Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Nuwe hervorming?

deur prof Sakkie Spangenberg


Ou Testament
UNISA


1 Inleidende stellings

Ek wil allereers met ’n belydenis begin. Dis een van die oudste belydenisse in die Bybel, maar dis ’n belydenis wat Jesus van Nasaret nie sou gehuiwer het om uit te spreek nie. Dit lui sů:

Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en vol liefde.

Hierdie belydenis is te vind in Psalm 103:8, Eksodus 34:6 en Jona 4:2.

Ek begin met ’n belydenis, omdat daar mense is wat die nuwe hervorming probeer diskrediteer as sou dit ’n hervorming wees “weg van die Bybel, weg van God en weg van Jesus Christus.”

Ek wil dit benadruk dat dit ’n flagrante en kwaadwillige vertekening is van die nuwe hervorming — in elk geval soos dit deur die klompie Suid-Afrikaanse Bybelwetenskaplikes, teoloŽ en ingeligte lidmate verstaan en verwoord word.

Die nuwe hervorming gaan bloot daarom dat daar nuwere inligting oor die Bybelboeke, die leefwÍreld van Jesus en die ontstaan van die Christelike godsdiens oor die afgelope eeu beskikbaar geraak het. Die Bybelwetenskaplikes wat van hierdie nuwere inligting bewus is, wil dit graag met mense deel en wys hoedat dit kan bydra tot ’n verryking van ons geloof en tot dade wat kongruent is aan daardie geloof.

Die nuwere inligting wat beskikbaar geraak het, hou veral verband met die twee groot manuskripontdekkings in die twintigste eeu. Ek verwys na die manuskripontdekkings by Nag Hammadi in Egipte in 1945, en die manuskripontdekkings van 1947-1956 in die Qumran-grotte aan die noordwestelike hoek van die Dooie See. Mense verwys ook daarna as die Dooie See-rolle.

Maar laat ons eerlik wees, die nuwe hervorming hou ook verband met ’n verskuiwing in Westerlinge se denke oor wat waarheid is, of dan hoe ons waarheid behoort te definieer.

Meer en meer geleerdes beklemtoon dat waarheid nie een-dimensioneel is nie, maar meer-dimensioneel. In die wÍrelddorpie waarvan ons tans deel is, is daar verskillende sienings oor wat waarheid is. Waarheid — sů het mense besef — is nie tydloos, konteksloos en onbeÔnvloed deur perspektiewe nie. Vandag weet ons dat waarheid onder meer met die volgende sake verband hou: (1) die tydvak in die geskiedenis; (2) mense se kultuur, hulle woonplek op aarde en die sosiale vlak wat hulle in ’n samelewing beklee; (3) die beperkinge van ons taal; (4) die belangrikheid van die hermeneutiek (of dan die teorie van verstaan) wat beklemtoon dat waarheid altyd geÔnterpreteerde waarheid is; en (5) die besef dat die waarnemer of kenner altyd die objekte van sy kennis deur middel van ’n taal beskryf wat vir hom bekend is.

Daar is egter ook ander krisisse wat as katalisators dien en ’n bydrae lewer tot die nuwe hervorming. Ek noem slegs die volgende sake wat krisisse vir die tradisionele verwoording van die Christelike leer veroorsaak:

  • Die teorie van verskuiwende kontinente (of dan plaattektoniek) wat gedurende die twintigste eeu as feit bewys is. Die aarde se ouderdom is duidelik ouer as wat biskop James Ussher (1581-1656) bereken het. Volgens sy berekeninge (gegrond op geslagsregisters in die Bybel) is die aarde in die jaar 4 004 vC geskep. Die aarde, so weet ons vandag, is miljoene jare oud.

  • Die magdom bewyse in die fossielgeskiedenis van die aarde wat daartoe lei dat bioloŽ evolusie nie meer as ’n teorie beskou nie, maar as ’n bewese feit. Dit bevraagteken die Christelike siening van ’n oer-voorouerpaar (Adam en Eva) wat vir al die sondes en ellendes in hierdie wÍreld verantwoordelik is.

