Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Nuwe hervorming?

Sakkie Spangenberg

Wanneer Afrikaanssprekende lidmate van Protestantse kerke die woord “hervorming” hoor, dink hulle byna onwillekeurig aan die Hervorming van die sestiende eeu. Dis daarom ook nie vreemd dat teoloŽ, predikante, pastore en ander godsdiensleiers uit hierdie tradisie onmiddellik by die aanhoor van die woorde “Nuwe Hervorming” onraad vermoed en begin wal gooi nie. As van hulle nog op die wÍreldwye rekenaarweb na die stellings van Robert Funk gaan loer het, is die gort gaar. “Ons het hier nie met ’n hervorming te doen nie, maar met ’n misvorming” is menige pastoor, predikant en lidmaat se mening.

Drie ander woorde wat pastore, predikante en lidmate onrustig stem, is die woorde “The Jesus Seminar”. Tot so kort gelede as die jaar 2000 sou weinig, indien enige, lidmate twee betekenisvolle sinne oor hierdie “seminaar” kon sÍ. Tans rol hierdie woorde oor hulle lippe asof almal presies weet wie of wat dit is. Konfronteer ’n mens hulle met vrae soos: Wie behoort tot die “Jesus Seminar”? Of: Wat beoog die navorsers wat deel vorm van die “Jesus Seminar”? dan kry ’n mens soms met stiltes te doen. Ander kere kom die antwoord: “Dis geleerdes in die VSA wat stem oor watter uitsprake in die evangelies werklik van Jesus afkomstig is.” Weinig lidmate weet dat daar ook ander navorsers in ander lande is wat hulle besig hou met navorsing oor Jesus van Nasaret. Dis nie net die “Jesus Seminar” wat hulle hiermee besig hou nie.

Dit is wel waar dat Robert Funk die stelling gemaak het dat daar ’n nuwe hervorming op hande is. Dit is daarom nie vreemd dat mense die uitdrukking “Nuwe Hervorming” met hom en die “Jesus Seminar” verbind nie. Funk is een van die stigterslede van die navorsingsgroep wat hulleself “The Jesus Seminar” noem en hy grond sy stelling nie net op die navorsingsresultate van hierdie groep nie, maar ook op die navorsingsresultate van verskeie ander geleerdes. Die stellings wat hy op die wÍreldwye web gemaak het, is nogal skokkend - veral vir mense wat nog nooit gehoor het dat teoloŽ deesdae ’n onderskeid tref tussen die historiese Jesus en die Christus van die kerk nie.

Wie egter tred gehou het met argeologiese ontdekkings in die Nabye Ooste en bewus is van die verskuiwinge op die terrein van die Bybelwetenskappe die afgelope eeu, weet dat daar inligting beskikbaar geraak het wat tot ’n nuwe hervorming kan lei.

Hier is enkele voorbeelde:

  • Die ontdekking van die stad Ugarit in 1928 in SiriŽ en die ontsyfering van die spykerskriftablette wat daar opgegrawe is.

  • Die ontdekking van die Nag Hammadi-tekste in 1945 in Egipte en die publisering en vertaling van die Thomas-evangelie.

  • Die ontdekking van die Dooie See-rolle in 1947 in Israel/Palestina en die vraag na die verhouding tussen die mense wat vir hierdie rolle verantwoordelik was en die vroeŽ Christene.

    Dan is daar ook nuwe teorieŽ oor die ontstaan van die Pentateug (die eerste vyf boeke van die Bybel), die boek Jesaja, die boek DaniŽl en Openbaring, die samehang van die Sinoptiese evangelies (Markus, Matteus en Lukas), watter briewe as die oorspronklike briewe van Paulus beskou kan word en of Petrus wel die briewe 1 en 2 Petrus kon geskryf het. Hierdie ontdekkings en teorieŽ het navorsers se sienings van die ontstaan van die Bybel, die leefwÍreld van die Israeliete, die vroeŽ Jode en die vroeŽ Christene ingrypend verander.

    Maar dit is nie net hierdie ontdekkings en die nuwe teorieŽ op die terrein van Siro-Palestynse argeologie en die Bybelwetenskappe wat navorsers laat nadink het nie. Daar was ook allerlei ander ontdekkings en teorieŽ op ander terreine van die lewe wat ’n ewe groot invloed op die tradisionele standpunte van Christene begin uitoefen het. Dink maar aan die volgende:

  • Die nuwere sienings oor die ontstaan van lewe op aarde en die plek wat die mens daarin inneem (die evolusieleer).

  • Die nuwere sienings oor die ontstaan van die aarde en die plek van hierdie planeet binne die totale kosmos (die oerknal- en die uitdyende-heelal-teorie).

    Afgesien van hierdie ontdekkings en teorieŽ het daar ook reeds verskuiwinge binne sommige Christelike kerke plaasgevind wat as aardskuddend beskryf kan word.

    Neem as voorbeeld die toelating van vroue tot die ampte van predikant, priester, pastoor en ouderling. Kerke wat dit doen, is besig om ’n eeue-oue tradisie omver te werp. Vroue kon immers nie vroeŽr hierdie ampte beklee nie. Dit is dan ook nie vreemd nie dat kerke wat vroue tot hierdie ampte toelaat, deur ander kerke as “liberaal” bestempel word nie. Die Christelike tradisie het vir byna twee millennia kerklike ampte uitsluitlik vir mans gereserveer, want, so is geredeneer, Jesus het geen vroulike dissipel gehad nie, en Paulus het vroue beveel om te swyg wanneer Christene vergader. Voorts lees ons nie van vroulike priesters en Leviete in die Ou Testament nie. Daar word wel melding gemaak van vroulike rigters en vroulike profete, maar rigters en profete het nie deel uitgemaak van die Israelitiese tempeldiens nie.

    Die toelating van vroue tot ampte in die kerk Ūs dus ’n radikale hervorming en hierdie hervorming was slegs moontlik vanweŽ ’n verandering in Westerlinge se siening van die vrou en ook vanweŽ ’n verandering in Westerlinge se siening van die Bybel.

    Die kerke wat vroue tot kerklike ampte toelaat en dus erken dat ons nie meer peil kan trek op Paulus se uitsprake oor vroue nie, kan nou ook nie meer omswaai en te kenne gee dat ons wel peil kan trek op Paulus se uitsprake oor “homoseksualiteit” nie. As sy uitsprake oor vroue teen die agtergrond van die destydse Mediterreense wÍreld verstaan moet word, moet sy uitsprake oor “homoseksualiteit” ook teen daardie agtergrond verstaan word.

    Dit bring ’n mens dan onmiddellik te staan voor die vraag: Wat van Paulus se uitsprake oor ander godsdienstige sake? Moet daardie uitsprake nie ook verstaan word teen die agtergrond van die destydse Mediterreense wÍreld nie?

    Dis presies op hierdie punt waar die uitdrukking “nuwe hervorming” nie meer uitsluitlik aan Robert Funk en die “Jesus Seminar” gekoppel kan word nie. Die Christelike godsdiens staan inderdaad voor ’n nuwe hervorming en dit raak nie maar net die tradisionele uitsprake oor God, Jesus en die Heilige Gees nie, maar dit raak ook sake soos die skepping, sondeval, erfsonde, die Christelike godsdiens se verhouding tot ander godsdienste en elke ander onderafdeling van die Christelike geloof.

    to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.