Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Is dit moontlik dat daar net een God is?

Hendrik Venter

Is dit moontlik dat die God wat ek as Christen aanbid, die God wat ons God die Vader, die Here noem, dieselfde God is wat die Hindoes mee besig is, wat hulle saamvat in Brahman, of die Boeddhis se Nirwana? Of New Age se universele energie? Ek weet nie.

En wat van Islam se Allah en JudaÔsme se Jahwe?

Ek weet nie. Is daar iemand op aarde wat God goed genoeg ken om te kan sÍ? Ek weet nie.

As die JudaÔs sÍ my God is die God van Abraham, Isak en Jakob (Eks 3:15), is dit nie dieselfde as wat die Christen sÍ nie (Luk 20:37), en die Moslem? As die Moslems sÍ hulle God is die God van hul stamvader Abraham, is dit dan nie dieselfde God as Isak se God nie (Gen 28:13)?

Wat weet ons van God? Wat kan ons van God weet? Is dit wat ons van God weet, nie maar iets wat ons self dink of iets wat ’n ander mens vir ons vertel, wat hulle dink nie? En of daardie mens nou ’n individu was wat besonder begaaf was en die geleentheid gehad het om iets oor te vertel wat ander mense agternaloop, en of daardie mens se vertel kollektief die vertel van die kerk of een of ander geloof geword het. Is dit nie maar wat mense vertel nie? En die mens Jesus?

Kan ek vir ’n oomblik die verskille probeer verby kyk en sien of daar ’n ooreenkoms is? Miskien is die ooreenkoms dat almal besig is met Iets groter as ekself, Iets beter as ekself, Iets wat altyd daar sal wees, Iets wat goed is, Iets wat beheer het oor dinge wat ek nie eintlik verstaan nie, Iets wat ’n verskil kan maak; en by daardie Iets kan ek op ’n manier uitkom.

Ek weet nie of ons almal dieselfde Iets beet het nie. Ek weet nie. Ek weet ook nie of dit saak maak nie. Dalk nie. Dalk gaan dit nie hieroor nie. Is dit nie moontlik dat ons maar almal besig is met die verskillende beelde van die gesig wat ons van God gemaak het nie?

En as ek ’n Christen is? Kan ek sÍ daar is maar net een God? En kan ek sÍ dit is my God? Kan ek vir iemand sÍ: Jy is met die verkeerde God besig. Jy aanbid ’n afgod. Hoef ek dit te sÍ? Moet ek dit sÍ? Ek weet nie. Ek weet nie of ek dit kan sÍ nie.

En as ek dan ’n Christen is, dan kan ek seker glo wat ek in die Bybel lees. En wat lees ek in die Bybel? Of eerder, hoe lees ek die Bybel, in besonder waar God self aan die woord is? Relativeer ek dit? Maak ek dit van betrekking op dit wat ek verstaan, verklein ek dit na my eie verklaarbaarhede? Is dit ’n manier is om met God om te gaan?

En oor God is God self nie baie in die Bybel aan die woord nie. God sÍ onder andere: “Ek is God die Almagtigez” (Gen 17:1); “Ek is wat Ek is. ... ‘Ek is’“ (Eks 3:14); “Ek is die Here! “ (Eks 6:1); “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde“ (Eks 34:6); “Ek is heilig“ (Lev 11:44).

Daar is ook baie in die Bybel waar ons deur iemand anders se mond hoor hoe hulle God ervaar het. Moses sÍ onder andere vir ons God is ’n verterende vuur (Deut 4:24), maar sy woorde is skaars koud, dan sÍ hy God is genadig (Deut 4:31). Hy sÍ ook vir ons God is groot en magtig (Deut 7:21) en ’n ewige skuilplek (Deut 33:27). Is dit nie goed om, wanneer ons God beskryf met die hulp van ’n ander se belewing van God, te gaan kyk waar wŠs diť een, waar was diť een se siel, toe diť oor God iets gesÍ het nie? En dit is nie noodwendig so moeilik nie, want in die Bybel self kry ons die meeste antwoorde. En of daardie een nou hoeveel duisend jaar terug geleef het, en of dit die een is wat vandag voor my staan, moet ek nie probeer om in my geestesoog te sien waar staan daardie een se siel met God nie? Moet ek nie myself in daardie een se skoene probeer sit oor hoe hulle God ervaar nie? Is God nie besig om aan daardie een te verskyn sonder om God se naam bekend te maak nie (Eks 6:2)?

