Zani BotesArchive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Om vat-vat te kry aan Jurie Els ...

Erns Grundling

Roos vs Doos

Die Afrikaanse sanger Jurie Els is iemand oor wie almal 'n opinie het. Daar is diegene wat jaloers is op sy sukses, dié wat met hom spot (privaat of in die openbaar) ... en dan is daar rofweg 400 000 mense wat sy cd's koop en sy konserte in groot getalle ondersteun.

En nou tree hy op saam met Koos Kombuis! Hierdie duet vind plaas by die Afrikaanse Musiekfees 3 op 25 September in Carnival City. Klik hier vir meer besonderhede.

LitNet het besluit om vir Koos en Jurie albei met vrae te peper om agter die kap van hierdie byl te kom.

Hier is wat Jurie te sê gehad het; lees en besluit self of dit julle oortuig ... en laat ons weet by webvoet@litnet.co.za.

(Klik hier om die onderhoud met Koos Kombuis te lees!)

  1. Wat is jou drie gunstelingliedjies van Koos Kombuis?

    Jy moet eintlik vra wat is my gunsteling 100 liedjies van Koos!

    1. Rooi Kombuis
    2. Travel in Staail
    3. Kerke van die Nag.

  2. Noem jou drie gunsteling Afrikaanse liriekskrywers, en waarom jy van hulle hou.

    1. Lucas Maree ... hy het 'n manier om te toor met die taal en ek dink al sy lirieke hoort in Groot Verseboek, want hy is 'n briljante digter!
    2. Amanda Strydom ... sy kom net elke keer met die mees amazing songs vorendag. "Stoom" het my oortuig en nou het "Sondag in Soweto" my haar nr 1 fan gemaak!
    3. Anton Goosen ... elke keer wat ek "Silver de Lange" sing, besef ek net weer hoe talentvol Anton is. Dis nie net goeie lirieke nie, die melodieë is ook tydloos!

  3. Sou jy een van Koos Kombuis se liedjies sing wat vloekwoorde bevat? Dink jy dit sou jou aanhangers ontstel?

    Ek verkies om liewer die songs te sing wat nie vloekwoorde bevat nie. Van my aanhangers sou ontstel word daardeur, maar 'n groot persentasie van hulle sou nie 'n probleem daarmee hê nie. Ek dink bittermin mense besef (of wil erken!) dat my ondersteuners uit alle lae, klasse en groepe van die samelewing saamgestel is.

  4. Waarom is dit vir jou een van die hoogtepunte van jou loopbaan om saam met Koos te sing?

    Ek luister al na Koos van sy eerste albums af en ek geniet sy skerp sin vir humor en sy ongelooflike eerlikheid. Hy probeer nooit dinge "sugarcoat" nie en ek het baie tyd vir so 'n persoon. Ek is self baie reguit en mense weet altyd waar hulle met my staan. Koos is vir my iemand met wie ek graag geassosieer word, want hy is nie "plastic" nie en hy het 'n deernis vir ander mense en gun dat die son ook vir ander skyn. 'n Mens kom gou agter Koos voel glad nie bedreig nie en daarom is hy nie snedig en agterbaks soos sommige ander kunstenaars wat dink hulle is die alfa en die omega van Afrikaanse musiek nie. Koos is KONING!

  5. Wat dink jy (en jou aanhangers) van die feit dat jy gaan sing saam met iemand wat op 'n tyd 'n "Ek verpes Bles"-T-hemp gedra het?

    Ek dink nog steeds dit was baie snaaks (die T-hemp-slagspreuk) en ek waardeer steeds Koos se skerp humorsin! (Ek het ook baie goed met Johannes Kerkorrel klaargekom en ek onthou nog baie goed sy bydrae!) Daar word gereeld met my gespot deur mense soos Casper de Vries en Dowwe Dolla en ek glo as 'n mens nie kan saamlag nie, moet jy liewer nie in die musiekbedryf wees nie. Hoë bome vang nou maar eenmaal die meeste wind! Ek het geen probleem daarmee dat smaak verskil nie en Koos het dit maar net uitgespel dat hy nie 'n aanhanger van die man was nie ... so what? Daar is 'n paar kunstenaars wie se houdings en opgepompte ego's ek deesdae verpes ... Miskien moet ek begin om dit ook te vertoon!!

