryf, is n boek se lesers soveel groter, veral vir diegene wat n behoefte het aan iets tussen middelmoot- en ho literatuur. Van Tonder het met die skryf van hierdie boek diep draaie in die psige gaan loop. n Mooi boek wat mens emosioneel kan roer en raak, is altyd n wenkombinasie.

Van Tonder woon op Oudtshoorn, so dis goed om ook iemand plaaslik by die Skrywersitkamer (Di kant van die spoorlyn, 2 Apr, 12:00, Rembrandt Saal, R30) te betrek. En Chanette Paul, wat met hom gaan gesels, is self een van die gewildste liefdesverhaalskrywers. Jan het destyds vir haar die proewe van Roepman gestuur, so sy ken die boek uiteraard goed.

EG: Wat hoop jy om te sien voortvloei uit vanjaar se Skrywersitkamer?

SB: Hopelik kan die Skrywersitkamer, saam met al die ander aktiwiteite in die Rembrandtsaal, n belangrike bydrae lewer om stof tot nadenke vir die meer kieskeurige feesganger te verskaf. Die CP Nel-museum bied vanjaar n konsentrasie van n meer intellektuele komponent van die fees, iets wat meer tot n nisgehoor spreek.

Dis belangrik dat skrywers n literre stempel afdruk op die fees en dat die fees goed bygewoon word deur prosaskrywers en digters. Hopelik kry die skrywers ook die kans om teaterwerk te sien wat hul hopelik sal inspireer om ook vir die teater te skryf.



Bespreek by Computicket.



LitNet: 24 Maart 2005

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.