  • Die teorie van ’n uitdyende heelal wat as ’n bewese feit aanvaar word, omdat sterrekundiges deur middel van die Hubble-teleskoop byna daagliks bewyse daarvoor vind. Die drieverdieping-heelal wat deel was van die antieke mense se wÍreldbeeld en wat in baie Bybeltekste weerspieŽl word (hemel daar bo, die aarde en dit wat onder die aarde is), is nie meer deel van ons wÍreldbeeld nie.

  • Vroue se toetrede tot die arbeidsmark tydens die Eerste (1914-1918) en Tweede WÍreldoorlog (1939-1945). Hulle eis om stemreg en toelating tot kerklike ampte. Dit bring Paulus en sy volgelinge se uitsprake oor die vrou in die gedrang.

  • Die einde van kolonialisme en die gepaardgaande teenstand teen rassisme wat sedert die sestigerjare van die vorige eeu met rasse skrede in die Westerse wÍreld gegroei het. Die groot vraag wat hierdie gebeure wakker gemaak het, is: Kan die leer van die mensdom (Westerlinge bo en alle ander mense laer af) horisontaal neergelÍ word as die leer van die godsdienste vertikaal bly staan (Christendom bo en al die ander godsdienste laer af)?

    Kerke en teoloŽ in Suid-Afrika het gedurende die apartheidsera (1948-1994) hulle byna uitsluitlik besig gehou met die Bybel en die apartheidsbeleid. Noudat ons in die postapartheidsera leef, is daar ander sake wat ons aandag verdien. Net soos wat die teologie in Europa nŠ die Tweede WÍreldoorlog nie meer dieselfde kon wees as vůůr daardie oorlog nie, so kan ůns teologie ook nie meer dieselfde wees nie.

    As mens bewus is van die verskuiwinge in ons waarheidbegrip, die krisisse wat die nuwere wetenskaplike ontdekkings veroorsaak, die manuskripontdekkings en die nuwere inligting oor die ontstaan van die Nuwe-Testamentiese boeke, kan jy nie anders as om met James Charlesworth (’n kenner van die Dooie See-rolle) saam te stem nie:

    Dogmatics has been important in Christian history to clarify and defend the faith. That should be acknowledged, but it does not mean that what was defined as Christian faith for St. Augustine must be operative and constricting for us today. I am convinced that Augustine would have been opposed to such a move. It is now clear that we have insights into Jesus’ time which Augustine did not know about, and that this new information, as well as the cultural climate at the end of the second millennium, necessitates finding new ways of expressing our understanding of Christian faith. Augustine struggled to shape faith — rather, the art of believing — for his time. Do we not have the same responsibility?

    Daar is ’n groot klomp Christene wat graag hulle geloof in terme van die Christelike godsdiens wil uitdruk, maar hulle besef dat hulle dit nie meer kan doen aan die hand van die tradisionele Christelike dogmas nie. Die Christelike godsdiens sal vir hierdie mense slegs sin bly behou as daar radikale aanpassings kom. ’n Nuwe hervorming is na my mening onafwendbaar.


    2 Die Nag Hammadi manuskrip-ontdekkings (1945)

    Om hierdie ontdekking na waarde te kan skat, is dit nodig om eers kennis te neem van die sogenaamde Sinoptiese vraagstuk. Die Sinoptiese vraagstuk handel oor die samehang tussen die eerste drie evangelies van die Nuwe Testament (Matteus, Markus en Lukas). In kort kom dit daarop neer dat geleerdes wat hierdie geskrifte intensief bestudeer het, agtergekom het dat daar woordelikse ooreenstemmings in die Griekse teks is. Mense het begin vra: “Wie het van wie afgeskryf?” Verskillende teorieŽ het die lig gesien, maar die Twee-bronne-teorie het geblyk die beste antwoord te gee op die vraag na die ooreenstemmings.

