Zani BotesArchive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oopgesprek by KKNK: Die hoop beskaam nie

Erns Grundling

Klik hier vir die program

Gerrit Brand is boekeredakteur van Die Burger en lid van die KKNK-kunstekabinet. Hy is ook vanjaar die kordineerder van die KKNK se Oopgesprek - 'n reeks gesprekke wat jaarliks in samewerking met Die Burger aangebied word (voorheen bekend as Die Burger Lesingreeks).

Ek het hom gepols met 'n paar vrae oor die uitdagings van sinvolle openbare debat, veral met die oog op Oopgesprek:

1. Wat behels jou taak as kordineerder van Oopgesprek?

Ek tree as voorsitter op van 'n komitee bestaande uit nog vier lede: Charlyn Dyers, Murray Hofmeyr, Ria Olivier en Desmond Painter. Ons besluit saam oor die oorkoepelende tema en inrigting van die reeks gesprekke en die afsonderlike gespreksonderwerpe en sprekers.

2. Wat het jou op die oorkoepelende tema van "Mense en Grense" laat besluit?

Die oorkoepelende tema is as 't ware "induktief" eerder as "deduktief" vasgestel. Ons het nie rs op 'n oorkoepelende tema besluit en t subtemas gekies wat daarby inpas nie, maar eerder andersom. Die afsonderlike temas is gekies op grond van hul inherente interessantheid en belangrikheid en daarna het ons teruggestaan en gevra: Wat het di temas gemeen? Die interessante is dat omtrent alle kwessies waaroor mense vandag in Suid-Afrika debatteer, op een of ander manier te doen het met grense en die maniere waarop mense met sulke grense omgaan. Die grense tussen gemeenskappe, tradisies, generasies, denkwyses en so meer het nie n 1994 eensklaps verdwyn nie. Meer nog: daar sal altyd grense wees - in Suid-Afrika n elders. Mense ervaar di grense egter verskillend. Sommige grense bied vir ons geborgenheid; ander hou ons gevange. Sommige grense wil ons in stand hou en bestendig; ander, weer, wil ons deurbreek of verskuif. In die proses ontstaan natuurlik ook nuwe grense. Hierdie hele dinamiek van verskynende, blywende, verskuiwende en verdwynende grense kom tydens Oopgesprek aan bod - met betrekking tot musiekstyle, genesingspraktyke, geskiedenisvisies, tale en nog baie meer.

3. Hoe belangrik is openbare debat in ons Suid-Afrikaanse samelewing? Vind dit hoegenaamd genoeg plaas, en is dit doeltreffend?

Dit is van wesenlike belang. Ons het die lesingreeks nie verniet herdoop na Oopgesprek nie. Di term word veral met NP van Wyk Louw verbind, maar Johan Degenaar het op sy dag ook opnuut betekenis daaraan gegee. Dit stem ook sterk ooreen met Karl Popper se ideaal van 'n "oop samelewing", waarin niks onkritiseerbaar, niks onbespreekbaar is nie. Elke idee, elke plan, elke beleid, elke aanspraak, elke oordeel moet krities bekyk en bevraagteken word, en almal moet aan di gesprek kan deelneem. Dieselfde gedagte verwoord die Ghanees Kwasi Wiredu wanneer hy dit oor konsensuele demokrasie het - demokrasie deur gesprekvoering, argumentering en oortuiging. Sodra die idee posvat dat sekere dinge nie gekritiseer of bevraagteken mag word nie, of dat sekere stemme nie gehoor mag word nie, dan is ons samelewing in die moeilikheid.

Vind dit genoeg plaas? Helaas nie. Ons is inderdaad in die moeilikheid. Daar word baie gebaklei en geskel en beledig, maar heel weinig debat gevoer. Suid-Afrikaners is oor die algemeen ongelooflik defensief oor hul standpunte en verskriklik vyandig teenoor opponerende sienswyses. Die opponent se standpunt is "rassisties", "polities korrek", "naef", "gevaarlik" en so aan, tot vervelens toe. Daarom is dit ook nie doeltreffend nie. Niemand verander van standpunt nie. Van Wyk Louw, Degenaar, Popper en Wiredu se visie - dat enige idee, voorstel of plan eintlik net 'n eksperiment is, en dat ons leer uit ons foute en s kan vordering maak - l ver van hierdie manier van "debatvoering" af. Met Oopgesprek wil ons probeer om 'n oase in hierdie woestyn te skep - 'n plek waar redelike gesprekvoering plaasvind.

