Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kom ek vertel jou meer van my God

Hendrik Venter*


Hoe probeer mens objektief rasioneel, sonder siel, skryf oor die siel?[1]

Watter sin het dit as jy alles gedoen het wat jy gedink het jy weet om ’n omgewing te skep waar jy gelukkig sal wees, maar daar is nie geluk nie? Watter sin het dit as jy alles gebid en alles geglo het waarvan jy weet om gelukkig te wees, maar daar is nie geluk nie?

Jy wonder of godsdiens enige nut het, vir nou of vir eendag. Of was dit waar wat Marx gesÍ het, dat godsdiens ... die opium van die massa is, of so iets?

Jy moet gelukkig wees as jy begin wonder, maar wat is dit wat nie gelukkig is nie? Jy moet ook gelukkig wees as jy besef daar is ’n herhaling. En jy moet ook gelukkig wees as jy besef die herhaling vorm ’n patroon. En jy moet ook gelukkig wees as jy besef die patroon is ’n proses. En jy moet ook gelukkig wees as jy besef die proses gaan na binne. En jy moet ook gelukkig wees as jy besef die binne is jou siel. En jy moet ook gelukkig wees as jy besef daar is ’n verband tussen jou siel en iets daar buite. En jy moet ook gelukkig wees as jy besef jy is nie alleen nie want jy sien die proses ook by ander om jou.

En jy kan gaan doen wat Plato vier honderd jaar voor Christus geleer het: dat die mens se eerste verantwoordelikheid is “(to) tend his soul”[2] en dat jy net vir jouself kan sorg as jy jouself ken en jy leer net jouself werklik ken deur God te leer ken.[3]

RELIGIEUSE SPIRITUALITEIT
Uit ’n religieuse hoek wil dit lyk of daar in die breŽ twee teenstaande standpunte is oor die aard van spiritualiteit.

Spiritualiteit is in die Christelike, en meer spesifiek die Gereformeerde, tradisie vreemd. Dit is ongehoord om te sÍ jy het ’n soeke na die vreemde, die onbekende, dit wat jy nie van God of die lewe verstaan nie.

So ’n houding oor die soeke na die onbekende kan moontlik ’n oorsprong hÍ in iets soos die Nederlandse Geloofsbelydenis, een van die belydenisskrifte, in hierdie tradisie. Die Belydenisskrif het twee “absolute waarhede” deel van die persepsie van lidmate van die gereformeerde kerke gemaak: (1) God is geopenbaar in die Bybel en dit is dit; en (2) die dag tot dag loop van jou lewe is vooraf deur God uitgewerk, ongeag wat jy ook al doen. En die gevolg van hierdie “waarhede” is ’n mentaliteit van ’n oorgelewerde bestaan.

Openbaring van God
Die Gereformeerde tradisie sou sÍ God is geopenbaar in die Bybel en hierdie soeke kan jou vervreem van die geopenbaarde weg van God, en dit kan ’n vorm van afgodediens wees.

Hierdie Belydenisskrif bely (verklaar/glo) oa:

God het sy profete en apostels beveel om sy geopenbaarde Woord op skrif te stel.[4] Verder sÍ hierdie belydenis dan dat daar ’n klomp boeke is wat in hierdie Woord (die Protestantse Bybel) moet wees en ander wat nie daar moet wees nie.[5] En die rede waarom die belydenis sÍ dat hierdie God se Woord is, is “... omdat die Heilige Gees in ons hart getuig dat hulle van God is ...”[6] Dan gaan die belydenis aan en sÍ in artikel 13: “Ons wil ook nie verder as wat ons kan verstaan, nuuskierig ondersoek instel na diť dinge wat Hy bo die vermoŽ van die menslike verstand doen nie; inteendeel, ons eerbiedig juis in alle nederigheid en in aanbidding die regverdige oordele van God wat vir ons verborge is. Ons is tevrede daarmee dat ons leringe van Christus is om slegs te leer ken wat Hy in sy Woord openbaar, sonder om die grense daarvan te oorskry.”

Wat ek verstaan van wat ek lees, is iets van die volgende:

Hier is die boeke van die Bybel wat God saamgestel het. En alles wat jy nodig het om te weet (van God) staan (is geopenbaar) in hierdie Bybel. En jy het niks verder nodig nie, en jy moet nou nie gaan loop en goed soek wat jy nie sal verstaan nie, want jy hoef niks meer te verstaan nie as dit wat hier staan. En as jy dan sÍ-vra: “Dit is wonderlik, kan ek gou kyk waar staan (is geopenbaar) die lys van hierdie boeke?” is die antwoord: “Nee, nee, die lys van die boeke staan nie daar nie (is nie daarin geopenbaar nie), maar die Heilige Gees het vir ons gesÍ (aan ons geopenbaar) dit is die boeke.”

En al het jy nie ’n probleem met die Bybel as die Woord van God nie — en terloops ek het nie — kan jy nie anders as om ’n probleem te hÍ met die gedagte dat die inhoud van die Bybel die laaste, en gevolglik nou die enigste, openbaring van God is nie. Sou dit waar wees, is dit die mens en nie God nie wat besluit het wat is die inhoud van die Bybel. Want as ’n uitgewer vyftien bydraes vir ’n boek ontvang en besluit net tien word gebruik, bepaal die uitgewer wat is die inhoud van die boek en nie die skrywer(s) nie.

Die waarheid moet seker eerder wees:

  • ůf God het in die begin geopenbaar wat die inhoud van ’n aantal boeke moet wees en God het later geopenbaar watter boeke moet in die Bybel wees en God openbaar homself nog,
  • ůf God het geopenbaar wat die inhoud van die boeke moet wees en toe was Hy klaar en die mens het bepaal watter boeke moet in die Bybel wees,
  • ůf God het geopenbaar wat moet die inhoud van die boeke wees en toe was hy klaar en later was daar weer mense wat in ’n “spesiale” openbaring van God kon bepaal watter van hierdie boeke moet in die Bybel wees. En toe was God weer klaar. Miskien is laasgenoemde juis dit wat die opstellers van die Belydenisskrif hulself toe-eien.

    God se wil

    Verder bely (verklaar/glo) hierdie Belydensskrif ook in artikel 13:

    Ons glo dat die goeie God, nadat Hy alle dinge geskep het, dit nie laat vaar of aan die toeval of geluk oorgegee het nie maar dit volgens sy heilige wil so bestuur en regeer dat in hierdie wÍreld niks sonder sy beskikking gebeur nie. Tog is God nie die bewerker van die sondes wat gedoen word nie, en dra Hy ook nie die skuld daarvoor nie. Sy mag en goedheid is immers so groot en onbegryplik dat Hy sy werk baie goed en regverdig beskik en uitvoer, selfs al handel die duiwels en goddelose mense onregverdig.

    En verder:

    Hierdie leer bied onuitspreeklike troos as ons daardeur geleer word dat niks per toeval oor ons kan kom nie maar alles deur die beskikking van ons hemelse Vader oor ons kom. Hy waak oor ons met vaderlike sorg en heers so oor alle skepsels dat sonder die wil van ons Vader nie een haar van ons kop ? hulle is almal getel ? en ook nie een mossie op die aarde kan val nie (Matt. 10:29?30)[7] .

    En wat is die persepsie wat die Belydensskrif laat? God het die wÍreld gemaak, elkeen van ons se lewe vooruit geprogrammeer, vir ons ’n handleiding gegee, ’n handleiding om te probeer bepaal (1) of ons “gered” is en (2) wat God volgende met ons gaan doen, en toe was Hy klaar geopenbaar en omdat Hy hom nie nou meer openbaar nie, het Hy homself in die hemel onttrek en speel die wÍreld voor hom af soos ’n groot konsert. En wat impliseer dit?

  • Die werking van die Heilige Gees is nie ’n openbaring van God nie. En wat sÍ die Bybel?[8]
  • Die mens het nie ’n wil nie, of dit nou is om vir of teen God te doen (of dit nou is om te soek of nie, om te glo of nie, om goed te doen of nie, om te moor of nie, of dit is om in die WTC vas te vlieg of nie, dit is God se wil). En wat sÍ die Bybel?[9]
  • Ek kan nie ’n persoonlike verhouding met God hÍ nie en Hy kan nie ’n openbaring aan my maak nie, ook in dit wat ek nie verstaan nie. En wat sÍ die Bybel?[10] En was dit nie juis Moses se nuuskierigheid, toe daar iets was wat hy nie verstaan het nie, wat hom na God gelei het nie?[11] En Moses het God leer ken en kon later sÍ: “Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie. Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sÍ: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sÍ: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen.”[12]

    Die manier wat hier gebruik word om die Bybel eerstens binne konteks van die Bybel self te lees (die binnekonteks van die Bybel) en dan binne die historiese konteks daarvan (die buitekonteks van die Bybel) is skynbaar vreemd aan die moderne eksegeet, maar ’n moontlike bymekaarkom van Ricoeur se tweede naÔwiteit en Origenes[13] se teologie.

    Sinode van 1618
    Ek dink dit is moontlik om iets te kan verstaan oor die sinode waar die grondslag van die gereformeerde kerke gestruktureer is. As mens probeer, kan jy die wat hierdie besluit geneem het, se lewe deurleef en dan verstaan mens weer iets. Hier sit hulle in 1618 in Dordrecht, Nederland, in ’n sinode[14] en hulle het ’n kerk om te bestuur. En hoe lyk hul fisiese wÍreld? Dit is besig om kleiner te word. Die nuwe wÍreld word ontdek.[15] Mense ontdek ander nuwe goed en vertel dit; dit word self gedruk en gelees. Nou is dit nie net meer ’n paar gelukkiges wat kan gaan verken, dink en verslag gee nie, dit raak bykans algemeen. Dinge is besig om vinnig te verander.

    En hul religieuse wÍreld? Hulle is skaars van die Roomse Kerk ontslae. En dit is wonderlik, want nou val hulle nie meer onder die gesag van God se spesiale verteenwoordiger op aarde nie en dit wou hulle gehad het. En enige een wat wil, kan die Bybel lees en dit wou hulle ook gehad het. En hulle lidmate is vry en modern. Maar daar is ’n bietjie van ’n probleem: omdat hulle vry is en die Bybel lees, begin hulle vrae vra, en party vrae is half lastig. Want daar is een of twee ouens wat loop en vertel die aarde is rond, maar die Bybel sÍ dit staan op pilare, en nou?

    Gelukkig Copernicus is al dood en dit was die Pous se taak om hom te hanteer, maar Kepler en Galileo[16] is nog hier en hierdie vryheid het die moontlikheid om ’n losbandigheid in die lidmate se denke te ontketen en dit gaan die struktuur van die kerk ondermyn. So die Sinode moet dit hanteer en hulle kan mos nou nie die Pous se hulp inroep nie. En as een dalk sou vra: “Maar moet ons nie God se waarheid soek nie en beteken die pilare nie dalk iets anders as die pilare wat ons ken en sien nie?” kon ’n ander een seker antwoord: “Onthou jy wat Copernicus aan die Pous geskryf het, dat hy ook net die waarheid soek?” En as daar ’n opvolgvraag is: “Maar het hy nie ook gesÍ nie ‘sover God dit toelaat’?” dan eindig die debat met: “Jy klink nou soos Pelagius en jy weet watter gemors het sy teologie, dat mens ’n vrye wil het, veroorsaak, en as Copernicus ’n waarheid van God soek wat in stryd is met wat ťk in die Bybel lees, het hy ’n ander God as ek.”

    En toe gaan die sinode voort om die dertien eeue oue geveg tussen Pelagius (die ondersoekende siel?) en Augustinus (die konformis?) uit te sorteer — die twee segsmanne oor ’n wesensgeveg in die kerk deur die eeue, die geveg oor wie is verantwoordelik vir die kwaad (evil) in die wÍreld:

  • Die mens, as diť ’n vrye wil het, ook om teen God in opstand te kom; maar as God almagtig is, kan die mens teen hom in opstand kom? En die alternatief:
  • God, want omdat Hy almagtig is, reŽl Hy alles[17] . En nou as iets sleg gereŽl word vir een van God se volgelinge, iemand wat alles gedoen het wat die een geleer het om te doen en gedink het dit sal voorspoedig gaan[18] ? As jy uit die dogma se definisie oor God in gesprek gaan met so een, gaan jy jou vasdraai, want jy gaan deur die dogma sÍ dit was God se wil en die mens is tot niks goed in staat nie, daarom straf God jou, ten spyte van alles wat jy probeer doen het, maar dit help nie, want jy is nie in staat nie (en hier begin die sirkel). En jy gaan daardie een deur die dogma beredeneer en as jy hard genoeg probeer, ook uit die Bybel, en as jy goed is, weg van God ook. (Miskien is God nie so magtig as wat ons wil hÍ Hy moet wees nie, maar eerder so almagtig as wat Hy is.)

    Augustinus het geleer dat alles God se genade is. Pelagius se leer was weer dat die mens ’n keuse volgens sy eie wil uitoefen en die gevolge daarvan is ook jou eie.

    Augustinus
    Augustinus (354-430) het wonderlike werk op papier gesit en sy opinie oor die ManicheÔsme waarvan hy ’n aantal jare lid was is insiggewend. Die ManicheÔsme, wat die opstanding van Jesus ontken het, het selfverlossing, deur die eie wil, oor jou eie boosheid verkondig — moes seker maar ’n mengsel van Boeddhisme en HindoeÔsme gewees het, met ’n klap van die teÔste, God (en Satan).

    In reaksie op die ManicheÔsme se leer van ’n vrye wil (tot verlossing) het Augustinus iets gesÍ van: wat die mens se wil is, is genade van God, en as die mens se wil kwaad veroorsaak, bly dit God se genade, want God het alles gemaak en alles wat God gemaak het, is goed, en so word die kwaad goed — want dit is goed. Seker is dit ’n ongelooflike stuk waarheid, maar dit hang seker af wanneer en ten opsigte waarvan jy dit sÍ. Augustinus het dit gesÍ nadat daar al ’n hele paar goed met hom gebeur het en die lewe al ’n stuk pad met hom geloop het.

    Augustinus se leer is hoofsaaklik saamgevat in sy bekende belydenis, “Saint Augustine Confessions”. Dit is geskryf oor ’n periode van ongeveer drie jaar en nadat daar die vorige vyftien, twintig jaar ingrypende goed met hom gebeur het. Hy is uit die Christendom deur die ManicheÔsme, terug na die Christendom, het sy “vrou” verlaat, is gedoop, sy ma, Monica[19] , is oorlede en so ook sy seun, Adeodatus.

    Augustinus se ma het hoŽ aspirasies vir haar begaafde seun gehad. Sy was ’n oortuigde Christen en het hom ’n Christelike opvoeding gegee. Hy het twee goed gedoen wat haar teleurgestel het. Vanaf sewentien het hy ’n verhouding gehad met ’n meisie uit ’n lae sosiale stand en het hy sy rug gedraai op die Christendom. Sy verhouding met sy jeugliefde was monogaam en het vir vyftien jaar geduur en ’n seun is uit die verhouding gebore. Augustinus het die verhouding beŽindig toe hy besef het dat sy geliefde nie sosiaal geskik is vir sy aspirasies nie, en in ieder geval kon hy nie met haar trou nie weens haar stand. Die skeiding was vir altwee skynbaar baie pynlik. Sy ma het ’n ander bruid gereŽl, maar die huwelik kon nie voortgaan nie want diť was jonger as die minimum wetlike ouderdom van twaalf. Hierna het Augustinus besluit om nie te trou nie en die besluit die verantwoordelikheid van sy vriend Alypius gemaak deur te sÍ dat diť hom uit die huwelik gepraat het.

    Mens kan nie help om vir ’n oomblik te wonder of Augustinus nie maar met ’n paar verwyte gesit het nie en daarmee saam ’n oorgelewerde geaardheid.

    Pelagius
    Baie inligting en werke van Pelagius het verlore gegaan. Hy was van Engeland en het in 380 in Rome aangekom. Mens kry die indruk dat hy deur die kerkleiers van die tyd gesien is as ’n bogsnuiter wat soos ’n buffel met ’n seer tand met die leer van die kerk omgaan[20] . Goed wat al uitgesorteer is of besig was om deur die regte mense uitgesorteer te word, het hy in gaan krap. En dan was daar nog ’n ander ding wat gepla het: hy was skynbaar ’n vrolike ou wat die vrouens in hul kamers onderrig het,[21] maar terselfdertyd ’n sterk moralis. In sy voortvarendheid het hy ’n belangrike fout gemaak: hy het vyande gemaak met Augustinus en Jerome[22] . En diť twee het ’n groot aandeel daarin gehad dat die Pelagiaanse leer in 431 deur die kerk veroordeel is.

    Pelagius het ook iets te sÍ gehad oor die oersonde (Adam en Eva) en die klein en groot doop. Anders as die Augustinus-skool was hy van mening dat die mens nie willoos sondig omdat jy nie anders kan nie, maar dat die mens sondig in na-aping van Adam en Eva. Volgens hom is die klein doop dus nie ’n boetedoening vir die sondeval nie, maar om die suigeling in God se genade te plaas.[23] Ek verstaan Pelagius se standpunt as iets van: Deur die eet van die “appel”[24] het Adam en Eva nie iets van ons weggeneem, ons vermoŽ om goed te kan wees nie, maar het hulle vir ons iets gegee: hulle het ons iets gewys van die aard van die mens, dat die mens geneig is om kwaad te doen.

    Pelagius het die geveg in die sinode verloor.[25]

    En die sinode besluit ons moet nou nie krap waar dit nie jeuk nie en daar is geen ander waarhede wat God wil hÍ ons moet weet as wat in die Bybel staan nie, en hier is die Bybel.

    En die sinode skep ’n nuwe spesiale verteenwoordiger van God op aarde: In elke dogmatikus in diť se aller antwoord uit die Bybel. En die dogma trek (die) God (van die dogma) kaal uit voor die mens.

    En miskien het die sinode[26] gedoen wat hulle gedoen het omdat hulle bang was daar word vure aan die brand gesteek wat hulle nie kan beheer nie. En is dit nie menslik om bang te wees om beheer te verloor nie? Maar ek weet nie of die Christen se God beheer of beskerming nodig het nie. Miskien is daar iemand wat ons kan oortuig dat so ’n besluit nie uit vrees geneem is nie, maar uit liefde[27] .

    Die indruk wat mens kry, is dat die gereformeerde tradisie Augustinus se terugblik — die aanvaarding van gister (dit is wat met my gebeur het) — die begin vir ’n pad maak, die motivering vir mŰre (dit is wat met my gaan gebeur). Die argument word toe iets van twee uiterstes:

  • As die verlede my oorwegend ten goede was: Is dit ’n bewys dat ek in God se wil gewandel het en daarom was my wil in ooreenstemming met God se wil en dus ken ek God se wil? En omdat ek God se wil ken, gaan ek so voort. Of:
  • As die verlede my oorwegend nie ten goede was nie: Maak nie saak wat ek wil nie, God wil alles, goed of sleg, en God se wil overrule my wil. En die resultaat word iets van: so waarom wil ek dan — goed of sleg, dit help nie, want dit maak nie ’n verskil nie.

