Zani BotesArchive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Soos Paul Kruger sÍ, ons moet uithaal en wys!

Erns Grundling

Koos Kombuis is een van die Tagtigerskrywers wie se bydrae tot Afrikaanse musiek en letterkunde onder die soeklig val by vanjaar se Woordfees op Stellenbosch (7-13 Maart).

As jy 'n Kombuis-fan is, moet jy seker maak dat jy nie die volgende vertonings misloop nie!

  • Huisgenoot Paartie innie Park
    Vrydag 11 Maart, 17:00. 390 min. Jan Marais Park. R70 (R50 vir studente).
    Pak 'n piekniekmandjie, kom sit agteroor in die laat Bolandse skemer en luister na die klanke van Anton Goosen, Gian Groen, Piet Botha, Koos Kombuis, Alta Joubert, Gert Vlok Nel (links), Klopjag (bo), Trike, Loit Sols, Hex, Mamela, Gorki en Jan Blohm. Dit spreek vanself!

  • Tagtigers
    Vrydag 11 Maart, 19:00. 90 min. HB Thom Teater. R40.
    'n Multimedia-produksie waar Kombuis optree saam met Etienne van Heerden, Peter Snyders, Jeanette Ferreira en Joan Hambidge.

  • Brekfis met Vier
    Vrydag 11Maart & Sondag 13 Maart, 09:30. 150 min. Delvera. R80, ontbyt ingesluit.
    Heerlike ontbyt in die geselskap van Kombuis, Etienne van Heerden, Peter Snyders en Daniel Hugo, ter viering van die baanbreker-publikasie Brefkis met vier (1980).

  • Elke Boemelaar se Droom
    Saterdag 12 Maart, 14:00. 75 min. HB Thom Teater. R50.
    Elke Boemelaar se Droom is saamgestel uit Koos Kombuis (alias Andrť Letoit) se songs, poŽsie, bevliegings en ander literÍre jazz tot en met die laat 90s. Met Francois Toerien en Nicole Holm. Samestelling en regie deur Juanita Swanepoel.

LitNet het 'n kort Heupvuur-onderhoud gevoer met Koos Kombuis om agter die kap van die Tagtiger-byl te kom ...

  1. Kan jy onthou waar en wanneer jy die eerste keer met die begrip Tagtiger te doen gekry het?

    Sover ek onthou, het ek dit uitgedink.

  2. Het die betrokke skrywers (jyself, Letoit, Strachan, Ferreira, Prinsloo ens) hulself doelbewus as Tagtigers beskou? Was dit 'n voortsetting van byvoorbeeld die Sestigers, of 'n reaksie daarop/daarteen?

    Dis 'n paradoks. Baie min van die tagtigers (ek spel dit liefs met 'n klein lettertjie om dit te onderskei van die Nederlandse Tagtigers van die 19de eeu), ekself ingesluit, het die dekade-indeling ernstig opgeneem. Ons benaming vir onsself was eintlik 'n soort parodie daarop. En tog het daar, juis agv die feit dat daar soveel eenstemmigheid was oor ons on-eenstemmigheid, 'n soort beweging bestaan wat waarskynlik vra om etikettering.

  3. Wat sal jy sÍ was die vernaamste kenmerke van die Tagtigers se letterkunde en ingesteldheid tot die Suid-Afrikaanse werklikheid van daardie tyd?

    Dit was 'n beweging sonder gode. 'n Beweging met min byvoeglike naamwoorde en landskapbeskrywings. Zeus, Apollo en James Dean is selde genoem.

  4. Sou die Tagtigers tot hul reg kon gekom het sonder die Grensoorlog? Is daar sekere aspekte van daardie tyd wat terugskouend meer aandag verdien het?

    Ja, dinge soos verstedeliking, globalisering, die popkultuur, ens het selfs 'n groter rol gespeel as die oorlog, hoewel al hierdie faktore saam bygedra het tot 'n ontsettende sin van vervreemding.

  5. Wat onthou jy van Brekfis met Vier?

    Die bekendstellingseremonie. Die girl wat by reception gewerk het. My eerste ontmoeting met Ralph en An Rabie, toe ons saam gaan swem het in Gordonsbaai se see.

  6. Vertel meer oor die "little magazines" van daardie tyd.

    Daar was 'n swetterjoel little magazines wat gekom en gegaan het. Die meeste was polities ondermynend en bra aspris. Ek sou drie hoofstukke hieroor kon skryf; plek ontbreek. Watch vir die follow-up van Seks, Drugs & Boeremusiek vir meer inligting.

  7. Daar was 'n paar Skrywersberade gedurende daardie tyd waar skrywers wat verskillende eras verteenwoordig het, saam gesels het. Dink jy dis 'n leemte dat daar vandag nie meer baie sulke geleenthede is nie?

    Om eerlik te wees, nie veel is vermag met daardie gesprekke nie, behalwe dat Piet Haasbroek amper vir Chris Pretorius gemoer het. Ek weet nie hoe nuttig skrywersgesprekke is nie. Skrywers is baie swak luisteraars. Hulle is amper so erg soos politici.

  8. Dink jy die Tagtigers het destyds alles binne hul vermoŽ gedoen om genoeg protes teen die heersende orde aan te teken?

    Die tagtigers was 'n kleiner voorloper van die ganse Afrikaanse rock 'n roll-beweging wat in die volgende dekade ontplof het. In daardie opsig was hulle soos die Beatniks teenoor die hippies. Ek lyk 'n klein bietjie soos Alan Ginsberg. Dalk is ons almal moerse belangrik in the greater scheme of things.

  9. Hoe voel jy vandag - amper twee dekades later - oor die jare Tagtig as tydvak en literÍre ruimte?

    Ek probeer dit vergeet, al was dit soms lekker en nodig. Ek luister liewer na Jan Blohm en konsentreer op my volgende boek. Mens moenie te veel intellektualiseer oor die verlede nie, en ek hoop nie die Woordfees ontaard in 'n klomp akademiese foksterriŽrtjies wat op mekaar blaf nie.

  10. Is daar sprake van 'n nuwe beweging in die Afrikaanse letterkunde? Indien wel, hoe dink jy sal dit daar uitsien?

    Ja, daar sal nuwe bewegings wees. Dit sal uiteenlopend en eklekties wees. Die taal self is besig om te verander. Mense sal dalk romans in SMS-vorm begin skryf. Dalk word mixed media en graphics die in ding. Die toekoms is soveel meer opwindend as die verlede. Soos Paul Kruger sÍ, ons moet uithaal en wys!




LitNet: 17 Februarie 2005

Wil jy reageer op hierdie heupvuur? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.