  6. Wat onthou jy van die destydse Voëlvry-beweging? Wat het jy toe daarvan gedink?

    Ek het Johannes Kerkorrel die eerste keer gesien toe hy "Ry" op TV gesing het. Ek was destyds 'n onnie by Menlopark Hoërskool (waar Koos ook 'n paar jaar skoolgegaan het!). Ek was deeltyds agent en het oa vir JK 'n groot vertoning by RAU gereël en Stef Bos daar ontmoet die aand van die opelugkonsert. Ek het gedink die ouens het guts gehad. Party (soos Koos, Valiant en JK) het regtig iets te sê gehad en 'n paar ander was net "along for the ride". Ek het al JK se albums aangeskaf en besef dat hy regtig uiters talentvol is. Ek het twee jaar gelede 'n album met net inheemse musiek van Koos, JK, Anton, Valiant en Lucas opgeneem (Sonvanger), maar die platemaatskappye wou nie byt daaraan nie en gevolglik is dit net 'n versamelaarsitem wat ek by ELKE vertoning te koop aanbied en my aanhangers is MAL daaroor!

  7. Wat is volgende: Jurie en Vrinne?

    Jurie en Vyande sou my 'n groter "kick" gee!!!

  8. As jy 'n blom na Koos sou vernoem, watter tipe blom sou dit wees, en hoekom?

    'n Aalwyn, want Koos ken die bitter en die mooi kant van die lewe ... hy was al (alleen) in Langstraat as dit reën.

  9. Wat dink jy van al die onderlinge bekgevegte (en backtrack-gevegte) onder hoofsaaklik Afrikaanse sangers? Is dit 'n noodwendige gevolg van 'n piepklein bedryf?

    Nee, daar is een of twee ouens wat hulle neuse nie uit ander mense se sake kan hou nie en as hulle self meer shows doen en minder e-posse die wêreld vol stuur, kan almal in die bedryf met hulle werk voortgaan en dan kan die publiek besluit wie hulle wil ondersteun en wie nie! Wat het dit met enigiemand uit te waai as ek en Koos besluit om 'n duet te sing en of ons "live" of met "backtracks" werk?

  10. Hoe hanteer jy kritiek? Lees en hoor jy soms hoe mense jou bespot en beswadder?

    Ja, ek sien en hoor die meeste daarvan, maar dit pla my glad nie. Ek gebruik baie van die kwinkslae weer op my shows. Ek weet wie en wat ek is en iewers daar buite is 400 000 mense wat hulle hardverdiende geldjies al uitgehaal het om my cd's te koop.

  11. Dink jy nie die musiekmark word heeltemal oorspoel met kompilasie-albums deur sangers wat hoofsaaklik munt slaan uit ander kunstenaars se pennevrug en kreatiwiteit nie?

    Ek glo 'n vryemarkstelsel moet vry wees. Almal moet vry wees om te kan handel dryf sonder enige voorskrifte en beperkinge. Waarom wil ons alewig die mark probeer beheer en manipuleer? Laat elke persoon self kies wat hy wil ondersteun - of dit nou swak smaak is in ander se oë, is irrelevant!

  12. Word Afrikaanse luisteraars genoeg uitgedaag om te dink oor dit waarna hulle luister, of is vermaak en ontsnapping die enigste werklike kriteria?

    Sien 11 hierbo. Dit help nie goed word in mense se kele afgedruk nie ... die publiek moet self besluit wat hulle wil hê! Daar sal altyd diegene wees wat van meer kommersiële musiek hou en daar sal altyd mense wees wat iets meer progressief verkies. Ons leef in 'n demokratiese land, mense! Die dae van ander mense wat vir ons besluit wat ons moet lees en luister is lankal verby ... moenie ons weer terugvat na daardie tye nie!

  13. As iemand jou seks, drugs en boeremusiek op 'n skinkbord aanbied, watter twee sal jy nie kies nie, en hoekom?

    Drugs ... ek hou daarvan om in die oomblik te wees ... ek wil beheer behou. Boeremusiek ... Ek verkies musiek met lirieke!

  14. Waar sou Jurie Els vandag gewees het as hy nooit aan Noot vir Noot deelgeneem het nie?

    Heel waarskynlik presies waar ek nou is ... Onthou, ek het nooit gesing op Noot vir Noot nie, ek was die eerste algehele wenner, en dit maak nie van jou 'n gewilde sanger nie!

  15. Hoe voel jy oor mense met blonde ambisie?

    Huh?? Ek voel vere!

  16. Waaroor sal jy nooit 'n liedjie skryf nie?

    Oor enige politikus.

  17. Hoe sê mens dankie?

    Jy bly met jou voete stewig op die grond. Jy erken elke dag dat dit bloot genade is en dat alles wat jy het, geleen is en tydelik is en jy aanvaar niks as vanselfsprekend nie.

  18. Jy het klaar 'n magdom cd's verkoop en het derduisende aanhangers. Wat lê voor vir Jurie Els?

    'n Kinder-cd met "attitude" aanstaande jaar ... Hopelik 'n nuwe album met liedjies van ons groot skrywers (as hulle net wil ophou kla oor ek nie genoeg inheemse liedjies sing nie en eerder begin skryf!). Honderde optredes die volgende paar maande.





LitNet: 23 September 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.