    Maar as ek so ’n oorgelewerde bestaan voer, vat die dogma my na ’n punt dat ek nie kŠn of mŠg eie verantwoordelikheid aanvaar nie. Dan doen ek niks en wag net vir God se genade. ’n Ander uitvloeisel van so ’n bestaan is dat ek een of ander tyd gaan sÍ God het witbroodjies, want ’n ander een word bo my bevoordeel. [28]

    En is daar nie iets anders wat ook gebeur nie? As ek iets meer vir die God van die Bybel wil voel as wat my kop kan verstaan, moet dit nou noodwendig vervlak tot net ’n emosionele ervaring. En emosies is gevaarlik, want dit is vandag op en mŰre af. Ook het dit die potensiaal om mense te vervreem van God, mense wat meer by die kerk gehoor het van die dogma as van God.

    Maar mens sou ook dink daar is ’n verskil tussen (1) God wil die kwaad vir my en (2) God is in die kwaad daar vir my.

    Maar al hierdie goed is niks nuuts nie. Dit is ’n geveg wat al vir twee duisend jaar aangaan en bly dit nie maar die kern van enige gesprek oor God en hoe ons dink God lyk nie?

    Die moderne kerk se houding
    Die moderne kerk se houding teenoor Augustinus en Pelagius blyk nogal uit ’n standpunt soos die volgende: “Both by nature and by grace, Augustine was formed to be the champion of truth in this controversy.”[29] En oor die Pelagiaanse leer: “It is not without significance that its originators were ‘a certain sort of monks’, that is laymen of ascetic life.”[30] Die kerk se opsomming van Pelagius se leer is dat die mens uit jou eie vermoŽ goed kan doen en sodoende ook jou eie redding en saligheid kan bewerk. Uit Pelagius se kommentaar op die boek Romeine klink dit nie so eenvoudig nie: “Humankind, it is true, is also called good, but we have the ability to be good or wise as a result of instruction, whereas God is good and wise by nature.”[31]

    Fisher[32] gee ’n meer gebalanseerde opsomming van die verskil tussen Augustinus en Pelagius: “It is optional (according to Pelagicus) with the sinner whether or not he will yield to the call of the gospel, and whether, in case he does yield, he will persevere in the chosen path. Predestination, as Augustine held it, according to whom the number of the saved was pre-determined, and their salvation secured by omnipotent power, the decision not being left with man, was regarded by Pelagicus as destructive of human responsibility.”[33]

    Daar is moontlik onnodig lank stilgestaan by hierdie vrees vir spiritualisme in die Gereformeerde tradisie, maar omdat dit ook die tradisies is waaruit ek kom, en nou nog is en waarvoor ek lief is, is dit redelik op my voorgrond. En sien ons nie daagliks in en om ons iets daarvan nie? En dit is nie net in ons geloofslewe waar dit uiting vind nie, maar in ons hele menswees, want dit word — is — deel van ons. Dit gaan lÍ in ons sintuie. Hoe onlangs nog het iemand vir jou ’n eenvoudige antwoord gegee op ’n ingewikkelde vraag, of gesÍ, “Ek is so gemaak en so laat staan”[34] of “Hoekom doen jy dit?” en voordat jy kan begin dink om te antwoord: “Want jy weet dit is verkeerd” of “Voel jy nie skuldig oor wat jy gedoen het nie?” of “Ek het jou mos gesÍ” of “Is dit nie dalk jou verdiende loon nie?” Dit is nie die God van die Bybel wat hier praat nie; nee, dis die god wat ons self gemaak het uit die dogma.

    Mens kan nie anders as om diep onder die indruk te kom dat die kerk in die Weste sy lidmate se godsdiens skrikwekkend verskraal het nie. Dit is gestandaardiseer sodat ’n verskil in oortuiging en beoefening nie welkom is nie. Dit is in kompartemente gedruk wat weinig verband het met die integrasie daarvan in die lidmaat se daaglikse blootstelling aan die omgewing[35] . Die indruk is dat hierdie proses voortstoom deur ’n teologie wat

  • ’n toepassing van ’n religieuse ervaring probeer definieer in natuurwetenskaplike terme van ’n rasionele oorsaak en gevolg[36] en
  • waarsku wat nie geglo moet word nie, sonder om voor te stel wat wel geglo kan word en
  • sÍ wat alles verander het die afgelope twee, drie duisend jaar (nuwe inligting) sonder om te sÍ wat nie verander het nie (ou inligting).

    Spiritualiteit as ’n religieuse aktiwiteit
    In die Oosterse godsdienste (HindoeÔsme en Boeddhisme) is spiritualiteit nie vreemd nie, maar ’n integrale deel daarvan. Die Westerling wat na een van hierdie religieŽ beweeg, kan geneig wees om spiritualiteit as ’n geloofsuiting (dit waarin jy glo) te ervaar en sodoende word spiritualiteit en geloof direk eweredig aan mekaar gestel as een en dieselfde en so word spiritualiteit as sodanig ’n godsdiens.

    In afwesigheid van ’n enkele geopenbaarde (algemeen aanvaarde) geskrif in ’n religie moet daar ’n ander manier wees om ’n openbaring van die godheid te ervaar: Soos wat die (gelowe met dieselfde stamvader Abraham) Islam die Koran, of die Jood die Tora en die Christen die Bybel lees in ’n soeke na ’n openbaring van hul God (wat wil my God vir my sÍ?), so sal die Boeddhis mediteer. Deur meditasie, sÍ die Boeddhis, sal die mens die godheid (in jou) ontdek wat jou sal lei tot wysheid in die godheid. En meditasie is ’n vorm van spiritualiteit. Vir laasgenoemde is om spiritueel te wees dus ’n voorvereiste vir die openbaring waardeur die godheid ontdek en beleef sal word.

    ’n Belangrike verskil tussen hierdie twee benaderings is: In aanwesigheid van so ’n geopenbaarde geskrif bly die geskrif altyd die riglyn. In afwesigheid van so ’n geskrif is die lering en oorlewering weer die riglyn.

    Soos wat ek die Christelike geloof verstaan, is die Heilige Gees teenwoordig in die Christen se lewe. Vir die Christen is spiritualiteit my gesprek met die Heilige Gees. En nadat ek ’n keuse vir God se genade gedoen het, sal dit ’n tweerigtinggesprek wees. En in ’n tweerigtinggesprek leer ek iets van myself en van die een met wie ek in gesprek is en raak die gesprek persoonlik. En deur hierdie gesprek het ek ’n persoonlike verhouding met God. En soos wat dit gaan met ’n persoonlike verhouding, is dit subjektief en gevolglik kan ek die inhoud daarvan met ander deel, maar wat vir my werk, gaan nie noodwendig vir die een langs my werk nie. En as ek die verhouding algemeen geldend sou wou maak, verabsoluteer ek dit net tot ’n nuwe (persoonlike) dogma. En die indruk is dat ek in hierdie verhouding meer van God se almag gaan leer ken in sy liefde as van sy almag in sy beskikking.

    Hoe meer spiritueel ek word, hoe meer is my omgang met die Godheid in my. Die Boeddhis sal sÍ: Omdat ek besig is om verlig te word kry ek meer insig in die godheid in my en daarom word ek minder mens en meer god. Die Christen sal sÍ: Deur my omgang met die (Heilige) Gees[37] wat in my is,[38] kry ek meer insig[39] om na die beeld van God te lewe[40] soos wat ek gemaak is[41] . Op die oog af lyk dit na baie dieselfde, maar ek glo nie dit is nie[42] .

    Die Boeddhis kan byvoeg dat omdat ek minder mens word, begeer ek minder en omdat ek meer god word, ly ek minder[43] . Die Boeddhis kan ook byvoeg dat omdat ek minder begeer, behoort ek meer liefdevol met my omgewing om te gaan.

    Die Christen kan byvoeg God is liefde[44] en om dus na die beeld van God te lewe is om liefde te hÍ. Ek wonder of die Christen ook kan byvoeg dat dit deur die liefde is wat ek (myself) ten volle sal ken soos wat God my ken.[45]

    Die uiterstes van spiritualiteit sou dan wees: diť aan die een kant wat glo dat daar ’n absolute openbaring van hul God is, sal sÍ dat deur spiritualiteit weg beweeg word vanaf die sekerheid van die openbaring van God en dit sal lei tot ’n nuwe godsdiens wat aangehang word. Aan die ander kant sal diť wat glo dat daar slegs ’n relatiewe openbaring van God is, glo dat slegs deur spiritualiteit die openbaring tot insig sal volg. So is spiritualiteit dan vir die een ’n trekkrag na die nie-geopenbaarde God en vir die ander ’n stootkrag weg van die geopenbaarde God.

    Hoe dit ook al sy, die bostaande is nie ’n omskrywing van spiritualiteit nie.

    MATERIALISME EN SPIRITUALISME
    Moontlik kan ons spiritualiteit probeer omskryf as die teenkant van materialisme.

    Wanneer iemand materialisties is, weet ons dit beteken daardie een is besig met die aardse ? nie-ewige — goed, die rasioneel verklaarbare/bekende.

    Die dinamika of beweging oor tyd in materialisme is dat jy op ’n gegewe oomblik baie materialisties kan wees, en op ’n ander oomblik min. My materiŽle omstandighede op ’n gegewe tyd sal my materiŽle behoefte en ingesteldheid bepaal. My materiŽle ingesteldheid is dan weer die wyse waarop ek met die nie?ewige goed omgaan. Dit volg dan dat materialisme deel is van ’n proses is met die klem op die erkenning van die nie-ewige, maar die wyse van omgang daarmee verskil oor tyd.

    Spiritueel as teendeel sou dan wees: Om besig te wees met nie?aardse ? ewige — goed, die rasioneel onverklaarbare/onbekende.

    Spiritueel wees is dan deel van ’n proses met as klem die erkenning van die ewige, maar die omgang daarmee verskil ook van tyd tot tyd, met die gevolg dat ek op ’n gegewe tyd meer, en in ’n ander tyd minder, spiritueel kan wees.

    Sou spiritueel en materieel as ’n somtotaal van die mens se omgang met sy totale omgewing (in ’n blokgrafiek) gestel word (sÍ maar spiritueel na bo ? ewig ? en materieel na onder ? nie-ewig), sou dit moontlik wees dat dit uitsluitend tot mekaar kan wees en sou dit dan impliseer dat indien jy net spiritueel is, jy glad nie materieel kan wees nie en vice versa. Sou dit waar wees, dan kan dit korrek wees om te sÍ spiritualiteit is nie meer ’n proses nie, maar kan dit op sigself ’n godsdiens word. Moontlik is so ’n benadering ’n oorvereenvoudiging en nie lewensgetrou nie, want al is jy op ’n eetstaking Írens, is daar nog ’n materiŽle behoefte of twee, tensy jy seker jou eetstaking hou terwyl jou lyf kaal in die lug rondswerf.

    En Írens moet ek my eie balans vind tussen materialisme (nie-ewige) en spiritualisme (ewige). Mens kry die indruk dat hoe meer eentonig die lewe van die siel is, hoe minder spiritueel is ek en hoe meer flambojant moet my materiŽle lewe wees vir ’n balans[46] .

    Spiritualisme en materialisme sou dan die teenpole van dieselfde vertikale[47] proses wees, die proses van die integrasie van die ewige en die nie-ewige, die integrasie van die bekende en die onbekende. En dit is my bewussyn in hierdie proses op ’n bepaalde tyd wat gaan bepaal of ek meer materialisties is (ek moet alles kan verklaar) of meer spiritueel (ek hoef nie alles te kan verklaar nie).

    Of ’n studie van spiritualiteit uitsluitlik tot die teologie of die sielkunde of die psigiatrie (soos in wetenskaplike — chemiese — ontleding) of selfs die kwantumfisika behoort, weet ek nie. Wat ek wel weet, is dat spiritualiteit meer oor ’n belewenis gaan. Dit is iets wat aan jou hart en verstand ťn jou siel en lyf raak. Dit is iets wat jou gevoel en denke in harmonie bring. Dit is spiritualiteit wat ’n vrou haar verkragters laat vergewe. Hier gaan dit minder oor my regte.

    SPIRITUALITEIT EN EMOSIE
    Dit is nodig om spiritualiteit en emosie te onderskei.

    Spiritualiteit is meer as emosie. Spiritualiteit is deel van ’n bewustelike proses. Spiritualiteit word meer van binne deur jouself geaktiveer en emosie meer van buite deur jou omstandighede.
    Emosie is meer die ervaring van ’n gevoel, ’n ervaring van een van twee teenpole in dieselfde horisontale[48] proses. Dit is emosie wat ’n man blomme vir sy geliefde laat aandra, maar dit is ook emosie wat mense laat moor. Emosie is meer onbewustelik, dit is meer lyflik. Hier gaan dit meer oor my regte.

    So kan om nůg gelukkig, nůg ongelukkig te wees — om nie-gelukkig te wees — deur sommige as vreemd aangemerk word; want kan hulle sÍ daar is geen emosie nie. ’n Deel van my is gelukkig (dit gaan goed met my sak), maar ’n ander deel van my is ongelukkig (dit gaan sleg met my kop — “mind”) of andersom. Jy voel dat iets van jou ongelukkig is, maar jy weet ook dat iets van jou gelukkig is; so oorheers die ongelukkige iets nie jou hele mens wees nie. En as iemand weet met iets van jou gaan dit sleg, maar met ’n ander deel goed, en jy is nie in sak en as nie, mag hulle dink daar is iets fout met jou. Maar dit kan ’n plek van ongelooflike spirituele verposing wees. ’n Plek waar jy besig is om die ongelukkigheid te deurwerk. Mens kry die indruk dat dit juis die versuim is om die ongelukkigheid te deurwerk wat depressie[49] veroorsaak.

    Al is ’n spirituele belewenis iets anders as ’n emosionele ervaring, is dit nie iets wat uitsluitend van mekaar behoort te bestaan nie. Trouens, spiritualiteit is meer die demonstrasie van “volwasse” emosies.

    En as ek nie net kan gee en omdraai sonder om ’n reaksie te verwag nie, weet ek miskien alles van emosionele liefde vir die een langs my, maar niks van spirituele liefde nie. En as ek ook nie kan ophou om te gee nie, wanneer dit nie meer goed is vir my siel nie, ken ek ook nie spirituele liefde vir myself nie.[50]

    Emosie en spiritualiteit ontmoet mekaar in die Oosters gedefinieerde ontwikkeling van die mens[51] (en die mensdom). In my eie omskrywing is dit in breŽ die volgende: Die ontwikkeling begin by (1) struktuur — wat is my plek in die gemeenskap (gesin), wat ontwikkel na (2) verhoudinge — hoe tree ek op teenoor ander in die gemeenskap, wat my lei na (3) die eie ek. Die ervaring van dit alles vestig (4) my emosies. Dit is dan my interaksie met hierdie struktuur en die persone daarin wat my gelukkig maak (ek word beloon) of ongelukkig (ek word te na gekom). In ’n ontwikkeling wat net tot hier gaan, is emosionele ervarings dan die einde van die pad van “psigiese” ontwikkeling en die hoogste vergestalting van mens wees. Wanneer emosie (5) die wil vestig om die eie ek te verhef uit ’n direkte reaksie in en op hierdie strukture en verhoudinge, word (6) ’n bewussyn gevestig van spirituele belewenis. Nou is emosies die begin van die pad na die hoogste vergestalting van mens wees.

    DIE SIEL
    Daar is en word baie geskryf oor die siel van die mens deur skrywers soos Michael Newton, Gary Zukav, Dalai Lama, Thomas Moore en Hennie de Villiers. Dit is egter opvallend dat vanuit die Christelike perspektief min beskikbaar is. In die antieke kerk was dit nogal ’n punt van bespreking onder Origenes en sy volgelinge.[52]

    Daar is ’n gevoel dat terwyl die Weste die proefkonyn van tegnologiese ontwikkeling was, die Ooste half rustig voortgegaan het om die ewigheidsin van die mens verder te ontwikkel. Die gevolg kon wees dat die Westerling al meer sin vir bestaan in die materie gevind het. Sou dit dan verkeerd wees om te ervaar dat nou, wanneer tegnologiese ontwikkeling op sy snelste gebeur en nuwe inligting te oorweldigend word, daar ’n noodwendige terugkeer wil wees na wat die sin van lewe op aarde buite die blote materie is? Dis half of die Weste moeg geraak het om alles te kan verklaar en nou ’n behoefte het na iets wat nie verklaar hoef te word nie.

    Is dit moontlik dat die Westerse rasionalisme, in die poging om materie en die interaksie daarvan te bemeester, die wese van bestaan sodanig vervlak dat die materie self die bewussyn word? Is ons siel en dit wat ons noem die onderbewuste[53] nie dalk dieselfde ding nie? Selfs teoloŽ kan wreed met die siel omgaan deur per definisie jou siel “jou donker kant” te noem en daarteenoor jou gees “ligkant”.[54]

    Die siel kan tog nie gedefinieer word aan die hand van dit waaruit dit bestaan nie, ook nie volgens die meganisme waardeur dit manifesteer nie.

    Die siel is bietjie soos ’n wilde perd. En diť gaan, lyk my, waar dit wil. Ek droom die wonderlikste goed wat my na die hoogste ekstase vat en ek is gelukkig. Of ek droom die verskriklikste goed wat my tot die dood bang maak en ek is ongelukkig. Kan dit vir my iets sÍ?

    Ek kan vanaand droom ek’s weer vyftien en ek en my girl is net besig om te begin met dit waarby ons nooit in lewende lywe uitgekom het nie, en die volgende oomblik skrik ek my vrek as my pa my aan my groot toon wakker ruk, soos wat hy altyd gedoen het, en hy lag van plesier en ek is ongelooflik moerig want ek het nie klaargemaak nie en ek weet nog steeds nie. En dan eers hoor ek die alarm lui met ’n helse slag en ek’s wakker. Miskien wil my siel vir my sÍ: “Ons was besig om iets te leer en toe skrik ons wakker en ons weet nie wat gebeur nie. Hierdie ding dat ons elke oggend met ’n skrik wakker word, met die alarm wat jy ons pa gemaak het, laat ons nie klaar maak nie en ons verstaan nie wat gebeur nie.”

