Zani BotesArchive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Andrť van der Walt: Afrikaans in 'n nuwe baadjie

Erns Grundling en Sharon Meyering

  1. Waar het jou passie vir tale begin?

    Op skool al. Eintlik, op hoŽrskool in die Latyn-klas. Latyn is 'n fantastiese taal - wie het nie aanvoeling vir amo amas amat nie? Ook op universiteit met die Nederlandse grootkoppe Perk, Kloos, Ghezelle. Na 40 jaar het ek nog 'n gevoel vir "Egidius waar best u bleven, mi lank na die gezellen miin, doe koerst die dood, du liest met leven"; of "o het ruizen van het ranke riet ..."

  2. Vertel ons meer van hoe die Taalsekretariaat tot stand gekom het.

    Die Taalsekretariaat het in 1998 tot stand gekom. Dit is gestig deur 'n paar sakevriende met as hoofdoelwit die bevordering van Afrikaans en veeltaligheid in Afrika en word sedertdien deur die sakesektor en donasies befonds.

  3. Wat is jou visie met I-Mag?

    Ek was 'n stigterslid van i-Mag en het saam met die Kaaplandse Provinsiale Taalkomitee die konstitusie geskryf. Op die stigtingsvergadering in 2002 is daar 'n bestuur verkies met Mhlobo Jadezweni as voorsitter en Gerrit Brand as sekretaris. Die bestuur werk nou saam met Neville Alexander. Die visie? I-Mag is die embrio van die Afrika Instituut vir Tale wat binne 10 jaar tot stand sal kom.

  4. Wat beteken meertaligheid vir jou?

    Luister na die rym: Meer tale in meer domeine is die beste vir myne.

  5. I-Mag bied in November 'n konferensie getiteld Meertaligheid en die media aan. Watter doelwitte wil jy met die konferensie bereik?

    Ek is nie direk gemoeid met die reŽlings van die konferensie nie. Die reŽlingskomitee is i-Mag en Tabema.

  6. Wie word almal na die konferensie genooi?

    Kyk asseblief antwoord by 5. (Klik hier vir meer inligting oor die konferensie.)

  7. Wat is die beste raad om vandag aan jongmense te gee oor die noodsaaklikheid van 'n meertalige ingesteldheid?

    Afrikaanssprekende jongmense het een van twee taalkeuses: ůf om in Engels te bestaan en te leef, ůf om veeltaligheid as 'n werklikheid te aanvaar en drie of meer amptelike tale van hulle keuse te leer en te gebruik. Ons swart landsburgers het dieselfde keuse.

  8. Jy het die onlangse Afrikaanse Taalberaad bygewoon op Stellenbosch. Hier volg 'n paar vragies wat spesifiek verband hou met diť beraad:

    a. Is daar rede tot hoop dat daar in die Afrikaanssprekende geledere bymekaargebring sal word wat bymekaar hoort?

    Sien jy hoe saggies sÍ, ek "ja"? Daar is maar nog 'n distel en 'n doring hier en daar. Daar is egter 'n proses aan die gang gesit wat groot belofte inhou. Ja, die beraad was 'n sukses.

    b. Bestaan daar al duidelikheid oor wie Afrikaners is?

    Nee, Afrikaners was daar nog nooit en sal daar ook nie wees nie. Dit leer die geskiedenis vir ons. Burgers, boere, trekkers, republikeine, ja, maar Afrikaners nee. "Afrikaners" is 'n verbeelde gemeenskap. Ek is 'n Afrikaan, ek praat Afrikaans en leef in Suid-Afrika. Die "-er" in "Afrika(a)n-er" is 'n gelaaide politieke en ideologies opvangbak. Wittes hier is Afrikane wat Engels of Afrikaans praat. Net soos 'n Skot, 'n Brit, 'n Rus, 'n Meksikaan. Kom ons sterf "Afrikaner" as noemer af en word wat ons is, Afrikane. Net nie "Afrikaanses" nie, asseblief.

    c. Die verwagting was dat die Afrikaanse Taalberaad 'n strategie vir Afrikaans vorentoe sou bepraat, beding en besluit. Het dit gebeur?

    'n Strategie is soos liefde: die ding gebeur voor jy dit geweet het, of nadat jy gedink het dit het glad nie gebeur nie. Daar is genoeg knelpunte geÔdentifiseer wat in 'n gerf opgebondel kan word en 'n strategie genoem kan word. Ek sien dit as die taak van die NTLA (PANSAT-komitee wat die beraad gereel het). Die belangrikste vir my is die besluit van die beraad dat 'n "koalisie van gewilliges" die proses verder sal neem. Die "koalisie van gewilliges" is 'n suiwer gemeenskapsaksie van eerste- en tweedetaal-Afrikaanssprekers wat, in samewerking met die NTLA, die pad vorentoe sal verken. So 'n koalisie van gewilliges sal ook swart moedertaalsprekers op een of ander manier (moontlik deur projekte) moet akkommodeer. Daar is twee groot voorbehoude: een, geld sal gevind moet word om in en vir Afrikaans te belÍ, en twee, die koalisie moet homself/haarself nie sien asof hy/sy/dit/ Afrikaans besit of bestuur nie.

    d. Hoe voel jy oor die toekoms van Afrikaans in die elektroniese media?

    Afrikaans in die elektroniese media het onbeperkte potensiaal. Kyk net na die fantastiese groei van LitNet die afgelope jaar. Die elektroniese Afrikaanse media sal eerder vroeŽr as later die gedrukte-dagblad-medium in 'n blik druk, by wyse van spreke. Die gedrukte-dagblad-medium gaan inboet aan lesersgetalle - die vraag is net: gaan die Engelse elektroniese media score, of is daar genoeg geld om die Afrikaanse elektroniese media te stut tot dit nie meer nodig is nie? Weer eens 'n kwessie van geld.

    e. Hoe kan die kommersiŽle waarde van die taal ontgin word?

    Die kommersiŽle waarde van 'n taal word ten eerste ontgin deur die taal belangrik te maak. Daarna, afgesien van kulturele en skeppingswaarde, moet enige taal inherent 'n ekonomiese-waarde-element vir homself (of haarself - soos jy wil) inhou. Hier by ons moet dit gebeur deur ten minste drietaligheid verpligtend te maak as toelatingsvereiste tot staatsinstellings en tersiÍre instellings. Meertaligheid moet ook erken word in bevorderings en aanstellings. Elke onderneming moet 'n taalbeleid opstel wat die sentimente van veeltaligheid verwoord.

    f. Het die soeklig tydens die beraad enigsins op die jeug geval en/of is die jeug na jou mening voldoende verteenwoordig?

    Die afwesigheid van die jeug was 'n probleem; so ook die afwesigheid van Cosatu en die ANC Jeugliga en die Departement Kuns en Kultuur. Vorentoe sal diť sake aandag moet kry.

    g. Wat is na jou mening Afrikaans se verhouding tot die ander landstale? Wat behoort die verhouding te wees?

    As jy tot sover gelees het, onthou wat ek hierbo gesÍ het.

  9. Watter drie boeke sou jy saam met jou neem na 'n verlate eiland?

    Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, my familiegeskiedenisboek en Groot Verseboek.

  10. Noem jou drie gunsteling Afrikaanse woorde.

    Lekker, baie, nog.

  11. Worry jy oor Engfrikaans?

    Ek mind nie.

  12. Wat doen Andrť van der Walt om te ontspan?

    Drink lekker goeie rooiwyn terwyl ek werk.





LitNet: 14 September 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

Have your say! To comment on this piece write to webvoet@litnet.co.za, and become a part of our interactive opinion page.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.