Wanneer Dawid in Psalm 51 sÍ God is genadig en barmhartig en het troue liefde, en dat God sy Redder is, help dit ons om te gaan kyk waar was Dawid toe hy dit gesÍ het. En as ons dan 2 Sam 11 en 12 gaan lees, kan ons ook seker verstaan hoekom Dawid gesÍ het hy was skuldig toe hy gebore is. Want dit wat Dawid gedoen het, was sleg, skrikwekkend sleg, en dit lyk of hy dit willens en wetens gedoen het. Of het hy? En dit lyk of Dawid agterna in sy diepste wese gevoel en geweet het hy het verkeerd gedoen.

En terloops: kan ek nou, as ek tereg ook al soos Dawid gevoel het dat “ek in sonde ontvang en gebore is” (Ps 51:7), van almal om my vereis dat hulle ook so moet voel? Dat hulle dit moet glo as voorvereiste om oor God, my God, te praat? Kan ek God so voorstel aan ’n arm man wie se enigste hanslam, wat uit sy “beker drink”, op sy “skoot slaap” deur ’n ryk man gevat is as kos vir die ryk man se gas omdat hy dit nie “oor sy hart” kon kry om een van sy eie veles te slag nie? Moet ek?

Ek dink nie ek kan so ’n vereiste stel nie, want ek weet nie of dit waar is nie. Wat ek wel weet wat waar is en wat ek vir die arm man kŠn sÍ, is dat wat die ryk man gedoen het, “verkeerd (was) in die oŽ van die Here” (2 Sam 11:27).

Ja, daar word wonderlike goed oor God gesÍ. Bileam sÍ: “God is nie ’n mens dat Hy sou lieg nie, ’n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sÍ en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?” (Num 23:19). Dit is wonderlike inligting, maar wie was Bileam? As ek nou Num 22 tot 24 lees, verstaan ek miskien waarom Bileam dit kon sÍ.

En ek kan nou nie help om myself te onderbreek nie. En ek kan ook nie help om te lag as ek hierdie verhaal lees nie, want as jy in die humor van die taal ’n voorstelling probeer maak, kan dit net so wel ’n draaiboek vir Mr Bean wees. Maar miskien wil God vir ons sÍ: Om te glo dat een of ander waarsÍer of vloek of binding of duiwel of wat ook al groter mag as Ek (God) het, kan jy maar net so wel glo in donkies wat in woorde praat.

Ja, baie van die Bybel-sprekers vertel ons iets wat hulle van God ervaar het. Hanna, wat die spot van Peninna was, kan later sÍ: “Julle moenie in hoogmoed bly praat nie, moenie aanmatigende dinge sÍ nie, want die Here is ’n God van diepe kennis, dade word deur Hom getoets” (1 Sam 2:3). So is daar baie - Jeremia, Asaf, Josafat, Jona, DaniŽl, Paulus, noem maar op - bykans op elke bladsy van die Bybel. En God het met elkeen van hulle in hulle eie omstandighede ’n pad geloop. Dit is die moeite werd om te gaan kyk hoekom kon Nebukadnesar sÍ: “Werklik, julle God is die grootste van al die gode, Hy heers oor die konings en Hy openbaar geheime, want jy kon hierdie geheim bekend maak” (Dan 2:47). En later: “Ek betuig met blydskap dat ek die tekens en wonders wat die allerhoogste God gedoen het, kon belewe. Hoe groot is sy tekens, hoe magtig sy wonders! Sy koninkryk is ’n ewige koninkryk, sy heerskappy duur van geslag tot geslag” (Dan 4:2-3).

Iemand van wie ons nie veel weet nie, is Elihu, en in Job 32 tot 37 sÍ hy baie oor God, en ons kry die indruk in Job 42 dat dit God se goedkeuring wegdra.