    En as die siel nie met die res van my klaar maak nie, raak die siel ongelukkig en diť gaan uitspring en my (lyf) na ’n ander plek vat. En as die siel in die nuwe plek steeds nie regkry om klaar te maak met vandag nie, gaan my siel my mŰre na ’n ander plek vat en so hou dit ’n leeftyd aan — of dit nou nuwe karre of nuwe verhoudings of nuwe klere is. En as een of ander aardse ding my lyf so vashou dat die siel dit nie kan wegkry nie, en ons maak nog steeds nie klaar nie, gaan ek (siel en lyf) daar waar ek is eers snaakse goed begin te doen totdat niemand later met my kan huis hou nie. En as jou siel dit nie regkry om jou lyf na ’n gelukkige omgewing te neem nie, gaan die siel sy eie realiteit skep. Dit kan wees om te begin te drink of heeltyd onder verdowing te wees, hetsy wettig of onwettig, om jou dood te werk, om ’n nuwe ideale verhouding te sluit of om ’n nuwe ideale beroep te begin of om jouself af te sonder op ’n berg in die Karoo of fanaties godsdienstig te raak. Dit is bloot puppy replacement. Ons geneigdheid om ons werklike behoefte onbevredig te laat en ’n vervangende bevrediging te gebruik.

    Daar is ’n onuitputlike lys van sulke gedrag, en deep down weet ons almal wanneer ons so optree en kan ons maar ons gevoel vertrou. En ons kan net ook vir sů lank oneerlik met onsself en noodwendig die om ons wees. Want dit is net ons siel wat vir ons sÍ, “Ek’s nie gelukkig nie”, en al wat die siel wil doen, is dat jy moet leer om jouself gelukkig te maak.

    En as ons iets gedoen het en ons moet ’n rede gee en die rede is “Ek weet nie” of “Ek kon nie help nie”, is dit ’n baie goeie aanduiding dat my siel met my op pad Írens heen was. Dit is dan wanneer ek self nie begryp wat ek doen nie, want dit wat ek wil doen, dit doen ek nie, maar dit wat ek nie wil doen nie, dit doen ek. In die Bybel sien ons iets daarvan.[55]

    En dit alles bly net emosies en vandag is ek op die hoogste high (en ek kan alles vermag) en mŰre is ek op die laagste low (en ek kom nie uit die bed nie) en dit bly net ’n reaksie op ... Of ek bly net level met geen highs of lows nie, net om myself te beskerm. En omdat ek bly vra “waarom?” en nooit kom by “waarheen?” nie, is daar nie spiritualiteit nie en omdat daar nie spiritualiteit is nie, is daar nie groei nie; en ek bly ’n jong siel. En ek kan nie gee net om te gee nie, want ek verstaan net iets van ’n reaksie op aksie. Want as daar nie ’n reaksie is nie, is daar nie ’n beloning, goed of sleg, nie.

    Tensy jy wťťt dat jou liggaam doodgaan soos wat ’n rekenaar net vrek, en dan is daar niks en alles is weg; het jy ’n siel en dit het iets te doen met tyd en ewigheid.

    Sou ons dan ’n gevoelentheid hÍ vir die siel, sou ons dan kan sÍ dat spiritualiteit die proses is waardeur ons met ons siel omgaan. En wŠŠr jou siel is, sal ’n invloed hÍ op jou hele mens wees, ook jou godsdiensbelewing.

    SPIRITUELE KWADRANTE
    Dat spiritualiteit besig is om onbevraagtekend ook deel te word van die Christen se lewe blyk duidelik uit iets soos Corinne Ware se werk Discover your spiritual type.[56]

    Die identifisering van spirituele tipes wat in die laat sewentigs, vroeŽ tagtigs deur Urban T Holmes[57] ontwikkel is, is in die negentigs deur Ware verder toegepas. Ware se werk is gerig op die harmonisering van die individu se verhouding met die geloofsgemeenskap waarin jy staan. Sy werk uitsluitlik met die omgewing van die God van die Christelike en Hebreeuse Bybel.

    Ware se model is ’n sirkel met vier kwadrante soortgelyk aan die van Myers-Briggs met teenkante van die “Intellectual-Heartfelt” en “Mystery-Imaging”. Ware waarsku teen ’n vergelyking van haar en Holmes se model met die van Myers-Briggs, wat uit Jung kom, want ’n vergelyking kan inhiberend wees[58].

    Ek verstaan haar benadering as meer staties om te sÍ dit is die spirituele (plek) kwadrant waarin jy oorwegend staan en dit is goed, maar sal die ontdekking daarvan jou lei tot selfinsig. Dit sal jou ook bring tot aanvaarding van die behoefte van die ander saam met wie jy aanbid: “Knowing your chief tendency will help you understand that what and who you are is just fine. You do not need to have the same desires as others. The Creator has made you to find your connection to the Holy in a particular way.”[59] Sy onderskei ook haar benadering van die van oa Freud, Jung, Fromm, James, Frankel, Maslow en Flower[60] (laasgenoemde twee die meer hiŽrargiese benadering van: ek is nou hier maar moet op pad wees soontoe) deur: “The approach used here delineates differences; it does not rank experience in terms of maturity.”[61]

    Moontlik is die wesensverskil tussen Ware se benadering en die van die Jung-gebruikers dat haar model die potensiaal het om meer Jung se animus en anima, die “soul-image”[62] van die mens, aan te spreek as die persona[63] self.[64] Myers-Briggs sÍ dit is wat jy is, maar wanneer jy onder druk is (by die werk) kan jy iets anders openbaar. Enige een wat al ’n Myers-Briggs-vraelys voltooi het, weet dat as jy ’n oomblik te lank oor ’n vraag dink, vertoon die rasionele bewussyn, die persona. Ware se toets is kort en kinderlik eerlik, en miskien bring dit die ware kleure van die siel uit.[65] Die siel voel dalk veilig om eerlike antwoorde te gee.

    ’n Baie effektiewe opsomming van die gevaar van die gebruik van Jung se topologie deur ’n “checklist” word deur Daryl Sharp[66] gegee. Jung self was van mening dat sy model net ’n aanduiding is en het gewaarsku teen die misbruik daarvan as ’n “practical guide to a good judgment of human character”[67] . Sharp verwys na ’n man wat in die vestiging van ’n uitstaande akademiese loopbaan, lank in “afsondering” sy denkende funksie oorbeklemtoon het, en as ’n introvert toets, en dit self glo. Maar in werklikheid is hy nie ’n introvert nie. Hy het homself in so ’n posisie geplaas bloot om ander se verwagtinge van hom te bevredig.

    Ware meen dat wat die moderne mens nodig het, nie ’n oor-geÔntellektualiseerde spiritualiteit is nie. Aan die een kant gaan dit meer oor die integrasie van die werklikheid met God as wat dit gaan oor die afsondering daarvan en verwys sy na Martin Buber: “I know nothing of ‘worldly life’ that separates us from God.”[68] En aan die ander kant gaan dit oor my eie bydrae en sÍ sy: “To be a person implies responsibility and freedom, and both these imply a certain interior solitude, a sense of personal integrity, a sense of one’s own reality and of one’s ability to give himself to society.”[69]

    Ware is van mening dat Buber suksesvol met die beginsel werk dat gesonde spiritualiteit is om iets van elke kwadrant te demonstreer. En dit is ’n model wat sy glo geŽksploiteer kan word.

    Hierdie is dan ’n poging om die (on)werklikheid van die lewe soos wat ons dit ervaar, te integreer met die (on)werklikheid van die Goddelike deur te kyk of ’n religieuse bewussyn ’n bydrae kan maak tot die mens se natuurlike behoefte om gelukkig op aarde te wees.[70] Die woord geluk word gebruik in die betekenis van “tevrede wees” — om tevrede te wees waar ek is, om ’n sinvolle lewe te lei, om selfgenoegsaam te wees.

    Hierdie benadering vind sterk aansluiting by ’n geÔntegreerde wÍreldbeeld.[71] Amper soos om te sÍ: in alles kan ek iets van God sien (God se hand), maar alles is nie God nie. Chris van Wyk bied ’n effektiewe opsomming van die verskillende wÍreldbeelde.[72]

    SPIRITUELE SIKLIESE SPIRAAL
    Hierdie model poog om:

  • Die gedragsuiting van die individuele psige in verband te bring met die gedragsuiting van die kollektiewe psige soos vergestalt in die religieuse oortuigings van die wÍreld.
  • Die kollektiewe psige se hantering van die onbekende terug te herlei na die individuele psige se hantering van die onbekende.

    Hierdie model is ’n kyk na spiritualiteit as deel van die integrasie van die bekende en onbekende deur die interaksie tussen die siel en die gees[73] van die mens, en gaan dit meer oor die struktuur en dinamika van beweging as die gedefinieerde inhoudelike. Die grootste onderskeid tussen hierdie model en die van Ware is dat hierdie model ’n noodwendige beweging tussen die verskillende kwadrante veronderstel, teenoor haar model wat meer staties is, en dat hierdie model die spiritualiteit van alle hoofreligieŽ insluit.

    Hierdie is meer ’n poging om te kyk of daar nie raakvlakke is tussen my religieuse ervaring en my “sielkundige gedrag” nie. Daarom moet daar ongelukkig aan iets van die godsdiens en iets van die sielkunde geraak word. In hierdie ongelooflike kompleksiteit word daar gekyk of daar nie moontlik ’n verband is tussen die hantering van die individuele onbekende — vakgebied van die sielkunde — en die hantering van die kollektiewe onbekende — die vakgebied van die teologie — nie.

    Die proses is die omgang van dit waaroor ek nie beheer het nie van die onbekende van die individuele siel wat kollektief deur die eeue gemanifesteer het in verskillende religieuse oortuiginge.[74] Dit is iets wat Jung genoem het die “natural religious function”[75] van die mens.

    Hierdie is nie ’n poging om ’n soort sielkundige teorie te skep nie. Die inhoudelike van die psige lÍ op die vakgebied van die sielkunde en in hierdie bestek is daar nie ruimte vir ’n bespreking daarvan nie en is dit ook nie die doel hiervan nie. Mens behoort dus te verwag om iets van verskillende sielkundige teorieŽ — sonder die noodwendige verwysing — soos die behaviorisme, psigoanalisme, eksistensialisme en ook die kognitiewe sielkunde in die model te herken. Hierdie is bloot ’n visuele struktuur wat spirituele beweging voorstel binne die eeue oue ewigheidswaarhede van die religieŽ van die wÍreld.

    Juis omdat, sover moontlik, van die inhoudelike weggeskram word, beide in die teologie en in die sielkunde, stel hierdie voorstelling ditself bloot as ’n oorvereenvoudiging. Maar miskien is dit juis die doel. Is daar nie vir die individue ’n hanteerbare proses om met die komplekse inhoudelike om te gaan nie? Het ek nie moontlik ’n meer eenvoudige struktuur nodig nie?

    Sekerlik bly die belangrikste toepassing om myself te help om my siel gelukkig te maak. Om my siel te help om uit diť se onbewuste eenvlakkige eendimensionele bestaan te groei na ’n meervlakkige, meerdimensionele bewuste bestaan.

    Religieuse perspektief
    Die wesenskern van die hoof religieuse vorme van die wÍreld kan saamgevat word soos in die tabel hieronder.

    Die waar, wanneer en hoe van my geloof mag uiteraard vir my belangrik wees, maar dit is meer die vorm van wat ek glo, die gebruike wat ek volg,[76] en word nie hierin bespreek nie, want dit is nie wesenlik nie.

    Hierdie samevatting is gestroop van nuanseverskille soos gevind word in die teologiese/dogmatiese/prinsipiŽle onderstrominge in elke religie en sal meer die gemene deler van die gewone aanhanger van die besondere religie se samevatting van sy oortuiging weergee.

    Die geloof van die Rasionele Weste soos in die tabel gebruik is ’n oortuiging wat meer is as net die ateÔs wat glo daar is voldoende bewys dat God nie bestaan nie en ook meer as die agnostikus wat glo daar is onvoldoende bewys dat God wel bestaan. Dit sluit ook in die geloof dat God bestaan net tot die mate wat ek dit kan verklaar (bewys). Ook sal ’n oortuiging soos die moderne (hervormde) JudaÔsme eerder hier tuis hoort.

    Verwysing na Boeddhisme sluit die meer verwesterse verskyning daarvan in Zen Boeddhisme in.

    Eendimensioneel kan die model voorgestel word[77] Klik hier vir model. (Dit mag ’n tydjie neem om af te laai).


    JudaÔsme: Ek glo dat ek uitverkies is tot ’n ewige bestaan (die nuwe wÍreld) deur God se verbond met my soos geopenbaar in die Hebreeuse Bybel.

    Islam: Ek glo dat ek ’n ewige bestaan (die Paradys) sal verdien as ek met totale oorgawe aan Allah se wil gehoorsaam is soos geopenbaar in die Koran.

    Geloof van die Rasionele (Weste): Ek glo dat deur genoegsame kennis sal ek verstaan wat goed en reg is en wat ek moet doen, en tot die mate wat God wel relevant is, sal ek erkenning kry vir die goeie wat ek gedoen het.

    Christelik: Ek glo dat deur God se genade ek die keuse het om Jesus se verlossing tot ’n ewige bestaan (die hemel) te aanvaar en dat die Heilige Gees dan in my sal woon soos geopenbaar in die Christelike Bybel.

    Tradisioneel: Ek glo dat as ek onderdanig en gedienstig is, die gode se wil aan my geopenbaar sal word en ek die gode se guns in navolging van die openbaring kan wen in hierdie en ’n volgende lewe.

    HindoeÔsme: Ek glo dat deur sekere rituele en gebruike ek ’n geopenbaarde bewussyn sal ontwikkel om te berus in my huidige lewe wat ’n beter terugkeer na die aarde sal bewerk deur al die kastes heen tot my eenwording met die bron van alles (braham).

    Boeddhisme: Ek glo dat ek deur die pad van verligting ’n geopenbaarde stand kan bereik waar begeertes en gevolglik lyding nie sal bestaan nie (nirvana) en my terugkeer na hierdie wÍreld beŽindig sal word.

    New Age: Ek glo dat as ek die verband tussen alles verstaan en toepas, my plek in die eenheid van alles (kosmos) aan my geopenbaar sal word en my terugkeer na hierdie wÍreld beŽindig sal word.

    Wanneer ons na die voorstelling kyk, is dit duidelik dat die omgang met die model van persoon tot persoon sal verskil afhangende van watter kwadrant jy jouself in bevind. So sal die JudaÔs aan die een kant sÍ, “Ek weet dit wat ek glo is reg, want hier staan dit (dit is objektief aan my openbaar en ek maak dit van buite my eie)”, en aan die ander kant sal die Boeddhis sÍ, “Ek weet ek is reg in wat ek glo, want ek het dit self verken (ek het dit subjektief ervaar en ek maak dit van binne my eie).” En hier staan die twee, want die een het nie nodig om te verken om te glo nie en die ander een glo nie wat daar staan nie. As mens dit sou kon regkry om die etikette af te haal, het altwee seker ’n stuk van die waarheid beet.

    Christelike perspektief
    Iets wat interessant is, is dat die Christendom oŽnskynlik die enigste geloof is wat in vrymoedigheid oor al die kwadrante beweeg en terselfdertyd is dit die Christendom se grootste dilemma (blootstelling) maar ook uitdaging. Enkele gedagtes:

  • Die Christen glo dat daar sekere goed geopenbaar is en dit staan vas, en een van die goed is dat God ’n lewende wese is en daarom kan ek ’n verhouding met, en daarmee saam ’n gevoel oor, God hÍ; en soos in enige verhouding is daar goed wat ek nie gaan verstaan nie en dan kan ek maar gaan verken en sal ek weet wat ek vir nou nodig het totdat ek weer nie verstaan nie.
  • Daar is ’n hartseer stuk vrees om ’n mede-Christen toe te laat om van een kwadrant na ’n volgende te beweeg. Dit is hartseer want dit is miskien ’n stuk arrogansie om my eie onsekerhede te verberg, dit is iets van ’n “ek weet beter” — maar wťťt ek beter? Dit ook hartseer want dit is ’n wantroue in God se almag om ’n persoonlike verhouding met ’n mens te kan hÍ. En dan kan ek probeer om die een met alles in my te probeer oortuig om terug te kom na waar ek is, want ek verstaan nie waarmee is hy of sy besig nie.[78] En wanneer die een iets openbaar van ’n ander religie wat uitsluitlik in een kwadrant teenwoordig is, kan ek op die gevaarlike terrein beweeg om te verklaar dat die een nie ’n Christen is nie.

    Twee moontlike voorbeelde:

  • Iemand wat vir jare in ’n denkende of emosionele geopenbaarde verhouding met God geleef het (terwyl dit goed gaan), verloor ’n kind. En nou? As jy nie vir ’n oomblik vra: “Maar waarom?” nie, is jy nie ’n mens nie, en meteens is jou spirituele proses op ’n ander plek. Denkend sou jy sÍ: “Maar God is in beheer; hoe kon Hy?” en emosioneel sou jy kon sÍ: “Maar God is goed; hoe kon Hy?” en as die geloofsgemeenskap waarin jy is jou probeer terug druk na waar jy was en nie nou is nie, gaan jy jou verhouding met God net versleg.
  • Nog slegter: ’n Soortgelyke (geopenbaarde) gelowige het ’n “ongeoorloofde” liefdesverhouding[79] en dit is die liefde van hul lewe, en hulle verloor dit. Wat maak daardie geloofsgemeenskap? “Maar jy het mos geweet dit is verkeerd.” Nou gaan jy nog minder van God hou, want jy het dan ’n verhouding met Hom; hoekom het Hy nie vir jou laat weet wat jy doen is verkeerd nie, of dit selfs verhoed nie, en ook hierdeur gaan jou verhouding met God versleg.
  • Die Christelike geloof se versuim om materiŽle[80] gelykheid te waarborg skep uiteraard die geleentheid om verlei te word deur ander religieŽ se inherente strewe daarna[81] .
  • Die blote feit dat die Christendom, anders as ander gelowe, in ’n enkele kerkdiens mense van al vier kwadrante gelyktydig kan huisves, demonstreer die kompleksiteit en die vloeibaarheid van die Christelike bediening.
  • Dit wil voorkom dat die Christelike geloof die enigste is wat die werklikheid van my aardse bestaan en my verwagting vir ’n ewige bestaan integreer tot ’n eenheid. Anders as by die ander religieŽ is my aardse bestaan nie ’n oorsaaklike straf wat ek moet oorkom om ’n beter bestel in te gaan nie. Nee, vir die Christen is ’n sinvolle lewe op aarde ’n gevolg van God se teenwoordigheid in my lewe nŠ my keuse om sy verlossing nou en hierna.

    Die Christelike Bybel is vol voorbeelde — om nagevolg te word — van so ’n proses waar ’n mens nodig gehad het om die pad van die spirituele sirkel te loop. In die Ou Testament is Moses seker die mooiste voorbeeld van waar God hom geroep het en hy gevra het wat is God se naam,[82] totdat hy ’n leeftyd later kon sÍ mens kan God se gebod ken.[83] Mens kry half die indruk God het die Bybel geskryf gedagtig aan die mens se behoefte. Dit begin by Genesis 1 en 2: Genesis 1 meer rasioneel — dag vir dag, man en vrou, dit sal julle kos wees; Genesis 2 met meer gevoel — mooi om na te kyk en lekker om van te eet, man en vrou sal een word. Waar is daar meer vrae as in Job of Prediker? Wie is meer seker en het meer antwoorde as Spreuke of Romeine? Waar is daar meer mistiek as in DaniŽl en Openbaring?[84] Mens kry die indruk dat die Bybel vol is van oerkennis oor die innerlike mens.

