Zani BotesArchive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Charlene Truter: Om te Pasella ...

Erns Grundling


Klik op die Pasella-logo om hulle webwerf te besoek

"As Pasella sak en pak by die LitNet-kantoor kom kuier, word daar mooi skoongemaak! Ons tafels met die bokkiepote weerkaats vir die eerste keer ůůit die middagsonnetjie, terwyl die reuk van Mr Min ons almal terugvoer na plaashuise met swaar houtmeubels. Toe die laaste stukkie krabbelpapier in die drommetjie verdwyn, stap die span binne. 'n Pragtige aanbieder, 'n dinamiese regisseur, bekwame kameraman, 'n flinke ligman en 'n nooi wat handsakkies maak ťn kardinale insette lewer (multitasking, I tell you). Al wat gekort het was die oorverdowende temalied van Superman of Star Wars! WOW! Binne sekondes was alles opgestel en Charlene stel foutlose vrae aan ons almal. Bloedsweet aan die ontvangkant van so 'n vragie, want jy is nie seker of jy na die perfekte wenkbroue, indringende oŽ of sensuele mond moet kyk nie. Dit terwyl jou eie woorde in 'n bal nat toiletpapier op die dak van 'n skoolsaal verander en dit voel asof die skerp, skroeiende lig die laaste sweempie intelligensie van jou afstroop. En nou het julle die kans om die eindproduk hierdie Sondag, 17 Oktober om 18:30 op SABC2 te sien. Geredigeer, natuurlik, sodat ons lyk soos die vaartbelynde, intellektuele maalkolk van Suid-Afrikaanse kultuur wat ons is. Dankie Pasella!" - Zani Botes

Klik op foto vir vergroting en volledige onderskrif.

LitNet het besluit om 'n Heupvuur-onderhoud met Charlene te voer. Lees gerus en geniet die paar agter-die-skerms-geheime wat sy met LitNet-lesers deel!

  1. Noem drie Pasella-onderhoude wat jou altyd sal bybly, en vertel hoekom.

    • My onderhoud met Dalene Matthee. Ek het met haar gepraat oor Toorbos en ons het as deel van die program in die Knysna-woude gaan stap. Ek het dit vooraf geweet, maar eers toe gesien hoe lief sy regtig vir die bos is. Ek sweer sy's 'n fee.

    • My onderhoud met Hennie Aucamp, juis vir die Taal-episode. Enersyds omdat hy so 'n kenner van soveel onderwerpe is (kabaret, volkskultuur, kuns, bla bla bla) en 'n mens heeldag na hom sou kon sit en luister, en andersyds omdat hy my amper laat omval het. Sing is my groot passie en Hennie het Nagkantoor, die vertoning oor Koos du Plessis se musiek waarin ek sing, gesien. Toe gee hy vir my sy Die lewe is 'n Grenshotel en skryf voor in: "Met waardering vir jou talent." Dis toe dat ek amper omval en my "Now I can die happy"-oomblik beleef.
    • My onderhoud met oudpresident FW de Klerk. Ons het 'n insetsel gedoen oor Groote Schuur in Kaapstad, die huis wat sir Herbert Baker vir Cecil John Rhodes ontwerp het en waar hy (FW) 'n ruk lank gewoon het. Dit was vir my interessant hoe hy tegelykertyd saaklik en vriendelik, afstandig en gemoedelik kon wees.

  2. Noem drie Pasella-onderhoude wat jy liefs sal wil vergeet, en vertel hoekom.

    • Onderhoud met die band Melktertkommissie. Hulle is fantasties, maar ek het hopeloos oud en "unhip" gevoel.
    • Ek het eenkeer 'n onderhoud gevoer met 'n bekende persoonlikheid wat hom sleg gedra het. Sy erg seksistiese opmerkings het teen die einde van die tweede dag vir my te veel geword. Toe gooi ek hom met 'n glas water. He returned the favour.
    • My onderhoud met Elana Meyer en Nollies du Toit. Ons het wyn en vonkelwyn gaan proe vir die shoot in Devonvallei, Stellenbosch. 'Nuff said.

  3. Met watter drie mense sal jy nog graag 'n onderhoud wil voer, en waarom?

    Hoe groot kan ek hier gaan?

    • Hopelik: Jana Cilliers. Ek is 'n geswore aanhanger nadat ek Pous Johanna II gesien het.
    • In my drome: Oudpresident Mandela, want dit voel almal het al 'n kans gehad behalwe ek.
    • In my wildste, wildste, wildste drome, want daarvoor sal ek maar tot in die hiernamaals moet wag: Eva Cassidy. Sy's op 33 dood voordat sy bekendheid kon verwerf of enige van haar albums vrygestel is. Die Washington Post het oor haar geskryf: "She could sing anything - folk, blues, pop, jazz, R&B, gospel - and make it sound like it was the only music that mattered." Sy het 'n besonderse spiritualiteit in haar stem wat jou heeltemal onverhoeds betrap en vaspen. Vir my was sy die stem van die eeu.