4. Sou jy s daar is 'n bereidwilligheid onder die bre Afrikaanse gemeenskap om die uitdagings van die dag aan te gryp?

Dis 'n baie moeilike vraag om te beantwoord - "die bre Afrikaanse gemeenskap" is darem baie breed! En wat is die uitdagings van die dag? Almal probeer seker maar - en is in di sin "bereid" - om op een of ander manier die uitdagings waarmee hulle gekonfronteer word te lyf te gaan. Die vraag is of ons dit op 'n toereikende manier doen. My antwoord op die vorige vraag s seker reeds iets oor hoe ek daaroor voel.

5. Jy praat in die KKNK-feesgids van hierdie tipe samekomste se "dialogiese karakter". Vertel meer.

Dit is nog 'n aspek van Oopgesprek. Dit gaan nie hier oor lesings wat sommige lewer en waarna ander passief sit en luister nie. Dit gaan om gesprek - tussen die sprekers onderling (daar is drie by elke sessie) n tussen sprekers en gehoor.

Heinz Kimmerle het sy boekie oor Afrika-filosofie Mazungumzo genoem. Dit is die Swahili-woord vir dialoog en die woord klink soos die heen-en-weer gezoem-zoem van die gesprek, woord en weerwoord. Dit is in di gesprek, s Kimmerle, dat die waarheid l - dus nie in die opinies van n van die gespreksgenote of in 'n vermeende afsluiting van die gesprek, 'n gevolgtrekking nie.

Om di gesprekskarakter te versterk, het ons besluit om hierdie jaar 'n ietwat kleiner, meer intieme venue te gebruik, wat ook meer "publiek" geplaas is: die Rembrandt-saal by die CP Nel-museum. Verder is daar, benewens die daaglikse Oopgesprek-sessies soggens, ook nog daagliks 'n Seepkis, waar enigiemand die podium kan betree om sy of haar s te s. In Karookafee sal, in plaas van sprekers, gespreksleiers wees wat almal teenwoordig aan die gesels kry oor dramaproduksies by die fees, en in Warm Patat, waarvan daar twee middagsessies is, sal aktuele en omstrede temas, wat eers op die fees self aangekondig sal word, bespreek word - weer eens in die konteks van 'n oop gesprek waaraan ook die gehoor kan deelneem. Dan is daar nog die koerante, webruimtes en radiostasies wat oor al hierdie gesprekke gaan rapporteer n hulle laat voortsit. Ideaal gesproke moet die hele Afrikaanse gemeenskap aan die praat gesit word.

6. Vertel meer van die Afrika-tale en tolke wat vanjaar deel is van Oopgesprek.

Ons het in die verlede al sprekers gehad wat nie in Afrikaans kon praat nie. Soos toe, bly die hoofvoertaal Afrikaans, maar ons wil tog bewustelik wegbeweeg van die gedagte dat die enigste "ander taal" Engels kan wees. Een van die redes vir die gebrekkige debatskultuur in ons samelewing - veral oor etniese en taalgrense heen - is juis dat daar 'n soort ongeskrewe rel is dat sulke debatte net in Engels mag plaasvind. Dit werk uitsluitend; dit skep ongelykheid; dit baar frustrasie by mense wat sukkel met Engels; en dit verarm die woordeskat, begrippe-apparaat en voorstellingswreld van ons openbare lewe. Ons hoor mekaar nie, want tussen ons staan die "sif" van Engels wat beteken dat 'n hele klomp dinge onges bly. Enige taal kan as so 'n sif dien; elke taal is beperk, nie net Engels nie. Dis 'n historiese toevalligheid dat Engels by ons so domineer, maar dit maak dit nie beter nie.

Juis daarom moet al ons tale toenemend, soos Engels, die funksie van "intertale" begin vervul - tale wat nie net gebruik en gehoor word deur mense wie se moedertaal dit is nie. Daarom het ons dit teenoor sprekers beklemtoon dat, indien hulle nie in Afrikaans kan of wil praat nie, hulle dit in die taal van hul keuse kan doen. Een spreker, Mavis Mulaudzi, het aangedui dat sy beslis in Tshivenda gaan praat, en nog een, Zonwabele Tshayana, dat hy moontlik in isiXhosa gaan praat. Om kommunikasie te fasiliteer, sal professionele tolke ingespan word. Om so na 'n getolkte praatjie te luister - en deur 'n tolk terug te praat! - is 'n baie besonderse ervaring en sal hopelik toenemend deel van ons nasionale kultuur word.