    In die Nuwe Testament is die vier Evangelies ’n goeie voorbeeld van sulke spirituele verskille. Vir my spreek die een gedeelte aan en vir jou ’n ander, en mŰre is dit omgekeer, afhangende van ons spirituele proses. Die verskillende weergawes van Jesus se doop, die aankondiging dat Hy verraai gaan word, Petrus se verloŽning en Jesus se kruisiging toon duidelik die verskille.[85] Dit wil voorkom dat die Bybel verstaan wat die verskillende lesers daarvan nodig het om soos ’n kind te wees (kwadrant DO). [86] En dan is dit in die Christelike tradisie ook seker om te glo soos ’n kind. En dan behoort die Christen, wanneer die sleg in die lewe hierdie glo wegneem, die pad te loop deur die kwadrante tot volwassendheid en dan weer te wees soos ’n kind.

    Die beste voorbeeld in die verskillende kwadrante is seker in Jesus se opstanding na sy dood. Mens kry die indruk dat hoe meer jy nodig het om te verstaan, hoe verder sal God die pad met jou loop. So half van hoe meer jy soek, hoe meer sal jy vind.

  • Matt 28:1-20. Jesus verskyn kort en saaklik aan die wat maklik glo en daar is ’n duidelike opdrag (DO):

    — Skielik het Jesus daar voor die vroue gestaan en hulle gegroet. Hulle het nader gekom, sy voete gegryp en Hom aanbid. Toe sÍ Jesus vir hulle: “Moenie bang wees nie. Gaan sÍ vir my broers hulle moet na Galilea toe gaan, en daar sal hulle My sien.” En
    7#151; Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan. Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het. Jesus kom toe nader en sÍ vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde.”
    — “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wÍreld.”

  • Mark 16:1-20. Jesus verskyn meer volledig en met gevoel (emosie) en verwyt die ongeloof en praat van wondertekens (GO):
    — NŠ Jesus se opstanding vroeg die SondagmŰre, het Hy heel eerste aan Maria Magdalena verskyn, uit wie Hy vantevore sewe bose geeste uitgedrywe het. Sy het dit vir sy dissipels gaan vertel wat oor Hom getreur en gehuil het. Alhoewel hulle by haar gehoor het dat Hy lewe en dat sy Hom gesien het, het hulle haar tog nie geglo nie. Daarna het Jesus met ’n ander voorkoms aan twee van hulle verskyn terwyl hulle op pad was na die platteland toe. Hulle het dit vir die ander dissipels gaan vertel, maar diť het selfs vir hķlle ook nie geglo nie. Later het Jesus aan die elftal self verskyn terwyl hulle aan tafel was. Hy het hulle verwyt oor hulle ongeloof en hardheid van hart omdat hulle diť wat Hom nŠ sy opstanding gesien het, nie geglo het nie. En
    — “Die volgende wondertekens sal voorkom by diť wat glo: in my Naam sal hulle bose geeste uitdrywe; in ander tale sal hulle praat Ö”

  • Luk 24:1-53. Jesus verskyn nog meer volledig en is daar meer vrae en word daar gepraat van die gees en spreek Jesus vrede oor hulle uit (GM).
    — “Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek. Onthou hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was en gesÍ het: Die Seun van die mens moet uitgelewer word in die hande van sondige mense, gekruisig word, en op die derde dag opstaan.” Toe het hulle sy woorde onthou en van die graf af teruggegaan en al hierdie dinge vir die elf en al die ander vertel. En
    — Toe sÍ Hy vir hulle: “Wat ’n gebrek aan begrip en wat ’n traagheid van gees! Glo julle dan nie al die dinge wat die profete gesÍ het nie? Moes die Christus nie hierdie dinge ly om in sy heerlikheid in te gaan nie?” Daarna het Hy by Moses en al die profete begin en al die Skrif-uitsprake wat op Hom betrekking het, vir hulle uitgelÍ. En
    — Terwyl hulle nog oor hierdie dinge praat, staan Jesus self meteens daar tussen hulle en sÍ vir hulle: “Vrede vir julle!”

  • Joh 20:1- 21:25. Jesus verskyn nog meer volledig ook waar sy dissipels aangaan met hul gewone lewe en visvang en word daar gepraat van verstaan en skenk Hy die Heilige Gees en nooi Hy Tomas om te voel en praat Jesus van liefde (DM).
    — Hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Jesus uit die dood moet opstaan nie. En
    — “Vrede vir julle!” sÍ Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” Nadat Hy dit gesÍ het, blaas Hy oor hulle en sÍ: “Ontvang die Heilige Gees! En
    — Daarna sÍ Hy vir Tomas: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig.” En Tomas sÍ vir Hom: “My Here en my God!” Toe sÍ Jesus vir hom: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is diť wat nie gesien het nie en tog glo.” [87]

    Die oorgang van die kollektiewe na die individuele psige
    Die argument is iets in die strekking van:

  • Ek openbaar sekere gedrag en hierdie gedrag is my reaksie op die inligting wat ek kry. As die inligting wat ek kry aan my bekend is, gaan ek bewustelik/willekeurig daarop reageer. En as die inligting vir my onbekend is gaan ek onbewustelik/onwillekeurig daarop reageer.
  • My willekeurige reaksie is gebaseer op ’n rasionele keuse en my onwillekeurige reaksie is gebaseer op ’n intuÔtiewe keuse.
  • Solank as wat my onbewustelike gedrag vir my en my omgewing werk, is dit goed.
  • As my onwillekeurige gedrag nie werk nie, aanvaar ek my gedrag is bloot die noodwendige keuse op die inligting wat ek kry.
  • Ek gaan kyk na my proses om onbekende inligting te verwerk.
  • En kan ek iets leer oor die hantering van die onbekende by die religieŽ van die wÍreld?

    Ons word al meer geleer dat ons verantwoordelik is vir ons eie lewe en as ons lewe nie is wat ons wil hÍ dit moet wees nie, moet ons by onsself begin. En dit klink reg. ’n Ongelooflik nuttige, omvattende en bondige werk oor hierdie benadering, en dit nogal in Afrikaans, is Die pad na heelheid — ontdek jou innerlike krag.[88]

    Ons moet begin om onsself te leer ken. Ons eie positiewe en ook ons eie negatiewe. En as daar iets is by wie ons veronderstel is om kers te gaan opsteek oor onsself, is dit die iets wat ons glo die bron is van ons hier wees.

    Die moderne neiging in die sielkunde, dat ek in die eerste plek verantwoordelik is vir my eie welsyn en by myself moet begin,[89] is ’n noodwendige uitvloeisel van die erkenning dat die uniekheid van die mens nie bloot empiries toegepas kan word nie. Maar dit is wreed beide vir die proses en die uitkoms om my aan my eie lot oor te laat om myself te leer ken sonder dat ek ’n idee het waar is ek aan en waar is ek af. Dit is ietwat van ’n wegdoen van verantwoordelikheid vir die kerk, maar ook vir die sielkunde. Dit kan my net meer en meer oorlaat aan ’n onbeskryflik troostelose toestand.

    Hier gaan dit oor die mens se welstand ongeag in watter opperwese ek glo of nie glo nie — of ek nou glo ek het gedoen wat ek moes en op pad Paradys toe is, en of ek verlos is en op pad Hemel toe is, en of ek enlighten is en op pad Nirvana toe is, en of ek niks doen nie en op pad is om recycle te word. Dit gaan meer oor waar ontmoet ek my God en wat verstaan ek en voel ek daaroor.

    By watter God of godheid jou siel in die proses aansluit, of die bopunt van jou proses die ontmoeting is met jou God of die vind van die godheid in jouself, bly elkeen se eie saak. Ek dink dit was in die ou Transvaal waar ’n Lutherse sendeling in die 19de eeu, na jare in die sendingveld, gesÍ het dat elkeen op sy eie manier tot saligheid kom.

    Hierdie stuk is ook nie ’n poging om “objektief” te probeer bepaal wie is reg en wie is verkeerd nie; sou so iets enigsins moontlik wees, sal dit seker ’n paar leeftye verg. Eerder kan ek my eie interpretasie gebruik om uit die ongelooflike kompleksiteit van my eie individuele wese en die nog groter kompleksiteit van die kollektiewe wese ’n eenvoudige bestaan vir myself te vestig.

    Daar is ’n gevoelservaring dat die proses self die antwoord sal gee op: waar vind ek God? En moontlik verstaan Jesus dit.[90]

    Psigologiese perspektief
    Die psigologiese kern van die hoofreligieŽ kan soos volg saamgevat word:

    JudaÔsme: Ek weet dit wat ek doen is reg, want die inligting wat ek het, bevestig dit.

    Islam: Ek weet dit wat ek doen sal reg wees as ek die inligting wat ek het, gebruik

    God van die Rasionele: Ek weet dit wat ek doen sal reg wees as ek die inligting wat ek het, verstaan.

    Christelik: Ek weet dit wat ek doen sal reg wees as ek die inligting wat ek het, verstaan, of as ek voel dit is reg. En as ek dit nie verstaan nie, of dit voel nie reg nie, kan ek soek en ek sal weet of dit reg is.

    Tradisioneel: As ek soek, kan ek kry wat ek voel reg is, maar daar sal noodwendig inligting wees wat ek nie kan verstaan nie.

    HindoeÔsme: As ek soek, kan ek die inligting kry wat ek voel reg is, al verstaan ek dit nie nou nie; maar sal ek dit eendag verstaan.

    Boeddhisme: As ek soek, sal ek die inligting kry wat ek sal verstaan en weet ek is reg.

    New Age: Ek weet ek moet soek na inligting om te verstaan, want dan sal ek weet of dit reg is.

    In die mate waarin die model aansluiting sou vind by ’n sielkundige teorie, sal dit seker die naaste beweeg aan die gestaltsielkunde. By gestalt gaan dit niť oor die analise van die elemente wat die oorsaak is van die gedrag nie, maar oor die ervaring van die gedrag binne die konteks daarvan. Hierdie ervaring skep ’n bewussyn by die individu vir ’n balans met die eie self en eie behoeftes binne die breŽ omgewing. Gestalt sÍ dat hierdie balans versteur sal word deur die vermyding van die bewussyn van ook die onaangename in myself.[91] Die model se sterkste aansluiting by gestalt is eerstens die skep van ’n bewussyn en tweedens die noodsaak om ook die onaangename te verken.

    Die wesenlike verskil tussen hierdie model en gestalt is dat by gestalt dit meer gaan oor die eksterne[92] bewussyn, terwyl hierdie model die interne[93] bewussyn vooropstel.

    Hier gaan dit oor die oorweging van spiritualiteit as ’n deel van ’n proses. En soos sulke modelle geneig is om te doen, gaan dit oor die fiktiewe “gewone” mens, of soos die juriste sal sÍ, die “redelike man”. Dit gaan oor gewone mense wat oor wat ook al onveilig voel, ongemak ervaar, ongelukkig is.

    Waar gestalt my moontlik meer bring om te verstaan waarom ek is waar ek is, sal hierdie benadering my meer daartoe bring om te deurleef[94] waarom ek is waar ek is.

    En wanneer ek iets deurleef, gaan daar noodwendig die erkenning van die onbekende[95] wees en dit is die begin van ’n spirituele bewussyn. Die eerste onbekende waarmee ek gekonfronteer word, is dit in myself wat ek voel ek nie beheer oor het nie want dit is onbekend aan my. Dit wat in my onderbewuste — of wat ons hier noem my siel — aangaan.

    Elemente van die model
    Die elemente van die model sal wees:

  • Manifestasie van gedrag
  • Belewenismomente
  • Horisontale vlakke (soos grafies voorgestel)
  • Deursnee van horisontale vlakke (spanwydte van gedrag)
  • Risikogedrag
  • Beweging in die model
  • Horisontale beweging
    — Intern gemotiveerde horisontale beweging (Interne lokus van kontrole)
    — Ekstern gemotiveerde horisontale beweging (Eksterne lokus van kontrole)
    — Diagonale verhoudinge
  • Vertikale beweging
  • Toepassing.

    Die struktuur van beweging kan gesien word as ’n keŽlvormige spiraal met soveel horisontale vlakke, van onder na bo,[96] daarin as wat daar spirituele-belewenis-momente[97] in my lewe is. In elke vlak is daar ’n beweging tussen vier kwadrante.[98] Die bopunt van die spiraal is reg bokant die punt waar al die kwadrante bymekaarkom. Hoeveel vlakke daar is en wat die afstand tussen die vlakke is, sal van persoon tot persoon verskil.

    Die model poog om die beweging in my beleweniswÍreld te visualiseer volgens ’n eenvoudige struktuur om my te help om ’n idee te kry waarheen is ek met myself op pad. Dobber my siel net willoos rond, of wat is die verband tussen waar ek gister was en waar ek vandag is, want daar is seker geen ander mens wat veronderstel is om beter te weet as ek self waarmee is ek besig nie.

    Per definisie is dit ’n kontradiksie om die onsienlike sienlik voor te stel, maar omdat dit nie hier gaan oor die inhoudelike nie, maar oor die relatiewe voorstelling van die dinamika van beweging, kan die model as ’n raamwerk my help om my volle potensiaal te bereik.

    Manifestasie van gedrag
    Gedrag was vir die sielkunde nog altyd belangrik, want dit sÍ iets. Sekere teorieŽ neig om van buite my gedrag te ontleed, die komponente daarvan te identifiseer en dan aan die hand van empiriese riglyne die onbewuste oorsaak te bepaal. Noudat die ontleder weet en verklaar wat is uit plek, word ’n rasionele proses gevolg om die bestaande kousaliteit te breek en ’n nuwe rasionele bewustelike oorsaak te skep wat korrekte gedrag behoort te demonstreer.[99] ’n Ander groep is van mening dat alles nie noodwendig so eenvoudig is nie. Hulle respekteer die individu se unieke kompleksiteit, asook die vrye wil om ’n keuse uit te oefen. Vir hulle is dit nie noodwendig belangrik om die oorsaak van jou gedrag te bepaal nie. Dit gaan minder daarom of jou gedrag “goed” of “sleg” is en meer of jy bewus is binne jou eie ervaring van jou gedrag. Iets van “Wat verstaan jy van wat jy doen? En as jy nie verstaan nie, kom ons werk daaraan.”[100]

    Daar is klaarblyklik redelike ooreenstemming in die sielkunde dat wat ek vandag is, is die somtotaal van wat tot nou toe met my gebeur het. Skynbaar vorm die verwerking van die kollektiewe inligting wat ek oor tyd ontvang, in wat hulle noem die onderbewuste van my geaardheid.[101] En dit is my geaardheid wat in gedrag manifesteer. Dit is wat hulle noem my “script”. En my script is nie my direkte koue weergawe van die inligting wat ek ontvang het nie. Dit is die verwerkte inligting, dit is die boodskap wat ek gevorm het van die inligting. Dit is my (siel se) persepsie van wat voor my gebeur. My siel se persepsie van myself.

    Vir een kan die reuk van kaneel ’n aangename ervaring wees en vir ’n ander ’n onaangename ervaring. Dit is die boodskap wat ek van die reuk van kaneel kry en afhangende van die boodskap gaan ek sekere gedrag openbaar.

    Kan daar nie met reg gevra word of die lewe moontlik baie eenvoudiger is (kan wees) as wat ons geneig is om dit te maak nie? Kan alle onaangename boodskappe nie maar terugherlei word as die uitvloeisel van liefdelose inligting wat ek gekry het nie?

    Die grondslag van hierdie model is dat deur na my religieuse gedrag te kyk, dit my ’n getroue aanduiding sal gee van my omgang met die onbekende en sal ek weet hoe ek inligting verwerk wat ek ontvang.[102] En as ek dit verstaan, sal ek beter in staat wees om die onbekende in bekende om te skakel. En as ek dit doen, sal my drag meer en meer intuÔtief bewustelik word. En hoe meer intuÔtief bewustelik my gedrag word, hoe veiliger sal my siel wees.

    Die siel se soeke na veiligheid is so eerlik dat wanneer die siel dit nodig ag, verskillende religieuse opvattings van tyd tot tyd gemanifesteer sal word. ’n Ongelukkige siel kan net vir sů lank ’n onveilige religieuse omgewing verduur voordat dit na ’n ander beweeg — of dit van geloof na ongeloof, van een geloof na ’n ander, van een kerk na ’n ander, van een gemeente na ’n ander of van praktiserend tot niepraktiserend is. Omgewingsfaktore mag die manifestasie van my religieuse gedrag beperk, daarom is my religieuse gedrag meer as net wat ek doen, maar ook hoe ek daaroor voel, die geheel van my religieuse opvatting.[103]

    In ooreenstemming met Ware is dit goed en reg wat jou siel ook al nou manifesteer. Want dit is wat jou siel nou is. En daar behoort altyd ’n oorwegende kwadrant in jou optrede te manifesteer, want dit is jou aard. En dit is net so moontlik dat ek in verskillende omstandighede kenmerke van ’n ander kwadrant kan manifesteer — trouens dit behůůrt so te wees. So kan ’n man wat op ’n lae vlak by die werk so streng soos ’n tiran is, by die huis pateties toegeeflik wees (of andersom[104] ), want sy siel het dit nodig om in balans te wees. Op ’n hoŽr vlak kan dieselfde man nou Írens tussen streng en toegeeflik by die huis en die werk wees, afhangende van die omstandighede, want verstaan hy iets wat voor hom gebeur.[105]

    Belewenismomente
    ’n Belewenismoment is ’n gebeurtenis wat jou siel na ’n volgende vlak in die spiraal neem. Dit is ’n gebeurtenis wat my een vlak laat ontgroei en ’n nuwe vlak laat verken. Op ’n laer vlak sal sulke gebeurtenisse merendeels van buite geaktiveer word en op ’n hoŽr vlak meer intern. Dit is wanneer een vlak genoegsaam verken/deurleef is en jou siel na ’n volgende vlak wil gaan.

    Ons het hier bo gesien dat my script dit is wat jare se inligting met my gemaak het. Hierdie inligting wat ons ontvang, word skynbaar in breŽ verwerk in ůf aangename ůf onaangename herinneringe.

    Dit wil voorkom dat die emosionele geneigdheid van die mens is om die aangename boodskappe bewustelik deel te maak van my bekende script, en dan gebruik ek dit. Onaangename boodskappe probeer ek vergeet en onbewustelik deel maak van my onbekende script, en dan probeer ek dit vermy. Die indruk is dat hierdie geneigdheid die onbewuste vergroot en lei ironies daartoe dat ons hard is op onsself. Want ek verwag van myself om iets te hanteer wat ek nie ken nie. Dit is deur soms te “let go” dat selfaanvaarding kom deur die deurleef van die onbewuste.

