Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Boekresensies

Piet Pompies

COSMIC CONSCIOUSNESS: A STUDY IN THE EVOLUTION OF THE HUMAN MIND
Richard Maurice Bucke

Beskikbaar by Kalahari.net

Hierdie klassieke werk dateer uit 1901, net ’n jaar voordat William James se ewe klassieke Varieties of Religious Experience verskyn het. Dit is een van die vroegste werke wat na godsdienstige illuminasie kyk vanuit die sielkunde, en die hoofinsigte dra vandag nog net soveel gewig as in die vroeŽ jare van die vorige eeu.

Anders as in William James se werk is hier egter ook heelwat idees wat verdouderd is en gevalle waar Bucke as verkeerd bewys is. Om so ’n werk te beoordeel, moet mens dus altyd die Victoriaanse tydsvak waarin dit geskryf is, in aanmerking neem.

Van die kritiek teen hierdie werk is dat die persone wie se lewens en denke ondersoek word, hoofsaaklik mans is. Die outeur het groot vroulike mistieke soos byvoorbeeld Hildegard von Bingen, Teresa van Avila en Mira van Mewar nie ingesluit nie, maar miskien bloot omdat daar in sy tyd nie voldoende biografiese werke oor hulle beskikbaar was nie, of nie toeganklik was vir hom nie.

Die tema van die boek is dat die menseras geleidelik — en sporadies — besig is om ’n nuwe bewussyn te ontwikkel, ’n bewussyn wat by verre meer gevorderd is as die gewone menslike selfbewussyn, en wat die ras uiteindelik sal verhef bo al die vrese, onkunde en brutaliteit waaronder die mens nog altyd gely het.

Sy argument is op analogie gebaseer. Hy behandel eerstens die drie fases van bewussyn wat by lewende wesens teenwoordig is: persepsie by die laer diersoorte waar sintuiglike impressie plaasvind; die reseptuele brein van die hoŽr diersoorte, waar eenvoudige bewussyn bestaan; en die konseptuele denke van die mens, wat gepaard gaan met ’n sterk bewussyn van die self.

Hy bewys, in ’n baie interessante hoofstuk, hoe die mens in die laaste paar duisend jaar in bewussyn gegroei het, deur byvoorbeeld die verbreding van sy kleuronderskeidingsvermoŽ. Uit die vroegste geskrifte en die historiese linguÔstiek blyk dit dat net twee kleure (swart en rooi) aanvanklik onderskei is, wat later ontwikkel het in swart, rooi en wit. Swart het later ontwikkel in swart en blougroen, terwyl rooi in rooi, geel, oranje en wit verdeel is:

The blazing blue of the oriental sky is not mentioned in Homer or the Bible, nor in the Rig Veda or the Zend Avesta. But in this present century we know not only the seven primitive colours, but literally thousands of different shades and gradations of them.

Bucke argumenteer dat nuwe of verskerpte sintuie begin met sporadiese manifesterings by ’n minderheid individue en dat ’n nuwe bewussyn geleidelik oor die generasies versprei totdat dit uiteindelik algemeen onder die bevolking voorkom.

Die nuwe, of vierde, graad van bewussyn, wat die mens in staat stel om die eenheid van die heelal in te sien, en wat die vermoŽ insluit om die goddelike teenwoordigheid daarin te herken, om verlos te wees van vrees, en om te verstaan dat liefde die reŽl en die basis van die kosmos is, is wat genoem word kosmiese bewussyn. Bucke teoretiseer dat hierdie bewussyn al hoe meer by individue gaan opkom totdat dit eindelik ’n kenmerk van die oorgrote meerderheid volwassenes gaan word.

Niemand wat die boek lees, sal op alle punte met die outeur saamstem nie, maar sy tydgenote, soos die groot wetenskaplike en filosoof Ouspensky, het tot so ’n mate saamgestem dat hy ’n hele hoofstuk in sy beroemde werk Tertium Organum daaraan gewy het. Die reaksie van die sielkundige William James in ’n brief aan Bucke was: “My total reaction on your book, my dear Sir, is that it is an addition to psychology of first rate importance, and that you are a benefactor to us all.”

Bucke neem die mens se grootste wysgere, kunstenaars en religieuse leermeesters onder oŽ deur te kyk na hul denke en na dŪt wat bekend is oor hul lewens, en wys dan die merkwaardige ooreenkomste uit. Sommige van die persone wat in detail bespreek word, is Gautama, Jesus, Paulus, Plotinus, Mohammed, Dante, St Jan van die Kruis, Francis Bacon, Jakob Behmen, William Blake, Walt Whitman, Lao Tse, Sokrates, Benedict Spinoza, Swedenborg, Emerson, Thoreau en Ramakrishna Paramahansa.

Sy besprekings is insiggewend en hy plaas die tekste van bovermeldes se gesegdes en geskrifte langs mekaar sodat die ooreenkomste duidelik waarneembaar is. Waar daar genoeg oor hul lewens bekend is, wys hy ook op die merkwaardige ooreenkomste in die numineuse ervarings van almal wat hy behandel. As sulks dien die boek terselfdertyd as ’n briljante sleutel tot die aard van die mistieke ervaring wat presies dieselfde is in al die religieuse tradisies.

Sy slotsom is dat die misterie van godsdiens soos dit vandag bestaan, as volg verduidelik kan word: Die meeste mense het nog altyd in ’n staat van self-bewussyn geleef sonder die vermoŽ om bo dit uit te styg. Die groot religieuse leermeesters het ook daarin geleef, maar het terselfdertyd ook in kosmiese bewussyn geleef.