Mens kry half die gevoel dat in God se verhaal met die mens soos wat ons dit in die Bybel lees, ons God hoe verder hoe meer leer ken, weg van “God die verterende vuur” na die “liefdevolle God”. Soveel so dat die laaste boek in die Ou Testament begin met: “Ek het julle lief, sÍ die Here. Maar julle vra: “Hoe het U ons lief?” (Mal 1:2). En mens kry ook die indruk: God het ons gewys hoe lief God ons het.

Die verskille tussen gelowe en godsdienste weet ons van, dit is nimmereindigend. Die een glo dit gaan oor die Sabbat, ’n ander oor ’n Sondag. Ander oor enige dag. Ander oor spesifieke tye op spesifieke dae. Die een doen dit in hierdie taal en ander in enige taal. Die een doen dit saam met ander en ’n ander doen dit alleen. Die een sÍ jy moet so sit en die ander sÍ jy moet so buk en ’n ander jy moet so staan. Ons sing op vele maniere en party sing eintlik nie. Ek weet nie of dit hieroor gaan nie.

Maar daar is ook ’n ander verskil: Hoe kom ek by daardie Iets uit?

Elke geloof het een of meer voorskrifte wat ek moet nakom, en as ek dit dan nou gedoen het, dan sal ek verdien om by die Iets uit te kom. Dit is dan wanneer ek dit verdien het, dat die Iets my gaan beloon met die Iets se teenwoordigheid. Die een sou sÍ jy moet hierdie proses volg, dan sal jy groei na die Iets. ’n Ander sÍ jy moet liefdevol en onselfsugtig wees, dan gaan jy die goeie wat jy gesaai het, oes. Sommige sÍ as jy dit alles dan nou nie in een lewe regkry nie, dan sal daar ’n volgende een wees. ’n Ander sÍ as jy hierdie rits reŽls nakom, dan gaan jy dit maak. En as jy dit nie maak nie, ja dan is dit verby.

Maar daar is ’n uitsondering. Soos wat ek verstaan, is daar een geloof waar ek niks hoef te verdien om by die Iets uit te kom nie. My ontmoeting met die Iets gaan nie ’n beloning wees omdat ek wat ook al reg gedoen het nie. ’n Geloof wat my ’n gesig wys van God wat iets sÍ van: Ek het gesien julle probeer, maar ek het ook gesien hoe swaar julle kry en ook gesien julle kom nie reg nie, maar nou is dit nie meer nodig nie. Dit is nie meer nodig dat jy moet verdien om by my uit te kom nie. En dan dink jy noodwendig aan wat God vir Moses gesÍ het in Eks 3:7.

En van daardie geloof lees mens iets in Rom 3:21.

En miskien is dit oor hierdie verskil wat ons met liefdevolle deernis kan praat.

Ja, mens kry die indruk dat in God se verhaal met die mens, soos wat ons dit in die Bybel lees, God deur die loop van die verhaal al nader aan die mens kom. En hoe nader God aan die mens kom, hoe meer kan ons iets van God sien, hoe beter kan ons God leer ken, totdat die verhaal tot ’n klimaks kom waar God ons God se ware kleur wys. Die dag toe God vir ons gewys het wat werklike liefde is (1 Joh 4:10).

En nou staan ons weer voor Jesus. En sou ons dit kon regkry om vir ’n oomblik te probeer verby kyk by ůf Jesus as mens ůf Jesus as God, kan ons moontlik sien dat Jesus die eerste is (Rom 8:29). Die eerste een van ’n nuwe geslag. ’n Nuwe geslag wat nie geskei kan word van die liefde van God nie (Rom 8:38-39). Die een wat ’n nuwe tyd aangekondig het (Luk 4:19).

Maar Jesus was ook die eerste wat vir ons ’n ware gesig van God kom wys het, ’n gesig waarvan ons op ’n afstand al iets kon sien, maar nou van nader, so naby dat ons dit meer kan voel as sien. Want as ons vir Jesus sien, soos ja, ook soos hy op aarde was, sien ons liefde, en as ons vir Jesus sien, kyk ons ook in God vas (Joh 12:45) en dan weet ons “God is liefde” (1 Joh 4:16).