    Die lewe het ’n manier om ons te konfronteer met onaangename inligting.[106] En dit is hierdie inligting wat ons na ons eie onbekende neem. En of hierdie inligting in absolute terme negatief is soos die dood en of dit relatief is soos ’n persepsie dat ek verwerp word, die resultaat is dieselfde. Dit haal my onwillekeurig uit balans en dan ervaar ek ongemak. En of ek op die laags moontlike vlak is of die hoogste denkbare vlak, die dood bly die dood, maar die boodskap wat ek daardeur kry is anders.

    My emosionele geneigdheid om die onaangename weg te bÍre ontneem my siel die spirituele geleentheid om ook die onaangename te verken en daarmee te handel en myself voor te berei vir onaangename inligting wat ek noodwendig gaan ontvang en moet hanteer om myself in balans te hou. Ons versuim om ’n onaangename boodskap te deurleef en ons siel die geleentheid te gee om die onbekende (onaangename) verkenning te voltooi en spiritueel te groei, verhoed ook ’n oorgaan na ’n volgende vlak. En dit is sleg, want dit vergroot ons onverkende negatiewe en daarmee saam ons spanwydte van gedrag.

    As kaneel vir my ’n aangename boodskap gee, onthou ek hoe gelukkig ek was wanneer dit reŽn en my ouma maak lekker pannekoek. Maar as dit negatief is, probeer ek vergeet watter mislukking ek gevoel het wanneer ek in die moeilikheid was omdat die deeg wat ek altyd moes maak, klonte gehad het.

    Dit is eers wanneer ek deur spirituele verkenning in staat is om die tekens van ’n onaangename boodskap vroegtydig intuÔtief bewustelik te sien, dat ek in staat sal wees om ’n oorgelewerde bestaan van onbewuste onaangename boodskappe te vermy. En dit is veral by ’n oorgelewerde bestaan dat onaangename boodskappe ’n trauma skep.

    In ’n onbewuste bestaan sal ek myself so in ’n hoek vasverf dat ek later net kan sÍ maar so kan dit nie aangaan nie en dan sal dit vir my ’n geleentheid wees om ’n belewenismoment te ervaar. In ’n meer bewustelike bestaan sal ek die tekens verstaan dat my siel nodig het om ’n spirituele verkenning te doen. En die tekens is so skrikwekkend eenvoudig. Irritasie, woedebuie, onvergenoegdheid, magteloosheid, angs, verwyte, noem maar op, ons almal ken dit — dit is daardie goed wat ons ongemaklik en ongelukkig laat voel. Dit is ons reaksie op daardie boodskappe wat ons forseer na ons onbekende, dit wat ons probeer vermy.

    Dit is moontlik dat iemand op ’n spesifieke vlak gelukkig en doeltreffend is. Maar omdat dit ’n spirituele proses is, behoort daar noodwendig ook ’n behoefte te wees vir ’n beweging hoŽr op nadat ’n siklus op een vlak voltooi is. Hierdie beweging begin deur een of ander impuls, goed of sleg;[107] jou siel sal nie anders kan as om na ’n nuwe vlak te beweeg nie. Dit sal ’n interne impuls wees wanneer jy hoor as jou siel vir jou sÍ dit is nodig om die spanwydte in jou gedrag te verklein. Of dit kan ’n eksterne impuls wees van een of ander insident.[108]

    Die voltooiing van ’n spesifieke vlak sou ook wees wat in terapie genoem word ’n closure. Dit is so bietjie om dood te gaan en weer gebore[109] te word, en kry mens die idee dat jy dit in een aardse bestaan kan doen, of as jy nie wil nie, in meer.

    Deel van ’n oorgelewerde bestaan wat so eie geword het aan ons Westerse verbruikersmentaliteit, waar teruggedeins word van verantwoordelikheid vir die eie, is ’n inherente gemaksugtigheid om ’n ander verantwoordelik te maak vir my eie welstand. Of dit nou is oa teen vergoeding vir ’n sielkundige, deur manipulasie in ’n verhouding, deur dweepsug in ’n religieuse gestalte, deur oorintellektualisering van teorieŽ of deur strukturele gesag, dit bly ’n vorm van ’n “quick fix” of “ten steps to ...” wat my die geleentheid ontneem om myself te leer ken.

    ’n Belewenismoment is anders. Dit is nie noodwendig aangenaam en gemaklik nie. Dit is ook in stryd met die suksestoets van Westerse voorspoed. Maar as die lewe jou genadig gaan wees, gaan jy die geleentheid kry vir ’n sabbatical[110] wat jy kan gebruik. Of dit ’n maand of ses gaan wees, is die eie proses.

    Horisontale vlakke in die spiraal
    Die vlakke word gesien as horisontale vlakke in die spiraal wat saamgestel is uit vier kwadrante soos grafies voorgestel. Of tipiese O-kwadrant-gedrag met die van die linkerbreiners ooreenstem en M-kwadrant-gedrag met regterbreiners is seker moontlik.

    Hoe laer die vlak, hoe groter die deursnee. Die indruk bestaan dat hoe meer die kollektiewe inligting in die gemeenskap, hoe groter is die onderste deursnee van die spiraal en gevolglik ook die onderste vlak. So sal ons kan aflei dat ’n kind wat in New York grootgeword het, van meet af aan met ’n groter vlak gekonfronteer sal word as ’n Khoi-kind wat in die Kalahari grootgeword het.

    In realiteit sal elke persoon se aanvangsvlak verskil. En weens die kompleksiteit van die blote siel kan daar seker nie ’n vaste skaal wees waarvolgens ’n vlak gemeet word nie en is dit ook nie nodig nie.

    Dit is nie vreemd om in die gesin as die intiemste samestelling van ’n gemeenskap kinders te sien met uiteenlopende aanvangsvlakke nie. So kan die gedrag wat ouer kinders in die gesin manifesteer, radikaal verskil van die gedrag van jonger kinders in die gesin. Die ouer kinders kan meer projekteer van die ouers se gedrag om sukses toe die ouers besig was om hulself in die aardse omgewing te vestig — toe die ouers se klem meer op materiŽle sukses geval het,[111] terwyl die jonger kinders meer kan projekteer van die ouers se gedrag toe die ouers besig was om hulself in die nie-aardse omgewing te vestig — toe die ouers se klem meer op spirituele sukses geval het.[112]

    Ek weet nie of dit menslik moontlik is om op eie beweging, sonder die bewussyn van ’n godheid, die aanvangsvlak te ontgroei nie. En dit is ook die deurgroei van die aanvangsvlak wat oŽnskynlik die traumatiesste is.

    Deursnee van horisontale vlakke (Spanwydte van gedrag)
    Ek ry in my kar en daar is strelende musiek en meteens doen iemand op die pad iets wat ek nie wou gehad het nie en ek is onbeheerbaar woedend (ongelukkig) en dan bel die een op wie ek verlief is en sy vertel my ek is die wonderlikste ding op aarde en ek is in die hoogste ekstase (gelukkig) totdat daar weer een te stadig voor my ry — dit alles in minute. Dit is die twee teenpole van my emosionele ervaring. En soos ’n hangbrug, hoe langer die brug, hoe verder die pilare waarop dit staan en hoe groter die interne spanning — spanwydte — wat dit in die lug hou. En dit is ook die spanwydte van my gedrag wat ook die risikoprofiel in my gedrag aandui.

    Die spanwydte van emosionele gedrag is seker die sterkste aanduiding van die deursnee van die spirituele vlak waarop ek is. Die spanwydte van my emosionele gedrag en die deursnee van die horisontale vlak waarop ek is, is direk eweredig aan mekaar. Die spanwydte van my gedrag word gedemonstreer in die uiteenlopendheid[113] van my emosionele ervarings. Dit is die teenpole tussen die uiterstes van dieselfde proses. Hoe meer uiteenlopend my emosionele gedrag is, hoe groter is die spanwydte en die deursnee en gevolglik hoe laer in die spiraal my spirituele vlak. Dit is dan wanneer ek ’n energiedief is wat diegene om my se energie steel om myself aan ‘t beweeg te hou, en hoe moeiliker sal dit dan vir myself en ander wees om met my huis te hou.[114] ’n Lae vlak, met ’n groot deursnee, is ’n baie sterk aanduiding dat my ontwikkeling as mens nog nie die emosionele vlak (vlak 4 soos bespreek onder “Spiritualiteit en emosie”) begin verlaat het nie en ek nog nie spiritualiteit begin ervaar het nie.

    Die mens het ’n natuurlike geneigdheid om ’n emosionele gevoel te hÍ oor die inligting wat hy/sy ontvang. Ek ontvang inligting en ek verwerk dit in ’n boodskap en ek gee ’n emosionele etiket daaraan. Hoe meer inligting daar is, hoe meer gaan die boodskappe wees en ook die etikette. Dit wil voorkom dat meer inligting geneig is om my emosionele onbekende ook te vergroot. En hoe groter my onbekende, hoe groter die spanwydte van my gedrag.

    Op ’n hoŽr vlak is die deursnee en gevolglik ook die beweging kleiner en is daar ’n beter integrasie van die verskillende kwadrante en ’n beter omgang met die kern van die sirkel. Hoe kleiner die deursnee, hoe vinniger gaan my siel bewustelik deur die verskillende kwadrante en hoe minder tyd het ek nodig om impulse te verwerk. En hoe beter verstaan ek myself en my omgewing en hoe ’n meer volronde mens is ek. En dit is ook noodsaaklik om deur die kwadrante te beweeg, want om op een plek vas te haak is maar ’n saai bestaan. Maar om onbeheers teen die spoed van lig heen en weer van die een na die ander te beweeg is weer ’n gevaarlike bestaan.

    Risiko van gedrag
    Dit is nie nodig om voorbeelde te lys nie. Ons almal ken dit dat jy vir jouself sÍ: “Hoe kon ek dit gedoen het?” of dat iemand sÍ: “Ek ken diť persoon al vir twintig jaar en kan nie glo dat hy dit gedoen het nie.” Die gedrag wat ons nie van onsself kan glo nie of wat ander nie van ons kan glo nie, is die risiko van ons gedrag. Dit is daardie gedrag wat teenstrydig is met wat ons “eintlike” gewone gedrag is.

    Deur bewus te wees van die spanwydte van my eie emosies sal ek ’n goeie aanduiding hÍ van die deursnee van die horisontale vlak wat my siel nou besig is om te verken ten opsigte van ’n spesifieke boodskap, en deur terug te gaan na die kwadrante sal ek die potensiaal van my risikogedrag kan bepaal, die diagonale gedrag wat ek gaan openbaar wanneer ek onder druk van ’n eksterne gemotiveerde impuls kom (eksterne lokus van kontrole). Dit wanneer my siel die ander uiterste van my emosionele gevoel sal wil gaan verken vir balans.

    Beweging in die model
    Moore[115] verwys na Hillman se formulering van Jung se onderskeid tussen die siel en die gees as: “... soul resides in the valleys of life and not on the peaks of intellectual, spiritual, or technological efforts.” Moore is van mening dat die huidige religieuse beklemtoning van die gees in effek die siel verwaarloos. En alhoewel beide noodsaaklik is vir die mens, is dit nie dieselfde nie.[116]

    Beweging op enige vlak, horisontale proses, stel die aktiwiteit van die siel voor, terwyl beweging in die spiraal, vertikale proses, die aktiwiteit van die gees voorstel. So sal jou siel jou spirituele verkenner wees en jou gees jou spirituele geheue of gewete. En dit is daar waar die horisontale vlak op enige gegewe tyd aan die spiraal raak dat die spirituele geheue vasgelÍ word, en dit manifesteer jou spirituele kwadrant. Laer op die spiraal sal ek dan ’n swak geheue of gewete hÍ en hoŽr op die spiraal ’n sterker geheue of gewete.[117]

    Dit is wanneer jy rondom jou en veral in jou eie lewe kyk dat jy kan sien dat hoe kleiner die wÍreld word, hoe vinniger word die eksterne impulse[118] waarop jy moet reageer, en dat as jy nie voorbly met jou interne impulse nie, gaan jy nie in balans met jou omgewing wees nie en risikogedrag openbaar wat die tafel dek vir meer en meer slegte eksterne impulse totdat jy nie meer kan nie en jouself uit die lewe help.[119]

    Horisontale beweging
    Beweging na links of regs, kloksgewys, antikloksgewys of diagonaal sal op ’n spesifieke vlak wees en is noodsaaklik vir spirituele verkenning. En hierdie verkenning is noodsaaklik, want dit is wat jou sal help om jouself en ’n ander een te kan verstaan. Dit is die beweging van die siel om onsself en ons omgewing te leer ken.

    En dit is ook deur hierdie horisontale verkenning dat jy gaan weet watter kwadrantgedrag is vir jou nodig in watter omstandighede.

    Werke soos die van Moore en De Villiers[120] demonstreer hierdie horisontale beweging baie effektief.

    In ooreenstemming met die moderne neiging wil dit voorkom dat Moore se uitgangspunt is dat wat ek is, is goed want dit is wat ek moet wees. Ek kan vir jare onsuksesvol probeer om myself te verbeter sonder enige vordering en dan eendag “... to accept ourselves fundamentally, with a ‘merciful, divine love towards ourselves.’ Suddenly, things look different. I am the same person I have always been, and yet I am not. The world hasn’t changed, and yet it feels different.”[121]

    Moore se benadering is dat om onvoorwaardelik die onvoorspelbaarheid van die eie siel en die van ’n ander[122] as ’n werklikheid te sien, my in staat sal stel om myself te aanvaar en so ook enige ander persoon tot wie ek in welke verhouding ook al staan.[123] Moore help ongelooflik om ’n indruk te skep van watter snaakse goed my siel alles kan aanvang, maar hy help ons nie om te kyk of daar nie moontlik ’n meganisme is om by aanvaarding te kom nie, en is die indruk dat alleen tyd dit sal bring. Moontlik is die struktuur in hierdie model ’n meganisme om by so ’n aanvaarding uit te kom.

    Dat sy benadering ietwat sonder hoop is, blyk uit sy houding dat die sielvolle persoon ’n onvervulde verlange na die verlede het. Dit is deur die versuim om die verlede te deurleef dat die verlange onvervul bly, in teenstelling met ’n goeie herinnering. Hierdie benadering skep weer op ’n ander manier ’n oorgelewerde bestaan. Of ek my omstandighede die verantwoordelikheid van God of ’n ander mens of die sisteem maak is dieselfde as om dit die van my onverklaarbare siel te maak. Om ’n ongelooflik interessante reaksie te ontlok is om vir iemand wat in die DO-kwadrant is te sÍ: “Ek kon nie anders nie, want ek het gedroom ek moet dit doen.”

    Moore lewer ’n realistiese bydrae dat dit ’n onwerklike ideaal is om van myself en ander te verwag om (altyd) in balans[124] te wees[125] en sÍ hy dit wil voorkom daar is “more moralism in the field of psychology than there is in religion”.[126]

    Ek kry ’n boodskap van kaneel.

    Vriende nooi my oor vir ’n aand en daar is ’n girl om hierdie oulike ou, dis nou ek, te ontmoet en dit reŽn en die girl sÍ sy gaan pannekoek maak en hoe reageer my siel?

    As my boodskap van kaneel positief is, is ek gemaklik en ek voel veilig. En my siel is gelukkig en ons geniet die pannekoek en tien teen een die aand. As my boodskap van kaneel negatief is, is ek ongemaklik en ek voel onveilig en my siel is ongelukkig en ek gaan nie die pannekoek geniet nie en tien teen een ook nie die aand nie. Maar ek weet steeds nie waarom dit die boodskap is wat kaneel my gee nie. En as die boodskap nie ongemak veroorsaak nie, is dit nie nodig om te weet nie.

    Intern gemotiveerde horisontale beweging (Kloksgewys)
    Bloot omdat die model die uniekheid van die eie self erken, is daar nie ’n voorstelling van ’n algemeen geldende reg of verkeerd ten opsigte van die beweging in die model nie. Daar is egter ideale beweging wat algemeen geldend is. Die ideale sou die natuurlike bewustelike manier van die siel wees om deurleefde geheuebou te bevorder, en dit sou wees om (1) kloksgewys deur die kwadrante te beweeg en (2) wanneer dit nodig is, ’n volgende siklus deur te gaan.

    Dit is die gedrag wat ek openbaar wat gaan aandui in watter kwadrant my siel is en dan weet ek hoe ek die inligting waarop ek ’n besluit wil/moet neem, verwerk, en as ek dit weet sal ek my eie proses kan identifiseer en beheer.

    As ek DO is wanneer ek die kaneelboodskap bewustelik deurleef, sal die proses iets van die volgende wees:

    1 Ek weet (alles) dat kaneel ’n boodskap vir my gee (DO).
    2 Ek voel (alles) die boodskap is negatief of positief (GO).
    3 Ek (voel verstaan niks) wil voel waarom ek die boodskap kry (GM).
    4 Ek (weet verstaan niks) wil weet waarom ek die boodskap kry (DM).

    My siel het die onbekende verken en nou verstaan ek die boodskap van kaneel. En ek is terug by DO en ek verstaan:

  • As my boodskap aangenaam was: Ek kan nie meer hunker na my ouma se veiligheid nie, want sy’s lankal die ewigheid in en kan dit niks meer wees nie as net ’n goeie herinnering.
  • As my boodskap onaangenaam was: Ek hoef nie meer te hunker om nie ’n mislukking te wees nie, want klontlose deeg maak nie van my ’n sukses nie. (Tensy ek in beheer is van die deeg by ’n pannekoekbesigheid.)

    Of ek so ’n proses op my eie deurleef en of ek iemand se hulp nodig het, hang seker van myself en my omstandighede en die boodskap af.

    Die belangrikste vir ’n interne impuls bly die spirituele sensitiwiteit of bewussyn om te weet wanneer my siel nodig het om ’n verkenning te doen. Of as jy iemand het wat jou daarop kan wys.

    Dit is ook belangrik om te weet waar jou siel nou is om die begin van jou proses te bepaal, want as jy nie iets van elke kwadrant deurleef nie, is die proses nie voltooid nie. En as ek myself leer ken, gaan ek gelukkig wees om gou agter te kom wanneer die eerste tekens van ongemak kop uitsteek, en gaan ek in staat wees om die proses ten opsigte van ’n spesifieke boodskap te voltooi en gaan ek myself weer beter ken. Totdat my siel nodig het om die volgende siklus te doen.

    Weer eens: waar ek nou is, is goed solank ek en my omgewing gelukkig is. Hierdie is nie ’n voorstel om vir elke boodskap proaktief ’n proses te voltooi nie. So iets sou, om die minste te sÍ, onmenslik absurd en half idioties wees.

    Intern gemotiveerde beweging is bloot ’n meganisme om myself toe te rus om myself beter te ken.

