Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Boekresensies

Piet Pompies

Inner Visions: Explorations in magical consciousness
Nevil Drury

Arkana (Penguin Books) ISBN 0-14-019283-2
Verkrygbaar by Vital Radiance, Campus Square Winkelsentrum, Auckland Park
Prys: R89

Drury toon aan hoe musiek en kuns oor die afgelope dekades al hoe meer inspirasie begin put uit die antieke mites en die magiese. Die nuwe magiese beweging word geskei van die terrein van blote bygeloof en weer eens verbind met die dissiplines van alternatiewe spiritualiteit, en oefen ’n lewenskragtige invloed uit op ons hedendaagse denke en kultuur. Die kunstenaar het ’n sjaman geword wat die binneste horisonne ondersoek ten einde ’n groter realiteit te vind. Met die herlewing van metafisiese en okkulte paradigmas in ons moderne tegnologiese gemeenskap het ons ’n sirkel voltooi, aangesien ons kultuur oorspronklik in ’n magiese omgewing gebore is.

Deur die eeue, en veral sedert die triomf van rasionele denke, is die mite in geskiedenis en die magiese in die rede omgeskakel, en het ons van die misterieuse tegnologie gemaak. Ten spyte van die konstruksie van ’n ingewikkelde meganistiese omgewing in ons stede het sekere magiese filosofieŽ egter begin gedy, waarvan sommige as die “bewussynsbeweging” saamgegroepeer kan word. Hierdie groep lewensbeskouings en insigte daag die heersende wetenskaplike wÍreldbeskouing uit in terme van sy voorrang as ’n geloofsisteem.

Die bewussynsbeweging vra vrae soos: Wat is die mees volledige tipe persepsie wat vir die mens moontlik is? Wat is die mens se diepste realiteit? En waaruit bestaan dit? Die relevansie van die huidige magiese herlewing lÍ duidelik in sy ondersoek na die oer-aansporings van die Westerse kreatiewe verbeelding. Die outeur weef ’n breŽ spektrum van skeppende manifesterings tesame, van die Tarot en Salvador Dali, tot Jung, die Golden Dawn, Carlos Castaneda en Pink Floyd, in sy kartering van die rykdom van ’n onderbewuste wÍreld wat ons poog om na die oppervlak te bring soos nooit vantevore nie.

Vir mense wat in populÍre musiek belangstel, is die hoofstuk “The Rise of Cosmic Music” ’n besondere leesfees. Die musiek van inter alia Steppenwolf, Donovan, Mick Jagger, David Bowie, King Crimson, Jimi Hendrix, Pink Floyd, Santana, Peter Hammill, Bo Hansson se Lord of the Rings-album, en Duitse elektroniese musiek van groepe soos byvoorbeeld Tangerine Dream, Peter Baumann en Klaus Schulze word op ’n boeiende wyse ondersoek.

Swart-en-wit reproduksies van pragtige en soms ontstellende kunswerke versier die boek. My gunstelinge sluit in Wilfried Satty se “Child and Signs in the Sky” en “Gemstone”, Max Ernst se “Birth of the Galaxy”, Diana Vandenberg se “Rex et Regina II”, Rosaleen Norton se “Individuation”, Renť Magritte se “Musings of a Solitary Walker” en T Akawie se “Cloud Mirror”. Daar is ook notas, ’n bibliografie en indeks.

Ons leef in ’n oorgangstydvak, ’n era waar ons groot verandering in die konsensus-realiteit kan ervaar. Die opkoms van ’n omvattende en eklektiese kosmologie wat die verskuiwings in ons alledaagse wÍreldbeskouing mag weerspieŽl, is dalk nie ver weg nie. Drury stel ons in staat om die groter geheel te sien en het hier ’n uitmuntende prestasie gelewer.