Wat verstaan ons van dit alles, wat kan ons verstaan, wat verstaan ons van liefde? Ek weet nie.

Iemand sou kon sÍ: “Ja, maar die aanhaling van Eks 34:6 hier bo was nie volledig nie.” Ja dit was nie, want God sÍ in dieselfde vers ook “... maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie. Ek reken kinders en kleinkinders die sondes van vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag.”

Ons sÍ ons is postmodern en hoe kon ’n God van liefde dan Jesus as die sy seun was, se dood aan die kruis eis. En dan draai ons ons rug op die kruis en partykeer ook op Jesus. Maar is dit waaroor dit gaan? Mens staan verwonderd as ’n man wat dit vir jou gesÍ het, ’n week later, nadat sy dogter verkrag is, die verkragter se dood eis. Jy staan verwonderd, nie omdat hy dit gesÍ het nie, maar omdat hy nou verstaan. Is Jesus gekruisig omdat God gesÍ het niemand word sonder meer vrygespreek nie, of het God dit gedoen omdat dit is wat ons verstaan? Hoe sal ons weet? Maar ek weet nie of dit belangrik is om te weet nie.

Maar miskien is daar ook nog ’n ander ding. Watter gesig van God is die wreedste? Die gesig van ’n Pa wat sy Seun se dood vra, ’n Seun wat dit kon doen, of ’n God wat elke mens op aarde, die wat was en is en sal wees, aan die diepste onsekerheid oorlaat die dag wanneer hulle sekerheid nodig het, deur ’n verdienste te vra, iets wat ek moet doen maar ek weet nie of ek dit kan doen nie. ’n Manipulerende God wat vir my sÍ: “As jy dit ... dan sal Ek dat ...”

En as ek dan van Jesus af wegkyk na die mens langs my, dan dink ek nie ek kan myself waardig ag om vir daardie een te sÍ die is besig met ’n afgod nie; ek dink nie Jesus het dit ooit vir iemand gesÍ nie.

Miskien gaan dit daaroor dat ek die gesig wat Jesus vir my van God gewys het, met ’n ander kan deel. Miskien gaan dit daaroor dat ek dan kan sien waar God daardie een se siel ontmoet. En miskien gaan dit ook daaroor dat as ek nie ’n lui manier het om met die Bybel om te gaan nie, ek sal kan sien dat die een voor my se beeld van God Írens op die pad is, die pad wat God self met die mens in die Bybel geloop het. En dan kan ek net probeer om, voordat ek iets vir daardie een sÍ, te dink aan Rom 2:17-24. En ja, soms is dit dan beter vir my om net stil te bly en te probeer om, deur my doen, vir daardie een te laat sien dat ek deel is van ’n nuwe geslag.

Ja, daar is iets wat ek moet doen, ja ek moet iets doen, nie om iets te verdien nie, maar net omdat dit stap een is van die proses om te weet of ek die ware gesig van God gesien het, en iets daarvan lees ons in Rom 3:22 en 1 Joh 4:17-19; maar meer daaroor later.

Maar daar is ook ’n ander geloof wat iets sÍ van omdat my lyf is wat dit is, is my siel bů ander siele verkies om deel te hÍ aan God; maar dit is ’n ander onderwerp.

Dit bly interessant dat Jesus met vrymoedigheid in ander gelowe een of ander plek beklee. Hoekom? Ek weet nie. En dan skrik mens as jy partykeer minder van Jesus se manier van doen by Christene sien en meer daarvan by ander gelowe. En ek moes al daaroor wonder of Boeddha homself sou probeer help het as hy van Jesus geweet het.

En mens weet nou nie of daar ’n mens op aarde is wat so rein van hart is dat hulle God, seker in al God se glorie, al gesien het nie (Mat 5:8). En as daar sou wees, kry mens die indruk dat hulle half beskeie daaroor is, so beskeie dat hulle nie eintlik daaroor praat nie.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.