    Ekstern gemotiveerde horisontale beweging (Diagonaal)
    Dit lyk of sodra die siel onder druk is en die een uiterste van ’n emosionele proses ervaar, dit onwillekeurig oorkruis na die teenoorstaande kwadrant spring om die ander uiterste van die proses te gaan verken en so te probeer om balans te kry.

    Ek weet ek verstaan alles (DO) ļ ek voel ek verstaan niks (GM):
    Ek weet dat die inligting wat ek het, reg is en handel daarmee, en as daar ’n verrassing is dat dit nie is nie, is my eerste reaksie om te voel ek verstaan niks meer nie.

    Ek voel ek verstaan alles (GO) ļ ek weet ek verstaan niks (DM):
    Ek voel dat die inligting wat ek het, reg is en handel daarmee, en as daar ’n verrassing is dat dit nie is nie, is my eerste reaksie om te weet ek verstaan niks meer nie.

    Ek voel ek verstaan niks (GM) ļ ek weet ek verstaan alles (DO):
    Ek voel dat die inligting wat ek het, nie reg is nie en handel daarmee, en as daar ’n verrassing is dat dit wel is, weet ek ek verstaan alles.

    Ek weet ek verstaan niks (DM) ļ ek voel ek verstaan alles (GO):
    Ek weet dat die inligting wat ek het, nie reg is nie en handel daarmee, en as daar ’n verrassing is dat dit wel is, voel ek ek verstaan alles.

    En dit is tussen hierdie uiterstes van alles en niks en weet en voel waar die siel balans probeer soek, maar dit is ook hierdie uiterstes wat my verlam en my gedrag onder risiko plaas.

    Hier sit ek reg vir ’n heerlike aand en meteens moet ek hoor ons gaan pannekoek maak en omdat ek ’n onaangename boodskap van kaneel kry is ek onder druk. En my siel is ongelukkig en gaan vinnig ’n paar goed doen.

  • My siel is, sÍ, in die GM-kwadrant (ek voel ek verstaan niks; hoekom moet die aand met kaneel opgedons word) en om my te beskerm spring my siel onwillekeurig na die
  • DO kwadrant (ek weet ek verstaan alles; vanaand is nie ’n goeie aand vir pannekoek nie), maar as ek dit nie regkry om die ander te oortuig nie, kan my siel ůf:
    — meer bewustelik (kloksgewys) na GO (ek voel ek verstaan alles; ek moet net nie die deeg aanmaak nie) en sÍ ek voel nie lus om deeg aan te maak nie, ůf
    —meer onbewustelik (antikloksgewys) na DM gaan (ek weet ek verstaan niks; pannekoek is simpel) en ek onttrek myself.

    En as my social skills nie baie goed is nie, gaan die ander wonder hoekom die issue oor ’n pannekoek. Maar hoe ook al, die pannekoek gaan ’n swak smaak in die mond laat.

    Diagonale verhoudings
    ’n Ander manier hoe die diagonale behoefte van die siel na vore kom, is te sien in Berne se interpersoonlike teorie wat deur die Imago-model toegepas word. Volgens Imago is die mens geneig om in ’n (liefdes)verhouding te gaan met iemand anders wat hy (onbewustelik) verwag hom gaan help met sy eie onbekende.

    Miskien misken ons die ongelooflike vermoŽ van die siel om in ’n enkele moment deur diť se behoefte ’n pas te maak van dit wat voor my staan. Dit is iets van die “chemistry”[127] tussen twee mense. En die indruk is dat hoe meer turbulensie my siel op ’n gegewe oomblik ervaar (hoe groter die spanwydte van my gedrag is), hoe meer teenoorgesteld gaan die ander siel wees, want dit bring die balans. En hoe meer teenoorgesteld die ander siel is, hoe meer energie gaan die saamwees gebruik om die verhouding in stand te hou.

    Moore se standpunt oor die wese van “soulful relationships”[128] sluit ook aan by die Imago-beginsel en kan dit deurgetrek word na Jung se “contained” en “container” rolle in ’n verhouding. Volgens Moore skep die verhouding ’n nuwe sielseenheid: die samesyn van die twee individuele siele in die verhouding. Dit sou dus die balans wees tussen die teenoorstaande kwadrante waarin die partye tot ’n verhouding staan wat die balans in die verhouding en ook in die partye self bring.

    Terug by die kaneelgirl se voorstel om pannekoek te maak.

    My gevoel is sy gaan nie aanbied om pannekoek te maak as sy nie kan nie. Sy laat my siel veilig voel want ek herleef die veiligheid by my ouma of ek is veilig want sy gaan die deeg (namens my) aanmaak.

    En omdat ek nog nie bewustelik my proses deurleef het nie, besef ek nie wat is my siel se behoefte nie. Ek kry ’n boodskap van kaneel, die boodskap gaan draai by pannekoek, en agter die pannekoek is die onbekende behoefte om veilig te voel en vrees van verwerping.

    Wat skynbaar gebeur, is dat my siel ’n ander siel sien wat sekere gedrag openbaar en uit die gedrag lei my siel af dat die ander een reeds die verkenning gedoen het en vind ek ’n aansluiting by daardie een en is my verwagting dat daardie een my gaan help om te wees wat ek self wil wees.

    En nou het ek ’n verwagting van die girl wat nie ek of sy van weet nie.

    En twee jaar later is die kaneelgirl se pannekoeke ’n flop want die melk[129] was suur en haar houding is “wat te hel” want dit is net pannekoeke en wat sien my siel: sy het my veiligheid weggevat en sy het nie aan my verwagting voldoen nie. En ek en die kaneelgirl het ’n ongelooflike geveg en sy stap weg en klap die deur dat die huis dreun. En nou? Ek is meteens ongelooflik bang en ervaar totale verwerping want my siel het probeer vergeet van die kleintydvrees en verwerping toe my pa in die huis geloop het en deure toeklap.

    En wat gebeur nou?

  • Omdat ek steeds nie ’n bewussyn het van wat gebeur nie, gaan ek probeer om op te maak en te vergeet van die geveg en alles daarmee saam en aangaan en probeer om volgens Imago weer dit te vind wat ons bymekaar gebring het. Maar dit gaan groei belemmer en my siel gaan ongelukkig wees, want daar is steeds:
    — ’n behoefte aan veiligheid
    — vrees vir mislukking en
    — vrees vir verwerping
    wat ek nie verken het nie en ons het gesien wat doen ’n ongelukkige siel.

  • Ek kan bewustelik probeer om agter te kom wat is die werklike boodskap van kaneel en die eksterne impuls ’n intern gemotiveerde beweging maak. Maar so ’n beweging het weer ’n eie risiko. Dit kan die balans in die verhouding versteur as die ander een nie saamkom nie.

    Hier sien mens iets van die container-contained-beginsel. Dit is die vermoŽ om in die spirituele groei van die verhouding die ander een saam te vat. Dit is menslik nodig om van tyd tot tyd met die individualisering besig te wees, dit is wanneer ek besig is om myself te ontwikkel. Dit is wanneer ek die container is, myself afsonder deur my eie behoefte voorop te stel. En dan gaan ek weer in sosialisering wanneer ek iets teruggee vir die gemeenskap en dan is ek contained wanneer ek myself integreer met die gemeenskap. Maar as die wisselwerking nie genoegsaam is nie, gaan die een vooruit en die ander een gaan agterbly en die diagonale balans in die verhouding gaan op risiko.

    Iets hiervan kon gesien word in die huweliksverhoudings van drie, vier prominente Suid-Afrikaanse politici. Veral twee wat baie sterk DO-gedrag gemanifesteer het se (oŽnskynlik) gebalanseerde verhouding is erg versteur toe die mans in die verhouding baie vinnig van sterk van DO na GM of DM beweeg het.

    Gebeure soos die leŽhuis-sindroom en aftrede het as eksterne impuls ook die geneigdheid om sterk diagonaal gebalanseerde verhoudings onder druk te plaas.

    Vertikale beweging
    Dit is moeilik om voor te stel dat vertikale groei na ’n volgende vlak nie kloksgewys vanaf een horisontale vlak na ’n volgende een sal wees nie.

    Vertikale groei na ’n kleiner (hoŽr) vlak is die maklikste en die noodwendige gevolg indien ek met vrymoedigheid ’n horisontale vlak verken het en my siel toelaat om te doen wat my siel nodig het om te doen, en dit is om die spanwydte van my gedrag te verklein.

    Dit is slegs wanneer ek onvanpas probeer om te verhoed dat my siel diť pad gaan dat ek myself op dieselfde vlak blootstel aan voortdurende verkenning van dieselfde vlak, dat ek gedrag gaan manifesteer wat vir myself en ander ongemaklik is.

    En as ek vertikaal beweeg het, wat gaan ek weet van die werklikheid van die kaneelgirl?

    Ek sal weet dat my nooi is eintlik in ’n nartjie en dit was my ouma wat in kaneel is.

    Die indruk is dat hoe hoŽr ek in die spiraal beweeg, hoe meer spiritueel sal ek wees, en hoe meer spiritueel ek is, hoe meer intuÔtief bewustelik sal ek lewe.

    Toepassing
    Is enige een wat ’n goeie storie skryf, nie ’n meester in kwadrant- en veral diagonale gedrag nie? Om nie eens te praat van ’n goeie sepie nie!

    Juis omdat die siel so ongelooflik eerlik is, het die siel se onderrok die geneigdheid om uit te hang. Jy kan in iemand se houding ’n baie goeie aanduiding kry in watter kwadrant hy of sy is. Jy hoor dit in die woorde wat hulle gebruik of hoe hulle praat oor die ontwerp van ’n stoel of die maak van kos of ’n boek of ’n skildery. Jy kan dit eintlik in hulle oŽ sien.[130] Jy kan dit in hulle energie aanvoel.

    Individuele toepassing
    In die eerste plek is die model bloot om my te help om myself te help. Dit is maar ’n troostelose opset om oorgegee te word aan die werklikheid dat geluk by myself begin en dat ek moet weet dat dit noodwendig ’n gevoel van (gods)verlatenheid gaan laat.

    Miskien kan ons iets leer, dat die lewe eintlik eenvoudiger is as wat ons dink. Miskien is dit ons pogings om god-god[131] te speel (of dit nou ek self is oor myself of oor ’n ander op my eie of met die hulp van die kerk of die dogma) dat ons dinge vir onsself en ander oorkompliseer. Miskien moet ons aanvaar dat ons mense is en nie altyd so oulik gaan wees as wat ons wil wees nie, en God verstaan dit miskien beter as wat ons besef, daarom het hy ons verlos, maar ons kan iets daaraan doen en God verstaan dit moontlik ook beter as wat ons dalk besef en daarom het hy sy Gees vir ons gegee om ons te help. En dalk is dit net deur die liefde, spirituele liefde, wat ons onsself en ander kan help. En daarom is dit dalk so eenvoudig dat die liefde,[132] spirituele liefde, die gebod is.[133] En hierdie model kan my dalk net help om myself lief te hÍ. En net dalk is dit die begin van alles — om positief oor myself te wees. Om die lewe eenvoudiger te maak tensy ek myself toelaat om nie ’n spirituele vlak te voltooi nie.

    Die visualisering van die model kan moontlik die ongelooflike vermoŽ van die mens om selfgenesend te handel bevorder. Tot die mate wat dit nodig is om bekende (materiŽle) beelde te gebruik in die visualisering van die model, is dit ook goed en nodig, want is dit nie maar deel van ons verwysing nie?

    Maar dit bly ’n pad wat mens met vrymoedigheid met God kan loop. En sal die ideaal altyd wees om na elke belewenismoment in ’n DO-kwadrant te eindig, wanneer ons seker is van wat ons gehoop het. Om te weet ek verstaan alles van daardie belewenis Ö ek verstaan. Om seker te wees (van myself), want as ek seker is, (weet) glo ek[134] en as ek glo gebeur daar dinge.[135][136]

    In die rasionele geloof kan ek sÍ positiewe energie trek positiewe energie. In die Christelike geloof sal ek sÍ liefde is positief en liefde trek liefde.

    Maar die DO-kwadrant gaan op ’n hoŽr vlak as die vorige keer wees, want anders: om onseker te wees bring ’n lamlendigheid oor die siel en oor die lyf. Want mŰre gaan die lewe weer iets bring wat ek moet hanteer en as ek nie vandag geclose het nie, gaan gister vir my bagasie wees. En dit maak ons lam. Lam vir myself, lam vir die een langs my en lam vir God. In die rasionele geloof kan ek sÍ negatiewe energie trek negatiewe energie; in die Christelike geloof sal ek sÍ liefdeloosheid trek liefdeloosheid.

    Die voordeel van so ’n model sou wees:

  • Ek kan my kollektiewe gedrag eerder as enkele insidente uitlig.
  • Deur die bepaling van die horisontale spanwydte van my gedrag kan ek:
    — my emosionele konflik verstaan (hoekom my emosies my tussen twee pole rond slinger)
    — my risikoprofiel bepaal (watter snaakse ding gaan my siel nou met my aanvang).
  • Ek kan veilig met dit wat ek nou verstaan, die historiese vlakke in my spiraal deurleef en integreer met waar ek nou is.
  • Ek kan bewustelik my spirituele verkenner, siel, en my spirituele geheue, gees, gebruik om myself gelukkiger te maak deur na ’n volgende vlak te wil beweeg deur vertikale groei en daardeur verklein ek my emosionele konflik en my risikoprofiel.
  • Ek gaan in staat wees om my eie (siels)behoefte aan myself en ander te kan verwoord.

    Omdat dit ’n spirituele proses is, gaan dit nie oor die intellektuele analisering (intellektuele bewussyn[137] ) van die omstandighede nie, maar is dit baie meer ’n sintuiglike belewing (spirituele bewussyn). Ek gaan meer in voeling wees met my “gut feeling”.

    Verhoudings
    Tot die mate wat dit nodig is, is die model ’n baie effektiewe struktuur om die dinamika in ’n verhouding te bepaal en te balanseer om die volle potensiaal in die verhouding te bereik.

    Organisasies
    Dit bly interessant om die dinamiek van kwadrantgedrag in ’n vergadering te sien — die interaksie tussen hulle wat weet dit is reg (DO) en die wat weet hulle is reg (DM) en die wat voel dit is reg (GO) en die wat die vrae vra (GM).

    Die groepsbesluitneming blyk baie meer suksesvol te wees in die gestruktureerde gebruik van die kenmerke van onderskeie kwadrante.

    Tot dieselfde mate bly dit ’n leemte in enige organisasie as al vier kwadrante nie teenwoordig is en effektief aangewend word nie.

    Beroepe
    DO’s blyk die mees suksesvolle operasionele mense te wees. Dit is hulle wat vinnig besluit, op grond van die inligting voor hulle, wat gedoen moet word. Hul optrede word in die algemeen nie lamgelÍ deur besinning oor irrelevante inligting nie. Die risiko is dat indien hulle blootgestel word aan verrassende inligting, hulle lamgelÍ sal word in afwesigheid van ondersteunende GM- of DM-gedrag. So sal ’n goeie soldaat[138] of goeie ouditeur[139] of goeie hofprokureur tipies DO-gedrag openbaar.

    GO’s is meer in die emosionele mensebesigheid — die in die onderwys of maatskaplike dienste.

    GM’s is tipies meer in die akademiese omgewing — die kunstenaars en die ontwerpers. ’n Goeie regsprekende beampte[140] sal ook hier wees.

    DM’s die wat meer in beplanning en strategiese beroepe is — die wat meer hul eie ding doen en in wat hulle noem die kreatiewe besigheid is. Die advertensiewese is ’n goeie demonstrasie.

    Kollektiewe beweging
    Dat kollektiewe gedrag tans sterk beweging demonstreer, is duidelik as na die houding oor die Irak-oorlog gekyk word. Die kollektiewe gedrag is nou baie meer M-gedrag as tien jaar gelede toe dit duidelik O-gedrag was. Suid-Afrika is moontlik een van die beste voorbeelde waar kollektiewe beweging baie sterk gedemonstreer word. Tot in die laat tagtigs, vroeŽ negentigs was die “voorheen bevoordeeldes” baie sterk O-gedrag en die “voorheen benadeeldes” M-gedrag. Dit wil voorkom dat die rolle nou omgeruil het en is dit moontlik die grootste uitdaging in Suid-Afrika van vandag om die kollektiewe spirituele-kwadrant-gedrag te balanseer.

    Uit ’n spesifieke perspektief is my bydraes op LitNet in die volgende volgorde ’n vertelling van so ’n verkenning deur die vier kwadrante:

  • Het die moderne mens nog ’n verlosser nodig?
    www.mweb.co.za/litnet/god/hventer.asp
  • Kan die Nuwe Hervorming die in nood gesond maak?
    www.mweb.co.za/litnet/god/nood.asp
  • Kan die Nuwe Hervorming die wat ontredder is, heel?
    www.mweb.co.za/litnet/god/hventer2.asp
  • En waar was Jesus dan toe ek hom nodig gehad het?
    www.mweb.co.za/litnet/god/hventer1.asp

    Om myself te leer ken, bly dit ’n baie goeie begin met: “Kom ek vertel meer van my god.” En om die verlede te deurleef: “Waar was god toe?” En die Christen kan diť God vertrou om die pad met jou te loop.


    Nagedagtes

    1. ’n Interessante beweging is die voortekens dat Christelike charismatiese groepe besig is om ’n nuwe taal te gebruik. Woorde soos “fokus op God” en “afsondering as vorm van meditasie om gemeenskap met God” en “om spiritueel heel te word met God” is nogal ’n aanduiding dat hierdie beweging besig is om weg van die geopenbaarde die mistiek binne te gaan. Dit lyk of die beweging op weg van GO na GM is.

      Dit is die charismatiese beweging se aard om die leiding te neem om die eietydse behoefte van die mens in ’n Christelike omgewing aan te spreek. Hierdie beweging, wat begin het as ’n meer aanvaarbare verpakking van die Pinkster-beweging (wat maar op hul beurt ontstaan het as ’n vorm van emosionele-bevrydingsteologie teen ’n onderdrukkende aardse bestel), het skynbaar die geneigdheid om op ’n spesifieke dimensie staan te maak totdat die volgeling se behoefte sou verander. Dit lyk of die behoefte nou besig is om van emosioneel meer spiritueel te word. Moontlik is die breŽ onvervuldheid van die voorspoedsteologie die krag agter die nuwe rigting.

      Mens kry verder die indruk dat sekere strome in die meer ortodokse gereformeerde tradisie besig is om dit waarvandaan die charismatiese beweging vertrek, agterna te loop (’n beweging van DO na GO). Dit is te sien in ’n nuwe bedieningstyl wat besig is om meer populÍr aangebied te word, soos NG-gemeentes wat hul preekstoele deur ’n verhoog vervang. Maar in dieselfde tradisie is daar ook ’n beweging om die mistiek direk aan te spreek vanaf ’n geopenbaarde bediening (DO na DM). Getrou aan sy naam kan die Gereformeerde tradisie moontlik sy posisie oorweeg.