    Volgens die Twee-bronne-teorie is Markus die oudste evangelie (70 nC) en het sowel Matteus (80 nC) as Lukas (85 nC) daarvan gebruik gemaak toe hulle hulle onderskeie evangelies geskryf het. Dit het sekere van die ooreenstemmings in die teks van Markus, Matteus en Lukas verklaar. Daar was egter verdere woordelikse ooreenstemmings in Matteus en Lukas waarvoor ’n antwoord gesoek moes word. Sommige geleerdes het hierdie woordelikse ooreenstemmings toegeskryf aan die feit dat Matteus en Lukas ook van ’n tweede geskrewe bron gebruik gemaak het toe hulle hulle onderskeie evangelies geskryf het. Hierdie geskrewe bron het die naam die Q-bron gekry. (Q kom van die beginletter van die Duitse woord Quelle, wat “bron” beteken.)

    Mens kan hierdie prosedure vergelyk met die skerwe van ’n baie ou kruik. Wanneer mens die skerwe mooi pas en aanmekaar heg, kan jy ’n idee vorm van hoe die oorspronklike kruik sou gelyk het.

    Toe geleerdes hierdie bron uit die ooreenstemmende woorde van Matteus en Lukas (wat nie in Markus te vind is nie) hersaamgestel het, het dit geblyk dat dit ’n bron is wat hoofsaaklik bestaan uit uitsprake of gesegdes van Jesus. Sommige geleerdes verwys daarom ook na hierdie bron as die Spreukebron (“Sayings scource”). Die gerekonstrueerde Q-bron het nie ’n geboorteverhaal van Jesus bevat nie. Ook nie ’n vertelling oor sy kruisdood en opstanding nie. Gegewe die belangrikheid van die kruis en opstandingsverhale, het sommige mense getwyfel of daar werklik so ’n soort bron in die vroeŽ Christendom sou bestaan het.

    Met die ontdekking van die Koptiese afskrifte van die Thomas-evangelie in 1945 by Nag Hammadi het geleerdes skielik besef dat die Q-bron nie maar net ’n denkbeeldige bron was nie. Die Thomas-evangelie vertoon immers dieselfde karaktertrekke as die Q-bron:

    1. Dit bestaan uit gesegdes of uitsprake van Jesus.

    2. Dit begin nie met ’n geboorteverhaal nie en eindig ook nie met ’n lydensverhaal nie. Dit het skielik duidelik geword dat daar vroeŽ Christene was wat op ’n ander manier met Jesus van Nasaret geÔdentifiseer het as ander. Hulle het nie Jesus se kruisiging en opstanding die fokuspunt gemaak nie. In die woorde van Bradley McLean:
      Taken together, as Koester observes, GThom and Q “challenges the assumption that the early church was unanimous in making Jesus’ death and resurrection the fulcrum of Christian faith”.


    3 Die Qumran manuskrip-ontdekkings (1947-1956)

    Die verhaal van die ontdekking van die eerste Dooie See-rolle in 1947 is ’n fassinerende verhaal wat ek nie hier kan oorvertel nie. Tyd laat my nie toe nie. Dit is egter deur verskeie mense al beskryf.

    Hierdie ontdekking het aan ons die oudste afskrifte van die Ou-Testamentiese boeke gelewer. Maar daar was ook ander nie-Bybelse geskrifte wat ontdek is en dis hierdie dokumente wat vir ons ’n wÍreld geopen het wat vroeŽr grootliks onbekend was. Die mense wat by Qumran gewoon het, het gebruike en gewoontes gehad wat gedeeltelik met die van die vroeŽ Christene ooreengestem het. Dink maar aan die gemeenskaplike maaltye, die deel van besittings, die beskouing dat hulle in die eindtyd leef en die soort Bybeluitleg wat die vroeŽ Christene beoefen het.

    Hierdie ontdekking het vir ons die Joodse wÍreld waarin Jesus geleef het, soos geen ander vorige ontdekking nie belig.

    Vůůr die val van Jerusalem, so lyk dit, het JudaÔsme uit ’n verskeidenheid groepe bestaan. Ons kan minstens vier hoofstrominge onderskei:

    1. ’n priesterlike en skrifgeleerde stroom

    2. ’n messiaans-polities-geŲrienteerde stroom

    3. ’n apokaliptiese stroom

    4. ’n gnostiese stroom.

