Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hierdie is 'n inleidende stuk deur Coenie Nolte wat verskyn in Paaie - Verkenning van 'n geestelike landskap wat deur Annelie Ferreira saamgestel is.

Lees meer oor die agtergrond van die boek hier op LitNet.

Paaie Titel: Paaie - Verkenning van 'n geestelike landskap
Samesteller: Annelie Ferreira
270 bladsye
Prys: R149
Koop dit by www.griffel.co.za
Maar jy staan ook die kans om 'n eksemplaar te wen. Stuur 'n e-pos met die woord "Paaie" en jou besonderhede aan info@griffel.co.za- dis net so maklik!

Die God van mŰre

Coenie Nolte

Sů - my God is dood. Hy het op 13 November 2003 saam met my dogter selfmoord gepleeg. Elie Wiesel se God is dood. Hy het saam met 'n seuntjie in 'n konsentrasiekamp van Nazi-Duitsland aan die galg gesterf. Nietzsche se God is dood. Sy mal man wat helder oordag met sy lantern na God gesoek het, het beweer ons almal het Hom vermoor. Jack Miles sÍ die vleesgeworde God in die persoon van Jesus is dood toe hy selfmoord aan die kruis op Golgota gepleeg het. Thomas Hardy was so seker dat God dood is dat hy die gedig "God's Funeral" geskryf het waarin hy van God se begrafnis vertel.

In 1923 het HL Mencken, 'n Amerikaanse joernalis, 'n gedenkdiens gehou vir al die gode wat oor die eeue reeds dood is. Hy het 'n lys opgestel wat twee bladsye beslaan het van gode wat eens op 'n tyd gevrees en aanbid is, maar toe verdwyn het. Hy wou weet waar die begraafplaas is van al hierdie gode vir wie mense oor die eeue in die sweet van hul aanskyn asemrowende tempels, katedrale, kerke en plekke van aanbidding gebou het. Ontelbare man-ure is deur priesters, evangeliste, aartsbiskoppe, dominees en teologiese professore bestee aan die interpretasie van hierdie gode se wense en bevele. OorloŽ is gevoer om hierdie gode teen ongelowiges en heidene te beskerm. Miljoene mans, vroue en kinders is oor die eeue vermoor in die naam van hierdie gode. Om ongehoorsaam aan hulle te wees of om teen hulle te sondig het die dood beteken. Hulle was almal gode van die hoogste stand, die gode van die beskawings van hul tyd, almagtig, alwetend en alomteenwoordig. Hulle was die gode van beskaafde mense. Maar hulle het gesterf en Mencken het gewonder waar die begraafplaas van al hierdie gode is.

Daar is natuurlik ook diegene wat glo dat God nie dood is nie, want volgens hulle het Hy eintlik nooit werklik bestaan nie. Ludwig Feuerbach het gemeen God is bloot 'n projeksie van die menslike verbeelding. Volgens Sigmund Freud se psigoanalitiese benadering kan God gesien word as 'n sielkundige projeksie deur die kind van sy ouers wat hy as "almagtig" beskou het. Karl Marx het beweer dat godsdiens niks anders as die opium van die volk is nie; die God-idee word bloot gebruik om die klasseverskille te handhaaf en die werkersklas op hul plek te hou. Die bioloog Richard Dawkins meen God is 'n blote virus wat die een brein na die ander infekteer met skadelike en nadelige informasie.

As God dood is, waarom glo miljarde mense dwarsoor die aarde dan vandag steeds in een of ander God? Is dit nie dalk omdat God nie werklik dood is nie? As ons beweer dat God dood is, bedoel ons nie dalk daarmee eintlik dat die illusie wat ons van God gehad het, die God waarvan andere ons vertel het en namens ons geÔnterpreteer het, dat dit eintlik diť "God" is wat dood is nie?

Dit is die God wat die heelal in ses dae van 24 uur elk geskape het wat dood is. Dis die God wat klein kindertjies deur 'n beer laat verskeur het omdat hulle met 'n pankop profeet gespot het wat dood is. Die God wat dood is, is die God van liefde wat toelaat dat die slegste moontlike dinge met goeie mense gebeur, soos dat duisende onskuldige kindertjies in EtiopiŽ van hongersnood sterf, of ses miljoen Jode in konsentrasiekampe sinloos uitgemoor word. Dit is die God wat vroue ondergeskik aan mans stel wat dood is. Dit is die God wat voorskryf dat nagmaalwyn slegs uit bekers en nie uit kelkies gedrink mag word nie wat dood is. Dit is die God wat in mense se ore fluister dat hulle nie die Belydenis van Belhar moet aanvaar nie omdat dit eintlik 'n politieke dokument is. Dit is die God in wie se naam ons met groot passasierstralers in toringgeboue vasvlieg of ander wrede dade teen die mensdom pleeg, wat dood is. Dit is die drogbeeld wat ons van God geskep het wat dood is.

Dit is 'n uiters traumatiese skok wanneer jy skielik eendag besef dat die "God" waarmee jy grootgeword het, dood is en dat jy nou nie meer hierdie ontvlugtingskruk het om op te leun in tye van nood en swaarkry nie. Jy sit dan met wat die filosowe noem hierdie Godvormige gat, hierdie vakuum in jou lewe. En die wÍreld waarin ons lewe, verafsku lugleegtes. 'n Vakuum moet gevul word. En omdat die gat in jou lewe, hierdie vakuum, Godvormig is, kan jy dit met niks anders as met 'n nuwe God vul nie. So, jy word gedwing om aan te hou soek na God. Om nie te soek nie, is nie 'n opsie nie.

Prof Isak du Plessis sÍ: "Miskien is ons soeke na God en ons vrae oor God juis daarin geleŽ dat die mens se gees 'n stukkie van God se gees in hom ronddra."

In die Evangelie van Thomas spreek Jesus hierdie woorde: "Wanneer julle julself ken, sal julle geken word en julle sal besef dat julle kinders van die Lewende Vader is."

Die soeke na God is dus net soseer 'n soeke na selfkennis, 'n soeke na daardie stukkie van God se gees wat elke mens binne-in hom of haar ronddra. Die vreugde lÍ dan waarskynlik in die soeke en nie noodwendig in die vrugte van die soektog nie. My vriend Albie Gibson sÍ deur die soekproses sal God sy waarheid van binne af aan jou openbaar en sal jou eie gewete jou gids deur die lewe word. Op een of ander manier sal jy deur jou soeke 'n sensitiwiteit vir geregtigheid en 'n deernis vir God se totale skepping ontwikkel wat die stuurkrag van jou lewe word. Albie sÍ: "We start to grow morally into caring and mature human beings with an inner conviction that we are part of an All-Embracing Force and will always be part of It. Our fear of death subsides and our perspective on life broadens and becomes more inclusive."

So laat ek dan die "God van gister" agter en begin ek ywerig en in alle erns soek na die "God van mŰre".

Nota: Hierdie stuk is ook 'n uittreksel uit 'n boek deur Coenie Nolte wat eersdaags by Lux Verbi.BM verskyn.


Lees dr Christo Lombaard se resensie van Paaie hier.

Lees meer oor Paaie op die uitgewer se webtuiste, www.griffel.co.za. E-pos die woord "Paaie" na info@griffel.co.za en staan 'n kans om 'n gratis eksemplaar te bekom.




LitNet: 29 November 2005

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.