7. Dink jy dit is moontlik vir 'n lesingreeks soos Oopgesprek om met konkrete oplossings vir vandag se uitdagings vorendag te kom? Kan dit met ander woorde neerslag vind in die alledaagse lewe, daar waar dit werklik saak maak? Of is dit bloot 'n geval van "pratende koppe"?

Soos ek ges het, ek dink die waarheid l in die gesprek. Oopgesprek wil die gesprek 'n hupstoot gee en 'n klompie bydraes daartoe lewer. Die verbale gesprek is ingebed in 'n hele netwerk van wat Habermas noem "kommunikatiewe handelinge". Alles wat mense doen, is deel van 'n soort gesprek, en in verbale gesprekke word hierdie gesprek (as alles goed gaan) bewus van sigself. Elke "oplossing", elke bevrydende daad, elke belangrike beslissing is deel van di gesprek. As ons met die verbale gesprekke tydens die KKNK kan help vorm aan die groot gesprek wat ons lewe hier in Suid-Afrika en die wreld is, dan het ons op 'n manier help vorm gee aan "oplossings" - ten minste vir sover "oplossings" hoegenaamd (deur wie dan ook) gevind word.

8. Het jy goeie samewerking van die deelnemers gekry en was dit moeilik om die regte kombinasie sprekers te vind?

Die genooides was almal baie gretig om deel te neem, en die meeste het ook ingestem. Dit bly 'n groot werk om al die mense op te spoor, met hulle in verbinding te tree en die hele saak te administreer, maar van hulle kant af het ek wonderlike samewerking gekry. Hiermee net 'n Monty Pythoniaanse "nudge-nudge, wink-wink" na hulle kant toe: onthou, ons wil die lesings voor die tyd op skrif h!

9. Is daar enige van die gesprekke waar jy vermoed die debatsvonke gaan spat?

Skerp meningsverskille gaan daar beslis wees - nie net tussen sprekers onderling nie, maar ook tussen sprekers en gehoor. Daar is 'n gesprek oor swart ekonomiese bemagtiging, waarin ook verbande getrek word met die bemagtiging van armblankes 'n eeu gelede. Hermann Giliomee en Christa van Louw gaan daaraan deelneem. Die derde genooide spreker kon dit nie maak nie en ons het iemand anders genader - daar moet in elk geval ook iemand wees wat die huidige manier van doen verdedig.

Godsdiens laat altyd emosies hoog loop, en die gesprek getitel "Dokters, dominees en sangomas: heil en heling tussen kraal, kerk en kliniek" behoort heelwat reaksie uit te lok.

So ook die gesprek "Tussen ons", oor Suid-Afrikaanse identiteite in 2005. EKM Dido, Zonwabele Tshayana en Danie Goosen gaan hieroor gesels. 'n Mens kan verwag dat vanuit die gehoor ook sterk en uiteenlopende menings na vore sal kom.

'n Baie interessante gesprek gaan wees die een tussen Andr P Brink, Ampie Coetzee en Nico Smith. Die tema is "Afrikanerdissidente intussen". Dit gaan oor hoe di drie dissidente van vroer oor dissidentskap dink - en ook oor die nuwe Suid-Afrika. In die lig van onlangse debatte oor figure soos Bram Fischer en Beyers Naud behoort dit nogal heelwat belangstelling uit te lok.

En wie kan voorspel wat gaan gebeur as jy Koos Kombuis, David Kramer en Mr Fat aan die gesels kry oor die tema "Tussen roots, rap, rock & riel: Afrikaanse musiek vandag"?

Oor die Warm Patat-gesprekke kan ek nie meer besonderhede gee nie, maar daar gaan die vonke behoorlik spat. By Seepkis waarskynlik ook. Hopelik sal daar darem humor in dit alles ook wees.

10. Wat hoop jy om vanjaar te sien by Oopgesprek (behalwe natuurlik uitstekende bywoning!)?

Ek sal graag wil sien dat daar 'n atmosfeer sal wees waarin mense skerp van mekaar kan verskil sonder om mekaar as vyande te behandel. Ek sal wil sien dat daar baie deelname van gehore is, maar dan kwaliteit-deelname. Ek sal veral wil sien dat daar ver buite en n die KKNK van die gesprekke kennis geneem word en dat die gesprekke voortgesit word. Dalk is dit te veel gevra, maar sal dit nie wonderlik wees as daar 'n keer ook buite die Afrikaanse gemeenskap notisie geneem word van alles wat by die fees ges word nie? Die hoop beskaam nie.



LitNet: 15 Maart 2005

boontoe

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.