The Gnostic Jung and the Seven Sermons to the Dead
Stephan A Hoeller

The Theosophical Publishing House ISBN 0-8356-0568-X
Verkrygbaar by Outer Limits, Mainweg 8, Melville
Prys: R150

Jung het hierdie sewe preke aan die dooies in 1916 as ’n pamflet gepubliseer en dit privaat versprei onder die naam Basilides (’n 2de-eeuse leermeester van AlexandriŽ), tydens en nadat hy intense parapsigologiese belewenisse ervaar het. In sy outobiografie verklaar hy oor diť werk: “All my work, all my creative activity, has come from those initial fantasies Ö everything that I accomplished in later life was already contained in them, although at first only in the form of emotions and images.”

Die sewe preke handel oor die “self” as die androgene god Abraxas, met die boodskap dat self-kennis bereik word deur die bewuste assimilering van die inhoud van die onderbewuste (met inbegrip van die donker “Skaduwee”) ten einde heelheid te bereik. Die “dooies” is diegene wat opgehou het om geestelik te ontwikkel, wat nie hul bestaan as ego’s bevraagteken nie. Deur nie te groei in die gees nie, is hulle in wese die lewende dooies.

Jung het sy eie werk gesien as ’n skakel in die goue ketting van die antieke Gnostisisme deur filosofiese alchemie tot by die moderne sielkunde van die onderbewuste. Net soos in vele gnostiese tekste, kry mens in Jung se sielkunde ’n gefragmenteerde weergawe van die self, waarbinne die beeld van goddelikheid te vinde is. Hy neem die dualistiese mite en plaas dit viervoet in die psige: in Basilides se preke word die heersende religieuse ortodoksie aangeval en die gnostiese alternatief aangebied, wat onder meer basiese sielkundige beginsels insluit, soos die polariteit van die psige, psigiese energie en die proses van individuering.

Die outeur het sy eie vertaling van die preke gemaak en voorsien ook ’n uitgebreide voorwoord, eksegese van die sewe preke, en ’n nawoord, waarin hy insiggewende kommentaar op Jung, Gnostisisme en die huidige tydvak lewer. Hy skryf byvoorbeeld soos volg oor hoe die pansofiese/teosofiese tradisie oorleef het:

Only the artist and poet remained to fan the flickering flame of the alternate spiritual tradition. William Blake, Shelley, Goethe, Holderlin and later W. B. Yeats, as well as the painters Moreau and Macha — following in the footsteps of other artistic esotericists — were consciously championing the Pansophic tradition. Toward the end of his life, Jung said gravely: “No one understands, only a poet could begin to understand,” thus speaking for the entire stream of esoteric transmission in its 19th and 20th century plight.

Jung se sentrale doktrine van individuering is ’n baie spesifieke konsep van die Westerse esoteriese tradisie wat deur hom ’n sielkundige toepassing kry. Die beginsel daarvan is die inherente tendens van die psige om nie die lig van sy bewussyn op te gee en terug te val in oer-niksheid nie. Anders as die meeste Oosterse spirituele sisteme (maar nie almal nie) het die Westerse tradisie nooit ’n permanente oplossing van individualiteit in die goddelike geken nie — dws geen opname van die druppeltjie in die diep blou see nie.

Reeds in die eerste preek kom diť vraag ter sprake, d i hoe om ’n individu te bly en terselfdertyd ’n optimale graad van eenheid met die onuitspreekbare grootsheid van die pleroma binne-in ons te handhaaf? Dis betekenisvol dat die onderskeid gees/materie vir Jung ’n positiewe krag is waarsonder die kreatiewe dinamika van individuele en sosiale transformasie ondenkbaar is. Die eensydige en negatiewe manier waarop die hoofstroom-godsdiens (onder die invloed van die hoofsaaklik Semitiese skuldkonsep) die konflik tussen gees en materie uitgebroei het, word deur baie denkers as die vloek van die Weste beskou.

Hier gee Jung ons ’n nuwe en onverdeelde model van die werklikheid, waarin kousale en niekousale verbintenisse, sowel as gees en materie, versoen word. Aangesien materie en psige in een en dieselfde wÍreld bestaan, aanhoudend met mekaar in verbinding is en eindelik op onvoorstelbare, transendentale faktore berus, is dit meer as waarskynlik dat dit twee aspekte van een en dieselfde ding is.