    Die bestaan van ’n veelheid groepe in die JudaÔsme en die verwoesting van die tempel in 70 nC het vereis dat iets gedoen moes word om JudaÔsme te red. Die uiteinde was dat die rabbyne by Jamnia tussen die jare 90 en 100 nC byeengekom en daar duidelike reŽls neergelÍ het oor wat JudaÔsme behels. Ons kan hierdie gebeure beskryf as ’n omskrywing van ’n bestaande godsdienstige paradigma.

    Na die Jamnia-vergaderings en besluite het die Joodse godsdiensleiers hulleself van die vroeŽ Christene (wat eintlik maar net nog ’n alternatief in die vroeŽ JudaÔsme was) begin distansieer. Die skeidslyne is skerp getrek en die evangelie van Johannes, wat rondom 100 nC, geskryf is, weerspieŽl hierdie breuk soos geen ander Nuwe-Testamentiese geskrif nie. Een van die opvallendste kenmerke van die evangelie van Johannes is die herhaalde gebruik van die woorde “die Jode”. Hierdie uitdrukking kom nie minder nie as 71 keer voor in hierdie evangelie, terwyl dit slegs vyf tot ses keer in die Sinoptiese evangelies voorkom. Dit is ’n duidelike weerspieŽling dat die Christene aan wie Johannes sy evangelie geskryf het, nie meer deel gevorm het van die JudaÔsme nie.

    Histories is dit duidelik dat die vroeŽ JudaÔsme as gevolg van die verwoesting van die tempel in 70 nC en die gepaardgaande geloofskrisis, in twee vertak het. Aan die een kant was die vroeŽ Christene (wat aanvanklik net ’n variant in die eerste-eeuse JudaÔsme was, maar geleidelik ’n nuwe godsdienstige paradigma verteenwoordig het), en aan die ander kant was die vroeŽ Rabbynse JudaÔsme (wat ’n noukeuriger beskrywing van JudaÔsme verteenwoordig). Uit die ťťn bron (vroeŽ JudaÔsme) het dus twee strome ontspring: (1) Rabbynse JudaÔsme en (2) vroeŽ Christendom. Paul Joyce som diť toedrag mooi op:

    Judaism and Christianity should not be thought of as “mother” and “daughter”, but rather perhaps as two sisters, whose stories have been distinctive and particular. Each “sister” has defined her identity in the light of many factors, including of course reaction against her sibling.

    Die Christelike godsdiens het nie rein uit die hemel gekom nie. Dit het hier op aarde tussen mense ontstaan. Hierdie godsdiens het ontwikkel uit die JudaÔsme van die eerste eeu, daarom is die Rabbynse JudaÔsme ’n sustergodsdiens van die Christelike godsdiens. Die Christendom het nie die JudaÔsme kom verplaas of vervang nie. Dit is dus onsin om die godsdienstige situasie in die eerste eeu in Palestina soos volg te beskryf: “Die eerste groot godsdiens wat die vroeŽ kerk ontmoet het, was die Jodedom” (vgl Pieter Verster se boek).

    Dink gerus oor die volgende na: Watter godsdiens het Jesus en sy ouers beoefen? Ons deel twee derdes van ons Bybel met hierdie sustergodsdiens. Hulle is nie ongelowiges, heidene of kinders van die duiwel nie! Dit is een van die belangrikste sake in die nuwe hervorming — die herwaardering van die Joodse agtergrond van Jesus en die erkenning dat Hy ’n Joodse profeet en wysheidsleermeester was. Die volgende woorde van Robert en Mary Coote is belangrik:

    The Christianity of the New Testament began not with the birth, death, or resurrection of Jesus, but with the end of the temple to which the first cell of his followers was attached.