  4. Vertel meer oor die volgende shoot-gedoentes: "wag", "grimering" en "bindingsteks memoriseer".

    Wag: Die grootste vaardigheid wat ek aangeleer het, is om met gesag oor koeitjies en kalfies te praat. Aanmekaar.

    Grimering: Ek hou nie van grimering nie. Ek sit dit so kort moontlik voor die shoot aan en stap reguit wasbak toe as ek by die huis kom.

    Bindingsteks: Ek sit nooit lank met die teks nie, anders kom als minder natuurlik uit.

  5. Vertel ons van 'n snaakse situasie/voorval tydens 'n shoot wat nooit die program gehaal het nie.

    Behalwe die knope wat ek los as ek fluff en die kere dat ek soet smile terwyl ek koue kos eet (dit moet net mooi lyk) en agterna gesigte trek, kan ek aan vier dink:

    • Ek het eenkeer my skakel in alle erns na die mikrofoon pleks van die kamera gelewer sonder om enigiets agter te kom.
    • Ons het 'n profiel oor Saartjie Botha gedoen en ek het haar herhaaldelik Saartjie Baartman genoem. Onskuldig en onbedoeld.
    • 'n By het dit reggekry om my aan die binnekant van my mond te steek toe ek op 'n byeplaas was. Ek het 'n allergie-tablet gedrink sodat ek nie lyk asof 'n bokser my bygekom het nie en moes die res van die tyd my arms blou knyp om nie aan die slaap te raak voor die kamera nie.
    • Dis nie snaaks nie, maar mooi. Ons het 'n insetsel oor De Rust gedoen. 'n Oudinwoner, oom Pieter Burger (ver anderkant sewentig), het die vorige dag vanaf Bredasdorp gery om vir ons die storie oor Meiringspoort se bruggies te vertel. Diť dag wys hy vir my hoe 'n mens platpens water uit die poel by die waterval drink. Dit gooi my nog as ek sulke aardse mense ontmoet. Maar ek like dit.

  6. Hoe hanteer jy aanhangers, fans, stalkers, die Pasella-kyker-op-straat-wat-jou-herken?

    Twee maniere: (1) Stap rond saam met mense wat baie meer bekend is as jy. Daai persoon trek al die aandag, mense bly salig onbewus van jou en jy kan aangaan met jou window-shopping. Dis baie effektief. (2) Groet en glimlag. Dit kos niks om nice te wees nie.

  7. Hoe sou jy die gemiddelde Pasella-kyker beskryf? Dra hy hoed, dra sy 'n G-string? Is dit kam-in-die-kous of fishnet stockings?

    All and none of the above. Soms herken die vrou in die kiosk wat die Cape Times sit en lees terwyl sy P4 luister my, terwyl die Afrikaanse juffrou op Bloemfontein wil weet watse werk doen ek nou eintlik. Omdat dit 'n leefstylprogram is wat soveel aspekte dek, is dit moeilik om te sÍ wie of wat die kykers is en wie hulle nie is nie.

  8. Jy lees LitNet. Watter afdelings maak jou opgewonde? Wat van LitNet maak jou moerig?

    Op die eerste vraag, Zani se weeklikse e-pos. Dit orden die beste van die nuwe bydraes wat op LitNet beskikbaar is vir my. Ek is dikwels, moet ek erken, te ongeduldig om deur al die stuiwers in die armbeurs te sif. Dis seker die voor- en nadeel van 'n openbare platform wat oop is vir wie ook al wat ook al wil sÍ. Maar dit maak my opgewonde dat daar 'n ruimte is waar 'n mens die duiwel op die naam kan noem wanneer dit nodig is. Die afdeling wat ek altyd direk besoek, is Fiksie en PoŽsie. Dit gee my 'n groot kick om die ongepubliseerde skrywers wat ek ken, 'n kans te sien kry op LitNet. Al wat my benewens die sifting soms moerig maak, is die flippen flitsende advertensies.

  9. Vertel ons van jou passies, drome, versugtinge ens.

    Jy weet nou sing is my passie en een groot droom is om eendag "The Lord's Prayer" uit David Fanshawe se African Sanctus te sing. Dis 'n toonsetting van die Latynse mis wat met Afrika-musiek geharmoniseer is. Fanshawe het die musiek opgeneem tydens sy reis langs die Nylrivier. Ek het dit die eerste keer in 1999 gehoor toe ek nog in die Libertaskoor gesing het en kan dit van toe af nie uit my kop kry nie. En ek het ook die versugting na die kruietuin-op-die-platteland.

  10. Wat doen Charlene om heeltemal te ontspan?

    Ek doen Bikram-joga, gaan stap in die berg en lees Huisgenoot. Regtig.

'n Paar oomblikke uit Sondag se LitNet-onderhoud op Pasella!




LitNet: 15 Oktober 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.