Die eensydigheid van die hoofstroom in die Judeo-Christen-Moslem-godsdiensbeskouing, met sy rigiede vertolking van die monoteÔstiese god wat die heelal regeer, het ’n diepe afkeer by baie mense gewek aan die blote gedagte aan “god”. Die afkeer van soveel hoogs intelligente en kreatiewe mense in ons Westerse kultuur aan die Semitiese god-konsep maak diegene wantrouig en antagonisties teenoor godsdiens in al sy vorme.

Hierteenoor het Jung ’n ongewone standpunt ingeneem, te wete: die mens het ’n religieuse behoefte, maar dis nie ’n behoefte aan geloof nie. Die behoefte is vir religieuse ervaring, wat ’n psigiese ondervinding is wat lei tot die integrasie van die siel, en dus die funksionering van die psige in sy totaliteit behels. Godsdiens is die erkenning van die hoŽr werklikhede wat die bewussyn nie raaksien nie, en wanneer dit tot sielkundige rypheid gebring word, bring dit die innerlike heelheid van die individu mee. Hierdie doelwit — die gnosis — word nooit bereik deur geloof in idees nie, maar wel deur ervaring.

In plaas van ’n god om in te glo, bied Jung ons dus ’n eksistensiŽle waarheid wat ons kan ervaar. Hy noem dit die God-beeld of die God-simbool. Soos die antieke gnostici verwerp hy die “god van geloof” as ’n metaforiese en intellektuele voorstelling, en kies hy die realiteit van ’n beeld of simbool met durende sielkundige geldigheid. In plaas van die misbruikte konsep van geloof, staan hy die gebruik van die krag van die verbeelding voor as die pad na gnosis, of die kennis van god, net soos in die magiese, alchemiese en verwante dissiplines, waar die verbeelding nog altyd die vernaamste sleutel was tot die sukses van esoteriese praktyke.

Die sewe preke self is aangrypend en poŽties, terwyl die outeur se kommentaar in lewende metaforiese taal geskryf is, deurspek met ’n ryke verskeidenheid aanhalings uit onder meer die Nag Hammadi-tekste, Plotinus, Helena Blavatsky, Emerson, Laurens van der Post en Miguel Serrano. Die mooiste hiervan is ’n roerende gedig deur die mistikus Angelus Silesius, waarvan ek graag die laaste twee strofes aanhaal:

God is such as he is,
I am what I must be;
If you know one, in truth
You know both him and me.

I am the vine, which he
Doth plant and cherish most;
The fruit which grows from me
Is God, the holy ghost.

Hierdie gedig, en Basilides se beskrywing van die Pleroma (Volheid van God) het my onwillekeurig laat dink aan die wiegeliedjie “Hymn” op Patti Smith se album Wave:

When I am troubled in the night
He comes to comfort me.
He wills me through the darkness
And the empty child is free
To take his hand, his sacred heart
The heart that breaks the dawn, amen.
And when I think I’ve had my fill
He fills me up again.

In ’n tyd waar daar heftige debat gevoer word tussen die “nuwe hervormers” en die voorstanders van ortodoksie in die Afrikaanse gemeenskap, verskyn daar gereeld briewe in die media waarin mense wat hunker na spirituele voeding, vir die nuwe hervormers die vraag vra: “Wat plaas julle in die plek van dit wat julle afbreek?”

Na my mening word die antwoord op hierdie vraag tot dusver nog net op LitNet gepoog, in Magdaleen du Toit se artikel oor alternatiewe vorme van spiritualiteit. (Lees ook JR Kriel se artikel “Being a Christian without a Christ”).

Ek beveel hierdie boek aan as die antwoord op vele vrae en as ’n sinvolle brug tussen die godsdiens en die sielkunde, of eerder die religieuse ervaring in die individuele psige. Dit behoort gelees te word tesame met William James se The Varieties of Religious Experience en Richard Maurice Bucke se Cosmic Consciousness, vir ’n asemrowende metafisiese en metatekstuele ervaring.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.