    Die Christelike godsdiens is beÔnvloed deur die Griekssprekende wÍreld. Die feit dat ons praat van “Jesus Christus” en nie van “Josua” of “Jeshua die Messias” nie, behoort al iets vir ons te sÍ. Cees den Heyer stel dit goed:

    Binnen het tijdsbestek van slechts enkele decennia veranderde een joods-messiaanse sekte in een heiden-christelijke kerk die zich nauwelijks meer bewust was van haar joodse wortels.


    Bibliografie

    Casey, PM 1991. From Jewish prophet to gentile God: The origins and development of New Testament Christology. Cambridge: James Clarke.
    Charlesworth JH & Weaver, WP (reds) 1998. The Dead Sea Scrolls and the Christian Faith (In Celebration of the Jubilee Year of the Discovery of Qumran Cave 1). Harrisburg: Trinity Press. (Faith and Scholarship Colloquies).
    Charlesworth, JH & Weaver, WP (reds) 2000. Jesus Two Thousand Years Later. Harrisburg: Trinity Press International. (Faith and Scholarship Colloquies).
    Coote, RB & Coote MP 1990. Power, Politics, and the Making of the Bible: An Introduction. Minneapolis: Fortress.
    Den Heyer, JC 1977. Joodse literatuur over het lijdensverhaal van Jezus. Kampen: Kok.
    Den Heyer, JC 1988. De oude bijbel in een moderne wereld. Kampen: Kok.
    Den Heyer, JC 1992a. Een joodse Jezus — de Christus der kerken: De plaats van IsraŽl in de Christologie. Kampen: Kok. (Verkenning en Bezinning 6.)
    Den Heyer, JC 1992b. Jesus Matters: 150 Years of Research. Londen: SCM.
    Joyce, P 1993. A tale of two sisters: Judaism and Christianity. Theology 96, 384-390.
    McLean, BH 1995. On the Gospel of Thomas and Q. In Piper, RA (red), The Gospel behind the Gospels: Current Studies on Q. Leiden: Brill. (NT.S 75).
    Race, A 2001. Interfaith Encounter: The Twin Tracks of Theology and Dialogue. Londen: SCM.
    Sullivan, C 2002. Rescuing Jesus from the Christians. Harrisburg: Trinity Press.
    Swidler, L 1998. The age of global dialogue. In Waardenburg, J (red), Islam and Christianity: Mutual perceptions since the mid-20th century. Louvain: Peeters.
    Vermes, G 1983. Jesus the Jew: A historian’s reading of the Gospels. Londen: SCM.
    Vermes, G 1986. Jesus and the World of Judaism. Londen: SCM.
    Vermes, G 1993. The Religion of Jesus the Jew. Minneapolis: Fortress.
    Vermes, G 2001. The changing faces of Jesus. Londen: Penguin.
    Verster, P 1997. Wie het die waarheid beet? ’n Vergelykende oorsig van die Christendom en die groot godsdienste van die wÍreld. Vereeniging: CUM.
    Weber, G 1998. I believe. I doubt. Notes on Christian Experience. Londen: SCM.

    ’n TYDTABEL VIR DIE NUWE TESTAMENT

    10 vC
                    Geboorte van Jesus (6 vC)
    1


    10 nC        Paulus se geboorte


    20 nC

    30 nC
                   Kruisdood van Jesus (33 nC)
                   Paulus se bekering op pad na Damaskus
    40 nC       Dele van die Thomas-evangelie

                   Q-evangelie
    50 nC       Eerste brief aan die Tessalonisense
                   Eerste en tweede brief aan die KorintiŽrs, Filippense, Filemon
                   Brief aan die GalasiŽrs, brief aan die Romeine
    60 nC
                   Paulus ’n gevangene in Rome. Sterf ’n marteldood?

    70 nC       Inname van Jerusalem. Verwoesting van tempel.
                   Evangelie volgens Markus

    80 nC       Brief van Jakobus
                   Evangelie volgens Matteus
                   Evangelie volgens Lukas
    90 nC      Handelinge
                   Brief aan die HebreŽrs, Openbaring van Johannes

    100 nC      Evangelie volgens Johannes


    110 nC

    terug    /     boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.