Bovermelde individue, wat ook in die kosmiese bewussyn beleef het, het dit goed gedink om die mensdom in te lig oor hierdie nuwe bewussynsdimensie. Maar uit die aard van die saak was almal van hulle verplig om die taal van self-bewyssyn te gebruik en daarom is hul openbaringe uiters onvolledig en selfs misleidend:


It would be beyond the power of the self conscious mind to conceive the cosmic conscious world. This being so, the reports made by these spiritual travelers have been not only not understood but misunderstood in an infinite variety of senses, and the essentially similar account given by for example, Paul, Mohammed, Dante, Jesus, Gautama and others, has been looked upon as a variety of accounts, not of the same, but of diverse things.

A critical study of all these (seeming) diverse accounts will show that they are more or less unsuccessful attempts to describe the same thing. But because it was out of the power of the original reporter, the seer, to give anything like a full and clear account of what he saw, largely because of the inadequacy of the language belonging to the self conscious mind; because his reporters again (as in the cases of Jesus and Gautama, who did not write), possessing only self consciousness, blurred still further the picture; because translators, possessing only self consciousness and understanding only imperfectly what the teacher wished to convey, still further distorted the record. For all these reasons the important fact of the unity of the teachings of these men has been very generally overlooked; hence the confusion and the so-called mystery; a misunderstanding unavoidable, no doubt, under the circumstances, but which will one day, assuredly, be cleared up.


CHAOS, CREATIVITY AND COSMIC CONSCIOUSNESS
Rupert Sheldrake, Terence McKenna en Ralph Abraham

Beskikbaar by Kalahari.net

Hierdie is ’n stel boeiende gesprekke tussen die wiskundige en chaos-teoretikus Ralph Abraham, die bioloog en skepper van die teorie van morfogenetiese velde Rupert Sheldrake, en die oorlede psigedeliese visioenÍr en sjamanoloog Terence McKenna. Diť drie vriende en kosmologiese denkers bespreek die ekologie van die mens se psige (innerlike ruimte) teenoor die buitenste ruimte, die rol van chaos-teorie in die skeppingsdinamika, sowel as die herontdekking van antieke wysheid.

Die outeurs, wat al drie aan die snykant van hul onderskeie dissiplines staan, daag die leser uit oor ons huidige beskouinge oor die werklikheid, moraliteit en die aard van bewussyn en lewe in die kosmos. Die soms verbluffende insigte wat hieruit voortvloei, sal geen leser onaangeraak laat nie.

Die hoofstukke oor kreatiwiteit, die verbeelding en chaos is van die heel boeiendste, en bespreek teorieŽ soos die kosmiese verbeelding as ’n hoŽr-dimensionele magneet wat die evolusionÍre proses na sigself toe optrek; die Omega-punt; die verbeelding wat opdoem uit die baarmoeder van chaos; en die psigedeliese ervaring in historiese konteks.

Ander sake wat onder die vergrootglas kom, is indeterminisme in die natuur; die natuur se organiserende velde soos dit wiskundig geformuleer word, die vaslegging van informasie in kristalle en in geskrewe taal, sowel as abstraksie en die voorrang van gesproke taal. Hier vind mens ook ryke insigte oor die ware betekenis van die huidige chaos-revolusie en die rol wat die rekenaar daarin speel.

Ek vind die hoofstuk “Light and Vision” die heel interessantste en beslis die mees poŽtiese. Daar word gekyk na fisiese lig en die lig van bewussyn, die idee dat mens se denke ’n meetbare krag is wat van jou oŽ na buite uitstraal, die ooreenkoms tussen elektromagnetiese en mentale velde, die konsep van ’n wÍreldsiel, morfogenetiese velde as ’n medium van goddelike alwetendheid en ’n kort stukkie oor die Triptamien-hallusinogene.

Verder word daar ook gekyk na sake soos ontliggaamde intelligensie en niemenslike entiteite: is hierdie bloot inwoners van die verbeelding of bestaan hulle uit eie reg? Die taalgebruik van “entiteite” word geanaliseer en daar word spesifiek verwys na uitvinders soos byvoorbeeld Kekule wat die antwoorde waarna hy gesoek het, in drome gekry het.

Die vraag word gevra of die apokaliptiese tradisie ’n mitiese model is wat religieuse geskiedenis motiveer en of dit ’n intuÔsie oor die einde van tyd of geskiedenis is. In diť verband word die Maja-kalender met sy voorspelling van die einde van ’n era en ’n nuwe begin in 2012 in diepte bespreek.

Al drie outeurs bied fassinerende insigte oor die huidige dominasie van rasionalisme en humanisme, oor die aard van instellings en administrasie, en selfs oor godsdienstige en ander vorme van inisiŽring, en voorsien moontlike modelle vir ’n nuwe pluralistiese en gedesentraliseerde opvoedingstelsel.

Die boek sluit af met ’n woordelys, bibliografie en biografiese inligting oor die outeurs. Daar is ook ’n videoband van hierdie gesprekke beskikbaar met die titel Trialogues at the Edge of the West: Chaos, Creativity, and the Resacralization of the World.

Hierdie boek is ’n geskenk van bowe vir almal wat in kosmologie belangstel, en is veral betekenisvol in die lig van hoe die wetenskap en die godsdiens hier by mekaar uitkom. Dis werklik ’n stimulerende teks waarin wetenskaplike waarneming, die krag van die mitiese verbeelding, plus insiggewende toekomsspekulasie ’n bewussynsverruimende leeservaring waarborg.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.