Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die skrywe van Paaie

Annelie Ferreira

Paaie Titel: Paaie - Verkenning van 'n geestelike landskap
Samesteller: Annelie Ferreira
270 bladsye
Prys: R149
Koop dit by www.griffel.co.za
Maar jy staan ook die kans om 'n eksemplaar te wen. Stuur 'n e-pos met die woord "Paaie" en jou besonderhede aan info@griffel.co.za- dis net so maklik!

Elke boek wat ek nog geskryf het, het my verander. Oor hoe 'n roman jou verander, is ek nie seker nie; eintlik probeer ek vergeet van die ene wat ek gepleeg het. (Maar ek hoop om een of ander tyd te kan rapporteer hoe mens se lewe verander word deur 'n blitsverkoper …) As jy niefiksie skryf - soos oor die sielkunde, godsdiens en spiritualiteit - help die skryfproses jou egter dikwels om groter duidelikheid te kry oor jou eie sienings en oortuigings. In jou gedagtes is jou standpunt dalk netjies, maar rafels en gaterigheid wys baie vinnig as jy dit vir 'n leser moet uiteensit. Teen die tyd dat jou manuskrip voltooi is, ken jy jouself heelwat beter.

Twee van my boeke het my ook op ander maniere verander. Die eerste boek is nooit uitgegee nie, omdat ek nie 'n uitgewer daarvoor kon vind nie. Ek het dit ongeveer vyf jaar gelede voltooi, 'n manuskrip bestaande uit essays deur Suid-Afrikaners van verskillende gelowe. Sommige van hierdie essays was my verwerkings van onderhoude wat ek met mense gevoer het, onder andere twee aanhangers van die Afrika-godsdiens (een reeds 'n doktor en die ander toe besig met haar doktorale tesis), 'n Moslem-geneser en 'n fyn Hindoe-vrou. Met my vrae tydens die onderhoude wou ek 'n begrip kry van die essensie van die persoon se spirituele ervaring en sienings, ook teen die agtergrond van Suid-Afrika se politieke geskiedenis.

Hierdie onderhoude het my diep geraak. Die minderwaardigheid van ander godsdienste teenoor die Christelike geloof is as kind as vanselfsprekend by my tuisgebring. Teen die tyd dat ek die idee gekry het vir 'n boek oor Suid-Afrikaners van verskillende gelowe, het ek die gedagte van minderwaardigheid intellektueel lankal nie meer ondersteun nie. Die onderhoude was egter die eerste keer dat ek die integriteit en waardigheid van hierdie mense op 'n sielsvlak ervaar het en kon waardeer.

"The mind, once stretched, cannot go back to its original dimensions." Die hart ook nie. Elke mens wat 'n bydrae tot daardie boek gelewer het, het vir my 'n geskenk gegee wat meer as vergoed het vir die moeite wat ek uiteindelik "vergeefs" daarvoor gedoen het.

Ná die saamstel van Paaie - Verkenning van 'n geestelike landskap is ek ook nie meer dieselfde nie. Die boek het oorspronklik ontstaan as 'n gids vir Afrikaanse mense wat geestelik 'n nuwe rigting inslaan en dikwels daardeur geïsoleer en onseker voel. 'n Ent weg die projek in het ek egter besef dit sal 'n beter boek wees as ek die aspek van keuses binne die Afrikaanse geestelike landskap uitlig. Die groter fokus sou steeds op geestelike verandering en nuwe begrippe val, omdat dit 'n onderwerp is waaroor daar min Afrikaanse leesstof bestaan. Maar ek sou ook probeer om verskillende keuses met respek aan te bied.

In my persoonlike lewe het ek lankal geleer om mense ruimte te gee vir verskillende godsdienstige oortuigings (wel, meestal!). Hoe leef jy andersins saam met familie en vriende wat nie soos jy glo nie? Hierdie boek het my egter, soos met die ander manuskrip vyf jaar gelede, laat fokus op en soek na die essensie van 'n verskeidenheid Afrikaanse mense se spirituele ervaring en oortuigings en hoe dit sin gee aan hul lewens.

En dit het my net soveel geraak as vyf jaar gelede.

Mense van uiteenlopende sienings het bygedra tot Paaie. In Die Kerkbode van 11 November (www.kerkbode.co.za) verskyn die volledige bydrae wat Izak du Plessis (het hom einste op SêNet ontdek!) op my versoek vir Paaie geskryf het, oor hoekom die Christelike geloof nog vir hom sin maak. Dan is daar 'n bydrae van Sakkie Spangenberg (ook op my versoek) oor hoekom die panenteïsme vandag vir hom meer sin maak as tradisionele teïsme. En ek voel geëerd dat ek 'n ruimte kon skep vir hul stemme, en vir dié van talle ander mense.

Heiligheid kom in vele gedaantes. Integriteit en liefde ook. Paaie het my geleer dat ek omring is deur meer besondere Afrikaanse mense van alle geestelike oortuigings as wat ek ooit besef het.



LitNet: 29 November 2005

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.