      Miskien sal ons eendag saam met Augustinus as ’n terugblik kan sÍ dit alles was goed en deel van God se beskikking waar hy eers homself as God die Skepper geopenbaar het (OT) en daarna as God die Verlosser (NT) en dat hy homself nou gaan vestig as God die Trooster (Heilige Gees). Hoe sal mens weet? Maar gelukkig is dit nie ons probleem nie, tensy ons god-god wil speel.

    2. Mens wonder of die kerke se huidige debat oor homoseksualiteit nie bewustelik of onbewustelik baie dieper lÍ as wat die oppervlak aandui nie. En moontlik gaan dit oor baie meer as die verklaring van ’n aantal Bybelverse. Die kerk kan gaan draai by:
      a. die sondeval (oersonde)
      b. die mens se keuse om te wil sondig of nie
      c. God se genade
      d. die uitverkiesing.

      Is die gesprek oor homoseksualiteit nie ’n geleentheid vir die kerk om Augustinus en Pelagius te versoen nie?

      Die kerk kan besluit of gay wees as sodanig ’n keuse is (Pelagius) of nie ’n keuse is nie (Augustinus) (soos wat jy nie ’n keuse het of jy swart of wit, met blou oŽ of bruin oŽ in die lewe kom nie). En as die kerk sÍ dit is nie ’n keuse nie, jy is so gemaak (en dit is hoe ek die kerk se standpunt nou verstaan), maar wat gays doen is verkeerd, is dit in ooreenstemming met die dogma (Augustinus) van “in sonde ontvang en gebore” soos mens wees dan per se sondig is na die “sondeval”. En as die kerk dan sou sÍ, maar dit mag nie uitgeleef word nie, die uitleef is dan die keuse, stem die kerk met Pelagius saam dat die mens ’n keuse het om goed te doen of nie — tensy die kerk sÍ seks is nie ’n noodwendige uiting van mens wees nie en dit is net geoorloof in sover dit nodig is vir voortplanting (met iets soos Mal 2:15 en seker ook met ander Bybelstukke). Maar dan is al ons geskeides en ontugtiges en dronkaards en geldgieriges en kwaadpraters net so verlore soos gays.[141]

      Maar as mens wees per se sleg is (omdat ons gaan sondig; in sonde ontvang en gebore), moet die kerk God se genade as genoeg ag, ook vir gays, anders vat die kerk gays terug, weg van God se genade en sÍ dat dit nie uit God se genade is nie maar uit verdienste na die leer van die ManicheÔsme, maar dan weerspreek die kerk Augustinus en Jesus se verlossing.

      Maar as die kerk leer dat God se genade genoeg is (soos wat Augustinus geleer het) maar gay wees is verkeerd en dit mag nie, is die probleem dat die kerk ’n swaarder sondetoets, en gevolglik genadetoets, vir gays stel as vir niegays, tensy die kerk weer eens sÍ seks is nie ’n noodwendige uiting van mens wees nie.

      Maar as die kerk sÍ gay wees is nie ’n keuse nie, maar die kerk sÍ ook dat die uitlewing van seksualiteit deel is van mens wees, maar gays se uitlewing van hul seksualiteit is verkeerd en dit het tot gevolg dat hulle nie die koninkryk kan smaak nie sÍ die kerk dit is uit fisiese uitverkiesing dat die mens die koninkryk gaan ervaar.

      Hoe sÍ hulle: “Goddank” ek is nie die kerk wat hieroor moet besluit nie.

      Die indruk is dat Augustinus en Jerome nie self ’n probleem gehad het nie en dalk bietjie bang was vir vrouens en daarmee saam seksueel gefrustreerd. Jerome het selibaat wees as die “higher course”[142] gesien. Augustinus het weer sy verhouding met sy “vrou” as “my sin”[143] beskryf. Dit terwyl Pelagius vrolik saam met die vrouens in die slaapkamer kuier en sÍ, dis my besluit of ek wil sondig of nie en as ek dan sondig, dan sal ek “be consumed in eternal fires”.[144] Hier het Augustinus en Jerome in die praktyk naby aan die ManicheÔsme beweeg: die ManicheÔsme het gesÍ die sonde is in die lyf. Miskien het Augustinus en Jerome toe ook maar gesÍ kom ons bly weg van die lywe (en die sonde). Die ManicheÔsme[145] het ’n baie kuis lewenstyl beoefen en skynbaar oa gesÍ vroue is ’n bose mag want hulle maak die manne lus. En moontlik is die miskenning van die vrou as volwaardige lidmaat in sommige kerklike kringe deel van hierdie gesprek.

    3. Miskien is die Bybel meer ’n handleiding as wat ek wil glo.

      Ek verstaan nie hoe dit my siel meer gelukkig (ongelukkig) moet maak as ek weet ek kom nie (of wel) van ’n bobbejaan nie of so iets.[146] As die Bybel sÍ die aarde is in sewe dae — jammer, ses, of is dit vyf? — gemaak en dit is nou (wat?) 6 000 of iets jaar oud, verstaan ek ook nie hoe ek dit nie gaan maak[147] as ek iemand anders (Jan) glo wat sÍ hy dink dit het ietwat langer gevat en dit is ’n bietjie ouer nie. Tensy ’n ander iemand anders (Piet) my laat glo het dat as ek nie die dae en 6 000 glo nie, dan maak ek dit nie.

      Miskien is die wat in evolusie glo en glo die aarde is ouer as 6 000 jaar en nog die Bybel glo, ’n end die pad af.[148] Miskien verstaan hulle beter dat die Bybel eerder ’n boek vir die siel is as vir die lyf. (Sonder om die ongelooflik interessante historiese waarhede in die Bybel verby te gaan.)

      Miskien is die Bybel wel ’n handleiding: ’n handleiding van groei, maar nie materiŽle groei (dit is hoe die tasbare goed ontstaan het en werk) nie, maar van spirituele groei[149] — ’n groei na “geestelike gesondheid” (dit is hoe jou mens wees werk).

      Daar het iets in die Paradys gebeur, iets met Adam en Eva die dag toe hulle besef het hulle staan kaal voor God. En miskien is dit die belangrikste boodskap van Adam en Eva. Wat om te doen die dag as ons besef ons (siel) staan kaal voor God. Wat ons gaan kies. Gaan ons, soos Adam en Eva, eers vir God probeer wegkruip (maar God gaan ons roep en kry) omdat ons skaam is, en gaan ons dan, soos mens maar is (wanneer God ons uitvang), soos Adam vir arme Eva die skuld gee en soos Eva maak en die arme slang die skuld gee?[150] Maar miskien het God die manier om aan te hou om vir ons slange te stuur totdat ons oŽ oopgaan vir ons eie kaalheid voor Hom en ons ons eie saak met Hom uitsorteer, en dan kan ons hoor wat God vir Paulus sÍ in Hand 26:14[151] en verstaan wat Jer 17:14[152] beteken.

      Dit is snaaks. Uit ’n spirituele hoek (bril) kry mens die idee dat die Bybel ditself nie weerspreek nie. Die gif van Mark 16:18: is dit gif vir die lyf of gif vir die siel? Enige een wat al ’n hond gehad het vir wie hy/sy lief was, behoort iets te verstaan van Bileam se pratende donkie (Num 22:28) en God se onvoorwaardelike liefde vir my.[153] As ek self tuin gemaak het, verstaan ek ook iets van ’n koringaar of mosterdsaad. As ek in die bos gestap het, verstaan ek iets van ’n mossie wat kos het.

      Die tydelike is goedkoop (want dit gaan uit die mode soos ’n goeie kar), maar die ewige is duursaam (want dit gaan nie uit die mode nie, soos ’n goeie boek of skildery). Het ons nie op ’n manier begin om goedkoop met die Bybel om te gaan nie? So half om die Bybel se derms uit te ryg. Soos ’n kind wat ’n ding uitmekaar haal dat geen siel op aarde dit weer aanmekaar kan kry nie.

    4. Daar is iets van ’n stuk teenstrydigheid om te sÍ (soos die Bybel) ek is gemaak in die beeld van God voor die “sondeval” (Gen 1:26) en na die “sondeval” (Gen 5:2-3 en Jak 3:9) en God is liefde en ek moet my naaste liefhÍ soos myself (Luk 10:27). En, soos wat geleer word, dat ek na die “sondeval” nou nie so goed is nie (wat so is, maar seker net omdat ek mens is en nie God nie). Want is ek nie wat ek van myself dink nie?[154]

      Ek verstaan die gebod van God as iets van (in eie woorde): Jy moet God liefhÍ bo alles en jou naaste soos jouself.[155] Die Bybel het ook baie te sÍ oor God en help ons baie om God lief te hÍ. Die Bybel help ons ook baie om ons naaste lief te hÍ. Maar help die Bybel ons om onsself lief te hÍ? Is dit op aarde moontlik om iets anders lief te hÍ as ek nie myself lief het nie? Hoe kan ek iets doen as ek nie weet hoe dit werk nie? As ek nie weet hoe liefde werk nie, kan ek nie liefde doen nie.[156]

      Ja. Die indruk is dat die hele Bybel ook daaroor gaan om (1) myself te leer ken (2) myself lief te hÍ. Maar miskien gaan ek dit nie sien as ek my lewe slyt om ander te probeer oortuig die aarde is 6 000 jaar oud nie; as ek die Bybel lees as 1+1=2 nie.

      Mens wonder: as diegene wat ons geleer het, geweet het, moes hulle seker in een kommunikasiegeslag die boodskap oorgedra het. Was dit die sielkundiges se werk om ons te leer dit begin by myself?

    5. Die indruk is dat die Gereformeerde tradisie ernstig sal moet kyk na sy bediening en ook na ’n nuwe omskrywing van die belydenisskrifte, en dit nie ter wille daarvan om die kerkbanke vol te hou nie; daarom gaan dit moontlik oor meer as ’n bedieningstyl (soos die bou van verhoŽ), maar veel eerder om diegene te bereik wat, soekend, God se verlossing vir die mens verbystap omdat die kerk dit nie predik nie.

    6. 6 Mens kry die indruk dat enigeen op aarde wat beweer dat hy of sy God se uitverkorene is op grond van sy lyf (bloedlyn) niks meer sÍ nie as: “Ek is onaantasbaar.” . Mens sien iets daarvan in die “Boeremag-verhoor”, waar sommige beskuldigdes beweer die reg is nie op hulle van toepassing nie.


    *Hendrik Venter is ’n voormalige prokureur. Nadat niks meer sin gemaak het nie, en danksy ’n wonderlike predikant wat hom nie onder sensuur wou plaas of skors nie, maar gesÍ het: “Ek het nie die antwoorde vir jou nie, maar vertrou God daarvoor,” het hy bloot van die kerk weggestap en op ’n spirituele reis gegaan om God te soek in ’n “wil” en nie ’n “moet” nie.

    Sy lewensbeskouing is maar ’n kombinasie van wat hy by sy geliefde geleer het oor die psigologie van die mens, sy klein wees in die Karoo en die Kalahari, wat van hom ’n ondersoekende siel gemaak het, en daarmee saam die juris se natuur om oorsaak en gevolg bymekaar te probeer bring. En miskien die begin van alles: sy ouers wat hom nie net geleer het wat hulle van God wťťt nie, maar ook wat hulle niť weet nie.

    Hendrik is die afgelope paar jaar voltyds besig om sy lewensdroom te verwesenlik, naamlik die vestiging van ’n ordelike-vererwingskultuur in Suid-Afrika. Anders as die De Soto-skool glo hy die bron van armoede in ’n ontwikkelende land is in die eerste plek die gebrek aan regsekerheid by die afsterwe van ’n broodwinner. Benewens die materiŽle implikasies vir afhanklikes het dit ook ’n geweldige emosionele gevolg deur die wegneem van ’n basiese menslike selfrespek en die voortplant van ’n oorgelewerde kultuur van afhanklikheid. Iets wat die Eerste WÍreld nie noodwendig verstaan nie. Vigs maak dit toenemend ’n uitdaging.

    Hendrik sÍ hy skryf meer vir sy eie geheue en probeer nie iemand oortuig nie. Hy is tans besig om ’n praktiese Christelike spirituele model, bietjie los van die dogma, op skrif te sit, maar omdat hy ’n goeie klap disleksies is, gaan dit nie altyd so vinnig nie.

    Hendrik is vir bykans vyftien jaar ’n lidmaat van die NG Gemeente Waterkloof, en vir etlike jare ook ’n ouderling.

    [1] In ’n (futiele?) poging om in enige bestek die kompleksiteit van die mens en sy omgewing tot ’n "enkele hanteerbare paragraaf" te probeer kondenseer sal daar noodwendig goed wees wat ongesÍ bly, en goed wees wat oorsÍ word. Die irriterende gebruik van voetnotas en (hakies) is ook ’n noodwendige gevolg daarvan om te probeer kortgaan.

    [2]Plato, The man and his work. A E Taylor Dover Publications 2001. p 27.

    [3] Taylor p 525-526.

    [4]Artikel 3.

    [5]Artikel 4 en 6.

    [6]Artikel 5.

    [7]Moontlik gaan hierdie Bybelgedeelte baie meer oor die ewige as die tydelike. Sien ook Lukas 12:2-7.

    [8] "Ö hou ek ook nie op om God vir julle te dank nie. Wanneer ek in my gebede aan julle dink, bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken." EfesiŽrs 1:16-17.

    [9]God was met Israel op pad na Kanašn (Eksodus 3:1?14); hulle wil toe eers die plek gaan verken (Deuteronomium 1:22-26) en God sÍ dis goed, doen so (Numeri 13:1-25); en toe besluit die Israeliete (Numeri 13:25-14:4) nee, teen God se wil, hulle wil nie verder nie, want hulle is bang; en toe veertig jaar later (Josua 2:8?11) sien hulle dit was onnodig om bang te wees.

    [10] "Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie, en wat in die hart van ’n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir diť wat Hom liefhet. Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God." 1 KorintiŽrs 2:9-10.

    [11] Daarop verskyn die Engel van die HERE aan hom in ’n vuurvlam uit ’n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie! En Moses sÍ: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie. Toe die HERE sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sÍ: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek. Eksodus 3:2-4. Ou vertaling.

    [12]Deuteronomium 30:11-14. Ou vertaling.

    [13]Origenes: Spirit and Fire. The Catholic University of America Press. 1984. Pp XI-XII.

    [14]Mens kan nie help om te soek wat Pelagius geleer het wat so erg was dat die Sinode bang was iemand roep weer “...die dwaling van Pelagius uit die hel terug.” Hoofstuk 2, Dwaling 3, Die Dordtse LeerreŽls.

    [15] Kan ons iets van die impak hiervan verstaan? Is dit nie soortgelyk soos om vandag te ontdek dat daar intelligente lewe in die ruimte is nie? Wat gaan dit aan my en jou geloof doen? Is dit waaroor die Bybel gaan?

    [16] Skynbaar was Copernicus, Kepler en Galileo al drie volgelinge van Jesus.

    [17] As daar dan nou geen ander rede is nie, is dit maar net om my te straf.

    [18] As jy die Here jou God liefhet en sy wil doen deur sy gebooie, sy voorskrifte en sy bepalings wat ek jou vandag gegee het, te gehoorsaam, sal jy lewe en baie word en sal die Here jou God jou voorspoedig maak in die land wat jy in besit gaan neem. Deuteronomium 30:16.

    [19] Uit Augustinus se Belydenis is dit duidelik dat Monica is sy oŽ ’n formidabele vrou was en dat hy ’n besonderse respek vir haar gehad het.

    [20] Sommige kan sÍ, maar dis mos hoe ons die Britte ken. Sommige bronne sÍ hy was ’n Skot.

    [21] "... his constant association with women, his habit of instructing them in the privacy of their bedchambers instead of coming out into the open and conducting a debate by correspondence ..." Jerome se standpunt oor Pelagius. Pelagius: A Reluctant Heretic. BR Rees 1988. P 5.

    [22] Jerome was iets van ’n akademiese teoloog uit ’n vooraanstaande Christelike familie. Hy het ook die Bybel in Latyn hersien.

    [23] Sien Rees p 10, p 57 en p 136. En History of The Christan Church. G P Fisher, p 136. Charles Scribner’s Sons. 1904.

    [24] Of soos Koos Kombuis sÍ, die suurlemoen — en ja, het dit nie maar ’n suur smaak gelos nie.

    [25] Hierdie is nie ’n poging tot oorvereenvoudiging nie. In diť beperkte bestek word bloot gepoog om ’n bondige weergawe te gee. Mens bly egter onder die indruk dat Augustinus in sy geveg met die ManicheÔsme moontlik Pelagius se baba met die badwater uitgegooi het.

    [26] Of dit nou 1618 in Dordrecht was of 2002 in Pretoria of 2003 op Potchefstroom, of wanneer ook al, die mens is seker maar mens as hulle sinode hou.

    [27] Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie. 1 Johannes 4:18. Ou Vertaling.

    [28] Miskien het Jesus iets hieroor gesÍ in Matt 25:14-30 in die gelykenis van die talente (sien Matt 25 en ook Luk 19:11-27), of soos die 1983-vertaling van die Bybel (ongelukkig?) sÍ, “goue muntstukke” — dat dit deel van die lewe is dat ek maar my moue moet oprol en moet uitspring. Maar miskien kan die kerk my help om my myself te leer ken sodat ek my eie vermoŽ kan vind. Die onvermoŽ van die dogma om die koninkryk van die hemel in teenwoordige tyd te hanteer moet noodwendig bydra tot die skeiding van die materiŽle en spirituele lewe van die Christen (Matt 23:13). En seker kan die dogma nie die koninkryk van die hemel definieer nie, want selfs Jesus het dit aan die hand van gelykenisse omskryf (Matt 13:10-17).

    [29] Studies in Tertullian and Augustine. BB Warfield. 1970 reprint. Greenwood Press. P 307.

    [30] Warfield p 291.

    [31] Pelagius’s Commentary on St Paul’s Epistle to the Romans. Theodore de Bruyn. Clarendon Press. 1993. P 154.

    [32] The Christian Church. G P Fisher. Charles Scribner’s Sons. 1904.

    [33] Fisher p 137.

    [34] Is dit nie dieselfde as wat die astroloŽ en numeroloŽ sÍ nie?

    [35] Is dit dalk hoekom hulle sÍ die kerke loop leeg?

    [36] Dit sal interessant wees om kyk in welke mate so ’n benadering aansluit by Calvyn se kousaliteitsleer — wat jy saai, sal jy maai (soos wat die Hindoe sÍ). En of diesulkes graag so naby Calvyn wil wees. Anders as Boeddha of Mohammed het Jesus geleer dat daar in die aardse lewe nie noodwendig ’n verband is tussen wat jy saai en wat jy maai/oes nie (Matt 6:26 en Luk 12:24). Paulus het ook iets te sÍ gehad oor wat jy saai sal jy oes (Gal 6:7-8), maar ons weet ook dat dit hier vir Paulus gegaan het oor die keuse vir ’n ewige bestaan en dat wanneer dit nodig was, hy in die taal van sy gehoor gepraat het (Rom 9:3). Ons weet ook dat Elifas gesÍ het wat jy saai sal jy oes (Job 4:8), maar ons weet ook wat God oor Elifas gesÍ het (Job 42:7).

    [37] 2 KorintiŽrs 13:13.

    [38] EsegiŽl 37:14 (OT) en Romeine 8:11 (NT).

    [39] Eksodus 31:3 (OT) en Kolossense 1:9 (NT).

    [40] EfesiŽrs 4:24.

    [41] Genesis 5:1.

    [42] Waar hier dan gepraat word van ’n stuk goddelikheid in die mens, is dit nie gebaseer op ’n lering van ’n Boeddhis, of van wie ook al nie, anders as iets wat in die Bybel raakgelees word.

    [43] Is dit nie moontlik dat ek so min mens word en soveel god dat ek ongeskik (soos in onbruikbaar) word vir hierdie lewe nie? Dat ek nie meer ’n polisieman, mediese dokter of ’n werktuigkundige kan wees nie?

    [44] I Johannes 4:8.

    [45] 1 KorintiŽrs 13:12.

    [46] So half: hoe armer die siel, hoe ryker moet die lyf.

    [47] Sien die bespreking van "Vertikale beweging" hier onder.

    [48] Sien die bespreking van "Horisontale beweging" hier onder.

    [49] Hiermee word nie chemiese depressie bedoel nie, maar meer swartgalligheid wat ons met ’n paar pille wil regdokter.

    [50] Moontlik is die bron van alle balans in die lewe die balans tussen liefde vir myself en liefde vir die een langs my.

    [51] Uit ’n dogmatiese hoek kan ’n maklike reaksie wees om te sÍ: ja, maar dit is New Age. So ’n benadering sou parallel wees met om te sÍ: ek drink medisyne wat een of ander wetenskaplike aanmekaar gesit het, ongeag sy geloofsoortuiging, maar ek gebruik nie een of ander bossie wat ’n Hindoe of tradisionele geneser ontdek het dat dit werk nie. Dit is opvallend dat die New Age weinig indien enigiets nuuts sÍ, maar net neem dit wat vir hulle sin maak uit alle religieŽ.

    [52] Sien De Bruyn p 18.

    [53] Dit is sleg hoe arm Afrikaans is aan sielsterme — sielvol beteken net nie dieselfde (het net nie dieselfde impak) as soulful nie. In die tradisionele, rasionele, Westerse denke word iets soos die siel redelik negatief omskryf met begrippe soos die onderbewussyn, onbewuste of skadukant.

    [54] Die Bybellennium Eenvolumekommentaar. Christelike Uitgewersmaatskappy, 1999. p 1684, kol 2.

    [55] Romeine 7:15-23.

    [56] The Alban Institute, 1995.

    [57] A History of Christian Spirituality: An Analytical Introduction. Minneapolis: Seabury, 1980.

    [58] Ware p 32.

    [59] Ware p 84.

    [60] ’n Opsomming oor Flower se benadering is te sien by

    www.nuwe-hervorming.org.za/files/bk-4.html#Fowler. Die ooreenkoms tussen Flower se vlakke van geloofsontwikkeling en die Oosterse chakras, soos ook hier bo genoem, is opvallend. Skynbaar word dieselfde vlakke van ontwikkeling ook in die Roomse tradisie gevind.

    [61] Ware: Inleiding (p xiii)

    [62] Dit is meer die behoefte van die siel as dit wat jy van dag tot dag wys om in jou omgewing te oorleef.

    [63] Dit wat jy kan of wil wys. Dit wat jy nodig het om te wys om jou emosioneel in stand te hou.

    [64] Die pad na heelheid — ontdek jou innerlike krag. Truida Heymann (Hemel en See?Uitgewers 2002). P 33 en p 25.

    [65] “Many have whispered to me, ‘I don’t think you realize it, but the test gives away the answers.’ Yes it does. Why should anyone lie?” Ware p 47.

    [66] Personality Types. Jung’s Model of Typology. Inner City Books. 1987. P 92-93.

    [67] Sharp p 92.

    [68] Ware p 112.

    [69] Ware pp 112-113.

    [70] Dit bly interessant hoeveel Christene glo ’n Christen is nie veronderstel om gelukkig te wees nie.

    [71] Filippense 2:9-11: Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God die Vader. En Romeine 8:38-39: Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

    [72]Bid of baklei. Buvton, Lux Verbi. 2003. P 64.

    [73] Die Bybel gebruik ’n treffende metafoor: dat die siel en gees so ineengestrengel is soos die gewrig en murg en dat jy meer as ’n tweesnydende swaard nodig het om dit te skei (HebreŽrs 4:12).

    [74] Historiese, geografiese en kulturele werklikhede kan ’n bepalende invloed op die groepering van spesifieke kollektiewe religieuse gedrag hÍ. Dit is daarom nie vreemd nie dat ’n spesifieke etniese groep oorwegend dieselfde religieuse en spirituele gedrag openbaar.

    [75] “The study of the archetypes of the collective unconscious, lias, led Jung to some interesting conclusions, one of the most important of which is that man possesses what he describes as ‘a natural religious function’, and that his psychic health and stability depend on the proper expression of this, just as much as on the expression of the instincts. This is in direct contrast to those who view religion as an illusion, an escape from reality, or a childish weakness.” http://www.cgjungpage.org /fordhamindiv.html.

    [76] Die neiging om vormvereistes te stel as voorkwalifikasie van my geloofsoortuiginge is kenmerkend van ’n bepaalde spirituele kwadrant.

    [77] Enige ooglopende ooreenkomste tussen die model en iets soos Hippokrates se vier persoonlikheidstipes of die van die astrologie is nie bewustelik nie.

    [78] Die Christen kan net bid vir spirituele bedagsaamheid, om bedag te wees op ’n ander se spirituele pad. Want net so sleg as wat dit sou wees om iemand wat verder die pad af is as ek te beskuldig dat die een die pad byster geraak het en hom/haar terug te sleep, net so sleg kan dit wees om iemand wat nie nou die pad wil loop nie, vooruit te druk. Ons sien iets van hierdie verskille in 1 Kor 3, Heb 5:11 ev, 1 Pet 2. Efes 4 en 1 Kor 13:11.

    [79] ’n Pad wat die siel moes loop.

    [80] Sien die omskrywing van materieel hierbo.

    [81] So vat Boeddhisme weg na gelykheid (jy het dit nie nodig nie) en New Age gee na gelykheid (dit is jou reg om te hÍ).

    [82] Eksodus 3:13-14.

    [83] Deuteronomium 30:14.

    [84] ’n Ondersoekende studie oor spiritualiteit-vorme in die Bybel behoort interessant te wees.

    [85] Dit bly interessant hoeveel van ons wat so baie oor Jesus te sÍ het, goed of sleg, so min geleer het uit sy lewe op aarde.

    [86] Sien gedeeltes soos Luk 18:15-30 (let op die verskil tussen die kind wat ontvang en die jongman wat wil verkry) en Joh 3:3-6.

    [87] Ja, is dit nie gelukkig om te kan glo soos in Matteus nie. Want hoe meer ek wil verstaan en hoe meer ek wil sien, God gaan my dit laat doen, maar hoe moeliker raak dit.

    [88] Truida Heymann (Hemel en See?Uitgewers 2002). Vir ’n ewe bondige resensie sien http://www.mweb.co.za/litnet/god/resokt.asp.

    [89] Moontlik is hierdie benadering nie so nuut nie, gedagtig aan wat Plato gesÍ het.

    [90] Joh 12:47.

    [91] In die Christelike tradisie word gepraat van die mens se sondige natuur.

    [92] Intellektuele of rasionele bewuste (ek moet alles kan verklaar).

    [93] IntuÔtiewe of spirituele bewuste (ek kan nie alles verklaar nie).

    [94] Om te deurleef is niť om iets te rasionaliseer nie. Dit is ook nie iets wat ’n ander vir my kan doen nie. Dit is ook meer as net “wat het ek toe gevoel?” Dit is pynlik eerlik met myself en lÍ op ’n dimensie van “wat het ek toe beleef en hoekom?” in die wydste betekenis van die woord. En dit is ’n proses wat moeilik voorgestel kan word sonder een of ander mate van afsondering. Iets hiervan is in The Journey van Brandon Bays (Thorsons, 1999).

    [95] Dit is moeilik om te sien dat in ’n gegewe moment alles wat ek gedoen het, alles wat die ander een gedoen het en alles wat die omgewing gedoen het, vir my verklaarbaar is. So ’n konstruksie sou half onmenslik vervelig wees.

    [96] Die vorm van die spiraal impliseer noodwendig dat ’n hoŽr vlak ’n kleiner deursnee as ’n laer vlak sal hÍ.

    [97] ’n Belewenismoment is ’n gebeurtenis wat jou na ’n volgende vlak neem.

    [98] Soos grafies voorgestel.

    [99] Dit is meer die benadering van die strukturalisme, funksionalisme, behaviorisme en die psigoanaliste waar die klem meer val op die verklaring van die mens. ’n Moderne verskyning hiervan kan die kognitiewe wetenskap wees wat iets sÍ van dat die brein ’n wonderlike (verklaarbare?) rekenaar is.

    [100] Dit is meer die benadering van die gestaltsielkundiges en die humanistiese eksistensialisme waar die klem meer val op die aanvaarding van die mens.

    [101] Dit is nie die doel om hier te probeer onderskei watter rol die genetika en die omgewing waarin jy deurlopend was, gehad het om jou te vorm nie en ook nie watter tipe invloed in watter tipe gedrag gaan openbaar nie — dit slaan weer op die inhoudelike. En hier word dit aanvaar as ’n gegewe.

    [102] ’n Religieuse monopolie gaan inhiberend op die model wees deur die beperking van religieuse (1) kennis en (2) assosiasie.

    [103] Geforseerde religieuse gedrag sal noodwendig beperkend wees. So kan oa familie- of groepsdruk jou ten spyte van jou ongemak “verplig” om aan ’n spesifieke gedrag deel te neem of nie. Dan word die fisiese gedrag bloot ’n formaliteit en is dit nie ’n betroubare manifestasie nie. Dit sal ook die geval wees in ’n omgewing waar daar nie godsdiensvryheid is nie.

    [104] Ek dink ons ken min mans wat hul vrouens by die huis foeter ťn hul kollegas by die werk.

    [105] Dan kan ek met reg vir die ou wat in my kar vasry, sÍ “Jou fokken doos”, want dit is die regte tyd om dit te doen om in balans te kom. En gaan ek nie later my vrou en kinders by die huis verskree nie, want dit is immers nie hulle wat my uit balans gehaal het nie. Dan kan ek hulle die liefde gee wat hulle nodig het.

    [106] VroeŽr het ons gekyk na die persepsie wat die moontlike oorsake van sulke onaangename inligting, die sleg wat in my lewe gebeur, is.

    [107] Dit is bloot menslik om solank iets werk, daarmee vol te hou, dus behoort dit op ’n laer vlak meer slegte impulse te wees wat beweging bring maar nie noodwendig op ’n hoŽr vlak nie.

    [108] In die Christelike tradisie is die sogenaamde woestynervaring ’n bekende metafoor vir ’n “slegte” eksterne impuls. Dit is wanneer ek die gevoel kry ek is net aan God se genade oorgelewer; dit is dan wanneer ek iets van God se gesag kan leer op pad na my beloofde land.

    [109] Joh 3:3.

    [110] In die Christelike tradisie is dit iets van die ballingskap van Israel wanneer ek die gevoel kry ek is aan die sisteem se genade oorgelewer en dan kan ek iets van God se genade leer.

    [111] ’n Groter aanvangsvlak.

    [112] ’n Kleiner aanvangsvlak.

    [113] Die uiteenlopendheid van my ervarings moet nie verwar word met die intensiteit daarvan nie.

    [114] Sulke beweging ervaar ons as uiterste “mood swings”.

    [115] Thomas Moore. Soul Mates. Harper Collins Publishers. 1994.

    [116] Moore p 261.

    [117] In 1 KorintiŽrs 8:7-11 toon Paulus, in ’n religieuse sin, die verband tussen kennis en gewete.

    [118] Een of ander Big Brother- of Survival-reeks is een ding, maar vliegtuie wat in geboue vasvlieg en oorlog alles in “real time” is iets anders.

    [119] Dit wat honderd jaar terug in ’n landelike omgewing die siel gelukkig gemaak het, gaan dit nie noodwendig vandag doen nie.

    [120] Hennie J de Villiers. Wat is my siel? Logos Boeke. 2000.

    [121] Moore p 42.

    [122] Moore p 235.

    [123] Vir die mens kan dit net deur liefde wees dat ek in staat is om onvoorwaardelik te aanvaar.

    [124] Ons kan dit ook noem iets soos korrek of ordentlik.

    [125] Moore p 20.

    [126] Moore p 30.

    [127] Moontlik omskryf ons die “chemistry” meer in lyflike taal as wat dit werklik is.

    [128] Moore p 28.

    [129] Ek neem aan mens kan melk gebruik in pannekoekdeeg (sommige sÍ jy moet nie) en seker moet dit nie suur wees nie.

    [130] Matt 6:22-23.

    [131] Is dit om in beheer te wees?

    [132] En die liefde: “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” 1 Kor 13.

    [133] Daar was ’n wetgeleerde wat aan Jesus ’n strikvraag wou stel. Hy staan toe op en vra: “Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Jesus sÍ vir hom: “Wat staan in die wet van Moses geskrywe? Wat lees jy daar?” Hy antwoord: “Jy moet die Here jou God liefhÍ met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.” Luk 10:25-27. En miskien net hieroor is dit reg om te sÍ ek moet by myself begin. Ek moet begin om myself lief te hÍ en dan sal ek my naaste ook kan liefhÍ. En God ook. En ons hoef nie onsself te probeer handhaaf deur te vra “En wie is my naaste?” nie. Luk 10:29.

    [134] Heb 11:1.

    [135] Matt 21:21-22.

    [136] In taal wat ons verstaan (’n visuele beeld): ek klim in my kar en draai die sleutel en (1) daar gebeur iets, die enjin vat. Ek het dit gedoen want (2) ek weet dit gaan gebeur. Hoekom weet ek? Omdat (3) ek dit geglo het. As ek nie geglo het nie, sou niks gebeur het nie, want ek sou nie die sleutel gedraai het nie. Maar as my kar nou nie so lekker is nie en partykeer vat en ander kere nie, gaan ek (4) hoop dit vat nou. En omdat ek gehoop het, het ek die sleutel gedraai en het daar (1) iets gebeur, dit het gevat, of daar het (z) nie iets gebeur nie, dit het nie gevat nie. En nou (2) weet ek nie of my kar gaan vat of nie en nou kan ek nie meer (3) glo dit gaan vat nie en (4) hoop ek maar net. Maar as dit net by (4) hoop bly, gaan ek nie (3) glo nie, want ek kan nie (2) weet iets gaan (1) gebeur nie. Of ek kan (z) uitsorteer sodat my (4) hoop (1) iets laat gebeur dan (2) weet ek, ek (3) glo. En dan is dit so totdat (z) weer verbykom.

    [137] ’n Intellektuele analise het die geneigdheid om krities veroordelend te wees, want jy was nie in die ander een se skoene nie, en partykeer is dit ook nodig, maar meer nie as so.

    [138] In die hitte van die stryd het ek nie tyd om te wonder of ek reg is of nie.

    [139] Ek het eenkeer ’n ouditeur gehad wat meer DM was, en het ek dit nie besef nie, en dit was maar ’n redelike sirkus.

    [140] ’n Regter wat immers nie genoeg vrae vra nie, sal nie genoeg antwoorde kry nie.

    [141] 1 Kor 6:9-10.

    [142] Rees p 5.

    [143] World’s Classics: Saint Augustine Confessions. Translated with an Introduction and Notes by Hendry Chadwick. 1991. P xvi.

    [144] Rees p 84. Dit is interessant dat hy hier nader aan die veroordelende God beweeg as Augustinus.

    [145] Ons kan onthou hulle het Jesus se genade misken.

    [146] Die evolusie-argument is half moeilik om te volg. SÍ die wat (uit die Bybel) daarteen is, God het die mens woeps van niks aanmekaar gesit? En op sterkte waarvan? Want ek lees (Gen 2:7) die mens is gemaak van stof. Of is hul beswaar oor die “beeld van God”? En die beeld van God is seker nie hoe ons lyk nie (ek weet nie of daar iemand is wat so iets predik nie), maar dit wat in ons is (Kol 3:10) en daardie iets, sÍ die Bybel, het gekom nadat ek reeds gevorm was. (Vir altwee gedeeltes sÍ die 1953-vertaling dit beter.) Gaan dit vir my siel nie maar net daaroor of God dit gedoen het en nie hoe nie? Want as God vir ons verduidelik het hoe, hoeveel mense sou daar nie sonder werk gewees het nie?

    [147] Soos in of ek die “koninkryk of die hel” gaan binnegaan.

    [148] Mens wonder of die indruk waar is dat alle groot wetenskaplikes tegelyk ook baie spiritueel was (is). Ek is nie bekend aan studies hieroor nie en as daar is, sou dit interessant wees.

    [149] Mens kry die indruk die Bybel vertel ons: dit is hoe ons (die mens) is, op ons eie, as man en vrou, as pa en ma, as lid van ’n familie, as deel van ’n gemeenskap (volk), as gelowige, as ongelowige, as moordenaar, as prostituut, as tollenaar, as farisŽer, as koning, as wat ook al. Maar die Bybel vertel ons ook: hier is die oplossing.

    [150] Dis nogal lekker om vandag die skuld van alles wat sleg is, op die slang (duiwel) te plaas — en dit is maar weer mens.

    [151] Ons het almal op die grond neergeval, en ek het ’n stem in Hebreeus vir my hoor sÍ: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Jy maak jou net seer deur jou te verset.”

    [152] Maak U my gesond, Here, dan sal ek gesond wees! Bevry U my, dan sal ek vry wees! Dit is vir U wat ek wil loof.

    [153] Of om ’n kat te hÍ waarvoor ek lief is, behoort ek weer iets te verstaan om my naaste onvoorwaardelik lief te hÍ.

    [154] Spreuke 27:19.

    [155] Daar is vroeŽr gesÍ miskien was dit God se plan dat ons God leer ken (OT) (en lief hÍ), toe Jesus leer ken (NT), ons naaste (en lief hÍ), en nou die Heilige Gees, onsself (en liefhÍ).

    [156] Ek kan iemand leer kar bestuur net as ek self kan. En ek kan net self as ek geleer is.

    terug    /     boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.